Die beeldsending van verhore: publieke belang of Reality TV v 2.0?
2018-10-22"En watse belang het die publiek regtig om die grafiese besonderhede te weet van wat tydens ’n aanval gebeur het? Is ons nie besig om te vergeet dat terwyl dit popcorn entertainment vir ons is, dit die herlewing van die verskriklikste ervaring van die klaagster se lewe is nie? Waar is ons compassion?"
Kavanaugh, vroueregte en die toekoms van protes
2018-10-17"The handmaid’s tale is nie meer net ’n distopiese verhaal nie. Dis ’n waarskuwing, ’n blik op ’n potensiële toekoms, een wat vroue nie kan bekostig nie. Nie nou nie, nie ooit nie."
Jakes Gerwel se skrywersnalatenskap
2018-10-03"Vanaf 2019 beoog die Jakes Gerwel-stigting om nuwe skrywers by die huis te verwelkom in ’n projek wat broodnodig in Suid-Afrika is. Hierdie skrywers word dan in verbinding geplaas met gevestigde skrywers wat hulle van praktiese raad bedien, hulle help om hul werk te verbeter en oor die algemeen as mentors optree."
’n Biblioteek is meer as net boeke
2018-09-28"Ek is nou nog lid van die biblioteek. Hierdie week het ek weer gegaan om boeke uit te neem. Maar tot my skok het ek ontdek dat al die rakke leeg is. Die boeke is opgepak en word nou geberg tot verdere kennisgewing. Intussen word die gemeenskap ontneem van ’n broodnodige diens. Tot verdere kennisgewing."
#MeToo en #TimesUp: die nadraai
2018-09-27"Sekspeste sal ophou net as daar daadwerklike gevolge aan hul dade gekoppel word. Dank hulle af sonder pensioen. Swartlys hulle binne hulle bedryf. Daag hulle voor die hof. Laat hulle die moontlikheid van tronkstraf in die gesig staar."
Botham Jean en polisiebrutaliteit in Amerika
2018-09-21"As Trump se Amerika ’n fliek was, het iemand soos Tim Burton as regisseur opgetree. Die een dag is meer bisar as die ander."
Vir wat die alewige naamsveranderinge?
2018-09-06"Dit laat gemarginaliseerde groepe voel dat daar aan hulle erkenning gegee word. Dit laat mense voel dat hulle behoort wanneer hulle ’n sekere gebied binnegaan. Dit laat mense voel hulle kom tuis."
Sosiale geregtigheid en die ANC se grondbeleid
2018-08-22"Daar kan nie ware geregtigheid wees as die regstelling net gebruik word as ’n wortel voor die neus met ’n korttermyndoelwit voor oë nie."
Die kerk, gays en die hof
2018-08-14"Tradisioneel is die howe maar traag om oor kerksake en geloofsbeginsels uitspraak te lewer. Wat hierdie saak anders maak, is dat geloofsbeginsels en die Bybel glad nie ter sprake is nie."
Magnus en die seuns
2018-08-06"Hoekom dit meer skokkend moet wees as die bewese feite dat hulle menseregte-aktiviste gemartel en vermoor het, is vir my duister. Hoekom dit meer skokkend moet wees as die gebeure van 16 Junie 1976, weet ek ook nie. Dis tog dieselfde groep, en dieselfde mentaliteit, wat vir albei verantwoordelik was."
Vrouemaand – net nog ’n gimmick, soos Valentynschocolates en Paaseiers
2018-08-06"Elke Augustus is dieselfde: ’n string uitnodigings om praatjies te lewer oor die rol van die vrou, die nasionale Departement vir Vroue en Kinders skrik wakker en onthou dat hulle eintlik ook ’n rol te speel het, en politici stof hulle 'vroue is wonderlik' speech van die vorige jaar af en paradeer dit. Maar wat het regtig verander vir vroue?"
’n Wag voor die mond
2018-07-31"Op hierdie stadium in ons politieke lewe, waar soveel spanninge en onderstrominge ons samelewing op ’n mespunt laat draai, kan ons eenvoudig nie bekostig dat ’n onversigtige woord verby die wag voor ons mond (of pen) glip nie."
Die stille verdwyn met Alzheimer’s
2018-07-26"Hoeveel van ons wese is nie opgesluit in ons ervarings, in ons herinneringe nie? En as jy dit verloor, is jy nog dieselfde persoon?"
Is ons regtig verbaas oor die proteste?
2018-07-18"En as niemand na jou wil luister nie, en by gebrek aan kanale om jou griewe reg te stel, kan die grootskaalse afbreek van munisipale geriewe terapeuties wees."
Philip Wilson: die finale spyker in die Rooms-Katolieke kis?
2018-07-10"Tradisioneel is die skeiding tussen staat en kerk met groot ontsag behandel in demokratiese samelewings. Australië en ander Westerse lande is egter toenemend besig om spier te bult en die kerk te dwing om aan moderne wetgewing gehoor te gee."

