Jason Lloyd

Jason Lloyd is a political and economic commentator, thinker, columnist, short story writer, journalist, "accidental" public servant and media & communication specialist.

Jason Lloyd is ’n politieke en ekonomiese kommentator, denker, rubriekskrywer, kortverhaalskrywer, joernalis, "toevallige" staatsamptenaar en media- en kommunikasie-spesialis.

Op grond waarvan kies die DA sy leiers?

Jason Lloyd Rubrieke 2017-10-18

"As die DA wel sy leiers op meriete kies ongeag velkleur, soos wat sy nuwe Wes-Kaapse leier, Bonginkosi Madikizela, beweer, sou hy en dié party se nasionale leier, Mmusi Maimane, waarskynlik nooit in hul huidige leierskapposisies binne die DA gedien het nie."

Benodig: ’n gesaghebbende presidensiële woordvoerder

Jason Lloyd Rubrieke 2017-07-17

"Om dinge nog erger te maak stel politici woordvoerders aan wat min of niks van die media weet nie. Om ’n graad in joernalistiek, kommunikasie of openbare betrekkinge te hê beteken nie jy verstaan die daaglikse werkswyse van die media nie."

Sosialisme en die ANC

Jason Lloyd Rubrieke 2017-07-05

“Die ANC se siel blyk ideologies en organisatories uitgehol te wees wat die funksionaliteit van dié organisasie oorhoofs lamlê en sy voortbestaan bedreig.”

Politieke aspoestertjies

Jason Lloyd Rubrieke 2017-06-20

"Die politiek is uiters deurmekaar en vloeibaar, omdat politieke aspoestertjies soos Jacob Zuma, Mmusi Maimane en Helen Zille onder toenemende politieke beleg verkeer."

Vir wie stem bruinmense nou?

Jason Lloyd Rubrieke 2017-04-25

"Die verkiesing van Bonginkosi Madikizela as waarnemende Wes-Kaapse DA-leier verteenwoordig, so hoop ek, die einde van bruin/kleurling-politiek soos ons dit voor en na 1994 geken het."

Die DA en sy ideologiese krisis

Jason Lloyd Rubrieke 2017-02-10

"Die gevaar van ideologie lê opgesluit in ’n ou spreekwoord wat deur die Britse historikus AJP Taylor losweg geformuleer is: 'Jou ideologie is soos jou eie asem: jy kan dit nie self ruik nie.'"

Leiers en loskoppe

Jason Lloyd Rubrieke 2017-01-05

"Ek wonder of die DA se ... leier Mmusi Maimane oor die moed, wil of vermoë beskik om sy party se 'loskoppe' ... in toom te hou en te temper?"

Jason Lloyd interviews Gerald Edwards

Gerald Edwards, Jason Lloyd English 2016-12-05

"We were told we are no longer stuck
On the bottom floor
Vote for me
I will set you free ..."

Die ANC benodig weer 'n Morogoro-oomblik

Jason Lloyd Rubrieke 2016-10-12

"Dit moet ʼn oomblik van selfondersoek wees. ʼn Oomblik waar die ANC sy morele en intellektuele kompas gaan herinstel om van koers te verander. ʼn Koers wég van sy huidige dwaling in die woestyn van katastrofe."

Skeuring van die ANC?

Jason Lloyd Rubrieke 2016-09-28

"Daar is, reg of verkeerd, ʼn ontluikende narratief onder sommige Suid-Afrikaners dat dit onafwendbaar is vir die ANC om in die afsienbare toekoms te skeur om hom van sy huidige verknorsing te bevry en te steriliseer."

Die moeras van armoede

Jason Lloyd Rubrieke 2016-08-17

"Die onlangse sosiale debat – veertig jaar ná die bekendmaking van die Erika Theron-verslag – oor bruin armoede het weereens die aandag op dié ellende van bruines geplaas."

Onderhoud: Hein Willemse oor Adam Small, Nathan Trantraal, velkleur en dekonstruksie

Hein Willemse, Jason Lloyd Onderhoude 2016-08-11

"Small was dwarsdeur sy lewe lank ’n beginselvaste anti-apartheidsaktivis en ’n welsprekende teenstander van die stelsel en wat dit aan alle mense gedoen het, veral aan diegene wat arm was of wat vanweë iets so triviaal soos velkleur in die lewe teruggehou is."

Bruin politiek, die destydse driekamerparlement en hoe sake vandag staan

Jason Lloyd Rubrieke 2016-07-14

"Dié politici en leiers vergeet die Raad van Verteenwoordigers (die House of Representatives) van die driekamerparlement (1984-1994) het nie net gewemel van debatte van swak gehalte nie, maar ook van venynige persoonlike aanvalle."

Leopold Scholtz se Kruispaaie, bruin mense en die huidige taalherrie

Jason Lloyd Rubrieke 2016-05-26

"Tydens apartheid het die digter en dramaturg Adam Small opgemerk dat die dag gaan aanbreek dat die Afrikaner die bruin mense nodig gaan kry."

A letter by Allan Hendrickse

Jason Lloyd Rubrieke 2016-03-16

"I ask that you accept that whatever I have done, I have done in accordance with the dictates of my conscience ..."

Top