
https://pixabay.com/photos/russia-moscow-red-square-church-4343174/
..........
’n Vraag op Facebook ’n paar dae gelede lui: Rusland of Amerika? Dis natuurlik met verwysing na die Amerikaanse ambassadeur se bewering dat Suid-Afrika wapens aan Rusland voorsien om in die oorlog teen Oekraïne te help.
Dis ’n komplekse vraag verskuil in oënskynlik eenvoudige terme. Dit veronderstel dat dit ’n binêre kwessie is met ’n binêre antwoord. Dit veronderstel dat een goed en een sleg is. Die meeste mense het dit ook beantwoord asof dit so eenvoudig is, met Amerika in die rol van redder en verlosser soos in die TV-reekse waaraan ons ons vergryp.
..........
’n Vraag op Facebook ’n paar dae gelede lui: Rusland of Amerika? Dis natuurlik met verwysing na die Amerikaanse ambassadeur se bewering dat Suid-Afrika wapens aan Rusland voorsien om in die oorlog teen Oekraïne te help.
Dis ’n komplekse vraag verskuil in oënskynlik eenvoudige terme. Dit veronderstel dat dit ’n binêre kwessie is met ’n binêre antwoord. Dit veronderstel dat een goed en een sleg is. Die meeste mense het dit ook beantwoord asof dit so eenvoudig is, met Amerika in die rol van redder en verlosser soos in die TV-reekse waaraan ons ons vergryp.
Die werklikheid is veel meer kompleks en genuanseerd.
Ons weet dat Amerikaanse vergrype in Guantanamo, aan die Meksikaanse grens, en selfs binne die grense van hul eie land, weens polisie-optrede net so erg is soos enigiets wat Poetin kan uitdink. Ons weet dat Amerikaners hulle nie steur aan ander lande se politieke soewereiniteit wanneer dit tot hul voordeel is om in te meng nie.
Ons gaan gereeld gal af omdat die Suid-Afrikaanse regering hulle nie altyd steur aan die Internasionale Strafhof nie, maar vergeet gerieflikheidshalwe dat Israel, die VSA se hand-om-die-blaas-maatjie, glad nie eens lid is van die hof nie. En wanneer Amerikaanse joernaliste van etniese minderhede in ander lande vermoor word, is die Amerikaners net so siende blind soos wat die Russe kan wees. Dink maar aan Jamal Khashoggi of Shireen Abu Aqla. Dit was maklik om Amerikaanse ongeëergdheid oor Khashoggi aan Trump en die Republikeinse administrasie toe te skryf, maar wat van Abu Aqla wat tydens Biden se Demokratiese regeringstermyn deur ’n Israeli-skerpskutter vermoor is?
Ons vergeet verder dat baie van die politici wat tans in ons parlement dien, in Rusland goed ontvang is toe hulle tydens apartheid uit die land moes vlug. Hulle het opleiding daar ontvang, hulle was versorg, hulle het vriendskapsbande met die Russe opgebou.
Ons internasionale diplomasie is nie so eenvoudig soos om na die monetêre waarde van bilaterale ooreenkomste te kyk nie. Natuurlik trek ons voordeel uit die Agoa-ooreenkoms, ingevolge waarvan ons vrygestel word van sekere tariewe in ons handelsooreenkomste met die VSA. Natuurlik is daardie ooreenkomste en ekonomiese voordeel miljarde werd. Christo van der Rheede sê in ’n Facebook-plasing dat uitvoere na die VSA ongeveer R275 miljard werd is, en invoere ongeveer R123 miljard. Hy beweer verder dat bilaterale handel en beleggings jaarliks ongeveer $1,6 triljoen bedra, wat handelsooreenkomste tussen Suid-Afrika en die VSA van die grootste ter wêreld maak. Uit ’n suiwer ekonomiese oogpunt sou dit kortsigtig wees van die Suid-Afrikaanse regering om daardie verhouding in gevaar te stel.
.........
Maar word die land se ekonomiese welvaart voorop gestel in politici en die ANC-regering se berekeninge? Die Eskom-fiasko gee dawerende aanduiding dat dit nie so is nie. Het ons politici bloedbroers en -susters in die Amerikaanse regering? Natuurlik nie. Hulle lojaliteit lê in Moskou.
............
Maar word die land se ekonomiese welvaart voorop gestel in politici en die ANC-regering se berekeninge? Die Eskom-fiasko gee dawerende aanduiding dat dit nie so is nie. Het ons politici bloedbroers en -susters in die Amerikaanse regering? Natuurlik nie. Hulle lojaliteit lê in Moskou. Dit maak vanuit ’n lojaliteitsperspektief sin dat hulle sentimente by Rusland lê wanneer dit regtig saak maak.
Ten spyte van versekeringe van regeringskant dat Suid-Afrika neutraal staan in die Russies-Oekraïense oorlog, glo ek dat ons politici se sentimente met Rusland lê. Dalk het hulle selfs wapens voorsien. Of hulle wapens voorsien het of nie, is uiteindelik irrelevant.
Om deur die Amerikaners geboelie te word asof ons nie ’n soewereine regering is nie, kan nie tot enigiets goed lei nie. Daar is alreeds sprake van wegbreek van die dollar as internasionale geldeenheid. Indië en Sjina, die twee markte wat die vinnigste groei in die wêreld, is deel van Brics met ons. Amerikaanse boelietaktieke kan die wegbreek net versnel.
Die groot vraag is of ons gereed is om tot ’n oorlog toe te tree. Ons het lankal nie meer verpligte militêre diensplig nie, en ons land het geen aptyt vir ’n terugkeer na so iets nie. Wat van ons weermag? Die voorval waar ’n man met ’n mes twee soldate van hulle gewere beroof het, is nog vars in my geheue.
..........
Al wat ons in ’n oorlog kan bied, is ’n surplus aan jong liggame om as kanonvoer te dien. Ons politici is bereid om ons jongmense daardie prys te laat betaal.
............
Al wat ons in ’n oorlog kan bied, is ’n surplus aan jong liggame om as kanonvoer te dien. Ons politici is bereid om ons jongmense daardie prys te laat betaal. Dis nie húlle liggame wat kanonvoer sal wees nie, en hulle sal sorg dat hulle families nie deel van enige oorlogvoering word nie.
Die enigste seggenskap wat gewone burgers het, is om te stem. Kom ons hoop net dat ons nie teen volgende jaar in volle swang in oorlog gedompel is, met verkiesings wat tot verdere kennis uitgestel word nie.
Lees ook:


Kommentaar
Duitsland beleef tans 'n ekonomiese resessie agv sanksies teen die Russiese Federasie en hulp aan Oekraïene, namens NAVO.
Ek dink dat die SA-media die SA-publiek erg mislei oor die sg impak van oorlog op die SA-ekonomie, maar tans is dit gerieflike verskoning, saam met rand-dollar waarde.
Ek wil Bettina Wyngaard daarop wys dat die ANC se hoofkantoor in London was, met kantore in Parys, Frankryk en ook in Nederland, asook in New York met inspraak by die VN. In kort, het die "Weste" met hul sanksies en boikotte, die ANC in regering gestel. Nou is die monster onder die bed die Russiese Federasie, volgens die SA-media. Met byna 'n halfmiljoen Russiese soldate in die weermag, het SA geen bekommernis van diensplig nie. Ek dink al die emosionele DA politieke plakkery raak nou bitter belaglik.