Vlak 1, Uncle Cyril?

  • 1

Mornings Uncle Cyril

Wat ie gesondheid betref gan it nog goed met my.

Is mos hoe ôs op skool gelee was om ʼn brief te begin. Is oek maa al waarit goed gan, en oek ma net oo ek niemand lat inkom ie en oekie ytgan nie. Daa byte hoes en proes it en ie Covid loep nog los rond.

Sorry lat ek giste’aan se family meetinge gemis het. It sal help as Uncle mens bietjie mee notice gie, want som het mens mos anne goete oek aan. En anyway, Uncle het ôs nou innie habit om oppie Sondagaan uit te kyk, soes ʼn phone call met djou ma as djy ver bly.

Maa Uncle, ôs moet praat. Is als oraait byrie hys? Level 1, Uncle. Adjusted of te not, level 1? Is uncle nou heel ve’sin?

Kykie hoorie, ôs ammel wiet daai is net virrie election campaigning. Moet ôs ie vi poppe vattie. Daai is net ʼn trick lat ôs vi djulle moet vote soelat djulle ôs vi nog langer kan abuse. Maa issit ie genoeg lat daa political murders is innie aanloep na elections toe nie? Moet ôs rerig nou ammel ôs liewe in ôse hanne vat om free Kentucky enne kombês te loep hal? En come Krismis da is ôs wee toegekap, wan die viede wave is hiesa en ie hospitale kannie cope ie.

Ek het hoeka ve’oggen met ʼn nurse gepraat. Hulle is ammel bollewange oorie wyn, wan elke nawiek is it net messtieke en drunk drivings en assaults assie volk gesyp is.

En hulle wil hoeka mossie vaccinate ie. Uncle, lat ie shebeens die vaccine mandate enforce, da gat ôs in no time results sien. Da slat ôs daai 250 000 ʼn dag target voorie weekend beginne.

Nou hoo ek ʼn anne ding. Hulle soek gloe ie Chinese of ie Russian of ie Indian vaccine, hulle soekie Western capital se vaccine ie. Ees was it oo dit gloe experimental is of die mark of the beast het of hulle wiet ie wat in ie vaccine is ie. Maa hulle syp uit daai plestiekbottels byrie shebeen sonne om te worry wat innie bottel is. Soe, ek vat daai net vi nogge excuse ommie te vaccinate ie. Maa omkom vannie bom, as hulle daa lê en soek vi asem, da mind hulle nie wat innie drip ennie naald issie, soelank hulle net bietere raak. En hulle lê die hospitaalbeddens vol.

Uncle, lat hulle wattie wil vaccinate ie, in aai opslaantente lê, en gie hulle net ʼn paperbag om asem te hal, somme ʼn Kentucky bag, djulle koep mos kla die hoener vi voter bribes. Hulle gloe mos ie in science ie.

En anyway, vi wat koep djulle net Kentucky? It gie net sooibrand. Ek like vi Nando’s. Djulle kan my bribe vi my vote as djulle Nando’s gie. Lemon en herb, ek soekie daai peri-peri wings ie.

Wag, lat ek gou oppie checklist kyk wat ek nog met Uncle wil discuss. Oh yes, die phone call met Boris Johnson. Het Uncle gevra hoekom hy nooit hare kam ie? I mean maa, hy kry genoeg ching lat hy hairgel kan koep. Of ʼn kam.

Ma lat ekkie vannie punt af gan nie. Vi wat wil Uncle hê die borders met hulle moet oep? Hulle kan ie ees vir hulleself petrol supply nie. En hulle wil oek ie vaccinate ie. Soe vi wat soek ôs hulle hiesa? Wiet Uncle nog ie as hulle hie land, da bring hulle net siektes sam nie? Hulle kô kamma-like hulle geld hiesa spend, maa voo djy tien tel bring hulle die next variant hie aan. En dan het hulle die cheek om trug te gan en dit wee ʼn South African variant te roep. Daai colonial gedagte is noggie weg ie. Raak wys, Uncle.

Ek wiet ie comrades raak kriewelrag. Marks en Spence en Burberry roep vi daai gesteelde geld om gespend te raak, but really, is it ie genoeg lat ôs sonne daai geld moet klaa kom ie? Moet ôse gesondheid gesacrifice wôd soelat hulle op overseas shopping sprees kan gan met ôs geld? Lat hulle ʼn slag die economy save deu byrie spaza shops en Pep en Usave te loep koep.

En los ie Kentucky, koep virrie voters die antie oppie corner se walkie talkies. Daai sal mos ʼn difference maak an ôs economy. Of nog bietere, hou die hoener en gie virrie mense jobs en hyse en dignity.

En hou op om ôs vi poppe te vat. Daai abuse bieter end kry, of djulle gan sien byrie election hoe ôs voel.

Sê groete byrie hys!

  • 1

Kommentaar

  • Anthony "Speedo" Wilson

    Briljant, Bettina! Dié bewys jy HET jou oor oppie grond. Jy's nog nie so verwyderd vannie gewone mense nie - jy's nog in voeling en skryf nie OOR nie, maar van BINNE en DEUR ... doen so voort!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top