COVID-19: ’n "Bouncer" soos Dominic Cummings vir Cyril
2020-06-10"In teenstelling met internasionale praktyk het Ramaphosa hom tot op hede nog nooit beskikbaar gestel om onderwerp te word aan joernaliste se vrae op ’n nuuskonferensie nie ... Dit is dié gebrek aan interaksie met joernaliste wat ingevreet het op Ramaphosa se golf van politieke kapitaal wat hy aan die begin van die inperking gery het."
Allan Boesak, Nelson Mandela, Jakes Gerwel en nierassigheid
2020-05-18"Dit is ’n regverdige vraag om te vra of nierassigheid dood is, of het dit ooit bestaan, want die Suid-Afrikaanse samelewing het in ’n mismoedige sin agteruitgegaan. Tot so ’n mate dat minderhede toenemend neerslagtig voel omdat hulle besef hulle word vanweë ras of etnisiteit uitgesluit en tot ’n ekonomiese sukkelbestaan gereduseer."
Behoefte aan ’n geloofwaardige en "capable" staat
2020-05-08"Die regering se onbeholpenheid en weiering om na meer stemme as net die mediese perspektief te luister in die hantering van COVID-19 is ’n bewys dat ons meer bekwame politici nodig het om ’n 'capable' staat te bou."
Kan Suid-Afrika sy uitdagings oorkom?
2020-04-14"Ons nuutgevonde wanhoop lê versper in ons onlangse ekonomiese mislukkings – staatskaping, korrupsie, ’n gebrek aan beplanning vir energievoorsiening, beleidsonsekerheid, die mislukking van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie ensovoorts – wat ’n bloedbad van werkloosheid van ongeveer 37% teweeggebring het."
Is staatsredes buitensporige finansiële uitgawes werd?
2020-04-06"Die staatsrede word gewoonlik voorafgegaan deur prag en praal in ’n seremonie wat gepaard gaan met uitspattige finansiële uitgawes."
Miskien word Donald Trump ge-COVID-19
2020-03-31"COVID-19 kan moontlik in die annale van die geskiedenis opgeteken staan as die pandemie wat Donald Trump se kans op ʼn tweede Amerikaanse presidensiële termyn in die wiele gery het."
Tories gaan sukkel om Verenigde Koninkryk in een stuk te hou
2019-12-24"Boris Johnson se segepralende Konserwatiewe Party se kolossale oorwinning van die onlangse Britse verkiesing mag Brexit ’n werklikheid maak, maar die Tories se probleme om die Verenigde Koninkryk (VK) in een stuk te hou, het nou eers begin."
Nasionale gesondheidsversekering nodig om armes se menswaardigheid te herstel en om bevoorregtes menswaardigheid te leer
2019-12-20"Die NGV-teenstanders moet dus kennis neem dat die armes nie vir ewig op universele gesondheidsorg kan wag nie, want baie van hulle het nie toegang tot mediese fondse nie."
Hoe word ontvangers van die omstrede Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs gekies?
2019-12-04"Vermits dit bekend geword het dat die omstrede Jan Rabie Marjorie Wallace-skrywersbeurs aan die bekroonde skrywer en digter, Valda Jansen, toegeken is, kan die beurskomitee gerus moeite doen om die riglyne waarbinne dié beurs toegeken word begryplik aan voornemende aansoekers te verduidelik."
Beleidskrisis verdeel DA in wit en swart
2019-10-31"Maimane en sy mede- swart sosiaal-demokrate in die DA het die ideologiese oorlog verloor, nadat die klassieke liberaal en kolonialis Helen Zille tot die invloedryke pos van voorsitter van die federale raad verkies is."
Franklin Sonn op 80 oor Oos-Kaapse menslikheid en waardigheid
2019-10-31"In ’n onlangse onderhoud op kykNET het Sonn beklemtoon bruin mense is swart, maar bruin binne die swart gemeenskap. Hy sê bruin mense is die voorbeeld van ’n eintlike nierassige Suid-Afrika."
Bestaan nie-rassigheid nog?
2019-10-04"Minderhede voel ellendig, ten spyte van die feit dat die Grondwet nie-rassigheid as ʼn waarde van demokrasie neerlê, omdat hulle voel die samelewing is terug by die ANC se vroeë wortels as ʼn swart nasionalistiese party wat ras as basis gebruik om net Africans te bevoordeel."
Monsteragtige LP’s gekant teen vermindering van vet salarisse
2019-09-04"Ironies genoeg doen politici gereeld uitsprake dat die salarisrekening van die staatsdiens verklein moet word, maar noudat die parlement besluit het dat parlementslede (LP’s) se salarisse en byvoordele verminder moet word, het sommige siellose politici reeds hul misnoeë met dié voornemens te kenne gegee."
Brexit: Toekoms onduidelik
2019-08-12"Gaan Brexit plaasvind of nie – of gaan die Verenigde Koninkryk (VK) die Europese Unie (EU) met of sonder ʼn ooreenkoms op 31 Oktober verlaat?"
Verkiesing 2019: Ideologiese debatte is besig om te kwyn
2019-05-06"Om indringend na die beleid van die politieke partye te kyk voordat ʼn keuse by die stembus uitgeoefen word, gee Suid-Afrikaners ʼn kans om verby ras of etnisiteit te beweeg. Suid-Afrikaners is alte geneig om volgens die ou raspatrone van die verlede te stem."

