Jason Lloyd

Jason Lloyd is a political and economic commentator, thinker, columnist, short story writer, journalist, "accidental" public servant and media & communication specialist.

Jason Lloyd is ’n politieke en ekonomiese kommentator, denker, rubriekskrywer, kortverhaalskrywer, joernalis, "toevallige" staatsamptenaar en media- en kommunikasie-spesialis.

Is John Steenhuisen South Africa’s next “Kortbroek”?

Jason Lloyd Opinion 2026-03-31

"Should he be removed from his ministerial post and fail to secure re-election to Parliament in 2029, it is conceivable – though speculative – that he might explore alternative political pathways ...."

Dinkskrum: Intellektuele intimiteit in moderne tye

Jason Lloyd Rubrieke 2026-01-14

"Die kernprobleem is nie dat mense bloot 'te sensitief' is nie, of dat intelligente mense onder die aanval is nie, maar dat openbare en private gesprekke toenemend deur vrees gevorm word – vrees vir aanstoot, teenreaksie, waninterpretasie en sosiale straf. Hierdie vrees ondermyn intellektuele intimiteit deur nuuskierigheid, meningsverskil en diepte te ontmoedig."

Dinkskrum: Passie behoort meer te tel as kwalifikasies, ervaring en vaardighede in die aanstelling van kabinetministers

Jason Lloyd Rubrieke 2025-11-14

"Die onlangse kabinetskommeling deur president Cyril Ramaphosa wat geïnisieer is deur die Demokratiese Alliansie se leier John Steenhuisen, of liewer dié party se Federale Uitvoerende Komitee, maak nie vir my sin nie, omdat dit nie gedryf is deur die onderskeie ministers se passie vir hul ministeriële posisies nie."

Dinkskrum: Gedagtes oor skrywers se voedingswaarde vir die siel

Jason Lloyd Rubrieke 2025-10-16

"Skrywers voed hul eie siele deur ervarings soos lees, navorsing, luister en verbinding met die natuur, wat hulle van die roumateriaal vir hul skryfwerk voorsien. Hulle voed ook hul siele deur die skryfwerk self, en gebruik dit as ’n manier om emosies te verwerk, van trauma te genees en met hul intuïsie te skakel."

Dinkskrum: Die leierskapsgehalte van sekere bruin leiers pla

Jason Lloyd Rubrieke 2025-09-17

"Denkende Suid-Afrikaners sal ernstig moet besin oor wat die gevolge sal wees indien die PA ’n groot munisipaliteit of metro in volgende jaar se plaaslike verkiesings sou wen."

Dinkskrum: Vervroegde algemene verkiesing moet ontslae raak van ANC

Jason Lloyd Rubrieke 2025-08-18

"Dit lyk asof Duma wel reg is en dat die RNE gebou is op valse optimisme."

Dinkskrum: Is die PA ’n dinamiese en modieuse politieke party? Repliek op Kelvin Knowles se artikel

Jason Lloyd Rubrieke 2025-07-22

"Verteenwoordiging is veral belangrik in ’n diverse land soos Suid-Afrika, maar meriete moet ook in gedagte gehou word, omdat die land kundige mense nodig het om ’n sukses daarvan te maak. Mense kan eenvoudig nie net op grond van ras, geslag en ouderdom aangestel word nie. Meriete moet ’n ononderhandelbare vereiste wees."

Dinkskrum: Oor spoke op ’n verlate en donker Karoo-dorp

Jason Lloyd Rubrieke 2025-06-19

"So steek ek toe vas in my spore toe ek die swart gewaad gewaar. Wie kan dit nou wees? Is dit miskien ’n misdadiger wat moeilikheid soek? Nee, hoekom praat of maak die persoon dan geen geluid nie?"

Dinkskrum: Mbeki, Pahad en die filosoof se planeet van die das

Jason Lloyd Rubrieke 2025-05-14

"Wat is ’n man sonder ’n das? Dit is die vraag wat onwillekeurig by my opgekom het nadat ek uiteindelik die boek Eindstryd (Tafelberg 2012) deur die Stellenbosse filosoof Willie Esterhuyse klaar gelees het. Dié boek is die verhaal van hoogs geheime ontmoetings tussen verbanne ANC-leiers en ’n paar uitgesoekte Afrikaners gedurende die jare ’80."

Dinkskrum: Interne wit en bruin gesprekke oor Afrikaans is nodig om die term "Afrikaner" inklusief te herdefinieer

Jason Lloyd Rubrieke 2025-03-13

"Die miskenning van bruin mense as die meerderheid Afrikaanssprekendes wys op die dilemma van ’n verdeelde Afrikaanse identiteit. Dit laat die vraag ontstaan of wit en bruin Afrikaanssprekendes mekaar kan vind? En of ras as faktor in die bepaling van sodanige Afrikaanssprekende identiteit irrelevant gemaak kan word?"

Dinkskrum: Die SAKP blaas ’n (welverdiende) roemlose aftog

Jason Lloyd Rubrieke 2025-01-17

"Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig."

Dinkskrum: Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern

Jason Lloyd Rubrieke 2024-11-13

"Gerwel se deurlopende tema in sy rubrieke was hoe ons die openbare gesprek met en oor mekaar voer. Hy het altyd in sy rubrieke beklemtoon: 'Die wyse waarop ons van en met mekaar praat, is tekenend van en vormend vir die patrone van saamleef in hierdie veranderende samelewing wat homself in soveel opsigte nog moet vind en definieer.'"

Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?

Jason Lloyd Rubrieke 2024-10-17

"Die eerste 100 dae is gewoonlik enige administrasie se maatstaf van wat die beleidsplatform en praktiese rigting van so ’n regering tydens sy ampstermyn sal wees."

Die effek van marginaal- en hibriedwees op die bruin politieke landskap

Jason Lloyd Rubrieke 2024-03-14

"Ironies genoeg is hierdie ryke mosaïek van mense en gemeenskappe wat losweg as Coloureds / coloureds deurgaan, onsuksesvol om hulle op die politieke toneel as ’n effektiewe groep te organiseer, te vestig en te laat geld."

A year of elections, multiple challenges and choices

Jason Lloyd Opinion 2024-02-27

"Here, on the southern tip of Africa, political commentators, journalists, authors, philosophers, economists, thinkers and columnists unanimously agree that the 29 May 2024 election in South Africa will be a make-or-break event."

Top