Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Wie wen wanneer Eskom die ligte afsit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-02-12

"As die kragtoevoer vir veel langer onbestendig bly, gaan voornemende beleggers kleinkoppie begin trek. So kort voor die verkiesing kan die Ramaphosa-faksie, wat ten minste nog ʼn funksionele regering probeer behou, nie daardie verliese bekostig nie."

Staatsrede 2019: “Watch this space”

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-02-08

"Hierdie jaar het dit gevoel asof ons te doen het met ’n president wat weet wat hy doen. Vir die eerste keer in ’n lang tyd het die staatsrede my hoopvol gelaat, veral aan die einde, toe hy al die leiers van die opposisiepartye by die naam noem en uitdaag om te help bou aan ’n beter Suid-Afrika vir almal, verby partypolitieke grense."

Kan Zille se belastingrevolusie werk?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-02-05

"Ten beste kan ’n gedeelte van belasting van die staat weerhou word, maar nie alles nie. Of ons dit wil weet of nie, ons lewe in ’n simbiotiese verhouding met die staat, al voel dit soms eerder na ’n parasitiese verhouding, met ons as gashere." 

Die groot gevry na die bruin stem

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-01-29

"Hierdie jaar, 2019, en hierdie algemene verkiesing beloof om een uitgerekte reeks skermutselings te wees, met al die politieke gepretzelry wat dit impliseer. Vrugbare teelaarde vir satirici. Goedkoop vermaak vir die res van ons."

Nathan Phillips, Nick Sandmann en die MAGA-saga

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-01-21

"Ons belangrikste taak hierdie jaar is om aan te hou praat met mekaar, om ons diversiteit te vertroetel, om al stampend en stotend ’n verstaan van mekaar te probeer opbou, om nie toe te laat dat siniese uitsprake goeie verhoudinge vertroebel nie."

ANC-verkiesingsmanifes: skisofrenie of kollektiewe geheueverlies?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-01-16

"Die manifes werk as mens vergeet dat die ANC alreeds ’n kwarteeu lank regeer, en nog steeds nie hond haaraf kon of wou maak op enige van daai beloftes nie. Seker moeilik om te regeer as jou snoet so diep in die trog is."

Vroue in die politiek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-01-14

"Alexandria Ocasio-Cortez is ’n naam wat hopelik nog lank in die Amerikaanse politiek gaan weergalm. Selfs nog voor haar inhuldiging het ouer Republikeinse politici haar al begin aanval, die duidelikste teken nog dat hulle haar as ’n ernstige bedreiging beskou."

Die muur: Trump se obsessie, demokrasie die prys?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2019-01-09

"Trump met die magte wat ’n noodtoestand hom gee, sal Hitler soos ’n amateur laat lyk. Beheer oor die pers, beheer oor sosiale media, magte om bankrekenings te vries en besittings af te neem, magte om mense in hegtenis te neem sonder die normale beskermings. Klink bekend, nie waar nie?"

Verkiesing 2019: vir wie om te stem?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-12-18

"Dis die vraag wat my soms laat rondrol in die nag: hoekom stem mense vir iemand wat vir hulle geen voordeel inhou nie, en wat hulle inderwaarheid aktief benadeel?"

Sending aan onwilliges

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-12-12

"As Chau die Sentinelese se 'nee' respekteer het, sou hy vandag nog gelewe het."

Van skrywers, boeke en lesers (Deel 3)

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-12-06

"Kinders het nie veel keuses gehad daai tyd nie, maar niemand het ons keuses in die biblioteek bevraagteken nie. Dalk juis daarom dat biblioteke vandag nog vir my die ultimate demokrasie is. Almal is gelyk. Almal se keuse word gerespekteer. Lesers is ’n tribe. Ons ken mekaar uit waar ons ook al gaan. En dis kosbaar. Dis onvervangbaar."

Van boeke, lesers en skrywers (Deel 2)

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-11-27

"Klaskamers bars uit hul nate en een leerkrag kan nie aan elke leerder die nodige aandag gee nie. As jou kind in graad 1 nie onmiddellik leer hoe om te klank nie, hoe om sigwoorde te herken nie en hoe om basiese somme te doen nie, het jy reeds met ʼn agterstand begin."

Van boeke, lesers en skrywers (Deel 1)

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-11-22

"Woorde, die smaak, tekstuur en klank daarvan is ’n oneindige bron van verwondering. En om dit dan saam te groepeer op ’n manier wat nie net sin maak nie, maar wat ander mense laat soebat vir nog – dis ’n tipe magic, met skrywers as die abrakadabra-towenaars."

Inderdaad feestelik by Prince Albert Leesfees

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-11-09

"Die fokus is stewig op boeke en leeswerk. In daardie opsig weerstaan hulle nog die versoeking wat soveel ander feeste tref om dit in ’n verskeidenheidskonsert te probeer omskep. Hierdie fees vergeet nie dat hulle probeer om lesers tevrede te stel nie."

Hoe die ander kant lewe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-11-01

"Sy’s nie ’n tweede ma nie, sy’s ’n bediende, en jy gebruik haar nog steeds om jou wit skuldgevoelens te probeer besweer deur ’n nuwe verhaal van idilliese saambestaan te vertel. Newsflash. Dit was waarskynlik nie idillies vir haar nie. Dit was beslis nie idillies vir haar kinders nie."

Top