Bettina Wyngaard

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, word in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon. Verskeie ander boeke het reeds verskyn.

Vroue en dubbele standaarde in 2018

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-04-13

"Daar is nog steeds ’n dubbele standaard, waar dit op vele subtiele maniere duidelik gemaak word dat daar aan vroue se werk nie dieselfde waarde geheg word as aan manlike arbeid nie."

Strafoplegging vir dummies

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-04-11

"In feitlik elke ander geval, veral by jeugdiges, het direkte gevangenisstraf net daartoe gelei dat hulle ’n opleidingsentrum vir erger misdade binnegaan. Tronke maak mense nie beter nie."

Twee jaar vir die k-woord

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-29

"Ek erken ruiterlik, ek was verstom dat sy direkte gevangenisstraf opgelê was. In hierdie land waar die lewe goedkoop is, waar rowers loskom en moordenaars beswaarlik ’n nag agter tralies deurbring, word iemand tronk toe gestuur vir crimen iniuria? Haibo."

Grondonteiening: ’n ander perspektief

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-26

"Daar bestaan alreeds voorsiening in die Grondwet dat grond onteien kan word sonder vergoeding. Daar was nie enige mosie nodig om aan die parlement die mag te gee om grond te onteien nie; hulle het dit alreeds."

H2O

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-22

"Dit maak my senuweeagtig wanneer Oumie van Voorheen praat. Sy sê ons verdien om te weet wat ons verloor het. Voorheen. Voorheen, toe sy nog ’n klein dogtertjie was, was daar water sover as die oog kon sien." Bettina Wyngaard skryf 'n apokaliptiese verhaal oor die waterkrisis.

Die mag en waarde van simbole

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-20

"Dis nie die klere self, of die vlag self, wat mag besit nie. Dis die lens waardeur ons dit bejeën wat daaraan mag verleen."

“Ongehoord”-reeks broodnodige diskoers

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-13

"Hoekom 'Ongehoord'? Want die Diskoers-reeks soos wat dit tot nou toe aangebied was, stel nie vroue spesifiek en doelbewus aan die woord nie, en dit stel nie vroue se belange en perspektiewe voorop nie. Dit klink eenvoudig, dit klink voor die hand liggend, maar dit het tot 2018 geneem vir iemand om dit deur te voer."

Daar is ’n byt in die lug van die Cyril Lente

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-07

"Kritiek teen Cyril word nie geduld nie. Gee vir Cyril kans, verandering vat tyd, sê hulle. Moenie negatief wees nie, kyk hoeveel het hy al vermag in ’n kort tyd, brom hulle. Hy’t ons van Zuma gered, moenie krap nie, pleit hulle."

#SendMe, maar waarnatoe?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-03-01

"Doen beter, asseblief? Wys ons ons kan jou trust. Nou, voor die verkiesing. My trust strek nie so ver dat ek bereid is om op geloof, hoop en liefde my kruisie te maak nie. En ek wil rêrig graag van hierdie honeymoon ’n sukses maak."

Genoeg is genoeg

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-02-14

"Iewers moet ons ’n streep in die sand trek. Iewers moet ons besef die enigste persone wat ons samelewing kan verander, is ons. Ons is dit verskuldig aan die lang lyn slagoffers van misdaad. Meer as dit, ons is dit verskuldig aan onsself."

Orania, koeksisters en ek

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-02-07

"Wat my egter die meeste bybly van die besoek aan Orania is nie koeksisters nie. Baie van my vooropgestelde idees is op hulle kop gekeer."

Tjaila-tyd vir Zuma se span: hoe lyk dit?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-01-30

"Waar die Zuma-verbintenis voorheen deure wyd laat oopswaai het, begin hulle toenemend vind dat daai selfde verbintenis nou deure in hulle gesigte laat toeklap."

Waar is ons helde?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-01-24

"Waar is die Suid-Afrikaners wat bereid is om die status quo van suurstof te ontneem? Waar is die Suid-Afrikaners wat bereid is om die regte ding te doen?"

Cyril vs Jacob ronde 1

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-01-12

"Dié wat gemeen het Cyril gaan sy troefkaart reg aan die begin speel deur die kwessie van Zuma se herroeping te opper en tot ’n stem te dwing, is vandag diep teleurgesteld."

#TimesUp

Bettina Wyngaard Rubrieke 2018-01-09

"Aktrises en modelle (en Oprah) begin strategieë uitwerk met aktiviste om ’n daadwerklike verskil te maak aan die kwessies wat saak maak."

Top