Daai was ’n missed opportunity, Uncle Cyril

  • 3

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries); Cyril Ramaphosa (foto: YouTube)

Mornings Uncle Cyril

Dankie vi’ daai family meeting. Dit was nogals lekke om vir ’n change net goeie nuus te hoo’.

Maa’ ek mien daai was ’n missed opportunity, Uncle. Ek reken Uncle was te haastag ommie goeie nuus te share, en toe is Uncle ‘ie strategic ‘ie. Imagine as Uncle nou on live TV die vaccine gevat het, watse impact sou dit ‘ie gehet het ‘ie. Soe, eintlik moes Uncle maa’ net ’n dag gewag het om ‘ie announcement te maak, daa’ was ‘it mos lit. Dié wat oppie beach wil wies, is anyway daa’, en dié wat laat rondloep, loep anyway laat.

En I’m here to tell you, Uncle, daa’ loep soe baie mense gesyp rond, die alcohol ban is net vi’ dié wattie connections hettie. Net Maandagaand nog ko’ ’n bergie by my hys aan brood soek, maa’ hy swing soe laat hy an ‘ie hek moet hang om regop te bly. Uncle, ôs wiet ammel die enagste effect wattie ban het is om ‘ie prys van ‘ie voggies op te stoot. Dit kee’ niemand wat determined is hulle wil syp ‘ie. Soe, daai syplappe kon oek maa’ nog ’n dag gewag het.

Anyway, ek issie hie’ om oo’ alkohol te praat ‘ie. Ek worry oo’ my gesondheid, Uncle. Toe ek sien daa’ wôd tenders geadvertise vi’ die distribution vannie vaccine, toe raak ek kôtasem en ek kry soe ’n funny pyn oo’ my bôs. Ek het ees gemien ek is biesag met ’n heart attack, maa’ toe besef ek ‘is ’n panic attack. Wan’ Uncle, ek is mossie onne ’n kalkoen uitgebroei nie.

Ek wiet mos nou, Januwarie, toe wôd daa’ klompie nuwe companies geregister en Februarie kry hulle allie tenders, met advance payments. En March is daa’ ’n investigation wan’ die vaccines hettie uitgekom waa’ dit moes ‘ie. Daai nuwe companies hettie ’n dag se medical experience ‘ie, maa’ as mens loep kyk, dan is dit dié minister se vrou en daai premier se niggie wat oppie board sit. En daai gie my panic attacks, Uncle, wan hulle voel niks virrie mense nie, hulle is net daai om ôs te besteel. Die experts met experience wôd ge-ignore solat comrades die koei kan droeg melk. Da’ is ‘it oppie ou end dololo vaccines, dololo gel’ en ‘ie mense dood soes vlieë.

Dit kan mos’ie soe angan nie, Uncle. Wanne’ gan ‘it end kry?

Uncle, die pandemic is te ernstag om te sukkel met sukke stelery. As ek nou vi’ Uncle kan advise, skôt die tenders op. Gie die contract vi’ distribution vir SA Breweries en Coke.Het Uncle al gesien, maak ‘ie saak hoe diep innie plakkerskamp die sjebeen is ‘ie, SAB deliver. En Coke signs kry mens innie middel vannie woestyn, met ‘ie ’n siel in sig nie. Daai twee wiet van deliver, on time, every time.

En dan, Uncle, laat Gift of the Givers die toediening coordinate. Daa’ wiet ôs daa’s ‘ie baantjies vi’ boeties en political favouritsm ‘ie – elkeen wat die vaccine moet kry, wôd dit fairly gegie. On time en betyds. Laat hulle met die health clinics coordinate.

En Uncle, djy moes die oepmaak van ‘ie kantiene bietjie truggehou het. Imagine, by elke Tops en Checkers Liquor en soe kon daa’ ’n area gewies het waa’ die ouens innie lyn somme hulle vaccine kon kry. En op Vrydagaan’, betaal health workers overtime lat hulle byrie sjebeen gaan inent. En dan Sondag byrie kêk vi’ die anner. I promise you Uncle, binne ’n wiek is ‘ie hele land gevaccinate.

Ma’ o ja, ek vegiet, die comrades het mos ‘ie geld gesteel, soe daa issie gel’ vir vaccines vi’ ammel ‘ie.

En nou is daa’ net 200 sites innie land. Uncle, djy wiet mos soe goed soes ek ‘ie petrolprys gan op met 81c a liter. Wiet djy wat mean dit? Die taxi fare gan op, Uncle. Nou moet mense gel’ wat hulle klaa’ nie het ‘ie, betaal om te kom by plekke waa’ hulle nie ee’s vesieke’ wiet of hulle die inspuiting gan kry nie. Daai’s ’n bols-up waiting for a place to happen, Uncle.

Which brings me to the next point, Uncle. From the get go het Uncle gesê ôs save lives en livelihoods. Maa’ Uncle, die mense wat ee’ste gevaccinate wôd, behalwe die health workers, is dan ‘ie mense wat wêk ‘ie. Dis ou mense in nursing homes, bandiete in tronke en soe.

Nou Uncle, vi’ my maak ‘it sense om ee’ste mense wat met ‘ie public wêk, te vaccinate. Die health workers, die truck drivers, die cashiers innie winkels, die teachers, die service staff, factory workers en soe. Na daai kom mense wat ‘ie directly met die public wêk ‘ie. Mense in ‘ie nursing homes sal mos safe wies as ammel wat met hulle wêk, gevaccinate is, soe hulle kan kleine bietjie wag vi’ hulle turn.

Daai’s ‘ie way om livelihoods te save, Uncle. Maak ‘it safe vi’ mense om te kan gan wêk.

En Uncle, ek wil somme’ praat oo’ nog iets wat my bôs warm maak. Vi’ wat gie djulle vi’ Zuma soevil draad? Hy gebruik die Constitution as sy eie toiletpapier. Daai kan mossie fly nie. Arrest hom, smyt hom innie tronk waa’ hy hoort. Of is djy bang vi’ hom? Wat wiet hy van djulle ammel wat maak dat hy met kid gloves gehandle moet wôd?

The truth will set you free, Uncle.

Anyway, Uncle, djy is biesag en ek oek, maa’ moenie worry nie, ôs praat binnekôt wee’. Ek moet nou ee’ste lines.

Later, alligator.

  • 3

Kommentaar

  • Johann Basson

    Naskrif: ek mis Nguni, Sotho, Khoi-khoi en San woorde in hierdie artikel. Ons moet transformeer en dekolonialiseer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top