Slegs ’n politieke oplossing sal Afrikaans van ondergang red

  • 10

Prent: https://pixabay.com/photos/room-lecture-hall-assembly-hall-2775439/

Lees die volledige Khampepe-verslag hier.


Dit is tragies hoe “linkses” en “konserwatiewes” blindelings en histeries na links en regs gegryp het na die verskyning van die omstrede Khampepe-verslag oor rassisme aan die Universiteit Stellenbosch.

Dié rondvallery is gedoen sonder om met werkbare oplossings vorendag te kom om te verseker dat Afrikaans se hoër funksies op universiteitsvlak voortbestaan, verder uitgebou en ontwikkel kan word.

Dit is tog die enigste manier waarop ’n Afrikaanse pyplyn van kleuterskool tot op universiteitsvlak sal kan verseker dat Afrikaans vir veral arm gemeenskappe in die Karoo en die platteland ’n ekonomiese heenkome kan bied. En ook dat dié taal vir toekomstige generasies binne ’n veeltalige en nierassige opset beskerm en behoue sal bly.

.............
Dit is tog die enigste manier waarop ’n Afrikaanse pyplyn van kleuterskool tot op universiteitsvlak sal kan verseker dat Afrikaans vir veral arm gemeenskappe in die Karoo en die platteland ’n ekonomiese heenkome kan bied. En ook dat dié taal vir toekomstige generasies binne ’n veeltalige en nierassige opset beskerm en behoue sal bly.
..............

‘n Menigte wit “linkses” het miskien veral vanuit ’n perspektief van “Ons is nie almal so nie” dié verslag onkrities aanvaar. Daar is miskien ook ’n verstaanbare “vrees”, veral gegewe Suid-Afrika se rassistiese verlede van uitsluiting by sommige wittes aanwesig.

Daarom is wittes versigtig dat indien hulle dié verslag sou kritiseer, hulle as rassiste gebrandmerk kon word. Vandaar die “gewilligheid” dat Afrikaans die hoogste prys vir die sondes van die Afrikaner moet betaal.

Vir sommige “linkse” bruines en swartes roep die Khampepe-verslag Afrikaans se wit rassistiese verlede en die 1976-Soweto-opstande teen gedwonge Afrikaanse-onderrig in skole in herinnering.

So alhoewel die stryd teen apartheid by die Universiteit van Wes-Kaapland in Afrikaans gevoer was, was die uitfasering van Afrikaans as medium van onderrig in die laat 1980’s gesien as ’n legitieme stryd teen apartheid en Afrikanernasionalisme in die algemeen.

Sommige konserwatiewes is van mening dat die Khampepe-verslag Afrikaanssprekendheid as ’n probleem verklaar het en dat dit suggereer dat dié taal gelykgestel kan word aan rassisme.

En omdat konserwatiewes glo dat Maties reeds Afrikaans in hul taalbeleid afgeskaal het, dié verslag die universiteitsbestuur (wat alreeds dié verslag in sy geheel aanvaar het) as ’n kapstok bewapen om Afrikaans verder af te skaal wat moontlik tot totale afskaffing kan lei.

’n Mens behoort natuurlik begrip te toon vir al bogenoemde standpunte wat miskien gedeeltelik nie neutraal staan teenoor ideologiese bevooroordeelheid nie.

Die vraag bly egter knaag wat prakties moontlik gedoen kan word om Afrikaans se toekoms as ekonomiese bron van bemagtiging binne ’n veeltalige opset te kan verseker. Taal is tog baie meer as net ’n kommunikasiemiddel. Dit is ook ’n draer van identiteit en kultuur.

.............
Die vraag bly egter knaag wat prakties moontlik gedoen kan word om Afrikaans se toekoms as ekonomiese bron van bemagtiging binne ’n veeltalige opset te kan verseker. Taal is tog baie meer as net ’n kommunikasiemiddel. Dit is ook ’n draer van identiteit en kultuur.
..............

Met respek gesê, die huidige debat vir die behoud van Afrikaans by Stellenbosch is ’n mors van tyd, want soos André Gaum, oud-ANC-LP, in 2011 gesê het, die dominerende Engels op Suid-Afrikaanse universiteite se kampusse gaan Afrikaans beslis verdring. So ook op Stellenbosch.

Daarteenoor is Stellenbosch om verskeie politieke en ideologiese redes nie die geskikte universiteit om Afrikaans as akademiese taal te laat gedy nie. Dit word steeds as ’n bakermat van die Afrikaner se akademiese en ekonomiese welvaart beskou. Die institusionele kultuur van die universiteit word nog oorwegend as “wit en Afrikaans” deur “ander” studente ervaar.

So hoekom word daar nie na alternatiewe strukture of instellings (‘n universiteit) gekyk waar Afrikaans as ’n medium van onderrig kan ontwikkel en beskerm word nie? Dit moet ’n universiteit wees wat uitsluitlik Afrikaans is en “waar sowel die plaasboer se seun as die plaaswerker se dogter kan studeer”.

Dié politieke oplossing kan moontlik gemaak word deur saam met die regering te werk deur byvoorbeeld die volgende punt op die tafel te sit:

  • dat alhoewel die Gerwel-kommissie voorgestel het dat twee universiteite (een in die noorde en een in die suide) behoue moet bly om Afrikaans as akademiese taal te ontwikkel, daar net een so ’n nuwe Afrikaanse universiteit in die suide gevra word.

In 1989 het die akademikus en letterkundige Vernie February (1938–2002) in ’n onderhoud aan Helize van Vuuren, nou afgetrede professor in Afrikaanse letterkunde aan Nelson Mandela-universiteit (NMU), in Amsterdam gesê ’n taal behoort nie gestraf te word vir sy sprekers se sondes nie.

Ter herdenking van die dood van Jakes Gerwel, UWK-rektor tussen 1987 en 1994, op 28 November 2012 skryf die huidige UWK-rektor, Tyrone Pretorius, in die Sunday Times dat Gerwel daarvoor verantwoordelik was om UWK te omskep van ’n apartheidsinstelling tot die eerste nierassige universiteit in Suid-Afrika.

So hoekom kan UWK nie as politieke oplossing dien vir die oneindige polemiek oor die voortbestaan van Afrikaans op universiteitsvlak nie?

Also read:

Eeufeesviering van Departement Afrikaans en Nederlands, US: Kanselier Edwin Cameron se toespraak

Oor taalaktivisme

Language of activism

Deal decisively with dehumanising institutional culture, or step aside

Race and Transformation in Higher Education Conference raises crucial themes in pursuit of Stellenbosch University’s transformation journey

We cannot go back: my reactions to the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

The ambiguity of the name Luckhoff: my thoughts at the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

Universiteitseminaar: Yale onttrek van ’n ranglys

Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe

Pandemic tales: Making an educational life in a Stellenbosch University residence during the COVID-19 pandemic

Internasionale konferensie: Slow intimacy (Langsame intimiteit)

Some notes from the workshop on "slow violence"

Universiteitseminaar: Die US, rassisme en die toekoms

Universiteitseminaar: Jan Heunis SC beskou die Khampepe-verslag

Aan wie behoort die woorde?

Reclaiming Multilingualism

Monolingualism, not Afrikaans, must fall

Om te twyfel

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch

Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek

Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Baqonde-meertaligheidsprojek: "Laat hulle verstaan" (en laat die tegnologie help)

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

A response to Marlene van Niekerk’s contribution to the Stellenbosch University language debate

Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid

Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak

Kan die akademie uitnemendheid oorleef?

Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

  • 10

Kommentaar

  • Frederik van Dyk

    Op ‘n sydelingse punt, ek sien nie hoe die begrip “konserwatief” beskrywend is van ‘n posisie om Afrikaans op ‘n vars en nie-dominerende wyse ter wille te wees as lewenskragtige akademiese taal aan bv die US nie.

    Ook nie hoe “konserwatief” beskrywend kan wees van die breë Afrikaanse koalisie nie, met die koalisie se uiteenlopende uitgangspunte oor waarom Afr ‘n plek in hoër onderrig verdien.

    “Konserwatief” en “liberaal” en “links” en “regs” is toenemende wanaangewende misbaksel-begrippe met te veel lading om die gesprek behoorlik te stuur.

    As dit nie werklik sekuur gebruik kan word nie, laat dit uit.

  • Barend van der Merwe

    Afrikaans is 'n ideologiese probleem vir die magshebbers. Die agteruitgang van Afrikaans en ander tale onderstreep die mites van 'n Grondwet van wigte en teenwigte. Minderhede se ruimtes is onderhewig aan die tiranie van meerderhede. When in Roum... Die skip gaan darem nie so vinnig en skouspelagtig soos die Titanic sink nie. Daar is nog baie tyd om die view te geniet en meegesleur te word deur die orkes. 'n Nuwe regering in 2024 kan dalk ook nog klein bietjie tyd koop, afhangend van wie met wie koalisies vorm en regeer. Privaatskole en universiteite bied ook 'n mate van hoop. Maar die feit bly, een mooi oggend gaan die kids meestal Engels praat.

  • So hoekom kan die UWK nie dien as politieke oplossing vir onderrig in Afrikaans nie? Omdat die UWK reeds in die laat 1980's gekies het; nie om Afrikaans af te skaal nie, maar uit te skakel. UWK se institusionele kultuur is al vir langer as 30 jaar anti-Afrikaans wat noulik nou skielik na pro-Afrikaans omgeswaai kan word.

  • Afrikaans Is Groter (as mense dink)

    Nee wat, mnr., dis nie 'n feit nie. Mens praat wat jy in jou ouerhuis geleer word. Alles anders is tweede tale. Die Afrikaanssprekende deel van SA se bevolking gaan nie eendag net besluit: basta, ons praat nou Engels en leer ons kinders Engels nie. 'n Taal mag onderdruk word deur 'n regering, maar dis nie so maklik om dit te laat verdwyn nie. Die regering kan nie mense dwing om hulle kinders aan huis Engels te laat praat nie. Ek wonder hoeveel tale oor die wêreld het die afgelope dekade ophou bestaan en hoeveel daarvan die gevolg was van onderdukking deur regerings. Ek wed nie veel nie, indien enige. Miljoene swart en bruin mense praat Afrikaans en sal nie ophou daarmee nie. Die tirannie van 'n regering kan niks doen om die taal wat kinders aan huis leer te verander nie. Ons moet net ons liefde en trots vir ons taal goed wortel in ons kinders, en hulle sal dieselfde doen met hulle s’n.

  • Sedert 2010 het meer as 20 tale verdwyn. Daar is nogal baie goeie navorsing oor dit. Soek gerus 'Extinct languages' op Wikipedia. Daar is 'n lys van tale wat verdwyn het. En die lys gaan aansienlik groei in die toekoms.

  • Die mense wat die einde van Afrikaans voorspel is nie kwaadwillige pessimiste met agendas nie. Dit is soms mense wat goed onderlê is in die sosiolinguistiek en die patrone van dié soort verskynsels ken en verstaan. Natuurlik kan 'n regering niemand dwing om nie 'n sekere taal tuis te praat nie. Dit is ook nie die argument nie. Met respek, dit klink amper soos die 'ons stam nie van ape af nie' koor. Niemand sê jy stam van ape af nie!
    Dit is die feit dat Afrikaans geen politieke mag het nie, en Afrikaans nie meer die taal is waarin besluite geneem word nie, en ook nie meer die taal waarin uitgebreide navorsing gedoen word nie – wat die gevaarligte laat flikker. 'n Regering kan miskien nie vir jou verbied om jou taal tuis te praat nie, maar dit kan jou verbied om dit in die klaskamer te praat. Trouens, dit is presies wat die regering beplan met die nuwe wetgewing wat beheerliggame se funksies gaan inperk en die mag gaan oorgee aan regeringsamptenare.
    So ’n klompie jare was daar nog gesus met “Afrikaanse boeke verkoop flink”, maar intussen het die stand van sake ook al aansienlik verander. Dit sal versnel sodra niemand meer in Afrikaans matrikuleer nie.
    En die feit dat sommige sprekers die gevaartekens ontken, pas Afrikaans se vyande soos 'n handskoen.

  • En as jy heeltyd Engels by die werk besig, begin jy al hoe natuurliker in Engels kommunikeer. Tot so 'n mate dat jy eventueel glad nie meer Afrikaans behoorlik kan praat nie. Om te sê dat jy Afrikaans by die huis kan praat en sodeur sal Afrikaans oorleef, is ondeurdag. My vrou se familie is Portugese en hulle het Portugees grootgeword. Die derde geslag kan beswaarlik Portugees praat omdat hulle so verengels het dat die vierde geslag dit nie meer sal kan praat nie. Verder is daar geen wil onder die meerderheid Afrikaanses om Afrikaans te beskerm nie. Dit is asof hulle óf nie omgee nie, óf te bang is. Albei houdings sal Afrikaans kelder.

  • Aai rest maai kys, Johan.

    Gelukkig het ek lank reeds my verwagtinge jeens die mens gereduseer tot nul. Veral met die hulp van Boeddha. Dit maak my lewe aansienlik makliker. Die mens neem sy geskiedenislesse by die voete van die pastoor, die predikant en die politikus. Dit was nog altyd so. En dit sal nooit verander nie.

    My boodskap is: moenie moed verloor nie. Wees wie jy is, veral terwyl jy nog kan. Ek was uiters bevoorreg om in my eie taal te kon leer. Daarsonder twyfel ek of ek my tersiêre studies enigsins sou kon voltooi.

    Maar as 'n nasie is ons mos tevrede met 'n paar uitskieters in Engels. Die groot meerderheid wat uitval maak nie vir ons saak nie. Politici en predikers hou juis vreeslik baie van ongeletterde skares wat hulle kan opsweep met emosies en met regeringstoelae afhanklik kan hou. En in ons geval, met laergraad Engels kan "dekolonialiseer".

  • Selwyn Milborrow

    Politiek het Afrikaans juis in hierdie situasie ingeboender! En van watter ondergang moet Afrikaans gered word? Nee, man! Solank as wat daar sprekers, lesers, skrywers en akademici in Afrikaans se kamp kuier, is die taal oukei!

  • Ek dink dit is veilig om te sê ons bevind onsself iewers tussen ontkenning en oningelig en daar is weinig salf aan te smeer.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top