Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Liewe professor Grompot

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-11-17

"Ek het nooit die foto’s gesien nie en ek wonder of hy dit ontwikkel het. Dis nou nie juis iets wat ’n mens by die apteek kon gaan ingee nie."

Waar staan menseregte in die Midde-Ooste?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-15

"Qatar het na berig word in die omgewing van $200 biljoen bestee om die gasheer te kan wees vir die Beker. Dis onseker hoeveel van daai geld aan lone bestee is, maar in ’n land waar arbeiders nie veel regte het nie sou dit ’n minimale bedrag wees."

Stemdag in Amerika

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-08

"Die fout wat ons maak, en die fout wat die Amerikaners maak, is om te glo demokrasie beteken mense moet stem. In sommige lande is dit selfs verpligtend vir stemgeregtigdes om te stem. Maar dis glad nie wat demokrasie beteken nie. Demokrasie op sy eenvoudigste beteken dat mense hulle stemreg vry van intimidasie kan uitoefen. Dit beteken ook dat mense die vryheid het om teen hulle eie beste belange te stem."

Wasdaggedoentes

Elise Bishop Rubrieke 2022-11-07

"Ai, my dierbare ouma was darem so vol geite. As sy eers met die pink candlewick gown en die plastic showercap op haar high heel slippers, met supports in virrie dropped arches, die gang afgestap kom met ’n towel gedrape oorie arm, het jy geweet dis bathtime vir Ouma."

Oor stiefma’s, griefma’s en ander stigmas

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-11-02

"Stiefma’s het nie ’n kans nie. Wel, nie regtig nie. Die woord 'stief' dra reeds ’n ingeboude vooroordeel. Dit is pejoratief. Volgens die HAT beteken 'stief' in die eerste plek persone wat verwant is, nie deur bloedverwantskap nie, maar weens ’n later huwelik van die vader of die moeder. Die tweede betekenis dui op 'onvriendelik; sleg; hardvogtig; suinig, onsimpatiek; ongunstig'. Om ’n stiefma te wees, kom met ’n default setting."

Verstaan Musk hoe vryheid van spraak werk?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-11-01

"Maar nie een van hierdie is Musk se groot misverstand nie. Musk verstaan nie mense nie, en hy is nie so bedrewe in politiek soos wat hy dink, of in internasionale reg nie. Wat toelaatbaar is in die VSA, is totaal onaanvaarbaar in heelparty ander jurisdiksies."

My bôs is warm, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-10-18

"Loadshedding maak lat ôse ekonomie nosedive. En om als te kroon gan ôs gegreylist raak, soe ôs sal dan sieke net met Poetin kan besagheid doen."

Caroline

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-10-11

"Sy het ons lewe vir ’n paar jaar gedeel, in ’n houthuis op pale teen die Magaliesberg. Daardie huis het later afgebrand en ons spore is toegewaai. Maar ons sal altyd na haar verlang."

Daa kom ’n SASSA-toyi, Uncle Cyril

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-10-05

"Wanne laas het Uncle op ’n oumens-pay-dag while it loadshedding is en it reent in ’n lyn byrie winkel of ie post office gestaan? Wyl it nog skoolvakansie is oek, by the way, soe allie kinnertjies wat nowhere het om te gan, kô sam innie lyn staan."

Erfenisdag is g’n braaidag nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-28

"Erfenisdag was bedoel om ’n dag te wees waar elke kultuurgroep dit wat hulle uniek en uitsonderlik maak, te vier. Dit was bedoel as ’n dag waar kultuurgroepe meer van mekaar se kultuur kon leer op ’n gestruktureerde manier. In stede daarvan is dit verwring in net nog ’n kommersiële foefie."

Wanneer inperkings gawes word

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-09-21

"Ongeag Paganini se presiese diagnose: Die verstommende buigsaamheid van sy vingers en polse het aan hom ’n besliste voorsprong gegee in die hantering van die strykstok."

Rassisme in die fantasie-genre

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-20

"Kuns behoort kuns te wees, los van en verhewe bo politiekery. Maar in omstandighede waar dit nou blykbaar politieke aktivisme geword het om ’n fliek oor ’n swart meermin of  reeks oor ’n swart Harfoot in ’n fiktiewe wêreld te gaan kyk, sal ek my deel vir sosiale geregtigheid doen. Ek sal die fliek ondersteun, selfs al voel ek eintlik vere vir meerminne van enige kleur."

Van wanne af is dignity net ’n paper right, Uncle?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-13

"As djulle omgegie het vi dignity, as djulle rêrag committed was om mense ’n bietere liewe te gie, dan sou dit ie norag wies vi mense om te strike en te brand en te riot ie. Djulle sou sonne om geprompt te wôd djulle hanne stompies gewêk het om te ensure ammel het wate en kos en klere."

Sowat van ’n wolk!

Deborah Steinmair Rubrieke 2022-09-12

"Ons is aanmekaargesit van drome en wind. Ons identiteit is so broos. Dis soos wolke wat gedurig van vorm verander. Stadig gebeur dit, die metamorfose, en later onthou jy nie die oorspronklike vorm nie. Soms onthou ’n mens die onbenullige, die fokus ernaas."

Die skadukant van fotografie

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2022-09-06

"Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie."

“Kill the Boer”-sage: aluta continua

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-09-05

"Ek twyfel of AfriForum meer sukses sal hê in die Konstitusionele Hof. Hulle sal waarskynlik hope meer lede werf, en dit is waarskynlik waaroor hierdie saak in elk geval gegaan het."

Die stilswye rondom swart-op-swart-rassisme

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-30

"Die xenofobie kom nie as ’n verrassing nie. Van ons populistiese politieke leiers hits dit aan sonder dat hulle enige ernstige nagevolge ervaar. Hulle word nie deur hul volgelinge gesensureer nie, wat hulle net dapperder maak vir ’n volgende poging. Boonop inspireer hulle ander politieke leiers om dieselfde te probeer in ’n poging om ook meer relevant te probeer wees."

’n Pa se gene en keuses

Estelle Kruger Rubrieke 2022-08-24

"Omdat my pa blind was, het ek geleer om onsigbaar te wees. Ek kan nie so goed van my pa onthou nie, maar ek vermoed dis van lankal af dat mense my nie kan sien nie."

Is daar nog ’n wonderwerk in die reënboognasie se toekoms?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2022-08-23

"Umair Haque, Britse ekonoom en skrywer van The Capitalist Manifesto: building a disruptively better business, beskryf die VSA in ’n onlangse meningstuk as ’n samelewing op die rand van sosiale verval. .... Haque is korrek wanneer hy sê VSA 2022 is in die moeilikheid. Maar wat van RSA 2022?"

Die aandrang op slegs Engelse onderrig op universiteit is selfvernietigend

Jason Lloyd Rubrieke 2022-08-17

"Die anti-Afrikaanse gemoedsuitinge by Unisa en ander historiese Afrikaanse universiteite om polities korrek te wil wees dra dan onbedoelend by tot dié frustrasie van swart studente. Trouens, op die duur word hulle vernietig deur hul slegs-Engels-benadering wat hulle onnadenkend en slaafs navolg."

Top