Sending aan onwilliges

  • 10

Foto: All Nations

Op 16 November hierdie jaar is ʼn Amerikaanse sendeling, John Chau, na verneem word, met pyl en boog doodgeskiet deur ʼn groep aan wie hy die boodskap van verlossing wou gaan verkondig.

Die groep se beswaar was nie teen die inhoud van sy boodskap nie, dit was teen sy teenwoordigheid. Hulle wou nie enige vreemdelinge naby hulle hê nie, ʼn feit waarmee Chau goed bekend was. Daar was wetgewing in plek wat persone verbied het om binne ʼn radius van 5 km van die eiland te kom. Hy kon nie die taal van die Sentinelese, die bewoners van die eiland, praat nie. Hy was onbekend met hul kultuur en gewoontes. Die eilandbewoners, omdat hulle so geïsoleerd is, het byvoorbeeld geen immuniteit teen die gewone verkoue nie. Wat vir ons beteken siek word met hoogstens vyf dae van loopneus en kopseer is vir die Sentinelese ʼn doodsvonnis. Chau het dit geweet en het dit skynbaar as ʼn aanvaarbare risiko beskou – al was dit nie hy wat die risiko van algehele uitwissing van sy groep moes loop nie. Daar is geen aanduiding dat hy ʼn dokter geraadpleeg het en ten minste seker gemaak het hy dwaal nie met een of ander kiem op die eiland rond en steek almal aan soos Typhoid Mary nie.

Onder sekere omstandighede kon daar ʼn permit van die Indiese regering (maar nie van die bewoners van die eiland) bekom word om aan land te gaan. Chau het nie moeite gedoen om aansoek te doen vir so ʼn permit nie. Skynbaar het hy ʼn paar dae tevore ook probeer aan wal gaan, maar die inwoners het hom met pyl en boog ontmoedig.

Vliegtuie wat oorvlieg, was al met pyle geskiet en met spiese gegooi. Die Sentinelese se houding oor vreemdelinge was met groot welsprekendheid oorgedra, al kon hulle nie ʼn woord wissel met die ander party nie. Sekere gebare is universeel.

As Chau die Sentinelese se “nee” respekteer het, sou hy vandag nog gelewe het.

Wat sou kontak met die Westerse beskawing die Sentinelese bied wat hulle nie nou het nie? Die gewildste antwoord is dat hulle mediese dienste sou kry. Inenting teen siektes wat hulle nie nou het nie omdat hulle nie in kontak met die Westerse kiemdraers is nie. Toegang tot ʼn groter poel gene, wat inbreeding verhoed. In ander woorde, seks met meer mense, dan wis ons julle uniekheid op daai manier uit. En stel julle bloot aan seksueel oordraagbare siektes wat julle ook nie nou het nie. Opvoeding wat hulle nie op die eiland kan toepas nie, wat die einde van ʼn leefwyse en kultuur is. Wie weet, binne twee jaar sal Coca-Cola op die eiland adverteer, en binne vier jaar sal diabetes ʼn probleem word vir hulle.

O ja, moenie vergeet nie, die kans om gered te word deur godsdiens. Wat beteken dit? Dadelik sal hulle geleer word dat hulle Westerse klere moet aantrek, want hulle kleredrag is sondig. Hulle moet werk, want ledigheid is nie in die wil van God nie. Natuurlik is die enigste werk waarvoor hulle geskik sal wees handearbeid, want wie onder hulle het al ooit met pen en papier te doen gehad, of met rekenaars en dies meer? Wat beteken dit? Lang ure vir klipharde werk en feitlik geen inkomste nie. Of anders gestel, slawearbeid ten bate van die sendelinge. Dan word hulle geleer dat hulle huise primitief is en dat hulle ander strukture moet oprig wat meer in voeling met Westerse waardes is. En o ja, deel van die skamele loon wat hulle ontvang, moet nog na die regering gaan.

Wie weet, dalk sal Virgin of Trump of een van daai’s ʼn luukse hotel op die eiland oprig, net vir die mees uitgelese gaste. Dan word enige oorblyfsels van Sentinelese kultuur vir entertainment vir die rykes opgeveil.

In ʼn geslag of twee weier hulle kinders om hul eie taal te praat, want hulle wil Engels praat en in McDonald’s uithang en fliek en ontwerperstekkies dra en die nuutste selfone besit. Dan raak hulle heeltemal uit kontak met hul ouers wat nog die ou wee onthou en wat ʼn tyd onthou toe hulle vry was.

Dis kulturele chauvinisme om te dink dat een manier van lewe beter is as ʼn ander, om te meen dat een groep beter weet as ʼn ander wat reg en goed is. Wat is fout daarmee dat die eilandbewoners hulle lewenswyse probeer beskerm? Niks. Dis hulle besluit om te neem. En as hul duidelike “nee” geïgnoreer word, hoe is dit anders as ʼn man wat ʼn vrou se reg om nee te sê, ignoreer? Vergelyk ek nou John Chau se poging om aan wal te gaan, met ʼn poging tot verkragting? Ja. Ek doen.

Nee beteken nee, en wanneer daai nee verontagsaam word, dan is selfverdediging soms al wat oorbly.

Chau het onvoorbereid en op onbedagsame wyse sy lewenswyse op ander probeer af forseer. Ek is seker daarvan hy’t gedink hy doen goed. Dalk het hy selfs gedink hy is geroep deur God, dat die eilandbewoners die ewige hel binnegaan indien hy hulle nie tot redding oortuig nie. Wat beteken hy glo die god wat hy aanbid is so wreed dat hy ʼn hele volk tot die hel sal verdoem omdat hulle nie met Westerlinge in kontak gekom het nie. Hy weet nie eens wat hulle glo nie.

Blameer ek Chau? Nie soveel soos wat ek die sendingorganisasie waaraan hy behoort het, blameer nie. All Nations het gesorg dat hulle nie na die eiland toe gaan nie, maar het Chau agterna ondersteun. Die man en vrou wat hom aangemoedig het om te gaan het Indië stil-stil verlaat sonder om by die polisie aan te meld. Dit terwyl die polisie baie graag met hulle wil gesels.

Nie juis die handelinge van persone wat bereid is om te ly vir die boodskap van verlossing nie.

Nee beteken nee. Miskien is die tyd nou ryp vir die kerk om dit te leer.

  • 10

Kommentaar

  • Hy het gedoen waarin hy geglo het.
    Hy is ook nie die eerste en sal ook nie die laaste wees nie. Oor 'Saint Bonifatius' is geskryf:
    "In Spring 754 he settled nearby Dokkum where he baptized a large number of Friesians. Many of them were supposed to be confirmed on 5 June 754, but instead he and his 50-something companions were murdered. A few days later Franconian soldiers were able to recover the bodies of the martyrs and the books spread all over the place."
    Van ons voorouers het geglo dat van hul gode in en op heilige plekke bly. So het die die god Donar naamlik in 'n eikeboom gewoon. Die inwoners het geglo dat as jy die boom afkap, Donar jou onmiddellik sal straf. Vandag het ons as moderne mense nog 'n Donderdag en is dit ook die dag waarop ek dit skryf.
    'Saint Bonifatius' het die boom afgekap en niks oorgekom nie en met die hout 'n kerkie gebou. Ek kon nie vasstel of die moord deur 'bekeerde' Friese uit weerwraak was vir die afkap van die 'heilige' eikeboom nie.
    Die vraag is nou: Is die Friese vandag beter daaraan toe of moes hul toegelaat gewees het om te bly waar hul was terwyl die wêreld rondom hul verander?
    Die Bybel is duidelik oor die eindbestemming van elkeen wat nie Jesus Christus as hul enigste Verlosser en Saligmaker aangeneem het nie. As jy volgens die wet lewe al is dit ook in primitiewe vorm sal jy volgens die wet geoordeel en veroordeel word. Net as jy Christus se verlossingswerk volkome en sonder voorbehoud aanvaar kan jy met jou Skepper versoen word as 'n aangenome kind .Dit is die 'hemel'.
    Die teenoorgestelde is ook waar en is jou eindbestemming 'n verwerping deur jou Skepper omdat jy sy versoeningswerk en daad verwerp het en jou wetend of onwetend aan die kant van sy opponent geskaar het.
    As goed en voorbeeldig en gehoorsaamheid die enigste vereistes was, sou die posisie omgekeerd gewees het en was die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus verniet en 'n fatale poging en onnodig.
    Dan het Hy verniet aan 'n gekruis gehang, tussen hemel en aarde en as mens verwerp deur beide sodat Hy moes uitroep: “Waarom het U my alleen gelaat?”
    Sodat elke gelowige nooit weer alleen sal wees nie, nie in lewe en nie in dood nie.

  • Pierre Joubert

    Bettina, jy is in die kol, maar eintlik was hy net 'n avonturier wat sy rieme styf geloop het.
    "He described himself in his twitter bio as: 'Adventurer. Explorer. Wild. Kingdom Seeker.'" Ek is seker dat die geld wat hy sou kon maak met sy eksklusiewe beeldmateriaal nooit eers amper in sy gedagtes opgekom het nie. 🙂

  • Dr Karel de Pauw

    Dit laat my dink aan wat Talleyrand oor die Bourbons gesê het: "Hulle het niks geleer nie en niks vergeet nie."

  • Uiteindelik word erken dat mense van mekaar verskil en dat daardie verskille gerespekteer sowel as geakkommodeer moet word.

  • Sekere Christene glo dat as die 'boodskap' aan jou gebring is en jy dit verwerp, jy verdoem is. As jy egter nooit daarvan gehoor het nie kan jy nie op hierdie manier gestraf word nie. Uit hierdie oogpunt is dit seker maar beter om nie te probeer om die wat nog nie daarvan gehoor het te bekeer nie.

  • Dis 'n wêreldwye probleem.
    En dit was onvoorkombaar.
    Toe die Britte(eers die Hollanders) in die VSA aan wal stap was dit die begin van die einde vir die Rooi Indiane.Soortgelyk met die inheemse mense van Australasië en ook Afrika.
    Die oorwinnaar het die vrugte gesmaak van onderdrukking en mettertyd is die plaaslike gemeenskappe geïnkorporeer en soms geassimileer.Alles in die naam van 'vooruitgang', 'modernisering' en 'godsdiens'.
    Die 'innocent native' bestaan grootliks nie meer nie.

  • Sjoe Piet,
    Dit is nie waar nie. Was dit maar so maklik. Die Bybel se boodskap is eenvoudig. As jy volgens die wet lewe en dit is nie net die 10 gebooie nie, sal jy volgens die wet geoordeel en veroordeel word. 'n Wet sonder straf is 'n tandelose wet.
    Dit is nie net die daad maar ook die gedagte daaraan.
    Feitlik alle Christenene, ek ook, het groot geword met die gedagte dat die 10 gebooie uniek is. Dit is egter nie waar nie.
    Kyk bv na die volgende:
    The 42 Divine Principles of Maat (Egipte)
    I have not committed sin.
    I have not committed robbery with violence.
    I have not stolen.
    I have not slain men or women.
    I have not stolen food.
    I have not swindled offerings.
    I have not stolen from God/Goddess.
    I have not told lies.
    I have not carried away food.
    I have not cursed.
    I have not closed my ears to truth.
    I have not committed adultery.
    I have not made anyone cry.
    I have not felt sorrow without reason.
    I have not assaulted anyone.
    I am not deceitful.
    I have not stolen anyone’s land.
    I have not been an eavesdropper.
    I have not falsely accused anyone.
    I have not been angry without reason.
    I have not seduced anyone’s wife.
    I have not polluted myself.
    I have not terrorized anyone.
    I have not disobeyed the Law.
    I have not been exclusively angry.
    I have not cursed God/Goddess.
    I have not behaved with violence.
    I have not caused disruption of peace.
    I have not acted hastily or without thought.
    I have not overstepped my boundaries of concern.
    I have not exaggerated my words when speaking.
    I have not worked evil.
    I have not used evil thoughts, words or deeds.
    I have not polluted the water.
    I have not spoken angrily or arrogantly.
    I have not cursed anyone in thought, word or deeds.
    I have not placed myself on a pedestal.
    I have not stolen what belongs to God/Goddess.
    I have not stolen from or disrespected the deceased.
    I have not taken food from a child.
    I have not acted with insolence.
    I have not destroyed property belonging to God/Goddess.'

    Moses se opleiding aan Farao se hof duidelik te vinde In sowel as die tempel indeling en die 10 gebooie. Jesus kyk egter verby die uiterlike en leer dan dat sonde begin by die gedagte daaraan en nie die daad nie.
    Jesus maak dit ook duidelik aan Petrus tydens sy belydenis dat God op ‘n wonderbaarlike wyse gedagtes by die mens laat ontstaan, omdat God die oorsprong is van alle wette sowel as in die natuur as menslike samelewing.
    Dit is die mens se vertolking wat gebrekkig is omdat ons net in staat is om die daad en nie die oorsprong van die daad in ons gedagtes te oordeel nie.
    Baie mense sal dan sê as jy kan wegkom en as jy doodgaan voordat jy uitgevang word, dan het jy skotvry daarvan afgekom. Die Bybel leer egter iets anders en dit is dat daar 'n finale oordeelsdag is by die opstanding van elke mens en dat almal hul verskyning voor die Regter sal maak.
    Baie mense sal sê dit is malligheid. God se grootboek waarin alles opgeskryf is, is net 'n bangmaakstorie. Hulle verstaan egter verkeerd. ’n Mens se brein werk maar maar baie soos 'n rekenaar se hardeskyf en geheue.
    As ek die hardeskyf uithaal en fynmaal soos 'n mens dink alle inligting daarop is nou vir altyd onherwinbaar weg. Dit is egter nie waar nie, die inligting is net verlore.
    As daar 'n metode was om alles te herwin ,al was die skyf geformateer dan is dit alles weer beskikbaar, al is dit in ander formaat en vorm.
    So is dit ook met die wederopstanding en die finale oordeel. Alle mense word herstel in 'n ander formaat en vorm en weet dus aan watter kant hul behoort. Al die ‘gesamentlike inligting ,van alle mense, die lewendes en die dooies is dus God se ‘Groot boek’.
    Daar is ook ‘n ander kant en daarom moet ‘n mens versigtig wees oor wat jy skryf en praat, want in Jakobus 3 is daar geskryf: “My vriende, julle moenie almal probeer om vir ander mense te leer nie. Julle weet dat God swaarder sal oordeel oor ons wat vir ander mense leer. “
    Lekker dag.

  • Ek verstout my en klink dalk soos ‘n verontregde vrouevegter of feminis maar kannie help om te wonder of dit nie ‘n produk is van die patriargale wêreld waarin ons onsself bevind nie. ‘n Wêreld waar ons eeue lank ‘n patriargale God aanbid. Ek wonder of enige vrou dieselfde aspirasies koester en wel sou deurvoer. As die moontlikheid van ‘n goddelike moeder, selfs in die idee van “moederaarde” deel van ons geloofoortuigings was, het so iets dalk nooit gebeur nie. Niemand kan “pa” staan, (verskoon my dubbelsinnigheid), vir die “verlossing” van enige iemand se siel nie, dit is elkeen vir hom of haarself, is dit nie vrye wil nie? As ons terugkeer na ons aarde en ons moeder sal ons deur die natuur kan sien, alles bestaan en kom en gaan sonder enige inmenging van enige menslike aspirasies. Vervloek die vaderreg!

  • Beste Vrou
    Wanneer Jesus aan die woord is oor die 'huwelik' in die hiernamaals is dit duidelik dat die beeld van 'patriargale God' 'n beeld is wat net 'n menslike begrip is. Luister wat sê Jesus in Mat.22.
    "Die Sadduseërs probeer Jesus vastrek oor die lewe na die dood
    23 Dieselfde dag nog het die Sadduseërs Jesus ook probeer vastrek. Hulle was die Joodse party wat nie in die lewe na die dood geglo het nie. Hulle het veral uit die ryk en belangrike families in Jerusalem gekom.
    24“Jy is mos iemand wat ander leer,” begin hulle. “Laat ons jou net herinner aan Moses se woorde: ‘As ’n getroude man sonder kinders sterf, moet sy broer met sy weduwee trou. Hulle moet dan ’n seun kry om so te sorg dat die familienaam nie uitsterf nie.’
    25 Sê nou daar is ’n familie met sewe seuns. Die eerste seun trou, maar gaan dood voor hy ’n kind kon hê. Volgens Moses se wet moet die weduwee met die tweede seun trou.
    26 Hy is egter ook dood sonder dat daar ’n kind is. So gaan dit met al sewe broers.
    27 Uiteindelik is die vrou sonder ’n kind dood.
    28 As daar dan nou ’n opstanding na die dood is, soos jy beweer, sê vir ons, met watter man gaan daardie vrou in die hemel getroud wees? Al sewe was mos hier op aarde met haar getroud.”
    29 Jesus se antwoord was: “Dit is nou ’n dom vraag, veral om twee redes: julle ken nie die Skrif nie en julle onderskat die krag van God heeltemal.
    30 As mense uit die dood opstaan, tel sulke dinge soos getroud wees nie meer nie. Nee, hulle gaan soos die engele, geestelike wesens wees.
    31 Het julle ook nog nie in julle Bybel gelees wat God oor die opstanding uit die dood sê nie?
    Hy sê: 32 Ek is nou nog die God van Abraham, Isak en Jakob. God is nie ’n dooie God of die God van dooies nie. Hy is die God van die lewendes. As dit so is, beteken dit Abraham, Isak en Jakob is dood of lewendig? As God, asook hierdie voorvaders, dan leef, wat sê dit van die lewe na die dood?”
    33 Die mense het stil na Hom gesit en luister. Hy het hulle net al hoe meer beïndruk met die manier waarop Hy oor hierdie moeilike sake gepraat het.:’
    In Genesis 3 het God 'n duidelike boodskap vir die 'patriargale man':
    "17 Vir die man het Hy gesê: “Omdat jy na jou vrou geluister het en van die verbode vrugte geëet het, sal die grond vervloek wees ter wille van jou: jy sal jou lewe lank bitter hard moet werk. Niks groei van nou af meer vanself uit die aarde nie. As jy iets wil oes, sal jy hard, baie hard, daarvoor moet werk.
    18 “En dan sal daar ook nog oral dorings en onkruid groei. Jy sal die plante van die veld moet eet.
    19 Met sweet en met harde werk sal jy ’n lewe uit die grond moet maak. So sal jy moet aanhou totdat jy dood is, totdat jy geword het soos die stof waaruit jy gemaak is. Onthou, jy is van stof gemaak en eendag sal jy ook maar weer net stof word.”
    Maar dit is nie die einde van die storie nie. Die dag wat ons ster uitgebrand is, kom alle lewe op aarde tot 'n einde. Die wat gevlug het na ander 'aardes' is ons heelal is nie veel beter daar aan toe nie.
    Net soos alles wat 'n begin het ook 'n einde het, kom ons heelal ook tot 'n einde en alles wat daarin is.
    Dan weet ons uit die Bybel word 'n nuwe heelal geskep met 'n nuwe 'hemel' en 'aarde' met 'n plek vir diegene wat Jesus Christus onvoorwaardelik as hul enigste verlosser aangeneem het.
    Daar is ook 'n plek vir die wat Hom verwerp het. Die twee plekke sal soos in die gelykenis van die arm en ryk man deur 'n onoorbrugbare kloof geskei wees. Een vol vertroosting die ander met 'n ewige verwyt.
    'Moeder aarde' het gesterf.
    Lekker dag.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top