Dinkskrum: Gedagtes oor skrywers se voedingswaarde vir die siel

  • 0

Prent: Canva

My Kaapse vriendin, tans besoekende dosent in die buiteland, stuur ’n week gelede ’n WhatsApp uit Skotland: “Skrywers voed die siel,” skryf sy. Sy het ’n skrywersvoorlesing bygewoon en wou dit graag met my deel.

Ironies genoeg, kom ek die ander aand af op ’n paar notas wat ek in 2009 gemaak het tydens ’n boekvoorlesing-sessie by Rhodes-Universiteit van die skrywer Eben Venter. Hy was toe bekend vir onder meer die roman Horrelpoot.

Hy het inderdaad ’n paar interessante opmerkings gemaak tydens dié boekvoorlesing-sessie.

Maar eers: Toe ek in Grahamstad aangery kom vir dié lesing het ek twee boeke – by die nou oorlede skrywer Pieter Wagener se seun Justus se destydse koffiewinkel Red Cafégekoop.

Soos my Kaapse vriendin, is ek ook deur dié boeke “gevoed”.

Die Engelse skrywer DH Lawrence se Selected letters, saamgestel deur Aldous Huxley, is ’n klassieke stuk wat elke skrywer en boekemens behoort te besit.

Dit is nie wat Huxley in die voorwoord geskryf het nie; dit is die gedeelte wat Lawrence se vrou Frieda na sy dood in 1930 oor hom geskryf het, wat saak maak: “What he had seen and felt and known he gave in his writing to his fellow men, the splendour of living, the hope of more life... a heroic and immeasurable gift.”

In haar roman Maru bewys Bessie Head dat sy onder die grootste skrywers tel wat ’n passie vir beskrywing het. In die eerste hoofstuk skryf sy:

The rains were so late that year. But throughout that hot, dry summer those black storm clouds clung in thick folds of brooding darkness along the low horizon. There seemed to be a secret in their activity, because each evening they broke the long, sullen silence of the day, and sent soft rumbles of thunder and flickering slicks of lighting across the empty sky.

Miskien spreek bogenoemde aanhalings tot die stelling: “All that matters is the laughter and tears”, van Samuel Beckett toe hy gevra is waaroor sy werk handel. Venter het daarby aangesluit deur te sê as jy as skrywer tot die “laughter and tears” bygedra het, dan het jy “gevoed”.

........
Miskien spreek bogenoemde aanhalings tot die stelling: “All that matters is the laughter and tears”, van Samuel Beckett toe hy gevra is waaroor sy werk handel. Venter het daarby aangesluit deur te sê as jy as skrywer tot die “laughter and tears” bygedra het, dan het jy “gevoed”.
........

Venter het gesê ’n skrywer moet skerp kyk, goed luister en die vermoë hê om te ruik en om uit die derms te kan skryf. Anders kan die skrywer nie “voed” nie.

Dit sluit aan by die skrywer Nadine Gordimer se stelling dat skrywers “groot ore moet hê om heeltyd mense te kan afluister”.

Maar skrywers moet ook verskeie kwaliteite en vaardighede hê om te kan skryf om te “voed”. Die skrywer John Banville van die bekroonde roman The sea sê hy maak nooit staat op navorsing nie. Hy maak gebruik van sy verbeelding. Die uwe het reeds lank gelede geleer as ’n mens nie verbeelding het nie, kan jy nie skryf of “voed” nie.

........
Skrywers moet ook soos sportsterre fiks wees om te kan “voed”. Die skrywer van die gewilde rillerromans Stephen King “oefen” gereeld deur minstens 4 000 woorde per dag te skryf. Hy rus byvoorbeeld net op Kersdag. So, die skrywer se “voedingstaak” is glad nie vir sissies nie.
.........

Skrywers moet ook soos sportsterre fiks wees om te kan “voed”. Die skrywer van die gewilde rillerromans Stephen King “oefen” gereeld deur minstens 4 000 woorde per dag te skryf. Hy rus byvoorbeeld net op Kersdag. So, die skrywer se “voedingstaak” is glad nie vir sissies nie.

Skrywers voed hul eie siele deur ervarings soos lees, navorsing, luister en verbinding met die natuur, wat hulle van die roumateriaal vir hul skryfwerk voorsien. Hulle voed ook hul siele deur die skryfwerk self, en gebruik dit as ’n manier om emosies te verwerk, van trauma te genees en met hul intuïsie te skakel.

Lees ook:

Dinkskrum: Is die PA ’n dinamiese en modieuse politieke party? Repliek op Kelvin Knowles se artikel

Dinkskrum: Vervroegde algemene verkiesing moet ontslae raak van ANC

Dinkskrum: Die leierskapsgehalte van sekere bruin leiers pla

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top