
https://pixabay.com/photos/politics-political-election-letters-2361943/
...........
Twee jaar gelede het Trump-ondersteuners die Kapitool in Washington, DC bestorm omdat hulle ontevrede was met die verkiesingsuitslae. Natuurlik was hulle aangehits deur die verloorder-in-chief.
..............
Twee jaar gelede het Trump-ondersteuners die Kapitool in Washington, DC bestorm omdat hulle ontevrede was met die verkiesingsuitslae. Natuurlik was hulle aangehits deur die verloorder-in-chief.
Verlede week kon Republikeine vir dae aaneen nie tot uitsluitsel kom oor wie hulle speaker moet wees nie. Dit het selfs tot amperse vuisgevegte gelei. Die sondebokke: dieselfde persone wat twee jaar gelede die verkiesing verdag probeer maak het.
Dit het natuurlik ook komiese gevolge gehad. Een Twitter-gebruiker merk op dat Republikeine nou nie eens meer vreedsaam mag aan hulself kan oordra nie. Een Demokraat, Katie Porter, het rustig sit en boek lees terwyl die vuisgevegte en bekgevegte om haar woed. Die titel van die boek? The subtle art of not giving a fuck. Dalk nie baie subtiel nie, maar baie effektief.
.............
Nou speel ’n variasie van dieselfde gebeure af in Brasilië, waar Bolsonaro se volgelinge probeer om die demokraties verkose regering omver te werp. Hulle held en hoofverloorder hou skuil in Florida, waar Trump hom ook bevind. Dalk moet Florida hulle toerismestrategie verander en in plaas van fokus op afgetredenes, hulle toespits op korrupte fassistiese staatshoofde wat uit die kussings gelig is.
................
Nou speel ’n variasie van dieselfde gebeure af in Brasilië, waar Bolsonaro se volgelinge probeer om die demokraties verkose regering omver te werp. Hulle held en hoofverloorder hou skuil in Florida, waar Trump hom ook bevind. Dalk moet Florida hulle toerismestrategie verander en in plaas van fokus op afgetredenes, hulle toespits op korrupte fassistiese staatshoofde wat uit die kussings gelig is. Daar is genoeg gesteelde staatsgeld van verskeie lande om dit ’n lonende strategie te maak, op voorwaarde natuurlik dat daar nie onnodig getob word oor nietighede soos etiek en moraliteit nie.
In albei gevalle veg die verloorder nie net vir politieke oorlewing nie, maar letterlik om uit die tronk te bly.
..............
In albei gevalle veg die verloorder nie net vir politieke oorlewing nie, maar letterlik om uit die tronk te bly.
..............
Die Bolsonaro-volgelinge het geleer uit die foute wat Trump se ondersteuners twee jaar gelede gemaak het. Net so is daar heelparty mense in ander lande wat nou fyn dophou om te sien wat verkeerd gedoen word in Brasilië, sodat hulle hulle taktieke kan verfyn vir plaaslike omstandighede.
Ons hier plaaslik moet ook oplet, want die vraag wat by my opkom, is: Wie hier maak fyn notas oor wat verkeerd loop in Brasilië en wat twee jaar gelede skeefgeloop het in die VSA? Anders gestel, is ons voorbereid vir wat gaan gebeur wanneer die ANC ’n verkiesing verloor en nie meer in bewind is nie? Dit is hoogstens twee tot drie verkiesings weg, soos dinge nou lyk.
As dienslewering, waterprobleme, elektrisiteitsprobleme en werkloosheid nie dringend aangespreek word nie, kan ons dalk alreeds teen die volgende verkiesing kiesersontevredenheid sien uitspeel. Gaan dit genoeg wees om die ANC uit die kussings te lig? Waarskynlik nie, maar slegs omdat daar nie een enkele effektiewe alternatief is nie. As die ander partye moue oprol, krities kyk na waar hulle tekort skiet en dit regstel, kan ons binnekort met ’n ander regerende party sit.
..............
As dienslewering, waterprobleme, elektrisiteitsprobleme en werkloosheid nie dringend aangespreek word nie, kan ons dalk alreeds teen die volgende verkiesing kiesersontevredenheid sien uitspeel. Gaan dit genoeg wees om die ANC uit die kussings te lig? Waarskynlik nie, maar slegs omdat daar nie een enkele effektiewe alternatief is nie. As die ander partye moue oprol, krities kyk na waar hulle tekort skiet en dit regstel, kan ons binnekort met ’n ander regerende party sit.
.................
Ek kyk na wat plaaslik aan die gang is. Die ANC en EFF bal vuiste, die DA is die DA. En Good? Good se leiers bou alliansies, maak seker dat hulle kiesers bereik selfs in wyke waar hulle nie gewen het nie, maak seker dat hulle opkomende politieke korps blootstelling kry aan hoe plaaslike regering werk. Good is stadig maar seker besig om voor te berei vir ’n veel groter rol in plaaslike en nasionale politiek, en hulle maak seker dat hulle mense gereed is om hul plek in te neem.
Maar veel meer werk is op nasionale vlak nodig. Net soos wat die fasciste leer uit die foute van hul kamerade in ander lande, net so moet dié wat vir behoud van demokrasie veg, leer. Die enkele grootste fout wat gemaak is in die VSA, en hier by ons in die post-Zuma era, was om nie vinniger en meer beslissend op te tree teen die bewese oortreders nie. Trump loop nog skotvry rond, en Zuma se minitronkbesoek was meer as enigiets anders ’n grap.
Kan ons vertrou dat magsoorname deur ’n ander party in Suid-Afrika vreedsaam sal wees?
Ek weet nie. Daar is te veel korrupte ANC-lede in te veel areas van die samelewing ingegrawe. Hulle sal nie hulle posisies maklik afstaan nie, tensy hulle een of ander versekering kry wat hulle sal kwytskeld van gevangenisstraf.
Kwytskelding gaan teen die grein. Oortreders moet gestraf word, en stappe moet gedoen word om te verseker dat hulle nooit weer in enige posisie geplaas word waar hulle kan voortgaan met hul kriminele bedrywighede nie.
Enigiets anders is onaanvaarbaar.


Kommentaar
Soos wat die "fasciste" leer in ander lande? Die manier waarop die artikel geskryf is, laat my aanvaar dat Bettina Wyngaard soos talle ander wat bietjie "links" dink, sonder meer dink Trump en Bolsonaro is fasciste. Dit spreek van massale onkunde: Trump is 'n patriotiese kapitalis en daar is niks in wat hy gesê of gedoen het wat "fascisties" is nie. Waar 'n mens 'n kombinasie van identiteitsideologie (seks en ras - BLM en LBGTQ+) met 'n sosialistiese totalitarisme het, gaan jy selfs verby "fascisme" en benader jy "Nazisme". LitNet is onversigtig met die soort beledigende tiperings wat hier verskyn - en dis kwalik akademies veilig. Dis vergelykbaar met die swak gehalte stereotipering van sogenaamde "samesweringsteoretici" wat ook eens hier verskyn het. Die ideologiese "links-regs" binêre is logies onsinnig.