- Jason Lloyd skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.
Dié toedrag van sake behoort lankal te gebeur het, want wie het ’n aspoestertjie van ’n party soos die SAKP wat uitgediende kommunisme, sosialisme en marxistiese idees propageer nodig?
Dié lafhartige dreigement was voorheen egter nooit ’n ware dreigement nie, omdat hulle altyd net die waters getoets het om ’n groter invloed op die ANC uit te oefen.
Die formasie van die sogenaamde regering van nasionale eenheid (RNE) het die SAKP woedend gemaak, omdat veral Solly Mapaila, sekretaris-generaal van die SAKP, gereeld teen die RNE uitvaar.
........
Die SAKP verwys na die RNE as ’n saamlopery met die vyand – ’n verwysing na die DA en die VF Plus – wat volgens hulle neo-liberale idees najaag. In die geheel dus word die RNE deur die SAKP beskou as die vyand van die voormalige onderdruktes, armes en werkersklas.
........
Die SAKP verwys na die RNE as ’n saamlopery met die vyand – ’n verwysing na die DA en die VF Plus – wat volgens hulle neo-liberale idees najaag. In die geheel dus word die RNE deur die SAKP beskou as die vyand van die voormalige onderdruktes, armes en werkersklas.
In oorspronklike marxistiese teorie, veral in Karl Marx en Frederick Engels se Kommunistiese Manifes (1848), is daar verwys na die lumpen-proletariaat om lede van die proletariaat te beskryf, veral misdadigers, rondlopers en werkloses wat nie bewus was van hul kollektiewe belangstelling as ’n onderdrukte klas nie. In die moderne era word dit algemeen gedefinieer om die kronies-werkloses in te sluit, die haweloses en loopbaanmisdadigers.
Die SAKP het in 2017 die eerste keer op sy eie aan ’n munisipale tussenverkiesing in die Metsimaholo-munisipaliteit by Sasolburg in die Noord-Vrystaat deelgeneem en drie proporsionele setels verower. Dié munisipaliteit bestaan uit dorpe soos Sasolburg, Oranjeville en Deneysville.
Dit was die eerste keer sedert 1994 dat die SAKP op sy eie aan ’n verkiesing deelgeneem het. Die ANC het 16, DA 11 en EFF agt setels verower.
Die Sasolburg-verkiesing het op drie werklikhede gewys.
Dat die alliansie tussen die ANC en die SAKP ’n seremoniële alliansie is wat glad nie werk nie. Trouens, daar bestaan nie eens meer ’n werksverhouding tussen hulle nie.
Tweedens dui dit op die irrelevansie van die SAKP, soos Tim du Plessis dit gestel het, “’n verpotte ou Kommunistiese Party”. Die steun wat die SAKP in dié verkiesing gekry het, is hoofsaaklik van ontevrede ANC-lede in Sasolburg wat teen die ANC se destydse provinsiale voorsitter, Ace Magashule, en Zuma-makker gekant was.
........
Die SAKP van vandag is ’n heel ander party as in 1921, 1953 en 1994. Hul leiers dra Gucci suits en is boonop closet-kapitaliste. Daar is eintlik nie meer kommuniste in die SAKP oor nie.
........
So, kiesers het nie noodwendig teen die ANC gestem nie, maar teen Magashule en Zuma.
Derdens is die SAKP en die ANC oor die jare deur hul gemene deler, naamlik om apartheid te beveg, bymekaargehou. Apartheid bestaan nie meer op die wetboeke, so hoop ons ten minste, nie. Hul saambestaan bestaan dus nie meer nie.
Die SAKP het ook sy oorspronklike idee, naamlik om vir die belange van werkers te veg, verloor. Dit is strydig met die doel waarom dié party in 1921 as die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA) gestig is.
Die georganiseerde werkersbeweging het tot in 1921 net uit wit werkers bestaan. Die KPSA is dus in 1921 gestig om swart werkers te verteenwoordig. Dié stigting het die politieke landskap verander en in 1953 is die party se naam na die SAKP verander.
Die SAKP van vandag is ’n heel ander party as in 1921, 1953 en 1994. Hul leiers dra Gucci suits en is boonop closet-kapitaliste. Daar is eintlik nie meer kommuniste in die SAKP oor nie.
........
My advies aan die SAKP is om aan die volgende jaar se munisipale verkiesings, asook aan die algemene verkiesing in 2029 deel te neem om kiesers ’n kans te gee om met opportuniste soos hulle finaal af te reken.
........
Trouens, kommunisme bestaan nie eens as ’n staatsbestel in Suid-Afrika nie, want ons het ’n grondwetlike demokrasie wat opposisiepartye toelaat. Daar bestaan wel ekonomiese beleidselemente wat versteek is binne die mikro-sosialistiese ekonomiese beleid van die ANC wat natuurlik dom, onnadenkend en vernietigend is vir moderne ekonomiese vooruitgang.
My advies aan die SAKP is om aan die volgende jaar se munisipale verkiesings, asook aan die algemene verkiesing in 2029 deel te neem om kiesers ’n kans te gee om met opportuniste soos hulle finaal af te reken.
Op die politieke spektrum links van die sentrum is daar nie eens plek vir die SAKP nie. Dit is volgepak deur onbevoegde linkses soos die ANC, EFF, MK, PAC, Good, PA, NCC en andere met hul uitgediende sosialistiese en marxistiese ideologieë wat nog nêrens in die wêreld gewerk het nie. Trouens, dit verskaf net ellende en kroniese armoede.
........
Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig.
........
Wat Suid-Afrika eintlik nodig het, is ’n moderne konserwatiewe party, regs van die politieke spektrum, wat ’n teenvoeter gaan wees teen radikale linkses, toksiese feminisme en woke-isme wat dreig om alles en almal te vernietig. Die pendulum is egter besig om weg te swaai van linkse politiek en woke-isme om ’n post-liberale era in te lei. In my volgende aflewering van dié rubriek sal ek nuanse kan verskaf oor my voorstelle vir so ’n breë konserwatiewe intellektuele beweging. So ’n beweging moet ’n voorloper wees vir ’n moderne konserwatiewe party wat alle gematigdes en konserwatiewes sal insluit.
Die SAKP blaas ’n welverdiende roemlose aftog.
Lees ook:
Dinkskrum: Is die eenheid in die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) op valse optimisme gebou?
Kommentaar
Jy moes nou nog net bygeskryf het dat hierdie regse party van jou ’n Christelike Christen-party met Christelike Christen-waardes moet wees, dan sou jou rubriek presies soos een van Flip Buys se artikels geklink het.
Met sowat 28 miljoen mense wat sosiale toelae ontvang, lyk sosialisme vir my glad nie so "uitgedien" soos jy beweer nie. ’n Nuwe "regse" party, selfs al sou dit Suid-Afrika se grootste party word, sal steeds daardie toelaes stiptelik moet betaal elke maand. Anders is daar oorlog in die ou landjie.
Die artikel stel niks nuuts nie. Dis nie die eerste keer dat ’n mens hoor ons beleef nou ’n swaai na regs nie. Die kiesers sien ook al jare lank deur die SAKP, soos jy dit stel. Hulle kan niks wys vir al hulle gepraat nie.
Luister julle regses nie aandagtig na julle profeet en held Ernst Roets nie? Roets preek nogal een ding waarmee selfs ek saamstem. Roets noem gereeld dat die formele politiek in vele opsigte geen oplossings bied nie. Politici is daar om salarisse te trek. Burgerregte-organisasies kan dalk nog iets bereik, maar ’n mens moet nie al jou hoop daarop sit nie.
Die SAKP is ’n sirkus, maar kyk watter sirkus is die VF Plus, wat as ’n sogenaamde "regse" party beskou word. Daar is ook die PA. Was jy nie in 2024 ’n PA-ondersteuner nie? Onder andere het die VF Plus vir hul ondersteuners gelieg en vertel dat hulle hul grondwet sou aanpas om meer inklusief te wees teenoor ander rasse. Van die VF Plus se ondersteuners het toe maar later hul tassies gepak en gewaai, soos Lennit Max.
Hoeveel politieke partye het die ou landjie nou regtig nodig? Elke verkiesing is daar ’n rekordgetal van partye.
In die 1980’s het Suid-Afrika ’n party gehad wat eksplisiet die naam "Konserwatief" gebruik het. Jy sal hulle seker onthou. Die Konserwatiewe Party wou die parlement wit hou. Dit is die probleem met konserwatiewes: hulle wil altyd die mensdom terugtrek in die verlede in. Hulle wil vroue se regte wegvat en die barbaarse gebruike van godsdienstige boeke uit die Bronstydperk op die samelewing afdwing.
Barend, jy is 'n stok ou man wat vasgeval het in die uitgediende paradigmas van die Konserwatiewe Party, Herstigte Nasionale Party, die ANC, SAKP, PAC, ensovoorts. As 'n kommunis moet jy maar wag en my rubriek lees. Jy lees nie reg nie: ek het die woord moderne konserwatiewe party gebruik. Sit asb jou bril op en onthou ook om jou pille te drink. Waar kom jy aan jou storie dat ek die PA ondersteun?
Ek sien uit na jou rubriek. Ek dink nie aan myself as kommunisties nie. Hoewel dit baie moeilik is om jou eie politiek te takseer, is my politiek waarskynlik sentrum links, of te wel sosialisties van soorte.
Eintlik voel ek min vir georganiseerde politiek en dink ook nes die konserwatiewes dat die regering veel kleiner behoort te wees en veel minder funksies moet vervul as wat op die oomblik die geval is.
Ek het iewers die indruk gekry jy steun die PA. So het ek myself dus misgis. My apologie. Ek hou self van sommige dinge wat die PA doen. Hulle leier se kop is ongelukkig net so bietjie deurmekaar as gevolg van godsdiens en die Bybel.
Die PA is net nog 'n voorbeeld van 'n sukkelende "regse party". Hulle het ten minste darem die parlement gehaal. En selfs die kabinet. 'n Ander voorbeeld is die UIM van meneer Neil de Beer. Wat so "regs" is dat hulle een van die Bittereinders, die popsanger Steve Hofmeyr se seun Devon, as jeugleier aangestel het. Net om hom te fire 'n week voor die eleksie.
Regse partye werk nie.
Wat hou die toekoms in vir Suid-Afrika in terme van partypolitiek? Volgens Prince Mashele, gaan Suid-Afrika vir die volgende 20 jaar deur 'n koalisie regeer word. Die ANC gaan bly krimp, maar gaan nog laaaank 'n faktor bly. Mashele se opinies is altyd interessant. Miskien is hy reg en miskien verkeerd, wie weet? So 10 jaar gelede het hy voorspel die ANC gaan tuimel. En hy was in die kol. Hy vertel in die onderhoud ook hoe hy geteister was weens sy boek (ek het sy boek destyds ook gelees). Hier is die onderhoud, vir wie dit wil kyk:
https://m.youtube.com/watch?v=n9sNNAAH4pc