
Fotobron: https://pixabay.com/photos/killer-horror-jimmy-jemmy-prybar-820017/
’n Bietjie meer as ’n week gelede het groepe mense in georganiseerde bendes deur sekere woonbuurte in my tuisdorp gegaan en enigeen wat hulle as ’n buitelander identifiseer, voorgekeer. Hulle het aangedring daarop om bewyse te sien dat die persoon wettiglik in Suid-Afrika is.
Ongelukkig is dit niks nuuts in ons reënboognasie nie. Dit is wel nuut en ongewoon in my tuisdorp, waar mense nog altyd min of meer in vrede met mekaar saamgeleef het. Min of meer. Suid-Afrikaners ondersteun buitelanders se besighede; hulle kuier oor en weer. Soms trou hulle selfs met mekaar vir redes wat niks met administratiewe burokrasie te doen het nie.
...........
Ongelukkig is dit niks nuuts in ons reënboognasie nie. Dit is wel nuut en ongewoon in my tuisdorp, waar mense nog altyd min of meer in vrede met mekaar saamgeleef het. Min of meer. Suid-Afrikaners ondersteun buitelanders se besighede; hulle kuier oor en weer. Soms trou hulle selfs met mekaar vir redes wat niks met administratiewe burokrasie te doen het nie.
.............
’n Paar dinge het vir my uitgestaan omtrent die selfaangestelde toepassers van wet en orde. Heel eerste natuurlik is juis die feit dat hulle selfaangestel is. Hulle het geen amptelike bevoegdhede nie, en het inderdaad in die meeste gevalle geen werk van enige aard nie. Tweedens was daar feitlik geen bruinmense onder die groep nie. Derdens, soos wat ek in die heel eerste sin van hierdie opiniestuk skryf, was net sekere woonbuurte geteiken.
In Klipkop, een van die rykste buurte in ons dorp, behoort elke tweede kleinhoewe aan ’n Duitser of Hollander of Brit. Nie een van die buitelanders wat daar woon, het in angs en bewing onder die bed weggekruip in vrees vir wanneer die hordes op hulle eiendom kom en eis om papiere te sien nie. Die meeste was salig onbewus van die oproer. Daar was nooit eens enige sprake dat die groepe Klipkop toe beweeg nie. Nie dat dit beter sou wees nie. Dit wys net die dubbele standaarde uit waarbinne mense optree.
Die fokus van die groep se woede was swart buitelanders van elders in Afrika; mense wat in baie gevalle moes vlug uit hul eie land in vrees vir wat hul eie mense doen.
Is enigiets van wat ek hier skryf nuus? Natuurlik nie. Maar hoekom die huiwering in beriggewing om wat aan die gang is op sy naam te noem? Swart mense tree rassisties op teen ander swart mense. Xenofobiese geweld is nie ekonomies gedrewe nie, dis rasgedrewe. Nie een van die bendelede wat klein besighede se goed gestroop het, is self besigheidsmanne wat hulle besigheid verloor het as gevolg van die buitelanders nie. Hulle het nog nooit eens probeer om hule eie besighede op te sit nie – nie eens ’n onwettige sjebien nie. Hulle stroop ook nie om besighede op te sit nie, hulle stroop vir eie gebruik. As die optrede regtig ekonomies gedrewe was, hoekom stroop hulle nie Europese buitelanders se bates nie? Nie een van hulle is plaaswerkers wat hul werk verloor het sodat buitelanders aangestel kon word nie. Hulle stel nie belang in die rugbrekende arbeid wat op vrugteplase verrig word nie. Boonop is die meeste mense wat in ons omgewing op plase werk steeds Suid-Afrikaners.
Die xenofobie kom nie as ’n verrassing nie. Van ons populistiese politieke leiers hits dit aan sonder dat hulle enige ernstige nagevolge ervaar. Hulle word nie deur hul volgelinge gesensureer nie, wat hulle net dapperder maak vir ’n volgende poging. Boonop inspireer hulle ander politieke leiers om dieselfde te probeer in ’n poging om ook meer relevant te probeer wees.
“Suid-Afrika eerste” mag dalk edel klink, maar daar lê diep rassistiese wortels daaronder. Net soos “Make America great again”.
..............
“Suid-Afrika eerste” mag dalk edel klink, maar daar lê diep rassistiese wortels daaronder. Net soos “Make America great again”.
..............
Dis nie net swart buitelanders wat onderdeur loop nie. Regstellende-aksie-beleide sluit baie bruin Suid-Afrikaners uit van voordele. Maar ook informeel loop spanning tussen swart en bruin hoog. Hoeveel keer was ek en baie ander bruinmense nie al “malau” genoem nie, met die verduideliking dat dit maar is hoedat Xhosa-sprekers na bruinmense verwys? Malau is die vuil bruin skuim wat op branders vorm in onstuimige weer. Natuurlik is dit nie ’n onskuldige, neutrale verwysing as een groep ’n ander groep so noem nie, net soveel as wat dit nie onskuldig is om na ’n ander groep as kokkerotte te verwys nie.
Woorde dra krag, en woorde lei baiekeer na dade. Woorde het geskiedenis, maar net so het woorde ’n konteks wat oor tyd heen verskil. Daarom voel ek ongemaklik met die onlangse beslissing wat bepaal dat “kill the boer” nie haatspraak is nie. Die konteks waarbinne die liedjie nou gesing word, verskil aansienlik van die historiese konteks. Ek is nie seker dat die regter voldoende aandag aan die huidige konteks gegee het nie.
..............
Intussen proe al meer politieke leiers die mag wat gepaardgaan met populistiese uitsprake wat groepe teen mekaar opsweep. Dis lankal nie meer Suid-Afrika eerste nie; dis selfverryking ten alle koste eerste.
..............
Intussen proe al meer politieke leiers die mag wat gepaardgaan met populistiese uitsprake wat groepe teen mekaar opsweep. Dis lankal nie meer Suid-Afrika eerste nie; dis selfverryking ten alle koste eerste.

