Terreur en bevryding: Die ANC/SAKP, die kommunisme en geweld (1961–1990) deur Leopold Scholtz: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

“Op die keper beskou is hierdie boek ’n belangrike siening van die kommunistiese invloede op die ANC. Dit is ’n deeglik nagevorste stuk werk met tekortkominge. Enigeen wat in hierdie tipe geskiedenis belangstel, sal die aankoop van hierdie boek die moeite werd vind, en geen behoorlike toekomstige bespreking van die onderwerp sal Terreur en bevryding kan ignoreer nie.”