Arme, arme Uncle Cyril

  • 32

Foto van Bettina Wyngaard: verskaf

Uncle Cyril

Sorry lat ek soe lanklaas geskrywe het. Die besagheid mettie virus maak mens se kop deu’mekaar.

Ek wiet Uncle wiet waa’van ek praat – Uncle lyk innie laaste tyd glad siek van allie worries. Mens kannit vestaan, want om allie mense te try happy en gesond hou is ’n job en ’n half. En dan wil hulle oekie ee’s hoo’ nie, hulle kla net oo’ hulle dop en entjies. Okay, op ’n way ve’staan ek hulle. Die hele land is mos nou ’n rehab sonne ’n dak, en daa’s som wat noggie reg was vir rehab ‘ie.

Maa’ is mossie Uncle se skuld dat hie soe ’n hoop alkies innie land issie.

Ek try nou al ’n hele ruk ve’staan hoe die mense soe teen Uncle gedraai het. Annie begin was ‘it net die malletjies wat sê COVID is ’n komplot wat gekant was teen Uncle. Toe raak dit die Woolies hoenerbrigade, ma’ daai lot het altyd iets om oo’ te kla. En ie entjies. En ie suipery.

Somewhere in between het Uncle die mense se trust ve’loo’. It gan nie net oor dr Dlamini-Zuma se styles nie.

Sien, Uncle, o’s Suid-Afrikaners is geharde mense. O’s kan swaarkry vat as o’s wiet waaroo’ dit gan, as it vi o’s sense maak. Maa’ as daai rules nee’gelê word met die expectation o’s moet net obey, dan gan daai moeilikeid kom. Sien, Uncle, o’s is gebou om rules uit te daag, ammel van o’s.

Ko ek vertel vi’ Uncle ’n storie. Soe ampe’ twintag jaa’ trug was ek in Kanada en America, sam met nog vie’ anner manskappe. O’s is toe in ’n klein dorpie in Kanada. Ek mien ampe’ dit was Abbotsford, ma’ ek kan ve’keed wies. Is lank geliede. Anyway, die dorpie is oppie border tussen Kanada en America. O’s wil to die border sien, en o’s hosts vat o’s. Toe wys hulle vi’ o’s soe ’n vlak ditch. O’s soek virrie heining en border patrol, maa’ daa’s niks. Ookant die pad, aan die American kant, is ’n boord. Die boer wie se boord dit is, bly aan die Canadian kant. Al wat hy moet doen om by sy boord te kom, is om oo’ daai ditch te loep. Issie ee’s diep nie. Maa’ hy ry elke slag drie kilometer verder tot by die border control om sy passport te lat tjap.

En net daa’, sonne lat o’s afgespreek het, gan staan o’s vyf wydsbeen oorie ditch. Een voet in Kanada, die anne’ een in America. Ek het gedink o’s sal o’s host met sykewate’ moet lawe, so groot het hy geskrik. Mens sal swee’ o’s wou ’n bank berowe. Maa’ die punt is, Uncle Cyril, Suid-Afrikaners vat ’n gap as die rules absurd is. Soes daai ditch. Soes lat bouers business premises mag bou, maa’ nie residential nie. Soes lat mens met ’n klomp strangers vasgedruk inne taxi mag sit en djy wietie ee’s waa’ hulle oral was ‘ie, maa’ jou eie bloed mag djy nie sien nie.

Is net soes mettie maskers. Dis nou law, mens moet masker dra. Maa’ pleks van die mense jou vennote maak, en vi’ hulle deel maak vannie solution, force djy die rules op hulle. Wat gebeu’? Mense sit die masker om hulle kennebakke. As die pote aankom, dan trek hulle dit vinnag op. Hulle try die system game, en an die einde vannie dag wo’d niemand protect deu’ die maskers nie. Why? Hulle word soes onderdane behandel, nie soes fellow South Africans nie.

En om die pil bitterder te maak, wod die Covid-geld wat bedoel was om o’s te help, nog gesteel oek.

Nou kyk hie’, baie mense ve’giet van die network of patronage. Hulle dink Zuma het man-alleen allie geld gesteel, en toe hy uit is, toe is die stelery oor. Is obviously nie soe nie. Daa’s baie mense wat sam gesteel het. Sommige is innie government, pety nogal hoeg op oek. Anne is innie private sector. Makes sense, mos. Government kannie government corrupt sonne ’n partner innie private sector wat die geld hantee’ nie.

Nou vinne hulle uit die stelery gan an. Niemand dink om te sê congratulations, Uncle Cyril, dat djy binne drie maande die skelms uitlig nie. Oh no, hulle skrie djy’t ‘ie ’n spine nie. Hoekom? O’s ammel moes goed opgie die laaste ruk. Klomp mense het hulle we’k veloo’. Klomp mense gan bankrupt. Honest mense, wat maa’ net wil inkomste vedien en vi’ hulle gesinne sorg. En hulle kan nie, maa’ die skelms raak skatryk en spekvet.

Jou spokesperson is nou op leave of absence gesit. Is goed so, Uncle. En ek wil gloe daai was djou plan sonne’ dat Julius djou hand geforce het. Maa’ dit issie genoeg nie. Dit voel so ampe’ of djy die ondersized vissies vi’ o’s gooi om o’s mond stil te maak, terwyl die groot visse loskom. O’s soek ’n groot, vet vis, Zuma-size of Ace-size, om te wys djy’s serious.

Anneste gan daa’ ’n dag kom dat djy gan lead en niemand follow nie.

En wiet djy, Uncle Cyril, o’s vedien bietere. Djy vedien bietere. Soe, lead o’s. Sny daai toutjies wat djou soe lat van tune af dans, en be your own man.

Groetnis uit ‘ie platteland.

  • 32

Kommentaar

  • Uitstekend, soos altyd! Mal oor die stukkie oor wydsbeen staan oor die grens tussen Kanada en Amerika.

  • Avatar
    Anneke Delport

    So reguit gestel soos 'n roer. Uitstekend. Wonder net waar op aarde bêre die oneerlikes al die geld wat so gesteel word?

  • Avatar
    Hettie Mostert

    Ons almal in n rehab sonne n dak!
    So lekker gesmile vir jou baie ernstige brief aani uncle. Spyker oppi kop geslaan!

  • Wonner as mens Brits toe ry van Pta af en jy stop so half-kar waar GP oorgaan in NW, watter van Brits polisie of Pta Noord polisie jou eerste gaan vang. Een van hulle moet tog seker een of ander tyd by jou verby oppad huis toe ...

  • As ek hier lees, voel dit net vir my of ek miskien hier en daar verstaan. Dit lyk vir my na ’n boel twak.

  • Nee, jy speel die man en nie die bal nie. Die bal is die ANC se net, dis hulle wat die toutjies trek. As jy so aanhou sit Cyril netnou sonder ’n job en kry ons die kopdoekvrou en sy is kapabel en maak jou rubriekie toe.

  • Avatar
    Barry van Viuren

    Nee wat, hy kan nie Bettina. Dit is hulle plan, hulle wil die land so regeer, hulle kan NIE meer omdraai nie. Dit was.nooit in sy hand om te besluit wat gebeur nie.

  • Agter elke suksesvolle man staan ’n suksesvolle vrou, so lui die spreekwoord, maar agter arme Cyril staan die ANC se NUK – waarvan baie eerder Cyril se hakskene as sy tone wil sien. Arme ou, hy kan net nie wen nie. Nie eers in Bettina se rubriek nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top