
Foto van kraan en water: Jonas KIM op Pixabay
- Bettina Wyngaard skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.
........
En natuurlik, soos altyd, die rykes kan water in die winkel koop, die armes moet maar daarsonder klaarkom. Ek besef al hoe meer dat konsepte van ryk en arm baie relatief is. As ek na my beursie kyk, is ek brandarm, maar vergeleke met die baie mense wat elke dag raap en skraap om by die skrootwerf goed te verkoop, kan ek net sowel Elon Musk wees.
........
Die mens se kapasiteit om te vergeet verstom my telkemale. Vra jy uit oor die jaar 2018, en net boere sal onthou dat dit die jaar was dat waarskuwings oor Dag Zero vir Kaapstad aangekondig is.
Toegegee, tussen toe en nou was daar ’n pandemie wat die wêreld tot stilstand geruk het, maar selfs herinneringe daaraan het vervaag. Wie het nou nog suurdeegplantjies of die tyd om brood te bak? Wie weet nog waar hulle maskers is, dié wat maskers gedra het? En wie hou nog Ivermectin in hul medisynekabinette aan, dié wat hulle aan sulke advies gesteur het?
Ons is nou aan die begin van 2026 en alreeds is daar waterbeperkings geplaas. Die afgelope paar winters was droog in vergelyking met ander jare, en die somers warmer. Boonop het daar sover in hierdie jaar nog feitlik elke dag verwoestende brande in die munisipale area waar ek my bevind, uitgebreek, wat verder druk plaas op die watervoorsiening vir die area. My tuisdorp is op vlak 1-waterbeperkings, wat beteken ons mag net sekere dae tuin natmaak, ons mag nie karre was of swembaddens volmaak nie en ons word versoek om water spaarsamig te gebruik. Vergelyk dit met 2018, toe ons dorp soveel water gehad het dat ons aan Kaapstad kon voorsien en Dag Zero kon uitstel. Toe het ons nie waterbeperkings gehad nie. Ander dorpe het hoër vlakke van waterbeperkings. Sommige dorpe, selfs binne ons munisipale area, is soms vir ’n dag of twee sonder water, omdat die waterdruk nie hoog genoeg is om die dorpe te voorsien van water nie.
Vergelyk die vlakke van damme selfs net met 2025, en dis duidelik dat ons damme aansienlik leër is. Eikenhofdam, van waar ons in 2018 vir Kaapstad kon water gee, is nou net 70,86% vol. Vergelyk dit met 2025 se 86,58%, of 2018 se 101%. Om die probleem te vererger is pype nie gereeld instandgehou nie, en groot volumes water gaan verlore elke keer wanneer pype bars, wat gereeld gebeur. Gekoppel daaraan steur baie mense hulle bloot nie aan die waterbeperkings nie. Hulle glo solank daar water kom wanneer hulle hulle krane oopdraai, is alles in orde. Of daar is die ander wat vinger wys na watervermorsing in die plakkerskampe, sonder om te besef dat hulle storte, skottelgoedwasmasjiene en hul wasmasjiene veel meer water gebruik. Die argument dat hulle betaal vir water gaan ook nie op nie, want wat gebeur as daar nie water is nie? Jy kan nie geld drink, of jou kind se bottel daarmee maak nie.
........
Gekoppel daaraan steur baie mense hulle bloot nie aan die waterbeperkings nie. Hulle glo solank daar water kom wanneer hulle hulle krane oopdraai, is alles in orde. Of daar is die ander wat vinger wys na watervermorsing in die plakkerskampe, sonder om te besef dat hulle storte, skottelgoedwasmasjiene en hul wasmasjiene veel meer water gebruik. Die argument dat hulle betaal vir water gaan ook nie op nie, want wat gebeur as daar nie water is nie? Jy kan nie geld drink, of jou kind se bottel daarmee maak nie.
........
En natuurlik, soos altyd, die rykes kan water in die winkel koop, die armes moet maar daarsonder klaarkom. Ek besef al hoe meer dat konsepte van ryk en arm baie relatief is. As ek na my beursie kyk, is ek brandarm, maar vergeleke met die baie mense wat elke dag raap en skraap om by die skrootwerf goed te verkoop, kan ek net sowel Elon Musk wees.
Dis die situasie in my tuismunisipaliteit. In ander munisipale areas gaan dit waarskynlik veel moeiliker. Die Oos-Kaap, en veral eRhini, die ou Grahamstad, gaan al jare gebuk onder waterskaarste. Toegegee, dis grootliks as gevolg van korrupsie en swak bestuur, maar dit word vererger deur swak reënval. Ons het in 2025 gesien dat Johannesburg ook sukkel met watervoorsiening. Dis weer ’n kombinasie van faktore wat daartoe aanleiding gee, maar wanneer die krane leeg is, maak redes nie saak nie.
In 2018 kon Dag Zero vermy word, omdat daar grootskaalse inkoop in waterdissipline was. Ons sal vanjaar dieselfde moet doen as ons hoop om strenger waterbeperkings, of nog erger, leë krane te vermy. En ons sal ons politici moet verantwoordbaar maak vir sistemiese probleme wat waterskaarste vererger.
Lees ook:

