Nog ’n groot boom val: Totsiens, Arch

  • 3

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)

.........

Hy was negentig en siek. Sy sterfte was nie onverwags nie, en tog tref die nuus soos ’n vuishou in die wind. Die Arch is dood.

Hy was klein van postuur, maar sy skaduwee en sy nalatenskap is enorm.

..........

Hy was negentig en siek. Sy sterfte was nie onverwags nie, en tog tref die nuus soos ’n vuishou in die wind. Die Arch is dood.

Hy was klein van postuur, maar sy skaduwee en sy nalatenskap is enorm.

Die dag voor Goeie Vrydag, Wit Donderdag, hernu alle Anglikaanse priesters jaarliks hul beloftes en priesterlike verbintenis tot God en die kerk. Dis ’n belangrike en betekenisvolle ritueel. En elke jaar het die Arch aan elke biskop en priester met wie hy saamgewerk het, ’n yslike ruiker wit blomme op Wit Donderdag laat aflewer. Hy het daai tradisie volgehou selfs nadat hy as aartsbiskop afgetree het, en nadat hy die openbare lewe verlaat het. Vir konteks: Daar is 25 bisdomme in die Kerk van die Provinsie van Suider-Afrika, die Anglikaanse Kerk, waar hy aartsbiskop was, en in die tydperk toe hy aartsbiskop was en daarna het daar in elke bisdom minstens twee, of in sommige gevalle selfs drie biskoppe gedien. Dis nou behalwe die ander priesters met wie hy kontak gehad en saamgewerk het.

Hy moes elke jaar derduisende rand aan blomme bestee het. En dit is sonder fanfare gedoen.

Ek het ’n aantal jare in die Valsbaai-bisdom gewerk, saam met biskop Merwyn Castle. Merwyn het lank saam met die Arch gewerk, eers as sy dekaan in die bisdom van Johannesburg, en toe as sy kapelaan nadat hy aartsbiskop geword het.

Merwyn het by geleentheid vertel hoedat hy een aand by die katedraal in Johannesburg ingestap het. Dit was iewers in 1985 of 1986. Die Arch, toe nog Biskop van Johannesburg, was besig om te bid oor die situasie in die land, en sy geweeklaag het deur die gange weergalm. Die jong priester Merwyn het nie heeltemal geweet wat om te doen nie, en het toe maar stilweg weggegaan.

Die Arch het gebid oor elke situasie waarvoor hy te staan gekom het.

My ma vertel ’n staaltjie oor hoedat daar een jaar by die sinode ’n hewige woordewisseling uitgebreek het tussen die priesters en die lekeverteenwoordigers van die gemeentes. Die Arch het net op sy kniee geval, en almal genooi om saam met hom stil te raak en oor die kwessie te bid. Die geskil is nie opgelos nie, maar almal het ná daai gebed met meer respek vir mekaar opgetree.

Hy was nie perfek nie. Inteendeel, sommige van die standpunte waarvoor hy later bekend sou word, het ’n lang tyd geneem om te vorm.

Die manier waarop hy Merwyn Castle hanteer het, was een voorbeeld hiervan. Die jong Merwyn was ’n ster in die Anglikaanse kerk, op die vinnige baan om biskop en dalk selfs aartsbiskop te word. Hy was die Arch se regterhand. Totdat hy een aand in ’n openbare toilet met ’n ander man betrap is. Hy is krimineel aangekla, en die skandaal was op die voorblad van elke koerant.

Het die Arch hom verdedig? Nee.

Hy het hom van al sy pligte gestroop en hom na ’n klein gemeente in Uitenhage verplaas om te “rehabiliteer”. Hy kon hom seker Tristan da Cunha toe gestuur het – dis die mees afgeleë gemeente in die kerkprovinsie. Maar Uitenhage was ’n goeie tweede keuse. Castle moes daar bly van 1987 tot 1990. En die voorwaarde vir sy terugkeer was dat hy selibaat moes wees.

Hou in gedagte dat die Arch op daardie stadium alreeds die Nobel-vredesprys ontvang het en aansienlike internasionale statuur geniet het. Indien hy werklik geglo het dat gays gelyke regte moet geniet, sou hy dit gesê het.

Die Arch het eers heelwat jare later vir biskop Merwyn vergifnis gevra vir sy optrede, en sy veranderde gesindheid ook meer deur openbare uitsprake bewys. Hulle vriendskap en waardering vir mekaar het in die jare daarna net gegroei, en ek glo dat hulle mekaar geslyp het.

Ek haal my hoed af vir die feit dat hy groot genoeg was om te erken hy was verkeerd, en dit daadwerklik bewys het en probeer regstel het. Sedertdien het hy homself bewys as ’n ware aktivis vir gayregte.

.........

In teenstelling met sy aanvanklike standpunt oor homoseksualiteit is die wyse waarop hy die ordinasie van vroue tot die priesterskap ondersteun het op ’n tydstip toe dit omstrede was. In 1992 het hy die eerste vroue toegelaat om geordineer te word. Een van die eerste twee vroue, Margaret Vertue, sou later vir Merwyn Castle opvolg as biskop van die Bisdom van Valsbaai.

.........

In teenstelling met sy aanvanklike standpunt oor homoseksualiteit is die wyse waarop hy die ordinasie van vroue tot die priesterskap ondersteun het op ’n tydstip toe dit omstrede was. In 1992 het hy die eerste vroue toegelaat om geordineer te word. Een van die eerste twee vroue, Margaret Vertue, sou later vir Merwyn Castle opvolg as biskop van die Bisdom van Valsbaai.

My ma het in 2017 saam met die Arch tee gedrink, en blykbaar het hulle alte lekker gesels oor die sinodes wat hulle albei bygewoon het. Tot vandag toe hou sy vol dat hy die mees nederige beroemde mens is wat sy ooit ontmoet het, ’n maklike, gemaklike en toeganklike mens-mens.

...........

Hy was nie perfek nie. Inteendeel, soos alle mense het hy sy vooroordele gehad. Maar hy was groot genoeg om te erken wanneer hy verkeerd was, en wys genoeg om koers te verander waar hy moes.

............

Hy was nie perfek nie. Inteendeel, soos alle mense het hy sy vooroordele gehad. Maar hy was groot genoeg om te erken wanneer hy verkeerd was, en wys genoeg om koers te verander waar hy moes. In sy negentig jaar op hierdie aarde het hy elke dag voluit gelewe en dwarsoor die wêreld probeer om ’n verskil te maak aan mense se lewens.

Maar hy was ook ’n platjie wat blitsvinnig ’n grap kon maak en dan daai kenmerkende giggellaggie gee dat mens nie anders kan as om saam te lag nie.

Die laaste keer wat ek hom gesien het, ironies ook by ’n sinode, was hy in ’n rolstoel. Hy was selfs kleiner as gewoonlik, en duidelik siek. Maar sy stem was sterk, sy persoonlikheid het uitgestraal en daai kenmerkende laggie het ons almal laat saamlag.

........

Hy was ’n mensch, en die lewe is net ’n bietjie donkerder sonder hom.

........

Hy was ’n mensch, en die lewe is net ’n bietjie donkerder sonder hom.

My gebed vir hom, in die Anglikaanse tradisie: “Lord Jesus Christ, we commend to you our brother Desmond, who was reborn by water and the Spirit in Holy Baptism. Grant to him eternal rest. Let light perpetual shine upon him. May his soul, and all the souls of the departed through the mercy of God, rest in peace. Amen.”

Lees ook:

Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid

The passing of Desmond Tutu, 26 December 2021: A few memories

Die Arch – ’n persoonlike huldeblyk

  • 3

Kommentaar

  • If ever the term dynamite comes in small packages, it's so pertinent whenever my thoughts turn to events surrounding the life of Desmond Tutu. Whether his desires for a Rainbow Nation will ever come to anything is a moot point indeed, but if that hope crashes and burns up ahead it sure won't be because he and others like him haven't tried their best.
    My own memories of Tutu provide an interesting, quick switch back 38 years when the commission of inquiry into the activities of the SA Council of churches was underway in Pretoria. It happened that the SABC's regular TV reporter in Pretoria was absent on a three month SA Army stint, and I was seconded to replace him from Jo'burg for the duration.
    The inquiry was held in a very small and stuffy, typical city office block, and each day the crammed media presence had reporters struggling to secure adequate space to endure the days proceedings.
    It was perhaps one of the most memorable stories I had covered, in that a single video clip captured by our cameraman during proceedings meant Tutu had good reason to condemn what he believed were my motives and very presence at the commission.
    In television coverage of such an event using a single cameraman, there are often severe limitations in the providing a good final product. This is because of the necessity to provide adequate cutaways, and in this instance it proved catastrophic for Tutu and myself.
    Tutu had a severe nerve problem in both hands which required constant wringing to alleviate the pain, and our cameraman chose to provide several cutaway shots of this for video editors to use in final preparation prior to broadcast on bulletins.
    The video we obtained on our first day of coverage was sent back to Joburg by microwave for editing, and whatever happened thereafter was completely out of our control in Pretoria.
    As it happened whoever handled the final editing made full use of the sad cutaways of Tutu wringing his hands whenever potentially damning elements unfolded during the probing questioning underway that day.
    Tutu approached me before the second days sitting started, and he stared up at me for a few moments before saying "I will make every effort to avoid wringing my hands today, but I do feel that the use of such material is just plain unfair. How can you be so sneaky by creating completely unjust feedback to the national audience on television news?" he asked. I was truly mortified by his approach, as I had not watched the end product and knew nothing about this claim. Of course it was futile to provide any excuses, but it has remained in my memory ever since.
    However, it is a perfect example of just how subliminal cutaways can bedevil and provide fake news through twisting perceptions to suit a cause. In this case it was perhaps someone with an evil political agenda, plus manna from hell bedeviling the heavenly.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top