
Prent: https://pixabay.com/photos/sunflower-flower-plant-petals-1127174/
AfriForum se nuutste neerlaag in die Gelykheidshof bevestig net die volgende: Populistiese argumente lei selde tot suksesvolle regsargumente.
............
Om te beweer dat die lirieke van ’n liedjie te alle tye op haatspraak neerkom en die liedjie te probeer verban terwyl hulle nie die persone wat die liedjie gesing het, aanspreeklik hou nie, is pleinweg ’n dom regsargument. Tensy dit ’n fondsinsamelingspoging eerder as ’n soeke na geregtigheid was. Dan maak die besluit perfekte sin.
.............
Om te beweer dat die lirieke van ’n liedjie te alle tye op haatspraak neerkom en die liedjie te probeer verban terwyl hulle nie die persone wat die liedjie gesing het, aanspreeklik hou nie, is pleinweg ’n dom regsargument. Tensy dit ’n fondsinsamelingspoging eerder as ’n soeke na geregtigheid was. Dan maak die besluit perfekte sin. Blaas mense wat alreeds die swart gevaar vrees, se vervolgingswaan aan, en ’n splinternuwe inkomstebron is ryp om ontgin te word. Ek hoop dat AfriForum nie regtig so sinies is nie, wat mens onvermydelik terugbring by onbesonne regsbesluite, wat waarskynlik op politieke eerder as regsgronde gemaak was.
.............
Dit beteken ongelukkig nie dat die regter se uitspraak foutloos was nie. Dit was nie. Wanneer die regter byvoorbeeld te kenne gee dat “Kill the boer” gesing word as uitdrukking van frustrasie teen die huidige ANC-regering, moet ek my kop skud. As dit regtig waar was, dan sou AfriForum, die DA en Vryheidsfront Plus mos almal die liedjie gesing het uit frustrasie teen die regering.
..............
Dit beteken ongelukkig nie dat die regter se uitspraak foutloos was nie. Dit was nie. Wanneer die regter byvoorbeeld te kenne gee dat “Kill the boer” gesing word as uitdrukking van frustrasie teen die huidige ANC-regering, moet ek my kop skud. As dit regtig waar was, dan sou AfriForum, die DA en Vryheidsfront Plus mos almal die liedjie gesing het uit frustrasie teen die regering. Hulle doen dit nie, wat beteken dat die liedjie nie in breë konteks verstaan word soos wat die regter probeer uitmaak nie.
Aan die ander kant kan ek net met verstomming luister na Anton Kok se bewering tydens sy gesprek met Freek Robinson dat AfriForum met vorige hofsake regters kwaad gemaak het, en dat dít hulle kanse in nuwe regsgedinge torpedo. Hy sê: “Hier staan jy nou voor ’n swart regter ... as jy die swart regter nou kwaad maak, wat doen jy nou?” Beteken dit hy gee te kenne dat net voor ’n wit regter die saak regverdig verhoor kon gewees het? En beteken dit dan verder dat ’n swart regter nie onpartydig kan wees nie? Dis kan mos nie wees nie, en ek hoop regtig Kok het homself net (herhaaldelik) swak uitgedruk en dat dit nie werklik kan wees wat hy bedoel het nie.
............
Hy sê: “Hier staan jy nou voor ’n swart regter ... as jy die swart regter nou kwaad maak, wat doen jy nou?” Beteken dit hy gee te kenne dat net voor ’n wit regter die saak regverdig verhoor kon gewees het? En beteken dit dan verder dat ’n swart regter nie onpartydig kan wees nie? Dis kan mos nie wees nie, en ek hoop regtig Kok het homself net (herhaaldelik) swak uitgedruk en dat dit nie werklik kan wees wat hy bedoel het nie.
...............
Waaroor gaan die saak? ’n Plaasbestuurder word in Senekal vermoor, en toe sy beweerde moordenaars voor die hof gedaag word, sing EFF-ondersteuners die liedjie “Kill the boer” buite die hof. Vir verdere konteks: Honderde plaasboere het opgetrek om die verrigtinge by te woon, skote is afgevuur, ’n polisievoertuig aan die brand gesteek en hofeiendom beskadig omdat die boere die twee beskuldigdes self in die hande wou kry en hul eie geregtigheid wou laat geskied. Gemoedere het dus aan albei kante hoog geloop.
Die twee beskuldigdes is later vrygespreek omdat DNS-getuienis hulle nie met die moord kon verbind nie.
AfriForum gaan na die Gelykheidshof en vra dat die hof die sing van die liedjie in alle omstandighede as haatspraak moet verklaar, en Julius Malema en die EFF moet verbied om die liedjie te sing. Wat AfriForum moes gedoen het as hulle gehoop het om sukses te behaal met die saak, was om die spesifieke persone wat die liedjie gesing het, in die saak te teiken en te bewys wat hulle beweegredes was om die liedjie te sing. Die toets vir haatspraak is, soos Kok tereg sê, objektief. Die toets is of ’n redelike persoon tot die slotsom sou kom dat ’n spreker (of dan nou sanger in hierdie geval) bedoel het om skade te berokken of haat aan te blaas.
Ek twyfel of die boere wat besig was om te skiet en te brand en tekere te gaan, die toets van “redelike persoon” sou slaag, wat dalk die rede is waarom AfriForum nie eens probeer het om dit te bewys nie.
Indien AfriForum probeer het om die spesifieke persone en spesifieke omstandighede te teiken, in plaas daarvan om ’n breë groep mense se vryheid van uitdrukking aan te tas, dan sou die hof dalk tot ’n ander gevolgtrekking gekom het. Om die liedjie algeheel te verban, sou beteken dat voormalige vryheidsvegters wat nostalgies om die kampvuur sit en terugdink aan hul stryd ten die apartheidsregering, en wat die liedjie in daardie konteks sing, nou ook onwettig sou optree.
In die spesifieke konteks van die Senekal-verrigtinge is die liedjie dalk wel as haatspraak gesing. Ek wil selfs so ver gaan as om te sê dit was waarskynlik as haatspraak gesing, maar AfriForum bind hul eie (en die hof se) hande deur dit nie spesifiek te beweer nie.
Die regter was laf om te bevind dat die liedjie eintlik op die ANC-regering gemik was. Dit was duidelik nie, in die spesifieke omstandighede van die Senekal-saak nie, maar AfriForum was ewe laf om te vra dat die lirieke in alle gevalle verban moet word.
Ek twyfel of AfriForum meer sukses sal hê in die Konstitusionele Hof. Hulle sal waarskynlik hope meer lede werf, en dit is waarskynlik waaroor hierdie saak in elk geval gegaan het.
Intussen gaan die stryd om te onderskei tussen vryheid van spraak, die reg om aanstoot te gee, en haatspraak onverpoosd voort.
Lees ook:
LitNet Akademies Weerdink ‒ "Kill the boer": Hoe moet hierdie woorde in 2022 verstaan word?


Kommentaar
Ek wonder darem of me. Wyngaard gelyk het met haar siening van AfriForum se vermeende doelwitte.
Sy sê ook: "Om die liedjie algeheel te verban, sou beteken dat voormalige vryheidsvegters wat nostalgies om die kampvuur sit en terugdink aan hul stryd ten die apartheidsregering, en wat die liedjie in daardie konteks sing, nou ook onwettig sou optree." Die "Kill the Boer"-weergawe waarvan ek weet, is vir my 'n soort dreunsang wat hom kwalik leen tot nostalgie, om 'n kampvuur of nie.
Maar die Gelykheidshof sê dis nie haatspraak om te sing dat die Boer en die Farmer geskiet moet word nie.
Voorlopig is "Kill the Boer" aanneemlik, en hoe "gratuitous" ook al, want onder meer kom dit uit 'n bepaalde verlede wat vir die sangers en hulle trawante nostalgiese betekenis het.
Maar sing nou net in die openbaar "Die Stem" en vertoon nou net die ou Oranje-Blanje-Blou en alle hel is los, of dit nou vir sekere groepe nostalgiese of kulturele waarde het of nie. (Die "gratuitous display" van ou vlag is, sover ek weet, deur die MRK, die Gelykheidshof en die die Suid-Gautengse Hooggeregshof tot haatspraak verklaar; of die Hoogste Hof van Appèl al die appelsaak aangehoor het, weet ek nie.)
Dat sommige samelewingsgroepe in die huidige Suid-Afrika egter meer gelyk is as ander, ly dus geen twyfel nie.
"Kill the Boer", watter vertolking ook al daaraan gegee word, bevat nogal gewelds- en haatwoorde. Daarenteen besing "Die Stem" slegs ons land en toon die Oranje-Blanje-Blou net iets van ons geskiedenis. Dit is slegs die assosiatiewe waarde wat groot dele van ons bevolking daaraan heg, wat vir hulle aanstootlik is.
Net soos wat die assosiatiewe waarde van aansporing om die ANC-regering, of die boere, of die farmers, of die polisie, of wie dit ook al vandag of môre of volgende jaar gaan wees, dood te maak weer vir ander dele van die bevolking aanstootlik is.
Even-handedness? Wat jy waar kry?