Sestien dae maak my bôs warm, Uncle Cyril

  • 1

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)

Uncle Cyril, ek try soe hard om ’n decent mens te wies, but really, djulle maakit moeilik.

Doen my ’n favour, asseblief Uncle. Moenie djou weekly letter soe vroeg oppie Maandag uitstierie. Dit spoilie net my dag nie, dit maak petymal my bôs sommer warm virrie hele wiek. Veral dié wiek.

.......

Because why, Uncle, die sixteen days beginne mos dié wiek. En soes gewoonlik maak djy mooi speeches oo hoe die mansie groot problem is met gender-based violence, soe mans moetie lead vat ommit te bestry. Maa put a slag djou money where your mouth is, toe?

.........

Vir starters, Uncle, moetie djou brief skryf asof daa ’n hierarchy of violence issie. En I quote: “... an increase in rapes, domestic violence and, perhaps most worryingly, in child murders”. Die italics is myne, Uncle, wan djy het mos niks vekeed gesien met daai sinnie. Okay, ôs het mos al mettie Eskom-sabotasie storie gesien djy is ’n member vannie Bobby McFerrin “Don’t worry be happy” club. Een genade: At least is djy nie mee shocked nie. Hettie die wattage vi dittie.

Soe, as ek daai sin lies, Uncle, dan sien ek djy dink rape issie soe serious soes kinnetjies wat vemoo wôd nie. En djy mention glad nie allie vroue wat vemoo wôd nie. Maa cool, maybe het djy oek ’n word count limit, soe djy kannie als op djou hart uitpraat ie.

Maa ek het nou al een ding gelee innie liewe in. Actions speak louder than words, Uncle. Much louder.

........

Soe, wanne djy praat van leaders innie community moetie voortou vat, dan expect ek djy moet dit oek doen. Vat maa die municipality waa ek bly, Uncle. Theewaterskloof municipality, vi djou convenience. Net veliede wiek, Uncle, is die eeste council meeting gedisrupt deu ’n ANC councillor wat tafels omgegooi en ’n vroulike councillor vannie EFF assault het. Djou party, Uncle. Soe ek sou expect djy sou vesieke maak daai ou wôd gediscipline. Djy vetel dan hoeka soe mooi vi ôs accountability is die theme vannie sixteen days dié jaa.

Maa nee, accountability is vi anne mense, nie vi djou leaders nie. Instead manipulate djulle soelat daai sameste vroueslaner elect wôd as speaker. Maybe dink djy die loss of reputation is ’n small price to pay vi die opportunity om in een municipality bietjie die kitaar te tokkel.

Maa dink djy dis coincidence lat die EFF in ’n turnaround nou in allie metropolitan areas die DA support? Dink djy die way die ANC in een plek act wôd nie genotice in anne plekke nie? Maybe as djy en djou provincial leadership daai mannetjie innie bek geruk het, dan was djulle gesigvel nie nou innie hele land afgetrekkie. Pyrrhic victory, Uncle Cyril, daais die price of admission wat djou stilte en inaction kos.

Soe, skryf maa djou pretty, pretty words en maak djou virtue signalling gestures. Maa soelank as wat daai vroueslaner in ’n position of power is, en djulle hommie discipline nie, gloe ek ie ’n single word wat uit djou mond kô nie.

En soelank assie criminals en vroueslaners en kinnermoordenaars in charge vannie land ennie municipalities ennie poelieste is, kan djy maa sê wat djy wil, die violence sal aangaan, wan die anne sien mos nou daa issie consequences nie.

......

Soe Uncle Cyril, djou anaolgie vannie twin pandemics is accurate, wan ôs maak oekie ’n dent innie Covid-syfersie. Krismis en New Year is allie vroue wee sam met hulle abusers in lockdown.

Maa dan kan hulle sieke djou brief as troos lies deu die blou-geslaande oë. Is al accountability wat hulle gan kry.

Lees ook:

16 Dae van Aktivisme

Hoeveel 16 dae van aktivisme moet ons nog deurgaan voor vroue veilig is in Suid-Afrika?

#NotOurLeaders en die 16 dae van aktivisme

16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders

  • 1

Kommentaar

  • Barend van der Merwe

    Jy leef jou nogals in in die politici se woorde en doen en late. Anders gestel, jy trek jou dit erg aan. Jy het skynbaar hoë verwagtinge van al die mense. Die Boeddhisme leer mens om nie met verwagtinge te leef nie. Verwagtinge is die teelaarde van teleurstellings.en ontnugterig, wat uiteindelik selfs in bitterheid kan omsit. Baie ongesond!

    Nou ja, ek is ook ingeskryf op president Ramaphosa se weeklikse nuusbrief. Ek "scan" hom altyd net. Ek reken ek straaik 'n gemiddeld van so iewers tussen 5 en 15 sekondes as ek moet raai. En ek twyfel of ek al een enkele keer die inhoud aandagtig deurgelees het van die begin tot die einde. Dit behou gewoon net nooit my aandag nie. Dis nie boeiend nie. En ek neem dit ook nie juis ernstig op nie. Altyd met 'n knippie sout. As dit my die dag ooit begin ontstel, sal ek dit gewoon ophou lees.

    Voor die verkiessing was jy ook met Steenhuizen ontevrede. Nou met Ramaphosa. Die derde opsie is Malema. As dit ook dalk skeefloop eendag is daar darem ook die klomp klein partytjies. GOOD en ActionSA en ACDP en COPE en VF plus en IFP en UDM en en en al die ander opsies. Die makliker opsie sal egter wees om nie so baie te verwag van die mense nie. Politieke partye se presidente kan nie net hire en fire soos hulle wil nie. Elke lid word eerder beloon vir sy of haar lojaliteit aan die party. Dis maar hoe die dinge werk.

    Daar is ook voorstelle om die 16 dae af te skaf. Sal nie help nie. Volgende oggend sal 'n ander mastermaaind weer vra hoekom "doen ons niks"? En dan 'n spesiale dag of sestien van aktivisme voorstel.

    Dan begin als weer van vooraf.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

    Top