Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Oor identiteite en wie die eerste klippe gooi
2023-07-13"Hoe regverdig is die etikette wat ons soms om mense se nekke hang? Hoe lank en hoe swaar moet mense dra voordat hulle loskom van die etiket? Kom hulle ooit los?"
Israel, Rusland: oorlogsmisdaad is oorlogsmisdaad
2023-07-07"Ek twyfel of daar veel veroordeling van die internasionale gemeenskap gaan kom. Israel is almal se liefling, ten spyte van die vergrype wat plaasvind."
Gan ôs oek lektriek BM’s ry, Uncle Cyril?
2023-07-03"Kô ôs kry ees ie basics reg. Gie vi ôs lektriek. Elke dag, heeldag. Dan gan ôs na ie next level toe. Wan ôs wil ammel lektriek BM’s ry."
’n Verhaal van twee maritieme tragedies
2023-06-28"Hoekom was daar so 'n skreiende verskil in nuusdekking en belangstelling onder die breë publiek tussen die twee tragedies? Daar is nie 'n eenvoudige antwoord nie."
In die fragmentarium 6
2023-06-15"oor seë het ek gedroom
van onstuimighede of ’n blou spieël
wat die dae in hulle nagte uitspoel ..."
Godsdiens, inklusiwiteit en bondgenootskap vir kommersiële gewin: Is Woolworths tussen die duiwel en die reënboog?
2023-06-14"Is ek sinies? Natuurlik. Inklusiwiteit behoort tog nie net een maand van die jaar deel van ’n besigheid se waardes te wees nie."
Hoe die poppe dans
2023-06-13"Volg ’n mens die tydlyn sedert 1959, blyk dit duidelik dat Mattel weet hoe om die popkultuur (woordspeling bloot toevallig!) en eietydse ideologiese invloede in die leefwêreld van ’n pop te inkorporeer. Want poppe speel immers die heersende gedragspatrone, sosiale waardes en projeksies uit."
Matie-konvokasie: hoekom Jan Heunis die trekpas gekry het
2023-06-05"Daar is veral ’n paar indrukwekkende jonger lede van konvokasie wat hopelik vernuwing kan bring, en wat met die nodige respek vir inklusiewe besluitneming sal omgaan."
Water, armoede, politieke onverskilligheid en Cholera in SA
2023-06-01"Jy kan jou kind se bababottel hóéveel keer in die mikrogolf sit om te ontsmet; die water waarmee jy sy formule aanmaak, is nie suiwer nie. Dis water wat deur die plaaslike munisipaliteit en oorhoofs deur die nasionale Departement van Water en Sanitasie voorsien word."
Aan Rusland met liefde
2023-05-16"Ten spyte van versekeringe van regeringskant dat Suid-Afrika neutraal staan in die Russies-Oekraïense oorlog, glo ek dat ons politici se sentimente met Rusland lê. Dalk het hulle selfs wapens voorsien. Of hulle wapens voorsien het of nie, is uiteindelik irrelevant."
In die fragmentarium 5
2023-05-16"Aan die kus in die voorportaal van die statige ou hotel wat seker gewoond was aan rustiger ritmes en die gemurmel van beskaafde gesprekke was daar nou die roesemoes van ’n horde skadufigure wat elkeen skuiling moet vind teen die onbeheerbare duisternis daar buite."
Die nuwe ge-bot
2023-05-10"Liefdesverhoudings – insluitend dié met ’n erotiese strekking – tussen mens en robot is inderwaarheid ’n ou en bekende konsep. En net soos ou navorsing te berde gebring word, raak ou skrywers se werk weer relevant."
Genetika, 70 jaar
2023-05-09"Dit is 70 jaar nadat die struktuur van lewe op aarde – DNS – ontrafel is en twee dekades ná die volledige menslike genoom gepubliseer is; trouens, byna al 3,2 miljard basispare daarvan."
Oor woede, pyn en vergifnis
2023-05-09"Om snedige kommentaar op die internet te plaas vanuit die veilige anonimiteit van ’n rekenaar werk net tot op ’n punt. Iewers gaan daai uitlaatklep onvoldoende raak. Wat gebeur dan?"
Oor die transgender-gesprek
2023-05-02"Transgender-kwessies is feministiese kwessies. Transgender vroue, met ander woorde vroue wat die lewenslig eerste in ’n manlike liggaam aanskou het, is vroue."
Hou verkragters ooit vanself op verkrag?
2023-04-25"Juis daarom dat ek nie in my loopbaan enige verkragters teëgekom het wat vanself ophou verkrag nie. Hulle hou op omdat hulle gevang en toegesluit is. Hulle hou op omdat hulle te oud raak en nie meer hulle slagoffers kan beheer nie."
Oor feminisme 2023
2023-04-20"[D]it begin by ’n sentiment dat vroue wat vra vir gelyke regte, antimans is. Ek is Bettina Wyngaard, en ek is ’n feminis."
Salvador Dalí se slap horlosie
2023-04-13"[D]it voel my ’n mens moes in jou sestigs gebore word, met al die kennis wat mense van daardie ouderdom al in pag het. Dan leef jy agteruit en weet om elke ledige uur en komateuse dagdroom te waardeer en niks om te wens nie."
Feit of fiksie: die legende van Jack the Ripper
2023-04-12"Een van die dinge wat my opval is moordenaars se gesigte, veral hul oë en monde. Hulle het bitter, twintig-voor-vier monde. ... Moordenaars se oë is meesal leeg – of is dit dood? ... Ander se oë verklap weer ontsetting ..."
Joernalistieke integriteit in die konteks van Our poisoned land
2023-04-11"Nou meer as ooit is dit nodig dat ons dit wat ons in koerante lees, moet kan glo."
