Die oorlog op vroue

  • 0

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

“If it were between countries, we’d call it a war, if it were a disease, we’d call it an epidemic, if it were an oil spill, we’d call it a disaster, but it’s happening to women, and it’s an everyday affair. It is simply domestic violence.” – Michael Kaufmann

Terwyl Kaufmann hier van gesinsgeweld praat, kon dit net sowel geweld teen vroue wees. Daar is ’n oorlog aan die gang, en vroue se liggame is elke dag die slagveld.

.......

’n Paar dae gelede is die Keniaanse atleet en wêreldrekordhouer Agnes Tirop vermoor deurdat sy veelvuldige kere met ’n mes gesteek was. Haar man is van die moord aangekla. Die Amerikaner Gabby Petito is na ’n massiewe nasionale soektog gevind. Sy was verwurg en vermoor. Haar kêrel is die enigste verdagte. Hier by ons is die Fort Hare-regstudent Nosicelo Mtebeni vermoor en haar liggaam in stukke gekap. Haar kêrel is vir die moord gearresteer.

........

Dis maar enkele voorbeelde. Natuurlik eindig nie alle voorvalle van geweld in sterftes nie, en geliefdes is nie altyd die skuldige partye nie. Maar alte dikwels is dit wel die geval.

Waaroor daar minder gereeld gepraat word, is die geweld waaraan professionele vroue in werksopset onderwerp word. Nou verwys ek nie na seksuele teistering deur ’n werkgewer of senior bestuurder nie. Nee, meer spesifiek verwys ek na vroue wat aangerand word terwyl hulle net hulle werk probeer doen.

..........

Vroulike joernaliste ondervind dit gereeld. Lara Logan is in 2011 deur ’n groep protesteerders in Tharir-plein in Kaïro aangeval en verkrag terwyl sy oor die oproer berig het. In 2012 het dieselfde met ‘n Britse joernalis, Natasha Smith, gebeur, op dieselfde plek. In 2013 was dit ’n Nederlandse joernalis, wie se naam nooit bekend gemaak is nie. Op dieselfde plek.

Verlede week het ’n Suid-Afrikaanse dokter die volgende op Twitter gepos.

I was assaulted by a patient for the first time today and honestly it does feel like a light has gone out. I was told by a friend that anger was an unprofessional response between a dr (sic) and a patient. I forgot that I’m no longer a human being.

’n Tydjie gelede is daar berig oor ’n dokter wat in die hospitaal waar sy werk, met ’n baksteen aangeval en verkrag is. En daar is die talle verhale van verpleegsters wat aangeval word wanneer hulle van nagskof af kom. Dan is daar die vroulike paramedici wat dit nie meer kan waag om in sommige gebiede in te gaan nie, omdat hulle aangeval word.

Mans in dieselfde beroepe het feitlik nooit dieselfde probleem nie.

Hoekom is dit?

Die vroue word baie keer aangeval juis deur die mense wie hulle probeer help, of dan breedweg die gemeenskappe waar hulle probeer help.

’n Priester het my eendag vertel van die slag toe sy ’n begrafnis in ’n koeëlvaste baadjie moes hou, want daar is gevrees dat daar ’n skietery kan ontstaan.

........

’n Priester het my eendag vertel van die slag toe sy ’n begrafnis in ’n koeëlvaste baadjie moes hou, want daar is gevrees dat daar ’n skietery kan ontstaan.

.........

Jare gelede het ek gereeld gewerk met ’n vrou wat gestremd was, en wat in gemeenskappe met weeskinders en gestremdes gewerk het. Sy was een van die mees bekwame, onselfsugtige en empatiese mense met wie ek saamgewerk het. Wanneer daar ’n verslag oor ’n kind in konflik met die gereg geskryf moes word, het ek baie keer gevra dat sy dit moet doen, omdat sy ’n unieke aanslag en begrip van die kinders se situasie gehad het. Totdat een van die kinders haar eendag, in haar werk, tussen ander mense, vermoor het. Al die ander mense het weggehardloop. Sy kon nie.

Ek is self al by geleentheid in my kantoor aangehou, en op ’n ander geleentheid met ’n vuurwapen beroof. Die eerste keer was dit deur my eie kliënt; die tweede keer was dit my kollega en vriendin se kliënt. Albei voorvalle het op werkspersele plaasgevind.

Verlede week is ons minister van verdediging in ’n vergadering met van haar oudkollegas gyselaar gehou.

Ek wil met die dokter wat hier bo aangehaal is, verskil. Dis nie asof ’n lig uitgaan nie. Dis asof iets in jou sterf. Dit gebeur nie skielik nie. Dit gebeur nie dadelik nie. Eers hou jy op om sekere dinge te doen. Ek het byvoorbeeld opgehou om kliënte oor middagete of na ure te sien, of om vir konsultasies na hulle te gaan. Geleidelik, bietjie vir bietjie, oor ’n lang tyd, krimp en verwelk daai deel wat jou beweeg om mense te help totdat jy eendag oorkant iemand sit wat jou hulp nodig het en dis dood binne jou.

Is dit die doel van die aanvalle? Om vroue hulle plek te leer en dit is, nie in beheer van enigiets nie? Om vroue te leer dat dit nie saak maak hoe intelligent of suksesvol hulle mag wees nie, hulle kan nog steeds gemaak word om te voel hoe magteloos hulle is?

President Ramaphosa is heeltemal reg wanneer hy geweld teen vroue as ’n tweede pandemie beskryf. En daar is ’n teenmiddel. Vroue moet na hul waarde geskat word.

.......

President Ramaphosa is heeltemal reg wanneer hy geweld teen vroue as ’n tweede pandemie beskryf. En daar is ’n teenmiddel. Vroue moet na hul waarde geskat word.

........

Maar dit kan net gebeur as die gemeenskap se siening van vroue, as Madonna of as hoer, verander word. Dit kan net gebeur as vroue, soos mans, as volledig mens gesien word en nie as eendimensionele karikature nie. Ons kan nie meer wag terwyl meer en meer vroue aangeval en gebreek word nie. Ons kan nie meer leë beloftes maak nie. Die tyd vir praatjies het opgehou en die tyd vir dade is hier.

Die oorlog moet ophou. Die tyd is nou.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top