
Grafika ten opsigte van die naam van die land: Muhammad Syafrani op Pixabay
........
’n Paar dae gelede het die Amerikaanse regering aangekondig dat die leier van Venezuela, Nicolás Maduro, uit sy woning ontvoer is en in Amerikaanse aanhouding is.
........
’n Paar dae gelede het die Amerikaanse regering aangekondig dat die leier van Venezuela, Nicolás Maduro, uit sy woning ontvoer is en in Amerikaanse aanhouding is.
Natuurlik kon Trump homself nie keer nie. Hy moes homself eenvoudig skilder as die redder van die burgers van Venezuela, en die verdediger van demokrasie. Noem my sinies, maar die grootste prestasie met hierdie militêre ingreep is dat dit verloop het sonder dat die nuus vooraf aan iemand gelek is.
........
Ek is selfs meer sinies oor Trump se beweegredes vir die ingreep. Is Venezuela beter daaraan toe sonder Maduro as leier? Waarskynlik, maar of Amerikaanse militêre aksie die beste manier was om te werk te gaan om dit te bewerkstellig, is te bevraagteken.
........
Ek is selfs meer sinies oor Trump se beweegredes vir die ingreep. Is Venezuela beter daaraan toe sonder Maduro as leier? Waarskynlik, maar of Amerikaanse militêre aksie die beste manier was om te werk te gaan om dit te bewerkstellig, is te bevraagteken. Trump het in sy eie land alreeds oor en oor bewys dat hy nie ’n duit omgee vir demokrasie en die ongerieflike menseregte wat daarmee gepaard gaan nie. Dan is dit moeilik om te glo dat hy omgee vir menseregte in ander lande. Die feit dat Venezuela olie het, en die Amerikaners altyd op soek is na olie, nou ja, dit verander hulle belangstelling in die land aansienlik. Maar Trump is die eerste president wat deur militêre mag sal probeer bekom wat ander deur ekonomiese aksie bereik het.
Die optrede is ook nie wettig nie. Een land kan nie net sonder rede ingryp in ’n ander soewereine land se sake nie. Boonop het die Amerikaanse Kongres, wat veronderstel is om oorhoofs oor sulke aksie beheer te neem, skynbaar nie toegestem tot die ontvoering nie. Kongres het onder Trump se bewind ’n impotente, simboliese instelling geword, en Trump regeer asof hy koning is en nie ‘n demokraties verkose leier nie. Erger, Kongres laat dit toe.
Maar die ingreep in Venezuela het veel wyer implikasies as net Trump se ego. Groenland, teenoor wie Trump al verskeie dreigemente gemaak het, bewe waarskynlik in hulle broek. As ek in Kanada se skoene was, het ek stilletjies militêre gereedheid opgeskerp. Dis albei lande waarin Trump belangstelling geuiter het om dit deel van sy koninkryk te maak.
Maar selfs verder as dit, is daar internasionale implikasies. Suid-Afrika was die heel eerste land wat by die VN protes aangeteken het teen die Amerikaanse optrede, en met reg. Watter voorbeeld stel dit indien die VN handjies gevou sit in hierdie situasie? Rusland en China hou albei waarskynlik met groot belangstelling dop om te sien wat gebeur. Hulle maak waarskynlik aantekeninge om iets te leer uit die Amerikaanse voorbeeld, want albei het hulle oog op hul eie pryse. Hoe lank voor China besluit om teen Taiwan, of selfs Japan, dieselfde te probeer? Rusland is alreeds besig met sy eie ingreep in Oekraïne. En wat van Israel in die Midde-Ooste?
........
Die groter vraag is ook: Kan die VN teen Amerika optree?
........
Die groter vraag is ook: Kan die VN teen Amerika optree? Lidlande is vrywilliglik lede. Die VN het nie afdwingende gesag nie, en in elk geval, al het hulle dit gehad, hoe dwing hulle dit af teen die land met die grootste weermag en die grootste begroting? Amerika het nog altyd sy invloed in die VN met aansienlik meer finesse en diplomasie uitgeoefen. Trump stel nie belang daarin nie. Mag is krag, is sy motto, en dit maak nie saak watter brûe in die proses verbrand word nie.
Indien daar nie baie binnekort op beslissende wyse opgetree word teen Amerikaanse ingrepe in Venezuela nie, kan ons ons gereedmaak vir ’n nuwe era van imperialistiese ingrepe in verskeie wêrelddele.
Dit kan 2026 dalk net die jaar maak dat die Derde Wêreldoorlog uitbreek.
Lees ook:
Wat sê Bettina? Wat is die implikasies van Trump en Musk se uitval?
Wat sê Bettina? Regse op regse geweld in Charlie Kirk se sluipmoord


Kommentaar
Dit is baie interessant dat Bettina (duidelik uit 'n linkse oogpunt) heeltemaal wegkyk van die feit dat Venezuela (met goedkeuring van Maduro) die afspringplek is van dwelmuitvoere na die VSA en elders. Die wêreld is so bang om deesdae op ander se tone te trap dat hulle hierdie praktyk stil-stil goedgekeur het. Haal die vrot appels vroegtydig uit die mandjie uit voordat alles later vrot is.
Janee, Bettina het blykbaar die dele in die media gemis dat daar kriminele lasbriewe vir Maduro en sy gade uitgereik is in 2020 vir dwelmsmokkelary. Ai, ai. Dis hoogtyd dat die kriminele vasgevat word, as Trump dit moet doen, so be it. Joe Biden was te slapgat.
Of Maduro die duiwel was weet ek nie, maar as diktator, vermoed ek so. Die regsvraag is egter meer as dit. Het enige land die reg om 'n ander in te val en sy leier gevange te neem en beheer van sy grondstowwe te neem, onder welke voorwendsel ook al?
Hoe verskil dit van Rusland in Oekraïne, Sjina moontlik in Taiwan. Of Hitler, destyds in Pole?
Die enigste antwoord wat ek moontlik, na lang denke, kan vind is dat Trump dit ten minste openlik, eerder as deur CIA frontorganisasies, doen, maar die verskonings bly bloot dit: verskonings en verdraaiings. Wapens van massadestruksie, dwelmhandel, bewyse van chemiese wapens ... die Amerikaanse verskoningslys is 75 jaar oud: Korea, Viëtnam, Afghanistan, Iran, Libië. Hulle het telkemale word 'n ramp agtergelaat.
Bettina, 'n uitstekende en insigryke artikel. Trump sal altyd bokspronge maak. Mag die Derde Wereldoorlog tog nooit uitbreek nie. Dit sal alles en almal verwoes.