Rassisme in die fantasie-genre

  • 1

Fotobron: https://pixabay.com/illustrations/mermaid-underwater-sea-ocean-dark-4761358/

The little mermaid en The rings of power is veronderstel om bitter min gemeen te hê. Die een is immers gemik op kinders, die ander een op volwassenes.

Albei het swart karakters, en dis waar die probleme begin. Die histerie op sosiale media die afgelope paar weke oor die swart karakters sou snaaks wees as dit nie so hartseer en so tekenend van die rassisme van die kommentators was nie. In The rings of power se geval is sogenaamde ondersteuners van Tolkien se werk ontsteld omdat swart Harfoots en swart Elwe nie histories akkuraat is nie. In hulle ontsteltenis vergeet hulle dat beide rasse fiktief is, nie in werklikheid bestaan nie en dus nie histories enigiets kan wees nie. Middelaarde, die wêreld waar Tolkien se verhaal afspeel, is fiktief en bestaan dus per definisie nie.

...............
In The rings of power se geval is sogenaamde ondersteuners van Tolkien se werk ontsteld omdat swart Harfoots en swart Elwe nie histories akkuraat is nie. In hulle ontsteltenis vergeet hulle dat beide rasse fiktief is, nie in werklikheid bestaan nie en dus nie histories enigiets kan wees nie. Middelaarde, die wêreld waar Tolkien se verhaal afspeel, is fiktief en bestaan dus per definisie nie.
...............

Boonop beskryf Tolkien self die Harfoots as neutbruin, wat die ontsteldes interpreteer as “wit en bruingebrand deur die son”. Die bekende skrywer Neil Gaiman het op een stadium tot die losgemaal toegetree net om die rassisme in die kommentaar uit te wys. Gaiman is toe lagwekkend beskuldig van inmenging in reekse waarmee hy glad niks te doen het nie. Of dit sou lagwekkend wees as dit nie depressiewelik oningeligd en haatdraend was nie. Of as die haat nie soveel emosionele energie geverg het van ander sosialemedia-gebruikers en fantasieliefhebbers nie.

...........
Dan is daar The little mermaid wat, soos die naam aandui, oor ’n meermin handel. Weer eens ’n fiktiewe wese wat nie in die realiteit bestaan nie. Die fliek self kom eers volgende jaar uit, maar die lokprent het alreeds duisende “dislikes” op YouTube ontlok. Hoekom? Die meermin is swart.
..............

Dan is daar The little mermaid wat, soos die naam aandui, oor ’n meermin handel. Weer eens ’n fiktiewe wese wat nie in die realiteit bestaan nie. Die fliek self kom eers volgende jaar uit, maar die lokprent het alreeds duisende “dislikes” op YouTube ontlok. Hoekom? Die meermin is swart. Een persoon het selfs die lokprent digitaal verander om die meermin wit met rooi hare te maak.

Gaiman was korrek toe hy die negatiewe kommentaar as rassisties identifiseer het. Om een of ander onverklaarbare rede is daar ’n groep mense wat net eenvoudig nie kan verstaan dat swart uitnemendheid kan bestaan nie. Vir hulle is dit iets wat so ver as moontlik misken moet word, en as dit nie werk nie, moet dit vernietig word.

Hulle kry hulp uit die mees onverwagte oorde: mense wat beweer dat hulle ten gunste van swart bemagtiging is, maar dan weier om die werk te ondersteun op grond daarvan dat studio’s swart akteurs gebruik as ’n siniese geldmaaktruuk. Natúúrlik is studio’s soos Disney daarop uit om geld te maak. Winsmotief is aan die hart van elke besluit wat hulle neem. Maar om nou mense aan te moedig om prente waarin swart akteurs speel te boikot, doen meer skade aan die akteurs as aan die studio.

As mense die films of reekse boikot, beteken dit net die studio maak nie weer soortgelyke prente nie. Wie ly skade? Swart akteurs wat nou van ’n bron van inkomste ontneem word. Swart gehore wat ontneem word van die geleentheid om representasie van hul velkleur op skerms te sien, al is dit dan van fiktiewe wesens. Niemand kla immers as Elwe of Harfoots of meerminne wit is nie. Niemand boikot flieks waar die fiktiewe karakters wit is nie.

Die enigste manier om ’n stok te steek in die speke van die masjien wat wit uitbeeldings op die skerm normaliseer, is om prente wat swart akteurs gebruik, te ondersteun. Black Panther se gewildheid het dit bewys. Die sterk openingnaweek van Viola Davis se The woman king bewys dit weer.

Davis self is deeglik bewus van die opdraande stryd wat swart akteurs deurmaak. In haar boek Finding me beskryf sy haar opleiding by Juilliard as ’n voortdurende aanslag om haar swartheid uit te wis en ’n Eurosentriese benadering tot kuns te vestig. Sy beskryf die stryd om as swart akteur ’n behoorlike salaris te verdien, as volg: “You don’t necessarily get paid for talent. You get paid for ‘getting butts in the seat’. The caveat is that with most people of color, your films are not distributed and promoted enough to ensure butts in the seat and it keeps you hustling as far as pay is concerned.”

Net voordat The Woman King vrygestel is, sê sy op Instagram: “Like I said at @tiff_net, if you don’t plop down money on opening weekend, you’re not going to see ... Black females leading a movie again.”

..........
Kuns behoort kuns te wees, los van en verhewe bo politiekery. Maar in omstandighede waar dit nou blykbaar politieke aktivisme geword het om ’n fliek oor ’n swart meermin of  reeks oor ’n swart Harfoot in ’n fiktiewe wêreld te gaan kyk, sal ek my deel vir sosiale geregtigheid doen. Ek sal die fliek ondersteun, selfs al voel ek eintlik vere vir meerminne van enige kleur.
..............

Kuns behoort kuns te wees, los van en verhewe bo politiekery. Maar in omstandighede waar dit nou blykbaar politieke aktivisme geword het om ’n fliek oor ’n swart meermin of  reeks oor ’n swart Harfoot in ’n fiktiewe wêreld te gaan kyk, sal ek my deel vir sosiale geregtigheid doen. Ek sal die fliek ondersteun, selfs al voel ek eintlik vere vir meerminne van enige kleur. Veral omdat ek beslis nie om enige rede wit beheermagtigdes wil ondersteun nie.

Allesbehalwe.

  • 1

Kommentaar

  • Annora Eksteen

    Ek is so bly om van The Little Mermaid te hoor. Sal dit graag wou sien volgende jaar. Die aktrise is pragtig en ek hou maar van fantasiewesens. Dalk sal my dogters dit saam met my gaan kyk, dit lyk pragtig gedoen.
    Ek het Part of Your World baie met my sangleerders gedoen. Lieflike liedjie.
    Ja jinne, ek beskryf lankal nie meer mense as wit of swart nie, en ek is so trots op al die vooruitgange en geniet die films al te baie. Ek sien nie kleur raak nie. My klavierleerders is van allerlei gelowe en kulture en ek geniet hulle almal. Die oulikste ouers en kinders. Ook hierdie briljante seuntjie uit Zimbabwe gehad.
    Dit alles is vir my te wonderlik en ek is bly ek kon dit in my leeftyd beleef. Op die ou end het ek toe eintlik baie beter gevaar by die Engelse skole, die Afrikaanse skole seker net te... steeds, maar ek weet nie eintlik nie. Ek is seker ook maar net te sensitief oor alles.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top