
Dinkskrum: Interne wit en bruin gesprekke oor Afrikaans is nodig om die term "Afrikaner" inklusief te herdefinieer
2025-03-13"Die miskenning van bruin mense as die meerderheid Afrikaanssprekendes wys op die dilemma van ’n verdeelde Afrikaanse identiteit. Dit laat die vraag ontstaan of wit en bruin Afrikaanssprekendes mekaar kan vind? En of ras as faktor in die bepaling van sodanige Afrikaanssprekende identiteit irrelevant gemaak kan word?"

Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog
2025-01-17"Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig."

Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern
2024-11-13"Gerwel se deurlopende tema in sy rubrieke was hoe ons die openbare gesprek met en oor mekaar voer. Hy het altyd in sy rubrieke beklemtoon: 'Die wyse waarop ons van en met mekaar praat, is tekenend van en vormend vir die patrone van saamleef in hierdie veranderende samelewing wat homself in soveel opsigte nog moet vind en definieer.'"

Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?
2024-10-17"Die eerste 100 dae is gewoonlik enige administrasie se maatstaf van wat die beleidsplatform en praktiese rigting van so ’n regering tydens sy ampstermyn sal wees."

Die effek van marginaal- en hibriedwees op die bruin politieke landskap
2024-03-14"Ironies genoeg is hierdie ryke mosaïek van mense en gemeenskappe wat losweg as Coloureds / coloureds deurgaan, onsuksesvol om hulle op die politieke toneel as ’n effektiewe groep te organiseer, te vestig en te laat geld."

A year of elections, multiple challenges and choices
2024-02-27"Here, on the southern tip of Africa, political commentators, journalists, authors, philosophers, economists, thinkers and columnists unanimously agree that the 29 May 2024 election in South Africa will be a make-or-break event."

Hoerikwaggo Indaba val vas in identiteitskwessies sonder nuwe voorstelle
2023-12-11"Ons is lankal verby daai ou vervelige prekie en ook dat bruin mense nie ’n taal en kultuur het nie. Dit is deesdae sommer onsin, omdat ’n menigte bruin mense heel gemaklik is met wie en wat hulle is en heel trots is op hul Afrikaanssprekendheid."

’n Gebrek aan kwaliteit joernaliste is ’n gevaar vir ons demokrasie
2023-11-20"Ons gebroke demokrasie en verlore drome in Suid-Afrika het dringend vaardige en onafhanklike joernaliste nodig."

Nelson Mandela was ’n spesiale mens, maar geen heilige nie
2023-08-02"Die vraag wat nou, hier kort na die einde van Nelson Mandela-maand, onwillekeurig by my opkom, is of dit nodig sou wees om Madiba se donker kant te onthou. Ons almal het immers ’n skadukant. So, hoekom nie?"

Rassisme kan nie met rassisme beveg word nie
2023-02-16"Dan glo die ANC in die leuen dat almal en alles gelyk is. Dis ’n wêreldwye tendens met kommunistiese wortels om alles en almal gelyk te wil maak en verskille uit te vee."

Slegs ’n politieke oplossing sal Afrikaans van ondergang red
2022-12-14"So hoekom kan UWK nie as politieke oplossing dien vir die oneindige polemiek oor die voortbestaan van Afrikaans op universiteitsvlak nie?"

Die aandrang op slegs Engelse onderrig op universiteit is selfvernietigend
2022-08-17"Die anti-Afrikaanse gemoedsuitinge by Unisa en ander historiese Afrikaanse universiteite om polities korrek te wil wees dra dan onbedoelend by tot dié frustrasie van swart studente. Trouens, op die duur word hulle vernietig deur hul slegs-Engels-benadering wat hulle onnadenkend en slaafs navolg."

Sal federalisme werk in Suid-Afrika?
2022-04-12"Die afgelope twee weke sedert die stigting van Kaapse Forum (KF) deur die joernalis, TV- en radiopersoonlikheid Heindrich Wyngaard en die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, was die gort gaar oor dié inisiatief omdat dit kwansuis ’n gesamentlike plan sou wees tussen Wyngaard en Kriel om die bruin mense vir eie gewin te misbruik."

Sal ’n enkele Afrika-geldeenheid goed wees vir Suid-Afrika?
2022-03-15"Julius Malema, Pandor en die ANC wat blindelings droom van ’n federale Afrika sonder grense en ’n enkele Afrika-geldeenheid, moet die uitdagings in gedagte hou waarmee die Eurolande worstel. Veral omdat Afrika ’n arm vasteland is wat dikwels deur korrupte, onbevoegde en rassistiese regerings regeer word."

Jaar van maak of breek vir Matamela
2022-01-18"Die onthullings en aanbevelings in die eerste deel het die RET-faksie blykbaar ongemaklik gemaak en toe klap die skote met die meningstuk van Lindiwe Sisulu waarin sy onder andere skryf dat regters binne koloniale denke vasgevang is en ook dat die Grondwet net ’n struikelblok vir snelle ekonomiese transformasie in die land is."