Next family meeting het ek oek punte virrie agenda, Uncle Cyril

  • 2

Foto: Pexels.com

Uncle Cyril

Laat wiet asseblief vroegtydig wanne die volgenne family meeting is, want ek het oek punte virrie agenda. Daai ding van lat ôs op short notice hoo’ ôs het ‘n meeting, net om bad news ve’tel te wôre, issie ayoba nie.

Issie lat ek ondankbaar is vi’ wat djy doen om ôs te red nie, maa’ daa’s goetertjies wat krap, Uncle. Soe ek wil ‘it oppie agenda sit.

Ee’stens, Uncle, kô ôs praat oor ‘ie vaccine. Okay, ek wiet is pie innie sky, maa’ selfs ôs govement gan een of anne tyd hulle vinge’ uittrek en vi’ ôs vaccine kry, al issit dan nou 2025. Maa’ wanne dit kom, moet ‘it mos versprei wôd en daa’ moet geprioritise wôd wie kry ee’ste.

Is djy versin om virrie bandiete te wil vaccine gie voo’ die werkende mense innie land, huh? Wat contribute hulle tot ‘ie samelewing? Betaal hulle tax? Nie. Wêk hulle? Nie, behalwe maybe as steel en rape en moor nou gecount wôd as wêk. Maa’ as ek die lys van priorities soe kyk, dan is dit dokters en nurses, anne essential workers, en dan dié innie compacted communities. Met die health workers ennie essential workers het ek glad ‘ie probliem nie, hulle moet ee’ste kom. Daai ve’staan ek. Maa’ daai mooi woo’de vannie compacted communities, daai sukkel ek mee. Ammel wiet mos die tronke is compacted communities. Soe, die bandiete kry vannie ee’ste vaccines.

En anyway, wie is daai essential workers? Die teachers, sure. Maa’ kyk djulle na die kassiere wat die tille innie winkels beman? En die plaaswêkers wat hulle rug afwêk om sieke’ te maak ôs het groente en vrugte? En die fabriekswêkers ennie lorry drivers? Hulle is mee’ essential as ‘ie politicians.

Maa’ ek wiet mos wat gan nou gebeu’. Die politicians gan sê hulle moet die communities convince die vaccine issie harmful nie, soe hulle moet dit ee’ste kry, oppie teevee, solat ôs poppe kan sien hulle gloe daarin. Meantime jump hulle ee’ste innie queue om protect te wôd. I see you.

En terwyl ôs nou op ‘ie topic van politicians is, wanne wô die cabinet wee’ geskommel? Social Development en ‘ie Polisie short nuwe ministers. Daai twie wat nou daa’ is moet lines. Wie se slim plan wassit om innie middel van ‘ie second wave vannie pandemic mense se grants op te skort, en hulle te force om te kom queue in lang lyne, huh? Mense is desperate, Uncle, hulle moet eet. Hie’ by ôs het die mense die nag voor ‘ie Sassa-kantore geslaap, styf tien mekaa’. Wie worry oo’ curfew as djou maag leeg is? En anyway, as die poelieste djou skep kry djy kos innie tronk en maybe nog vaccine oek, soe daa’s ‘ie afskrikking ‘ie.

Wiet djy Uncle, in ‘ie queue by ôs het ʼn vrou dood neergeslaan? Daai’s op djulle gewete.

En dan kô die poelieste met hulle water cannons en spuit ‘ie mense. Vi’ wat? Is djulle soe out of touch dat djulle nie wiet hoe desperate ‘ie mense is ‘ie? Waa’ is ‘ie dignity en die respek vi’ mense? Nevermind daai, waa’ is djulle empathy, huh? Die enagste riede hoeko’ daai mense in rye staan is oorlat djulle nie djulle wêk reg doen nie. Food parcels wôd mos gebruik as political payments, nie om honger mense te help ‘ie.

En het die poeliste rêrag niks bietere met hulle tyd te maak as om mense te lee’ in rye staan ‘ie? How about hulle gan vang die skelms en die rapists en soe? Of kan hulle net ou en arm mense vang wat niks gedoen hettie?

Nou okay, die riede wat gegie is, die gel’ is op, daai dat mense wee’ moet apply vir ʼn grant. Maa’ why is daa’ nie gel’ nie? Want comrades het dit gesteel. En daa’ kom niks van nie. Hulle wôd met full pay gesuspend. Oo’ twie jaa’ dan begin mense vrae vra, dan sit hulle nog steeds op full pay byrie hys. Niks het gebeu’ nie. Hulle property issie geattach ‘ie, hulle hettie disciplinary proceedings gehad ‘ie, hulle isssie criminally gecharge ‘ie. Niks.

Dololo consequences. En soelank daa’ dololo consequences is, gan anne’ comrades sien hulle kan oek steel, hulle kom weg daa’mee. Soe die problem wôd net geperpetuate.

Dan is daa’ die skole. Okay, as djulle die public schools wil toe hou, is reg soe. Maa’ as die private schools voel hulle het systems in place om ‘ie kinnes en die  teachers veilig te hou, hoeko’ kan hulle nie oepmaak ‘ie? Ek dink ek wiet hoekom, Uncle. Dit gan oor saving face. Djulle lyk sleg dat djulle met die superior funding en die superior buying power en manpower nie kan regkry wat die private schools regkry nie. Dit gan nie net oor priviledge nie, Uncle. Dit gan daa’oo’ dat ôs arm kinnes nog allie pad an ‘ie kôtste ent trek.

Why is daa’ 25 jaar na democracy nog steeds skole wat kinnes onne die bome moet sit wan’ die klaskamers is ‘ie gebou nie? Of hulle moet squat oor pitlatrines wan’ die toilets hettie materialise ‘ie? En nou is daa’ nie PPE’s en sanitiser en what not virrie skole nie. Why? Wan’ die arm mense wôd nie geprioritise nie.

Comrades wôd aangestel in poste waa’ hulle nie gequalify is, en waa’ hulle g’n interest het om ʼn difference te maak ‘ie. Hulle is net daa’ virrie pay en ‘ie pension en ‘ie tenders.

En moenie lat ek  begin met Eskom nie. Helfte vannie economy is toe, en hulle kan ‘ie die ligte aan hou nie. Wat gebeu’ as die economy oepmaak? Gan ôs die winter innie donker en koue sit, Uncle? En dan verwag djy ôs moet ôs vensters en deure oephou en social distance te’wyl ôs vrek vannie koue?

Daa’s gel’ vir die Commission en daai onnersoek, maa’ daa’ issie gel’ vir djou landsburgers, daai symste mense met wie djy family meeting wil hou? Is dit hoe djy family behandel?

Sorry Uncle, maa’ daai issie ayoba nie.

Onthou net, desperate mense maak desperate moves. Djy bieter ‘it keer voo’ daai groot bollie kom.

Soe, in conclusion, Uncle, met die next family meeting wil ôs oek ʼn sê hê. Speel oep kaarte met ôs, dan wiet ôs mos om djou te support. Maa’ dai decrees from on high, soes ʼn pa wat sy family hiet en gebied, kan nie soe aangan nie. Dit baat niks djy praat mooi, en dan kom die anne ministers en hulle trap oppie mense nie. Dit wys mos wat hulle eintlik van ôs dink.

En daai gan backfire. Badly. 

  • 2

Kommentaar

  • Uitstekend! Beste plaaslike ding oor Covid wat ek in maande (indien nie sedert die "uitbraak" nie) gelees het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top