Check-in met Uncle Cyril

  • 0

...
Die Kaap brand, Uncle, in case you haven’t noticed. 
...

Mornings Uncle Cyril

It’s been a while van ôs bietjie gechat het, maa’ ek vestaan.

I mean, ek sien Uncle se vyande is wee’ biesag met corruption allegations tien uncle. Pot en kettle, maa’ daais sieke maa’ hoe politics wêk. My pa het mos hoeka allie pad gesê politicians en baby nappies moet regularly gechange wôd, en virrie selle riedes. Ek moet admit, Uncle, ek het nogals self altyd gewonner oor daai renoster. Uncle wiet mos, daai expensive ene wat Uncle gekoep het. Of eider, ek het gewonner waa’ die gel’ vedaan kom. I mean, daais mos die type of expense wat ryk lanies incur wanne all the essentials gecover is. Die triple-storey hys, die holiday house, die fancy karre, die designer clothes, die jewellery, die dodgy investments, die Swiss bank account en ee’s daa’na ko’ die renosters en exotic goete.

Nie lat ek wiet ‘ie, Uncle – al way wat ek ’n holiday house kan afford is as ek ’n Wendy koep.

Maa’ al daai aside, Uncle, daa’s anne worries.

Die Kaap brand, Uncle, in case you haven’t noticed. Tafelbe’g, UCT, en al daai neighbourhoods. Ek het gedink Uncle sou al iets mention, maa’ die Monday letter is vol van hoe wonnelik Durban se port is, en hoe dit economic recovery aid. Ek is bly, Uncle. Ammel van ôs wil hê die economy moet recover.

Wiet djy wat aid economic recovery, Uncle? Toeriste. Daai type wat met die foreign currency kô koep.

Maa’ daa’s some stumbling blocks voo’ die tourists kan inkom, Uncle.

...
En by the way, die rate dinge nou gaan, wôd ek ee’s in 2030 gevaccinate. Daai tyd het die virus al soe mutate lat dit niks soes nou se virus lyk ‘ie.
...

Heel ee’ste moet ôs mense die vaccine kry. Ek wiet ‘ie wat die storie behind die storie van die Johnson & Johnson vaccine se halt issie, maa’ maybe moet die politicians nou yt die medical field ytbly. En by the way, die rate dinge nou gaan, wôd ek ee’s in 2030 gevaccinate. Daai tyd het die virus al soe mutate lat dit niks soes nou se virus lyk ‘ie. Amerika het gloe twie miljard vaccines gestockpile, Uncle. Nooi vi’ Uncle Joe vi’ ’n braai en ’n game drive ommie renoster te loep kyk, en dan vra Uncle hom vi’ soe sestag miljoen van daai stockpile. Hulle sallit ‘ie ee’s mis nie.

Maa’ nooi hom hiesa natoe, moenie vi’ hom daa innie States loep kuier ‘ie, Uncle. Asseblieftog, kanalla. Hulle skiet ôs swat mans net oor djy asemhaal daa’.

Speaking of, Uncle, het djy gesien hulle poelieste het een van ôs manne geskiet, in Hawai? Lindani Myeni. Wat gan djy doen omtrent daai, Uncle? Diplomatically, I mean. Ek het noggie gesien dat djy iets sê of acknowledge lat ’n anne land se security forces een van ôs mense doodgemaak het ‘ie. Daai’s mos ’n international incident, Uncle. Of gan djy toelaat dat dit net soe onne die mat ingevie wôd?

Maa’ ek digress.

Ek was nog by die tourists wat economic recovery moet aid. Hoe gan hulle inkom as die hele Kaap afgebrand het, Uncle? Table Mountain is ’n no-go zone. Ek hoo’ daa’ was hikers oppie be’g vasgekee’ toe dit beginne brand.

En die “RhodesMustFall brigade het nou niks te doen nie, wan die brand het somme self als uitgewis. Maa’ wat van al daai students wat evacuate moes wôd, Uncle? Innie clips wat ek gesien het, is dit swat studente wat haloep met net die klere an hulle lywe. Die wit studente wat kan afford, bly lankal in flats off campus. Soe, Uncle, wat van daai studente wat nou nie wiet watte kant toe nie? Not to mention al die mense wat hulle hyse veloo’ het, of dit maybe nog kan veloo’.

...
Brand vra nie race of colour of political affiliation of economic status ‘ie.
...

Brand vra nie race of colour of political affiliation of economic status ‘ie. Vuur is die ultimate equaliser, Uncle.

Gan djy hulle help, Uncle, of gaan djy eeste wag lat Dan Plato die saak mismanage? Haai shame, virrie mense wat innie nood is se ontwil hoep ek hy kom die mas op.

Nou sien ek innie media praat hulle van “vacated vagrant fire” wat die cause is vannie brand. Soe, iemand wat homeless is, het vuur gemaak vir kos of om warm te bly, en dit het out of control geraak. Ek wiet ‘ie hoe hulle soe vinnig kan sê wat die cause issie, Uncle. Watse investigation was daa’?

Vagrants issie die problem nie, Uncle. Hulle is ’n symptom. As daa’ nie corruption en mismanagement en incompetence was nie, sou ammel wat hyse norag het, mos al ’n HOP-hysie gehad het tien dié tyd, of hoe, Uncle? En dié met addiction en mental problems sou die psychosocial en mediese services gekry het wat hulle need.

...
Vagrants issie die problem nie, Uncle. Hulle is ’n symptom.
...

En Charlotte Maxeke-hospitaal sou decent maintenance gehad het wat daai brand by hulle sou kon keer of bietere control.

But instead sit ôs met political infights, ôs sit met die legacy van wat gebeu’ as politicians party before country sit, en ôs sit met ’n pandemic wat baie mee’ mense in homelessness in force.

En tot nou toe kap djy nog zip, Uncle Cyril.

Gift of the Givers het soever nog veel mee’ gedoen as wat ek die government sien doen het.

Uncle, ôs family is dysfunctional. Zip kap gan niks help ‘ie. Wat ôs nou need, is leadership, en ek hoep rêrag djy kan ‘it provide. Asseblief, ôs kannie nog trauma handle ‘ie; ôs recover nog van Zuma.

Tot later, Uncle Cyril.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top