Dankie virrie party time, Uncle Cyril

  • 1

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Uncle Cyril, my lanie

Vedag brand die vreugdevure hoog, my uncle! Dis entjies en dop lat ‘ie roek draai. Elke ou swaai ʼn ghwai, en elke tjop het ʼn dop. En die tille gan kaching kaching, soe ammel is happy.

Die volk lat hulle nie afsit vannie reent ennie storms ennie sneeu nie. Die rye by Tops en allie liquor stores is soe lank, it lyk amper soos die toue met die ‘94 elections. En ammel maak jokes en skiet vi’ mekaa’ kaarte. Maar Uncle, daa’s niks social distance nie, en dis nog voo hulle annie suip gaan. Djy ken mos vir dronkverdriet, Uncle. As ‘ie dop beginne trek, dan is daa mos perty wat beginne hang an hulle tjommies. En hulle gan hulle zol share. Is ‘n feit soes ʼn koei.

En next week gan die Covid-getalle op. Maa’ die volk worry nie, want dis party time. Hulle is happy.

Maa’ my een tjommie is ʼn nurse, en hulle issie happy nie, my uncle. Hulle emergency rooms maak reg vi al die suiplappe wat nou wee baklei en val en karre omgooi en al sukke onnorage nonsens. Maa is mos als innie name van economic recovery neh Uncle.

Hoe lank voo ôs wee in level 5 moet ingan wan ammel het mekaa’ beginne aanstiek, Uncle? I mean, die mense dink die virus is verby. Maa Uncle, 5 000 nuwe infections ʼn dag is mos ‘ie ʼn joke ‘ie. Net oorlat die field hospitals leeg staan mean mos ‘ie ôs moet hulle wee loep volmaak ‘ie. Kyk vi New Zealand, uncle. Drie maane sonne’ nuwe infections en nou beginne dit wee’.

Nou kykie, uncle Cyril, djy is mos nou ammel se favourite uncle, ampe soes Joshua Doore. As djy nou elections roep, da vote ammel vi djou. Maa ommie land gesond te hou, moet djy soms die unpopular parent wies, Uncle. Som moet die kinnes mos hulle medisyne drink, al is it bitter innie mond. Daais wat it mean om ʼn parent te wies. En of djy ‘it nou wil wiet of nie, djy is ôse pa.

Kykie Uncle, daa is mos simple ways om te kee dat die volk hulleself te buite gan. Brannewyn hettie brieke nie, ôs wiet dit. En ʼn dors volk oek ‘ie. Daai dat djy die brieke moet supply, maa djy willie. Te geworried oo die economy.

Maa Uncle, djy moet brieke supply het. Is mos simple. Elke ou kan net een krat bier koep. En twie pakkies ghwais, nie tien cartons nie. Maa’ djy maak self daa’na lat die volk ʼn scarcity mentality het. Hulle wiet ‘ie wanne gan djy wee als toekap met immediate effect nie, so hulle stock op, virrie wis en ‘ie onwis. En dan suip hulle als uit, en môre moet hulle wee’ in toue loep staan vi nog.

Wiet djy Uncle, daa’s mense wat vedag uit die wêk bly om Tops toe te gan. Hoe help daai die economy recover? En allie sick leave wat gan kom van hangovers en winddronk agte ʼn wiel inklim en karre omgooi, hoe help daai die economy?

Die economy sal mee gehelp gewies het as djy mense allow het om vroeëre te loop wêk. Met ‘ie regte measures in plek mos. Wan baie van die reëls was nonsensical. Djy wiet mos.

Maa ek watch al die heeltyd, Uncle. Die taxi’s kan loep, maa die busse moet wag. Die casino’s is oep, maa’ die beaches is toe. Die drankwinkels is toe, maa’ by die shebeens klop ‘ie musiek heel nag lank. Soe, dit smaak my Uncle, die besaghede wat maybe money launder en gun violence bedryf, kan maa’ oep wies, maar die law-abiding tax-paying citizens moet bankrot gan?

En while ôs oo’ double standards praat, wat gives met ‘ie corruption cases? Die antie wat siel alleen oppie beach gan loep, wôd deu’ poelieste wat soes ʼn SWAT team optrie, gevang. Maa’ die ouens wat die billions steel loep los rond?

Nou kykie, uncle Cyril, ôs watch djou. Djy’s op notice.

Vedag suip perty, môre het hulle hangover, maa’ oormore gan hulle beginne onthou. Hulle gan onthou hulle het ‘ie wêk ‘ie, wan hulle employer is bankrot na vyf maane sonne income. Hulle gan onthou lat die kospakkies wat beloewe is, nie by ammel uitgekom het ‘ie. Hulle gan beginne onthou hulle kon ‘ie ees daai R350 wat djy beloewe het, access nie, wan daa’s te veel red tape. Serias, uncle Cyril, dink djy rêrag mense gaan die goverment bevark vir R350? Maa’ die 500 billion loep oop en bloot by die voo’deu’ uit.

Ek worry, Uncle. Daai lekke vrolike bonfires kan baie maklik uitdraai in riots.

En daai dag is somme nou hiesa.

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top