Cover djou wickets, Uncle Cyril!

  • 1

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Uncle Cyril

My hart kan nie mee met allie stres nie. Die weekend herrit gevoel ek kou my naels tot in die lewe af van worry oor djou, my uncle. Ek wiet ôs kommie allie tyd oorie weg nie, maa djy’s strate bietere as die alternative in die ANC. En byte die ANC, as ek die storie soe uitcheck.

Maa Uncle, kô lat ôs ees praat oorie weekend voo ôs byrie anne goete kom. Ek wietie watse wheeling en dealing daa was, en of djy oek hoenepakke moes lat deliver byrie hyse nie. Ek hoo mos daais hoe die ruling party operate. Het al glad gedink ek moet shares koep in Kentucky, ek sal mee gel maak daai way as met ’n fake tender. Maa maakie saakie, die end result is al wat nou matter. Mens ka mos ie omelet maak sonne lat djy ’n paa eiers briek nie.

Die koerante is vol van berigte oo hoelat dit wys die ANC is fundamentally vrot as daa ees moet meeting gehou wôd voo corruption gecondemn kan raak. It just shows, Uncle, hoelat die journalists vegiet hulle bly in Afrika. Hie wôd daa nie decrees from on high gegie sonne lat die mense innie saak geken issie. Consensus is norag. En as daai consensus gegie is, dan police die mense self die saak. Sonne consensus moet die ou wat ie decree gemaak het, allien fight. Is mos ’n lost battle, daai.

Maa okay, ek wil oek wiet vi wat herrit soe lank gevat om by daai consensus te kom. I mean, wat was ie conversation? As ôs ie nou briek trap ie, gat ôs die next election veloo? Te veel negative publicity? As ie mense ophou tax betaal, ek mien dié wat nog gel het om tax te betaal, dan is ôs ammel se snoet uit ie krippie uit?

Cause Uncle, ek gloe nie omgie virrie mense was deel vannie conversation ie. Ek gloe nie “Corruption is vekeed, full stop, klaa” was deel vannie conversation ie. Daai is lankal ie mee deel van ie ANC se culture ie.

En nice touch om die klonkie innie Eldos te mention innie press statement. Sou mee meaningful gewies het as djulle die pote oek op hulle plek gesit het, maa daai is sieke te veel gevra. I mean, hoe mistake enigeen ’n Downs-klonkie met ’n biscuit vi ’n danger to society? Is dit maybe why hulle nie real criminals kan vang ie? At least sien ek hulle is nou angekla. Hoep maa net daai docket raak ie oek weg ie. En djulle silence, wat is daai? Is djulle bang virrie oem innie hoed, en try om hom ie te offend ie? Om hom in daai portfolio te sit was ’n mistake, Uncle. Next time, maak hom minister innie presidency. Dis mos waa ’n ou gepark wôd wat nog te veel sê innie party het, maar te incompetent is om elsewhere te sit. Maa die lyn vir daai position is sieke maa lank.

Wat my byrie volgenne punt bring, Uncle. Is all good en well om te sê civil servants moet competent en honest wies wanne hulle aangestel wôd. Maa maybe kan djy die toon set en net competent en honest mense innie cabinet sit. Ek wiet baie comrades gan dan innie slag bly, maa Uncle, is high time lat dit ’n slag country before party raak. Wat het gewôd van “the people shall govern”?

En al hoe meedere vra ek myself wat issie veskil tussen nou se ANC government, en die NP government? Is soes in Animal Farm, waa mens innie end niks verskil tussen oppressor en liberator sien ie.

Is ’n fine line, Uncle, en djou party dans soes ’n dronk man wat off balance is oppie lyn.

En ’n anne saak, Uncle. Is ôs ie entitled tot bietjie happiness ie? Djy het ’n kind of victory met corruption gekry, die virus issie soe biesag ie, mense kan wee wêk, die suiplappe kan suip, dié wat roek kan hulle longe met entjies vegiftag, als gan swimmingly. Maa dan kô die Eskom-vlieg innie salf met loadshedding. Dit sneeu, Uncle! As ek by my voodeu uitkyk, dan sit ie koppie vol sneeu. En hulle loadshed. Hoe moet mens sop maak sonne lectric? Of die heater ansit as djy nie kaggel hettie en nie gellieblik maakie? Hoe, uncle? Moet ôs dan ie heletyd gepunish wôd vi iets? Daais mos ie fair nie.

Maa ek wôd nou gesidetrack.

Uncle. Watch your back. Djy’s omsingel van ’n brood of vipers, soes hulle innie Bybel sê. Moenie te gerus raakie – when you least expect it gan hulle kom vir djou hakskiene. Van agte af, wan daai lot sallie djou face nie.

En was djou hanne en dra djou mask, asseblief, Uncle.

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    Leon de Vries

    "Watch your back. Djy’s omsingel van ’n brood of vipers, soes hulle innie Bybel sê. Moenie te gerus raakie – when you least expet it gan hulle kom vir djou hakskiene. Van agte af, wan daai lot sallie djou face nie." Goed opgesom. Die anti-R-faksie gaan net hergroepeer voor hulle met 'n volgende strategie kom.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top