Vonnisbespreking: Die siviele verbod op haatspraak – “Shoot the Boer” in die gelykheidshof, hoë hof en die uitsaaiklagtetribunaal

Artikel 10 van die Wet op Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie skep ’n eisoorsaak gebaseer op haatspraak. Alhoewel howe verplig is om artikel 10 toe te pas wanneer ’n party beweer dat haatspraak plaasgevind het, gebeur dit nie altyd nie.