
Prent: https://pixabay.com/photos/grilling-flesh-grilled-meats-3395057/
Saterdag het ’n Sothosprekende vrou en vier kindertjies onder vyf jaar oud naby my huis foto’s kom neem. Almal was in tradisionele Sotho-gewaad, en sy was besig om hul geskiedenis aan die kleintjies te verduidelik.
Ek het na hulle toe gegaan en aangebied om foto’s te neem wat die vrou ook insluit,en ons het begin gesels. Die kindertjies word geleer om trots te wees op hul eie kultuur, om te verstaan wat hulle waardes is, en om dit wat hulle deel maak van ’n groep te vier.
Vergelyk dit met wat aan’t gebeur is onder veral wit en bruin mense. My voorbeeld gaan oor die Wes-Kaap spesifiek, maar dis dwarsoor ons land dieselfde. Hulle gaan betaal ten duurste vir tradisionele Xhosa-drag by winkels in die Waterfront, draai doeke om hul koppe en laat verf wit spirale op hul gesigte sonder die geringste begrip van die kulturele betekenis of simboliese waarde.
..............
Wat hulle vier, is nie hul eie erfenis nie. Hulle verstaan nie eens die kultuur wie se drag hulle dra nie, en die ander 364 dae van die jaar vier hulle dit ook nie. Dit het ’n uitspattige kostuumparade geword. Dis nie eens kulturele viering nie, dis kulturele toe-eiening, op dieselfde vlak as die dra van die Meksikaanse sombrero.
................
Wat hulle vier, is nie hul eie erfenis nie. Hulle verstaan nie eens die kultuur wie se drag hulle dra nie, en die ander 364 dae van die jaar vier hulle dit ook nie. Dit het ’n uitspattige kostuumparade geword. Dis nie eens kulturele viering nie, dis kulturele toe-eiening, op dieselfde vlak as die dra van die Meksikaanse sombrero. Die dag wanneer een of ander gek gaan besluit om sommer swart politoer aan hul gesig te smeer saam met die drag, is nie meer ver nie, met die politieke wipslag kort op die hakke.
Dan is daar die hoogs suksesvolle poging om Erfenisdag tot Braaidag te herdoop. Supermarkte het spesiale aanbiedings op hul vleis en wors, wat regtig net spesiaal is as mens nie pryse vergelyk met wat dit drie weke voor “Braaidag” was nie. Resepteboeke gefokus op die braaimark begin van einde Julie, begin Augustus al op die rakke verskyn. Hoekom in die hartjie van die winter en nie November/Desember soos wat vroeër jare die geval was nie? Die “Braaidag”-mark moet ontgin word.
............
Erfenisdag was bedoel om ’n dag te wees waar elke kultuurgroep dit wat hulle uniek en uitsonderlik maak, te vier. Dit was bedoel as ’n dag waar kultuurgroepe meer van mekaar se kultuur kon leer op ’n gestruktureerde manier. In stede daarvan is dit verwring in net nog ’n kommersiële foefie.
...............
Erfenisdag was bedoel om ’n dag te wees waar elke kultuurgroep dit wat hulle uniek en uitsonderlik maak, te vier. Dit was bedoel as ’n dag waar kultuurgroepe meer van mekaar se kultuur kon leer op ’n gestruktureerde manier. In stede daarvan is dit verwring in net nog ’n kommersiële foefie.
Die probleem lê natuurlik veel dieper as net besighede se geldgierigheid. Hulle is daar om ’n wins te maak, en solank as wat hulle ’n mark kan ontgin, sal hulle.
Die probleem vir baie mense is dat hulle nie meer weet wat hulle kultuur is nie, of hulle is geïndoktrineer om skaam te wees vir hul eie kultuur. Die klere wat ons dra, die uitdrukkings wat ons gebruik, en die kos wat ons eet is maar net deel van ons kultuur. Hoekom sien ons nie Xhosa-persone in sari’s op Erfenisdag nie? Want hulle verstaan en weet wat hulle kultuur is.
By bruin mense veral word dit nog elke dag ingeprent dat ons kultuur iets is om ons oor te skaam.
Vleis oor ’n oop vuur braai in ’n Springboktrui of dalk ’n All Blacks-trui, ’n bottel Black Label in die hand, is nie kultuur nie. Dis kuier.
Ek haal my hoed af vir mense wat hul eie kultuur vier en bevorder. Elias P Nel wat riel weer lewend maak, Shihaam Domingo wat mense leer oor tradisionele kos uit die natuur en uit die see, Fatima Sydow wat mense leer kook, Ingrid Jones wat gesprekke oor ons komvandaan lewendig hou met die koe’sisterbeweging is mense vir wie ek die grootste bewondering en agting het. En ek noem dit die koe’sisterbeweging, want dis veel meer as resepte met stories daarby. Dis ’n al groter wordende gemeenskap van mense wat aanlyn en van lyn af by mekaar aanklank vind.
Vannie Kaap het op Erfenisdag mense uitgenooi om te deel wat hulle as deel van hulle kultuur beskou. Soms het ek gelag, soms gesug, maar met feitlik elke kommentaar moes ek saamstem. Dit wat beskryf word, is my kultuur.
............
Hoe kan ons ooit, elke kultuur, ons gelykwaardige plek inneem in ons land as ons ander kulture na-aap en nie met trots dit wat ons eie is, vertoon nie?
Bak jou gevlegte koeksister, maak jou klapper-en-anys-koe’sister of samoesa, dans jou riel of jou sokkie. Om jou erfenis met deernis, liefde en eerlikheid te omarm is tog waaroor dit behoort te gaan.
...............
Hoe kan ons ooit, elke kultuur, ons gelykwaardige plek inneem in ons land as ons ander kulture na-aap en nie met trots dit wat ons eie is, vertoon nie?
Bak jou gevlegte koeksister, maak jou klapper-en-anys-koe’sister of samoesa, dans jou riel of jou sokkie. Om jou erfenis met deernis, liefde en eerlikheid te omarm is tog waaroor dit behoort te gaan.


Kommentaar
Stem nie saam nie. Braai is deel van die erfenis. Ek kan nie my "kultuur" vier nie. Wat is my "kultuur"? My voorgeslagte was kolonialiste. Ek het ook nie tradisionele drag nie. Denimbroek en tekkies is my tradisionele drag. Two-tone-hemp gaan mooi saam met dit of beter nog, 'n rugbytrui. Perfek vir die braai.
As die dra van 'n sombrero dan in die politiek korrekte en woke land wat me. Wyngaard voorstaan kulturele toeëiening sou wees, mag ek darem as spesiale vergunning Meksikaanse of Indiese disse in my kombuis voorberei en aan gaste voorsit? Of is dit iets wat ek alleenlik in die geheim mag doen sodat niemand anders van die skande bewus is nie?
Ek wonder ook wat is ons kultuur. Ek wil graag weet sodat ek my boys ook kan leer.
Bettina, jy veralgemeen so uit die heup uit. Wat wel waar is, is dat die gepaargaande foto bo-aan jou artikel die inhoud van jou artikel korrek weerspieël.
Dis vir my mooi om mense in hul drag te sien wat hulle as tradisioneel hulle s'n beskou. Ongelukkig is daar nie enige spesifieke drag wat ek tradisioneel van as kultuur beskou nie. Kleredrag wat voorheen my kultuur probeer uitbeeld het, verteenwoordig nie wat ek as my kultuur beskou nie, want dit was maar net die kleredrag gekoppel aan 'n sekere era in die geskiedenis en was in verskeie soortgelyke kulture wêreldwyd eintlik maar baie dieselfde. Kos is nogal 'n mooi manier om iets van ander kulture se gebruike te leerken. Braai is waarskynlik 'n samebindende faktor tussen verskillende Suid-Afrikaanse kulture en dit maak sin dan ons dan lekker saam kan kuier en braai. Tog is dit interessant om kennis te neem van kosse uit verskillende SA-kulture. Ons kan leer van mekaar se kulture deur bobotie, geelrys, koesisters, hoenderpote, mopaniewurms, melktert, ens uit te toets.