Wat sê Bettina? President Ramaphosa in die Wit Huis

“Ek dink in elk geval nie die Suid-Afrikaanse afvaardiging het Washington toe gegaan met die idee om Trump se siening oor wit volksmoord te verander nie. Hy is nie die tipe leier wat hom deur feite en statistieke sal laat oortuig as die waninformasie hom beter pas nie. Die ware doel van die vergadering sou agter toe deure uitspeel: die G20- vergadering en handelsbetrekkinge.”