Sal ’n enkele Afrika-geldeenheid goed wees vir Suid-Afrika?

  • 0

Foto van Jason Lloyd: verskaf

Sê wat jy wil oor die res van Margaret Thatcher (1925–2013), eertydse Britse premier van 1979 tot 1990, se nalatenskap, maar wanneer dit kom by die ekonomiese ramp van die Eurogebied se enkele geldeenheid, was sy heeltemal profeties. In ’n heerlike suur toespraak wat in 1990 voor Brittanje se Laerhuis gelewer is, het sy haar gevoelens oor Europese integrasie opgesom: "Nee. Nee. Nee."

...........
Thatcher was gekant teen die idee om politieke mag aan ’n Europese parlement te gee, om die pond prys te gee vir ’n enkele Europese geldeenheid, of om sy monetêre beleid aan ’n Europese sentrale bank oor te dra.
..........

Thatcher was gekant teen die idee om politieke mag aan ’n Europese parlement te gee, om die pond prys te gee vir ’n enkele Europese geldeenheid, of om sy monetêre beleid aan ’n Europese sentrale bank oor te dra.

Soos Thatcher dit op ’n stomp manier gestel het soos net ’n Britse politikus dit kan doen: “Miskien sal die Arbeidersparty al daardie dinge maklik prysgee. Miskien sal dit instem tot ’n enkele geldeenheid en die afskaffing van die pond sterling. Miskien, omdat die Arbeiders totaal onbevoeg is in monetêre aangeleenthede, sou hulle net te verheug wees om volle verantwoordelikheid aan ’n sentrale bank oor te dra, soos hulle aan die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gedoen het.

“Die feit is dat die Arbeidersparty geen bevoegdheid oor geld en geen bevoegdheid oor die ekonomie het nie. Die Arbeiders sal bly wees om dit alles oor te gee. Wat is die punt daarvan om tot die parlement verkies te word net om sterling en die magte van hierdie parlement aan Europa oor te gee?”

Thatcher se houding teenoor ’n groter Europa destyds was ’n bietjie meer genuanseerd as wat sommige nou onthou. In dieselfde toespraak het sy gesê haar regering sal die idee van ’n "parallelle" Europese geldeenheid ondersteun wat saam met die pond kan bestaan ​​– ’n soort proeflopie vir potensiële toekomstige integrasie. En dit was nie net haar Arbeider-teenstanders wat daarop aangedring het dat Brittanje deel van ’n meer federale Europa word nie. Thatcher se adjunkpremier, Geoffrey Howe (1926–2015), het bedank oor sy meningsverskille met Thatcher oor die geldeenheidkwessie. Dié stap het gehelp om die leierskapstryd aan te wakker wat tot haar uiteindelike bedanking in November 1990 gelei het.

Thatcher het besef dat dit vir Brittanje beter sou wees om beheer oor sy eie geldsake te behou. In 2002, met die Europese projek wat steeds vinnig voortbeweeg, het sy in haar boek Statecraft geskryf dat die aanpak van “so ’n onnodige en irrasionele projek soos die bou van ’n Europese superstaat [...] in toekomstige jare dalk na die grootste dwaasheid van die moderne era sal lyk".

Thatcher het net lank genoeg gelewe tot 2013 om te sien hoe die geskiedenis haar reg bewys.

Teen dié historiese agtergrond was ek uit die veld geslaan om by Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, te verneem dat die Suid-Afrikaanse regering betrokke is by ’n onderhandelingsproses wat sal verseker dat ’n enkele Afrika-geldeenheid ’n waarheid sou word.

Nog tot onlangs het ’n menigte Suid-Afrikaners geglo Pandor is die enigste vrou in die kabinet wat op meriete aangestel is, maar haar onlangse debiele uitlating dat Suid-Afrika ’n enkele Afrika-geldeenheid steun, laat ’n mens twyfel.

In antwoord op ’n skriftelike parlementêre vraag van Thembi Portia Msanae, EFF-LP, het Pandor geskryf Suid-Afrika ondersteun die idee van ’n enkele Afrika-geldeenheid ten volle.

Pandor sê Suid-Afrika se deelname aan die Afrika-Unie (AU) is gebruik om die stigting van kontinentale finansiële instellings te bepleit.

“Die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied-ooreenkoms is die eerste stap om die enkele geldeenheid te verwesenlik.

“Suid-Afrika ondersteun die vestiging van ’n enkele Afrika-geldeenheid wat deur die kontinentale sentrale bank en monetêre instituut gerugsteun word.”

Volgens Pandor word die stigting van die AU se Afrika Sentrale Bank (ACB), Afrika-Beleggingsbank (AIB) en die Afrika Monetêre Instituut (AMI) as kritiek beskou om ’n enkele geldeenheid te fasiliteer en ’n hupstoot aan intra-Afrika-handel te gee.

........
Die EFF (en miskien ook die ANC) se ideologiese verbintenis tot ’n federale Afrika kan soos sommige Europese lande se verbintenis tot ’n enkele Europa ook op simboliek gebou wees.
.........

Die EFF (en miskien ook die ANC) se ideologiese verbintenis tot ’n federale Afrika kan soos sommige Europese lande se verbintenis tot ’n enkele Europa ook op simboliek gebou wees.

Ondersteuners van die euro wys eerstens op die enorme simboliese belangrikheid daarvan. In die lig van die vele vorige oorloë tussen Europese lande het die aanvaarding van ’n enkele Europese geldeenheid ’n permanente einde aan militêre konflik in Europa gebring. Die huidige oorlog in Oekraïne laat die Europeërs seker nou anders dink.

Hulle wys ook op die ekonomiese voordele van ’n gemeenskaplike geldeenheid, onder andere dat Europese firmas nie meer bekommerd hoef te wees oor veranderinge in die relatiewe prys van geldeenhede nie. Dit is ook nie meer nodig om geldeenhede te verander wanneer grense oorgesteek word nie. Saam met die verwydering van ander struikelblokke vir handel tussen Europese lande dra die euro, soos hulle argumenteer het, by tot die skepping van ’n groter ekonomiese mag in die wêreld. Ander Europese lande was egter bekommerd dat die simboliek van die euro aansienlike ekonomiese koste kan meebring.

Die Europese lande se bekommernis was geldig, want die euro se koms veroorsaak groot probleme vir Europa. Die Eurogebied het vandag twee hoofkwessies. Die eerste is hoe om werkloosheid te verminder. Die tweede is hoe dit doeltreffend as ’n gemeenskaplike geldeenheid kan funksioneer.

Die hoë gemiddelde werkloosheidsyfer vir die eurogebied, 11,1% in 2015, verberg baie variasies tussen Eurolande. Op die ou end het Griekeland en Spanje werkloosheidsyfers van onderskeidelik 25% en 23%. Aan die ander kant is Duitsland se werkloosheidskoers minder as 5%. Frankryk en Italië het werkloosheidsyfers van onderskeidelik 10% en 12%. Dit is dus duidelik dat hoe om werkloosheid te verminder, aangepas moet word by die spesifieke besonderhede van elke land.

Julius Malema, Pandor en die ANC wat blindelings droom van ’n federale Afrika sonder grense en ’n enkele Afrika-geldeenheid, moet die uitdagings in gedagte hou waarmee die Eurolande worstel. Veral omdat Afrika ’n arm vasteland is wat dikwels deur korrupte, onbevoegde en rassistiese regerings regeer word.

...........
Julius Malema, Pandor en die ANC wat blindelings droom van ’n federale Afrika sonder grense en ’n enkele Afrika-geldeenheid, moet die uitdagings in gedagte hou waarmee die Eurolande worstel. Veral omdat Afrika ’n arm vasteland is wat dikwels deur korrupte, onbevoegde en rassistiese regerings regeer word.
..........

Om die kompleksiteit van die kwessies te wys, is dit nuttig om na ’n bepaalde Europese land met hoë werkloosheid te kyk. Na ’n lang oplewing wat in die middel-1990’s begin het, het die werkloosheidskoers van Spanje afgeneem van ’n hoogtepunt van byna 25% in 1994 tot 9% teen 2007. Maar met die wêreldwye finansiële krisis het werkloosheid weer ontplof en in 2013 25% oorskry.

Sommige ekonome meen die grootste probleem is dat Europese state werkers te veel beskerm. Om te verhoed dat werkers hul werk verloor, maak hulle dit duur vir firmas om werkers af te lê. Een van die onbedoelde gevolge van hierdie beleid is dat dit ondernemings huiwerig maak om in die eerste plek werkers aan te stel, en sodoende word werkloosheid verhoog. Om werkers wat werkloos word te beskerm, bied Europese regerings ook ruim werkloosheidsversekering. Deur dit te doen verminder hulle die aansporings vir werkloses om vinnig in werke geplaas te word. Dit verhoog óók werkloosheid. Die oplossing, meen ekonome, is om minder beskermend te wees, om hierdie “labour market rigidities” uit te skakel en om Amerikaanse-styl-arbeidsmarkinstellings aan te neem. Dit is hoofsaaklik wat die Verenigde Koninkryk gedoen het, en sy werkloosheidsyfer is laag.

Ander ekonome is meer skepties. Hulle wys op die feit dat werkloosheid nie oral in Europa hoog is nie. Tog bied die meeste lande beskerming en ruim sosiale versekering aan werkers. Dit dui daarop dat die probleem dalk nie soseer by die mate van beskerming lê nie, maar by die manier waarop dit geïmplementeer word. Die uitdaging, meen ekonome, is om te verstaan ​​wat die laewerkloosheidslande reg doen en of dit wat hulle reg doen, na ander Europese lande uitgevoer kan word. Hoe om die vrae op te los is een van die belangrikste take wat Europese makro-ekonome en beleidmakers vandag in die gesig staar.

Die Suid-Afrikaanse regering moet ’n les hieruit leer dat die oorbeskerming van werkers ’n probleem skep vir firmas, omdat dit te duur is om werkers af te lê, wat ondernemings daarvan weerhou om in die eerste plek werkers aan te stel. Dit is een van die redes hoekom Suid-Afrika se uitgebreide werkloosheidsyfer op 46% staan. Dit is byna dubbel soveel as in 1990, toe Suid-Afrika se werkloosheidskoers op 25% gestaan het.

Reeds voor die Eurokrisis het ekonome daarop gewys dat ’n gemeenskaplike geldeenheid ’n gemeenskaplike monetêre beleid beteken, wat dieselfde rentekoers oor die hele Eurogebied beteken. Wat gebeur dan, redeneer hulle, as een land in ’n resessie duik terwyl ’n ander in die middel van ’n ekonomiese opbloei is? As dit gebeur, het die eerste land laer rentekoerse nodig om besteding en uitset te verhoog, terwyl die tweede land hoër rentekoerse nodig het om sy ekonomie te vertraag. As rentekoerse in albei lande dieselfde moet wees, wat sou gebeur? Is daar nie die risiko dat een land vir ’n lang tyd in ’n resessie sal bly nie, of dat die ander nie in staat sal wees om sy bloeiende ekonomie te vertraag nie?

’n Gemeenskaplike geldeenheid beteken ook die verlies van die wisselkoers as ’n instrument van aanpassing binne die Eurogebied. Wat gebeur, het hulle aangevoer, as ’n land ’n groot handelstekort het en meer mededingend moet word? As die land nie sy wisselkoers kan aanpas nie, moet dit aanpas deur pryse relatief tot sy mededingers te verlaag. Dit sal waarskynlik ’n pynlike en lang proses wees.

Tot die Eurokrisis het die debat ietwat abstrak gebly. Dit is nie meer so nie. As gevolg van die krisis het ’n aantal Eurolede, van Ierland en Portugal, tot Griekeland, deur diep resessies gegaan. As hulle hul eie geldeenheid gehad het, kon hulle hul geldeenheid teenoor ander Eurolede gedepresieer het om hul vraag na hul uitvoere te verhoog. Omdat hulle ’n geldeenheid met hul bure gedeel het, was dit nie moontlik nie.

Sommige ekonome kom dus tot die gevolgtrekking dat sommige lande die euro behoort te laat vaar en beheer oor hul monetêre beleid en hul wisselkoers te herstel. Ander redeneer dat so ’n uittrede onverstandig sou wees, want dit sou afstand doen van die ander voordele van die euro en uiters ontwrigtend wees, wat tot nóg dieper probleme vir die betrokke land sou lei.

Waarop die simboliese belangrikheid van ’n enkele Afrika-geldeenheid vir Afrika geskoei is, weet ek nie werklik nie. Ek weet nie wie die Suid-Afrikaanse regering oor monetêre aangeleenthede adviseer nie.

Die vraag wat gevra moet word, is hoekom ’n enkele Afrika-geldeenheid gevrywaar sou word van die ernstige probleme van werkloosheid en van die ondoeltreffendheid van die euro waarmee die Eurogebied vandag worstel.

Die vraag is veral geldig omdat die hele Europa baie meer gesofistikeerd en ontwikkeld is as Afrika.

Die Eurogebied is ’n sterk ekonomiese mag. Sy uitsetgroeikoers van 1,5% in 2015 is byna gelyk aan dié van die VSA van 2,5% gedurende dieselfde tydperk. Sy lewenstandaard is nie ver agter dié van die VSA nie. Die Europese Unie in sy geheel het ’n uitsetgroeikoers wat dié van die VSA oortref.

.........
Daarteenoor word Afrika regeer deur korrupte, onbevoegde en rassistiese Afrika-bevrydingbewegings wat in minderwaardigheid verval het teenoor Europa en die VSA en wat hulle eie mense, meestal arm Afrikane, onderdruk. Die mees onbevoegde en korrupte mense wat net die diefstal van staatsgeld en hulpbronne op hul brein het, word deur onbevoegde Afrika-regerings aangestel. Die geringste verskil tussen lande op die Afrika-kontinent word besleg deur ’n oorlog wat tot die dood van onskuldige mense en die vernietiging van infrastruktuur lei.
...........

Daarteenoor word Afrika regeer deur korrupte, onbevoegde en rassistiese Afrika-bevrydingbewegings wat in minderwaardigheid verval het teenoor Europa en die VSA en wat hulle eie mense, meestal arm Afrikane, onderdruk. Die mees onbevoegde en korrupte mense wat net die diefstal van staatsgeld en hulpbronne op hul brein het, word deur onbevoegde Afrika-regerings aangestel. Die geringste verskil tussen lande op die Afrika-kontinent word besleg deur ’n oorlog wat tot die dood van onskuldige mense en die vernietiging van infrastruktuur lei.

Die meeste Afrika-lande, insluitend Suid-Afrika, is op die randjie van algemene mislukking en ineenstorting omdat onnoselheid, korrupsie en minderwaardigheid aan die orde van die dag is.

Pandor se verwysing na die stigting van die AU se ACB, AIB en die AMI as kritieke instellings om ’n enkele Afrika-geldeenheid te fasiliteer en ook ’n hupstoot aan intra-Afrika-handel te gee maak ’n mens bang, want Afrika se toekoms word bedreig omdat die meerderheid van sy instellings disfunksioneel is omdat dit deur diewe, misdadigers, rassiste, luiaards, laatslapers en breinlose ongeletterdes bestuur word.

Die illusie dat sentrale banke – wat Afrika se monetêre verantwoordelikheid sou oorneem indien ’n enkele Afrika-geldeenheid waar sou word – onafhanklik is, word net deur naïewe ekonome en ekonomiese studente geglo, want die teendeel is waar. In Amerika het studies oor hoe onafhanklik die Federale Reserwe (Fed) is, gewys dat dit geensins onafhanklik is nie – dit word deur verskeie onderlinge politieke strominge beïnvloed. So het studies van politieke wetenskaplikes bevind en nie die navorsing van naïewe ekonome nie.

Dink jou net in hoe ’n Afrika Sentrale Bank die skoothondjie van korrupte, lui en onnosele Afrika-politici sal word. Die finansiële toekoms van die vasteland sal bedreig word.

Die Skotse historikus Niall Ferguson is heeltemal reg as hy sê ’n samelewing se mag en voorspoed lê in die krag van sy instellings.

Wat maak ’n samelewing suksesvol? Vir ’n lang tyd het intellektuele hierdie punt gedebatteer en gewonder hoekom sommige nasies voorspoedig is en sukses behaal terwyl ander agteruitgaan en ly. Die ware antwoord is meer subtiel: ’n Samelewing word groot gemaak deur sy instellings.

Hoekom? Omdat mense geneig is om selfsugtig te wees. Dus, sonder reëls en grense om hulle te dwing om te dink oor die gemeenskaplike belang – die goeie van hul samelewing in die geheel – is hulle geneig om bloot na hul eie belange om te sien. Instellings verskaf sulke reëls en grense.

Dink byvoorbeeld aan die instellings van die reg, soos die regbank en die polisie. Hulle verskaf sekere reëls en grense waarby die res van die samelewing moet hou.

Die belangrikheid van instellings beteken dat die nasies met beter instellings meer geneig is om voorspoedig te wees.

En wat maak instellings goed of sleg? Heel eenvoudig, dié dinge wat hulle mense aanspoor om te doen binne die reëls en grense wat hulle stel. Goeie instellings sal die bevolking van die nasie aanmoedig om harder te streef na waardevolle doelwitte, soos ekonomiese groei of ’n regverdige regstelsel. Slegte instellings doen die teenoorgestelde – hulle kan byvoorbeeld misdaad aanmoedig.

Die vraag wat nou oorbly, is of ’n enkele Afrika-geldeenheid goed sal wees vir Suid-Afrika. Die antwoord lê opgesluit in Thatcher se stelling in haar toespraak oor die Arbeidersparty, hier aangepas om vir die ANC sowel as vir die EFF te geld: “Die ANC en EFF sal daardie dinge maklik prysgee. Miskien sal hulle instem tot ’n enkele geldeenheid en die afskaffing van die rand. Miskien, omdat die ANC en EFF totaal onbevoeg is in monetêre aangeleenthede, sou hulle net te verheug wees om volle verantwoordelikheid aan ’n Afrika Sentrale Bank oor te dra.”

Bron

  • Blanchard, O en Johnson, D.W. 2020. Macroeconomics: Global and Southern African Perspectives. Tweede uitgawe. Pearson South Africa (Edms) Bpk.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top