US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

  • 65

bb

Opgedra aan Jan Rabie, Neville Alexander, Ingrid Jonker, Sheila Cussons en Piet Philander, om uiteenlopende redes, maar met ewe veel erkentlikheid

Dames en here (en ek weet nie eintlik wie om uit te sonder of spesiaal toe te spreek nie – is ons is dan nie almal gelyk hier nie?

’n Tydjie gelede skryf ’n goeie vriendin vir my, toe sy verneem dat ek hierdie ding moet doen vanaand: “Die mismoedigheid wat oor mens toesak oor die taalstorie by US (en die ander kampusse). Dit voel vir my of jy nou weer die lyk van Afrikaans gaan afdra van die berg (soos met die vertelling waarmee jy destyds jou toespraak by die Sestiger-somerskool begin het), maar hierdie keer sonder hoop op nuwe lewe. Hoe om so ’n toespraak te konstrueer moet ’n groot uitdaging wees. Skuldbelydenis? Teikenskiet? Met ’n haelgeweer lostrek? De donder in wees? Skel? Pleit? Weer die argumente vir moedertaalonderrig op die tafel sit? Met ’n nuwe perspektief kom? Is laasgenoemde enigsins moontlik? Ai, ek dink aan jou. En daar gaan baie ore wees wat na jou luister ...”

Ek wil vir die liewe vriendin sê dit gaan ’n bietjie van alles moet wees, dat die bobbejaan weer die berg gaan probeer klim, dat baie ore moedswillig verkeerd hoor, ook alreeds omdat my gedagtes krom getrek het met die jare. (Ek voel sommer klaar jammer vir myself oor die onbegonne taak, maar gaan so wragtag nie huil en kla net om die Stellenbosse boys te vermaak nie!)

Daarby het ek ’n skimmelappeltjie te skil met Stellenbosch-universiteit as versinnebeelding van parogiale Afrikaanse eienskappe – hardvogtigheid en skynheiligheid. Dat dit, in my boek, by uitstek nog altyd die teelaarde was vir allerlei gewasse van gedienstigheid teenoor die heersers van die oomblik. En dan nogal dikwels, uit hoofde van ’n selfbelangrike geleerdheid waar daar in feite net omgesien word na eie aansien en status, arrogant ook met ’n moralistiese opgeblasendheid. So asof politieke korrektheid hier as wiel ontwerp is …

Maar dit sal ’n onvolledige verhaal vertel. Dis maklik om voorskriftelik te wees, veral as mens dink jy het nie eintlik ’n hond in hierdie fight nie en jou heimlik selfs verkneukel in die verknorsing waarin die gemaak-slimmes hulself gedompel het. Feit is dat ek nie antwoorde het vir die probleme wat julle moes sien kom het nie. Wel die oortuiging dat bestaan in hierdie land tans weer ’n verskerpte soeke is en dat ek vanaand praat onder korreksie van groot en skerpsoekende geeste wat net soveel met die universiteit geassosieer word – Dirk Opperman, Johan Degenaar, Van Zyl Slabbert, om slegs enkeles te noem – en miskien selfs onder hulle ietwat spottende oog.

Ek wil egter glo die daarstelling van kontradiksies en die vrae wat uitgespel word, is steeds die essensiële begin vir ’n strewe na volhoubare etiese oplossings, met dien verstande dat “oplossing” ’n proses is wat eintlik nooit beëindig word nie en waar die middele die doel vergestalt.

Ek wil ook glo die koeël is nie reeds deur die spreekwoordelike strooidakkerk nie, dat koerante moedswillig rapporteer die viserektors en die registrateurs het reeds met die Ministerie van Hoër Onderwys gekonkel dat Engels voortaan die onderrigtaal en gebruikstaal aan alle universiteite gaan wees, wat daarop neerkom dat die verenging tot ’n “one-size-fits-all”-yking hiervandaan die uitsluitingsmeganisme van tussenwoordigheid word.

Mens vra jou af watter klug hier opgevoer word, watter swartvoetjiesoekerigheid dit is.

Tog opvallend hoeveel van hierdie beleidsbesluite as ’t ware in donker agterkamers aanmekaargetimmer en dan as onvermydelik en weldeurdag aan die groter gemeenskap voorgehou word. Mens vra jou af watter klug hier opgevoer word, watter swartvoetjiesoekerigheid dit is.

Guy Debord (1931–1994), ’n Franse denker (hy sou homself sien as ’n kulturele strateeg) wie se insae ’n groot invloed sou uitoefen op die ontvouing van revolusionêre stellinginnames onder die 1968-generasie studente in Parys en elders (van die toestande wat destyds tot die studente-opstande gelei het, is ook tans hier te lande te bespeur), skryf in sy mees bekende opstel, “La Société du Spectacle”, wat vertaal sou kon word as “Die Gemeenskap as Toneelopvoering”, of sommer net “Die Spektakelsamelewing”:

The pseudo-events that vie for attention in the spectacle's dramatizations have not been lived by those who are thus informed about them. In any case they are quickly forgotten, thanks to the precipitation with which the spectacle's pulsing machinery replaces one by the next. At the same time, everything really lived has no relation to society's official version of irreversible time, and is directly opposed to the pseudo-cyclical rhythm of that time's consumable by-products. Such individual lived experience of a cut-off everyday life remains bereft of language or concept, and it lacks any critical access to its own antecedents, which are nowhere recorded. It cannot be communicated. And it is misunderstood and forgotten to the benefit of the spectacle's false memory of the unmemorable […] The spectacle, being the reigning social organization of a paralyzed history, of a paralyzed memory, of an abandonment of any history founded in historical time, is in effect a false consciousness of time.

Is dit die agtergrond waarteen ons praat - dié van ’n verlamde of verdraaide geskiedenis vasgevang in ’n tyd van vergelding waar ons dan voor die voldonge dade van besluitname agter sluiers gestel word? Ek beroep my weer op Debord, al is sy taalaanwending bietjie gedronge:

Spectacular consumption preserves the old culture in congealed form, going so far as to recuperate and rediffuse even its negative manifestations; in this way, the spectacle's cultural sector gives overt expression to what the spectacle is implicitly in its totality – the communication of the incommunicable. Thoroughgoing attacks on language are liable to emerge in this context coolly invested with positive value by the official world, for the aim is to promote reconciliation with a dominant state of things from which all communication has been triumphantly declared absent.

Dis die funksie van die besluitnemers se spel, maak hy duidelik, om die geskiedenis in kultuur te begrawe – in ons geval tans die “kultuur” van ’n pseudoversoening waar gedans moet word na die diktatpype van die onbevoegde populiste aan bewind wat nie eens die bedoeling het om vir die gelag te betaal nie.

Siende ons nou in die verbypraat dit ook het oor die betekenis van woorde, wil ek darem ontslae raak van ’n graat in die keel – hier, in ’n universitêre konteks waarnatoe mens jou in wanhoop wend met die verwagting dat die kaf van die koring geskei kan word.

Hoe het dit gebeur dat opgeleide mense kon buig voor die Orwelliaanse newspeak om ’n woord en ’n begrip soos transformasie, met ’n eerbare geskiedenis en verwysingsveld, uit te hol tot die sjibbolet of die slogan van “om wit met swart te vervang”? Régtig?

Hoe het dit gebeur dat opgeleide mense kon buig voor die Orwelliaanse newspeak om ’n woord en ’n begrip soos transformasie, met ’n eerbare geskiedenis en verwysingsveld, uit te hol tot die sjibbolet of die slogan van “om wit met swart te vervang”? Régtig? In logika, ten minste, het ek gedog dis “the process by which one figure, expression or function is converted into another that is equivalent in some important respect but is differently expressed or represented”; dat dit verwys na “mutation, conversion, transfiguration, revolution, remodelling, reconstruction, rebuilding, remaking, morphing”?

Of, om die gedagte verder te neem in die woorde van Josie Fanon, Frantz Fanon se weduwee (sy was ’n wit Franse vrou): “We are not going to limit each other to race! Otherwise, where is the revolution?”

Laat my weer voor begin: die woorde waarmee ek probeer sê wat ek aanvoel, is ontoereikend; dis waarskynlik ook onregverdig teenoor dié van julle wat op byna daaglikse vlak moet sukkel met die probleme wat inherent is aan die geskiedenis en die omstandighede van die land. Ek vra om verskoning as ek, oudergewoonte by ons, ten spyte van die beter instinkte soos voorgehou deur rubriekskrywers, tog ook die man in plaas van die bal speel. (Ons het niks geleer by die Japanners nie!) Aan die ander kant gaan dit ons nie help om doekies om die liggaam van verrotte denke te draai nie. Dan moet u my maar ook vergewe as ek die doeke, of die vlag, in die vure wat om ons aangesteek is, gooi.

’n Universiteit is nou ten ene maal daardie baaierd waar jy verwag dat blomme gekweek gaan word – en ons het belang daarby dat dit voordelig, voorbeeldig, uitdagend, miskien selfs transenderend moet geskied. ’n Universiteit is veronderstel om die beste van menswees te bevorder en in die goeie sin van die woord ’n gemeenskaplike belegging van verwagtinge en aspirasies te verwesenlik.

Want natuurlik het ek, soos alle Afrikaanssprekendes, wél ’n hond in hierdie fight. Dit gaan op die keper oor die moontlikheid van die onderlinge aanvaarding van ’n volwaardige burgerskap wat maak dat jy veilig en bruikbaar en verantwoordelik voel as méns in die gemeenskap of omgewing of nasie waarmee jy identifiseer. ’n Universiteit is nou ten ene maal daardie baaierd waar jy verwag dat blomme gekweek gaan word – en ons het belang daarby dat dit voordelig, voorbeeldig, uitdagend, miskien selfs transenderend moet geskied. ’n Universiteit is veronderstel om die beste van menswees te bevorder en in die goeie sin van die woord ’n gemeenskaplike belegging van verwagtinge en aspirasies te verwesenlik. Binne loopafstand van hierdie plek van voorregte krepeer mense – soos oral in Afrika. Laat ons nooit vergeet hoe uitsonderlik dit is dat jongmense, waarskynlik as draers van die hoop van ’n hele familie en met opoffering, hier iets van ’n geleentheid gegun gaan word om tot volwaardige en nuttige landsburgers te ontwikkel nie. Laat ons ook nooit daardie jong mense hulle agentskap ontneem – die reg om self hulle griewe en drome te verwoord nie. Ons hier wat beter voordele geniet (in die algemeen), mag nooit aan ander ontsê wat ons vir onsself opeis nie. Te veel mense is vir te lank ontsê.

Gegee ons omstandighede en waar ons gewortel is – ’n kontinent waar oor alles baklei word, van die eengodkonstruk tot water tot selfbeskikking tot net oorlewing – impliseer ons deelname aan die openbare denke en diskoerse oor leefbaarheid ook die bewuste nastrewe van ’n Afrika-modernisme. Wat weer beteken dat ons, as minderheid wat omvorming en hibridisering in ons gene het, as draers van die toegevoegde waarde van die diverse, ’n besonderse bydrae het om te maak tot die onderlinge aanvaarding van verantwoordelikheid wat met nuwe vaardighede moet groei uit die konflikte van ons verlede en die ellende van die hede.

En juis, die bruidskat wat ons na so ’n fees bring, is ons inheemse taal in al haar variante: Afrikaans. Dis ons bydrae tot daardie “transformasie” in die opbou van die land en sy gemeenskappe wat ek saam-mekaar-anders-maak noem.

Maar let nou mooi op die woord: ek sê “bruidskat”, nié “soenoffer” of “slagkoei” nie.

Julle gaan ook oplet dat ek, om my argumente toe te lig, verskeie kere aanhalings gebruik van ’n falanks mense wat wéét waarvan hulle praat, want hulp is nodig, en julle wil nie eintlik uit my mond hoor wat julle self weet nie. Hier dan sommer dadelik nog een, dié keer van Michel Foucault:

Each person has his or her own way of changing or, what amounts to the same thing, of perceiving that everything is changing. In this regard, nothing is more arrogant than wanting to impose one's law on others. My way of no longer being the same is, by definition, the most singular part of what I am.

Aan wie “behoort” ’n universiteit? Dis ’n ruimte van gedeelde belange en vereistes, maar deur wié gedeel?

– Eerstens sekerlik die studente (ons is dit aan hulle verskuldig), die jong landsburgers wat hulself hier bekwaam vir deelname aan ontwikkeling en vir leierskap.

– Dan die fakulteit, wat in die algemeen seker ’n visie het van hoe hulle dissiplines van nut is vir die mensdom en die planeet en selfs die metafisika (al is party van hulle opgeblase paddas wat in ’n klein dammetjie probeer kwaak soos seekoeie).

– Die mense wat in diens is van die universiteit – en ek verwys nie net na die gemaskerde “bestuurders” wat kaatjies van die baan wil wees met ondeursigtige mandate nie.

– Die groter gemeenskap – julle, die generasies wat hier afgestudeer het, wat julle bemoei met die gehalte van die institusie, al is dit ook net om waarde te gee aan die prestasies waarvoor die universiteit julle voorberei het

– Die staat, wat belas is met die beskerming van die belange van die bevolking (en in die huidige opset eintlik verswelg in die vraatsug en die deurmekaar ideologie van die party wat die staat bestuur oftewel kaal stroop asof dit ’n houvrou is).

– Die meer prosaïese belange van die privaatsektor wat die behoeftes van al die gemeenskappe aan bekwame ingenieurs en landboukundiges en wetenskaplikes en dokters verwoord.

– Maar op vervlegte wyses verteenwoordig dit ook die groter immateriële belange van die “onsigbares” – die geskiedenis van denke, die strewe na trots van ’n saambestaan-in-wording nou en hiér, maar ook die gedeelde lotsbestemming van almal op die planeet.

Mens kan verseil raak in wette en regulasies en min of meer bindende “besluite” en ander jakkalsdraaie – “bestuur” se soettand vir die afdwing van kommaneukers se besluite wat dan gepaard moet gaan met die dwang van “dissipline” en “spontane lojaliteit” teenoor die hiërargie: ’n konformisme so tekenend van die totalitaristiese omgewing wat ons ook in die apartheidsjare geken het as die heimat van ons tuisgefokte fascisme. (Ek gebruik “fok” in die Nederlandse betekenis van “teel”.)

Onderskragend van hierdie fenomeen is dan die saamlopers wat dit agteraf in die binnekamers nie eens sal wees nie, maar ter wille van die sameswering wat “oorlewing” genoem word, of omdat hulle glo in majoritarianism, hulle monde sal plooi en allerlei sofistiese redes bedink om wie ook al aan bewind gewillig te wees. Ons Afrikaners kén van daai: nie om dowe neute word daar gesê “skelm soos ’n Afrikaner” nie.

Daarom is dit soveel te meer belangrik dat die grond van ons debat gesuiwer word van valse voorwendsels, verskuilde skuiwe en demagogiese gebaremakery.

Waarom?

Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei.

Sodat ons ten minste helderheid kan verkry oor die implikasies van ’n taalbeleid soos hier en aan ander instellings voorgestel. Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei. Dit sal die delegitimering van Afrikaans meebring, en die mense wie se moedertaal dit is, marginaliseer en beroof van erfgoed uit baie kombuise, en dus van die moontlikheid om hulle potensiaal tot almal se beswil te ontwikkel. Ons moet die maskers afhaal en ophou om die verfoeilike Suid-Afrikaanse kuns van dubbelpraat en dubbeldink te beoefen. As ons nie ’n helderheid bevorder omtrent wie ons is en waarnatoe ons wil beweeg nie, word ons gedwing tot onaanvaarbare en beskamende kompromieë wat almal onbevredig laat.

Want die gesanik oor taal is die oortjies van die seekoei. Hierdie gesprek is simptomaties van ’n veel ernstiger situasie: dat daar nie duidelikheid is oor die vitale interaksie tussen ál die geledinge van die Suid-Afrikaanse samelewing in hierdie land waar almal behoort, en almal saam verantwoordelik is vir ’n toekoms wat gedeel moet word nie. Dat die regerende party klaaglik misluk in die missie om iets positief te maak, vir ál die landsburgers, uit die konstruk “Suid-Afrika” wat op regverdigheid en menswaardigheid en skeppingsvermoë gebou moes word. Dat die persepsie geskep en aangeblaas is dit gaan om ’n antikoloniale of antineokoloniale proses. En ons vertel word dat “regmaak” beteken alles van waarde vir die mense, van uitnemendheid as voorbeeld, moet vernietig word om sodoende ’n ruimte vir regverdigheid te skep. Dat die aandag weggestuur word van die eerste en mees grondige en mees eksistensiële interaksie wat ’n instansie van hoër opleiding met haar omgewing – haar voedingsaarde – behoort te hê. Omdat dit onduidelik is waaraan ’n universiteit behoort te voldoen in hierdie kontinent. Omdat die politiek ambisieuses glo – miskien met goeie wil, miskien sinies, vir seker kortsigtig – dat hulle nuwe Afrikane kan wees, wêreldburgers – deur die plaaslike te ontken en prys te gee met ’n saambeweeg in die stuwing na gelykmaking tot die laagste gemene deler. En die aard van ons hibridisering daarmee verloën. Dat die studente “afgelei” word om te glo Afrikaans is die obstakel en groter probleme sal verdwyn in die aanvaarding van ’n algemene vervreemding se gepaardgaande wanvoorstelling van die aard en die uitdagings van die stryd. Dat studente weggehou word van die ontsluitende konfrontasie met werklike gelykheid en omvormingspotensiaal deur meertaligheid.

Dis waar, die studente staan (of dans) inderdaad voor gevestigde belange en enklawes van voorregte. Dis hulle wat daardie leierskorps van onbevoegde kaders wat die land gekaap en die mense mislei in die naam van bevryding, moet verjaag uit die salons en die saloons waar hulle in korrupsie versuip. Ideaal sou hulle ook die kommodifisering tot ’n markbepaalde besigheidsetiek van die inrigtings van onderrig en navorsing kan teëstaan. En dit alles in ’n verwarde wêreld waar ons stapvoets meemaak dat daar geen heldere ideologiese opsies uit die verwoesting is nie, op ’n planeet wat verslind word deur die gierigheid van die magtiges en die blinde oorlewingsdrang van vlugtelinge.

Om te redeneer dat dit nié die taak van ’n universiteit is om die voortsetting van ’n taal se skeppings-
moontlikhede en bruikbaarheid te verseker nie, is onsin.

Om te redeneer dat dit nié die taak van ’n universiteit is om die voortsetting van ’n taal se skeppingsmoontlikhede en bruikbaarheid te verseker nie, is onsin. As hierdie besinning en besluitneming nie met volle bewuswees van die implikasie aan ’n universiteit gebeur waar daar, teoreties, ’n saamkom (amper sê ek “saamkoek”) van bevoegde en besorgde denkers en daders is nie, waar elders dan? As die kennisname en waterpas maak van die essensiële stene wat die kanse op ’n harmonieuse nasiebou moontlik maak, en die nodige opleiding om daardie taak aan te gee aan opkomende geslagte, nie aan instansies van hoër onderwys toevertrou word nie – aan wié dan? Sou dit hulle moet wees wat verstar is in ’n verlede en vasklou aan die buit van toe? Of aan dié wat ’n veer voel vir bevraagtekening, en verblind deur hulle eie magsug net ingestel is op roof en plunder “geheilig” as ’n stryd om regstelling? Dis mos lafhartig en selfvernietigend van die aard van ’n universiteit om nié die uitdaging tot moeilike denke en verfyning van skepping op te neem nie!

Mens hunker na die daarstelling van ’n universiteit hier in die hartland waar soveel akkulturasie plaasgevind het en die andersmaak van saambestaan nog moontlik is, waar ten spyte van die onsekerhede, maar ook met die moontlikhede wat dit bied, ’n revolusionêre en miskien selfs utopistiese humanisme vergestalt sou kon word.

Hoekom nie? Wat verhoed julle, behalwe julle angsvallige selfafranseling enersyds en ’n onbekookte populisme andersyds? Mens soek nie ivoortorings as monumente van ydelheid, of vestings wat verdedig of commanding posts wat verower moet word, of teelplase vir polities korrekte kuddes selfbeheptes nie. Mens droom van forums wat ’n volgehoue kontrastering van ervarings kan akkommodeer en wedersydse begrip en empatie kan koester.

“True decolonization, the postapartheid, would be signalled by a reawakening of the inward eye,” skryf die Ghanese filosoof Ato Sekyi-Otu, in verwysing na Frantz Fanon wat, sê hy, verder gegaan het as net ’n obsessie met wit meerderwaardigheid. In sy verhandeling, “Fanon’s Dialectic of Experience”, word ons gevra om sy protagonis te sien as ’n dramatis (of dramaturg?) wat die bewegings van ervaring uitspel as konsentriese verantwoordbaarhede.

(En dis juis Fanon wat ook geskryf het: “Die mens wat ’n taal beheers, beheers in resonansie die wêreld wat deur daardie taal verwoord en betrek word.” Of: “Die mens wat die taal bemeester, beheers in terugvoering die wêreld wat deur daardie taal uitgedruk en verantwoord word.”)

Dis nooit te laat om te leer nie, ook nie in Stellenbosch nie. Selfs die Suid-Afrikaanse regering, by monde van die onderwysdepartement, sê nou (jammerlik net in Engels):

The Constitution of South Africa acknowledges our cultural diversity and so our languages as a valuable resource. The South African government views multilingualism as a resource, hence … the Language in Education Policy (LiEP) that advocates for additive bi-/multilingualism, thereby encouraging learners to model competency or knowledge of more than one language in their daily lives. The LiEP assumes that the learning of more than one language should be general practice and principle in our society. That is to say, being multilingual should be a defining characteristic of being South African.

Die hik in die bottel is die onbevraagtekende aanvaarding dat Engels dié “taal van rekord” sal wees – die ander tale is immers “additives”– en sodoende word die meerderheid Suid-Afrikaners van alle agtergronde op soortgelyke manier vervreem van die gebruik en ontwikkeling van hulle geboortetale as onderrigmedium. Is ons dan nie almal gelyk hier nie? Yes, but some are more equal than others.

Wat ons kortkom, is die vreesloosheid van ’n morele verbeelding.

Dis duidelik dat die beperkte ruimte wat aan Afrikaanssprekendes gegun word, by die dag kleiner word – omdat die mobilisering van etniese vyandigheid teen Afrikaans die maklikste uitweg is om ’n gefrustreerde bevolking se aandag af te lei van die werklike oorsake van hulle agterstand, omdat dit meer mobiliserend is (en ’n katarsis van selfvernietiging) om in ’n snurkende trop oor die afgrond te stort na die tweedeklas status van gewaande wêreldburgerskap as om die moeilike pad na die kompleksiteite en die rykdom van verskeidenhede van die Suid-Afrikaanse samelewing oop te dink. Want die werklike gevaar is die dieper wordende afgrond tussen ryk en arm, tussen die bevoorregtes enersyds – waaronder die ontplooide ruspes en sprinkane – en die minder bevoorregtes andersyds – waaronder nog steeds die bruines en ook ’n groeiende gros wittes.

Juis daarom moet ons aanhou bewys dat universitêre ruimtes bestaan as vindingryke en voedende dele van die groter geheel. Universiteite waar Afrikaans nog gebruik word en waar daar daarom ’n besef is van die waarde van veeltaligheid en die bewussynsaard van die lewende kommunikasiemiddel wat ons as “taal” ervaar, waar dit as diensbaar beskou word en as portaal tot die dieper besef van ’n gedeelde mensheid, is nie ghetto’s of heiligdomme vir vorige bevoordeeldes nie. Daar word nie laer getrek nie, daar word nie aangedring op spesiale vergunnings nie, daar word nie gepoog om af te stig nie – al sou die land ook baat by ’n meer ontwikkelde federale bestel waar streeksverskille die moontlikheid gegee word om op positiewe wyses by te dra tot die nasionale oorkoepelende common good. Die krummels en die muisdrolletjies van sulke kwaadwillige verdraaiing van die ware aard van ons vermenging behoort van die tafel gevee te word.

Net so ook die laakbare Naziagtige uitinge van ’n viserektor aan ’n universiteit verder noord wat as onnadenkende pavaan in sy versugting na aandag ’n boek gepleeg het om te beweer rassisme is in die bloed van die witterige Afrikaner.

Régtig, professor Jansen? Dan praat ons mos van ’n “onrein ras”! Hoekom dan nie maar voorstel dat die kakkerlakke geel sterre as uitkenning op hulle klere moet dra nie?

Dit behoort onder sy aandag gebring te word dat om rassisties te wees in enige vorm van meningsuiting nie beteken dat jy jou vryheid van spraak benut nie; rassisme is nie ’n opinie nie, al stoot dit ook die verkoop van boeke op – dis gewoon krimineel.

“It is undone for the Afrikaner to be the overdog,” sou die liewe professor Sampie Terreblanche hom by geleentheid glo uitgelaat het. Inderdaad, Afrikaans het geen beskermde status of uitsonderlike vertroeteling nodig nie. Slegs die ruimteskepping waarin dit kan voortgaan om ’n essensiële bydrae tot die land se ontwikkeling te lewer; slegs die bedeling van gesonde verstand wat kan sorg dat dit nie met kwade wil swart geverf word as die spreekwoordelike vark in die verhaal van ’n soeke na menswaardigheid en regverdigheid nie.

En dis belangrik dat ons dit hard en duidelik sê. Niedeelname in nasionale debatte kan nie voorgeskryf word as die prys wat betaal moet word deur minderhede vir voorwaardelike aanvaarding as medelandsburgers nie: daardie onsin is die dooie koei wat taks uit die sloot gegrawe word deur vroom wittes om gemelk te word vir die gif van verdeling en morele afpersing. Gesonde verstand leer ons, en die Grondwet waarborg dit: dat ons almal burgers is, citizens met dieselfde regte. Nie voorwaardelike of afsonderlik ontwikkelde of monddood tydelikes met opgeskorte of verkwiste burgerskap nie, nie dié wat skaamkwaad is of beweer die taal is tog maar ’n koddige fetisj en ’n nietige offer om te bring na die altaar van versoening nie – en is dit dan nie beter vir besigheid en vir ons kinders se toekoms dat ons nie gemerk moet word nie, en hoor julle ooit die Xhosas en die Zoeloes so te kere gaan, waarom weeklaag julle tog so?

Om vir ’n oomblik saam met Hannah Arendt te praat: die enigste manier om die verlede nié te banaliseer, die misdade van tóé nié te relativeer deur dit onder die mat van “algemene aanspreeklikheid” te vee nie, is om individueel en gesamentlik die volle verantwoordelikhede, maar ook die regte, van burgerskap op te neem.

Volle en verantwoordelike burgerskap is dalk teoreties – maar belangrik, want dit skep ’n platform wat sal verdwyn as dit nie gebruik word nie. Dis nog ’n les wat die betogende studente ons kan leer.

Natuurlik is daar onregverdige ongelykhede. Om aanspraak te maak op gelykheid beteken immers nie dat die verlede uitgekanselleer word nie, maar dat daar gesamentlik besluit is om vorentoe te beweeg op soek na ware sosiale en ekonomiese gelyke kanse en ’n nuwe, komplekse samestelling van identiteite in wording.

Natuurlik is daar onregverdige ongelykhede. Om aanspraak te maak op gelykheid beteken immers nie dat die verlede uitgekanselleer word nie, maar dat daar gesamentlik besluit is om vorentoe te beweeg op soek na ware sosiale en ekonomiese gelyke kanse en ’n nuwe, komplekse samestelling van identiteite in wording.

James Baldwin, in gesprek met Margaret Mead, het gesê: “You’ve got to tell the world how to treat you. If the world tells you how you are going to be treated, you are in trouble.”

Ek wil afsluit met ’n sarsie aanhalings – as mak gekoloniseerdes glo ons mos net wat die slimmes van oorsee vir ons voorsê (al kan ons met trots ons uitstaande plaaslike én holistiese denkers gedenk – Martin Versfeld, Jan Smuts, Van Zyl Slabbert, Nelson Mandela …).

Die eerste is van Cornelius Castoriadis, ’n Grieks-Franse filosoof (Konstantinopel, 1922; Parys, 1997), bekend vir sy radikale bevraagtekening van beide kapitalisme en marxisme. Hy voer aan:

In each instance, [a] particular society institutes reality and rationality. The most immediate illustration is language, both the vehicle and the essential tool for structuring the world – both the “natural” and the social world, the rational lineaments of every reality … Language is historically instituted … There is no such thing as language in general, no pure, basic language of which historical languages would be isomorphic exemplars. What languages have in common is either trivial or unfathomably mysterious: that is, the ability to signify, to bring into being [faire-être, maak-bestaan] a world of significations. The most important of these significations have no assignable referent, no real or rational correspondent. It is those significations, the social imaginary significations, that hold all the others, and that particular society, together … Each society institutes a universe: what is and what is not, what is valid and what is not, needs, individuals, their roles and identities, and so forth. That institution is creation. It cannot be reduced to what was there before, nor to “real” or “rational” factors external to that society. It is the work of the radical social-historical imaginary, just as an original work of art is the work of the radical imagination of an individual.

My tweede getuie is Antonio Gramsci, van wie julle nie meer hoef te weet as dat hy ’n tronkvoël was nie:

The whole of language is a continuous process of metaphor, and the history of semantics is an aspect of the history of culture; language is at the same time a living thing and a museum of fossils of life and civilisations.

My derde getuie is iemand met wie se werk julle, as dosente en afgestudeerde geleerdes, vertroud behoort te wees – Judith Butler:

Every classroom I've ever been in is a hermeneutic problem. It's not as if there's a “common” language. [...] What does it mean to say that there's a language that is common, that everyone understands, and that somehow is our responsibility to speak? It seems to me that our social responsibility is to become attuned to the fact that there is no common language anymore. Or if there is a common language, it is the language of a commercialism that seeks to extend the hegemony of commercial American English, and to do it in a way that violently effaces the problem of multilingualism. This is one of the most profound pedagogical problems of our time, if not one of the most profound political problems of our time.

Bly dan nog hierdie plek van voorregte, Kakiebosch, waar die onderrig en gebruikmaak van Afrikaans op gelyke voet met Engels, en die kragtige en proaktiewe ontwikkeling van Xhosa om ook as onderwystaal te funksioneer, skielik ’n probleem geword het vir markverslaafdes wie se geboortetaal dit is.

Hierdie Afrikaans wat as arena kon dien vir die verfyning van burgerskap, wat ’n aanwins van gee en deel kon wees, waarmee potensiaal ontgin en vermoëns geslyp kon word sodat ons saam anders kon word.

Die taal waarin bewussynsvelde ontdek, ontgin, omvorm kon word in toepaslike kennisgebiede.

Hierdie taal wat in haar besonderse handigheid, sêkrag, dingheid, skeppendheid en outentisiteit in die tussenwoordigheid van ander tale tot haar volle reg en verwesenliking kan kom.

Hierdie taal wat borrel uit baie bronne en uit so baie strome in die Eersterivier gevloei het.

Hierdie taal wat so baie kat in die donker geknyp het dat ons naderhand ’n hond uit die bos kon praat.

Hierdie taal met haar heffinge van vele gewestes en gelowe en ongelowe ook, wat in stugge en meer soepel monde méns geword het om te lewe soos ’n vel om boer en skaapwagter en trekker en huisvrou en karretjiesmens en smous en meester en matroos en wingerdwerker en sanger.

Hierdie taal wat tog net kan wees waar daar wedersydse respek en aanvaarding is. Die “naelstring van sag kloppende bloed …”

Wil ons ons dan regtig verminder en vermink deur dit weg te gooi soos ’n nageboorte? En sal ons kan saamlewe met die verlies?

Hierdie taal in wie se naam gemoor en onderdruk is, maar ook geveg is vir vryheid, en wat reeds van vroeg af ook ingestel was op die saam-saam van vrede soek.

Hierdie taal wat tog net kan wees waar daar wedersydse respek en aanvaarding is. Die “naelstring van sag kloppende bloed …”

Wil ons ons dan regtig verminder en vermink deur dit weg te gooi soos ’n nageboorte? En sal ons kan saamlewe met die verlies?

Op Jan Rabie se graf staan: “Sonder Afrikaans is ek niks.”

’n Graf is nooit groot genoeg om alles op te skryf waarvoor jy gelewe het of wat jy nog wou sê nie. Ek wil beweer, en ek wéét dit, dat “mét Afrikaans” geen waarborg kan bied dat ek iets sal wees nie. Maar indien my basterhart uit die Boland moet verdor en genegeer word, as ek nie meer ’n Afrikaner-Suid-Afrikaner-Afrikaan kan wees nie, dan sal ek wéét my vermoë tot deelname aan die groter welsyn van ons almal, aan die droom van mens te wees tussen mense, is afgestomp en klakkeloos.

Kom ek lees vir julle twee gedigte voor by wyse van totsiens sê.

Die een is van ’n digter uit Guatamala, Otto René Castillo, gebore 1934. Hy was lank in ballingskap nadat die Amerikaners in sy geboorteland ’n diktator aan bewind gebring het wat meer goedgunstig teenoor hulle belange was. Maart 1967 is hy as guerrillero gevange geneem in die Sierra de las Minas-gebergte, ondervra en gemartel in die Zacapa-barak, en toe lewend verbrand:

Apolitical Intellectuals

One day
the apolitical
intellectuals
of my country
will be interrogated
by the simplest
of our people.

They will be asked
what they did
when their nation died out
slowly,
like a sweet fire
small and alone.

No one will ask them
about their dress,
their long siestas
after lunch,
no one will want to know
about their sterile combats
with "the idea
of the nothing"
no one will care about
their higher financial learning.

They won't be questioned
on Greek mythology,
or regarding their self-disgust
when someone within them
begins to die
the coward's death.

They'll be asked nothing
about their absurd
justifications,
born in the shadow
of the total lie.

On that day
the simple men will come.

Those who had no place
in the books and poems
of the apolitical intellectuals,
but daily delivered
their bread and milk,
their tortillas and eggs,
those who drove their cars,
who cared for their dogs and gardens
and worked for them,
and they'll ask:
"What did you do when the poor
suffered, when tenderness
and life
burned out of them?"

Apolitical intellectuals
of my sweet country,
you will not be able to answer.

A vulture of silence
will eat your gut.

Your own misery
will pick at your soul.

And you will be mute in your shame.

Ons hoef nie die kombers van uitsluiting oor ons koppe te trek en ons duime te suig in die donker nie. Indien ons die grond van ons betrokkenheid duidelik uitlê, is daar miskien tog die troos, soos Leonard Cohen dit verwoord in ’n liriek, dat:

The lesser loyalties depart,
And neither race nor creed remain

sodat:

From bitter searching of the heart
Not steering by the venal chart
That tricked the mass for private gain,
We rise to play a greater part.

Want vooruitsigte is dalk nie so somber as wat ek dit hier geskets het nie. Alles kan nog regkom, dié wat skaamkwaad en verlam deur die sonde nou kopsku is, of koes agter ’n gedissiplineerde fatalisme, kan nog uit hulle gemaksones gerook word; die brand van ’n meer eerbare en verdraagsame en wedersyds onderskragende saambestaan sou weer kon opvlam as elkeen net sy of haar plig wil doen.

Hoe sou dit ook anders kon wees?
dis waar dat ek swaar
in die mond geword het
en baie begrippe het nou
die muwwe smaak van mompeling

maar hoe kan ek ooit
hierdie berg en branders en wind
en die vlug van voëls
anders ervaar as geskep uit die taal
van die voorouers se sagte klik
en nie-nie?

 

Breyten Breytenbach
Stellenbosch, 26 Januarie 2016
US-konvokasievergadering

US-konvokasie 2016

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

Breyten Breytenbach

"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Lovelyn Chidinma Nwadeyi

"Ladies and gentlemen, something is brewing in South Africa. I do not know the name of that something, but I know that it is irreversible and will continue to brew and boil over, whether we give it permission to do so or not."

US-konvokasie 2016: Afskeidstoespraak deur Christo Viljoen, uittredende president

Christo Viljoen

"Stellenbosch dien Suid-Afrika al vir 150 jaar. Hy wil voortgaan om dit deur sy gehalte en deur ’n inklusiewe kultuur en taalgebruik te doen. Daarvoor het hy selfstandigheid en ruimte en ons almal se samewerking nodig. Dan kan Stellenbosch wéér sê hy staan vir ’n idee."

US-konvokasie 2016: Universiteit Stellenbosch: Vorentoe!

Wim de Villiers

"Deur Engels as onderrigtaal te gebruik, sorg ons dat ons toeganklik is vir meer mense. Maar daar is steeds ’n groot behoefte aan en vraag na Afrikaans, daarom duur ons aanbod daarin voort." Rektor en visekanselier Wim de Villiers se mededelings aan die US-konvokasie.

Haal af die Bosch se maskers, vra Maties

Jean Oosthuizen

Byna 2 000 stemgeregtigde oud-Maties het Dinsdagaand hulle opwagting gemaak by die US-konvokasievergadering. Jean Oosthuizen lewer verslag.

US-konvokasie 2016: Foto's en videos

Naomi Bruwer

Die grootste konvokasievergadering in twee dekades is Dinsdagaand in die Coetzenburg-stadion op Stellenbosch gehou. Kyk na foto's en videos.

  • 65

Kommentaar

  • Wat 'n tour de force. Mag hierdie pluimsaad ver waai. Dis 'n toespraak wat nog lank weerklank in die siel van elke regdenkende Suid-Afrikaner behoort te vind. Dis belangrik dat die datum reg is, anders word die geskiedenis weer "herskryf".

    • Christo Theart

      Ek is lam. Dis so mooi. Soos om te luister na 'n Beethoven-simfonie. Dit is ook my versugting dat ons (gemeenskappe in SA) nie mekaar sal slaan met stokke wat politici vir ons gee nie maar eerder saam die werklike probleme aanspreek. Maar dit kan net gebeur as almal hulle voel as geborge en gelukkige burgers van ons land.

  • Elmare Lombard

    Breyten! ... ❤️ Span die Afrikaanse woord só in dat 'n mens met respek en verwondering en trots lees en herlees! Sjoe, Breyten, ek voel trots. Metafore, idiomatiese taal - al dié waarmee ons só kan identifiseer en wat ons herinner aan ons herkoms en wie ons oor drie eeue geword het ... - só span 'n mens Afrikaans in om 'n uiters gewigtige punt te maak! Ek dink ek is verlief.

  • Theresa Papenfus

    'n Kragtoer inderdaad! Die "maer man met die groen trui" is nog steeds hy wat gisteraand 'n knalrooi hemp gedra het. Politiek korrek kon Breyten Breytenbach nog nooit wees nie, al moes hy duurder vir sy waarheid betaal as baie van die maklikpraters sáám.

  • Puik. Net jammer dat in so'n pleidooi vir die behoud van Afrikaans steeds Engels ingegooi word.

    • Hugo van Niekerk

      Ai Jan Rap, die engelse aanhalings pla my nie want dis direkte aanhalings. Eenogigheid is nie deel van my 'make-up' nie en gevolglik pla dit my nie.

      • Laat ek dit anders stel Hugo om dit makliker vir jou te maak:
        Dit is jammer dat Engelse aanhalings nodig is in 'n pleidooi vir Afrikaans. Ek is seker daar is toepaslike betoë in Russies, Frans, Armeens en Timbuka en sou dit aangehaal gewees het, sou dit Afrikaanse vertalings daarvan gewees het. Deur Engels netso in te gooi verleen 'n ongesonde belangrikheid aan Engels want dit is ten koste van Afrikaans. In Holland of Frankryk sou dit in die haak gewees het want Nederlands of Frans word nie deur Engels bedreig in die mate wat Afrikaans bedreig word nie.
        Ek beveel aan jy kyk ernstig na jou 'make-up'; miskien bietjie minder maskara sodat jy beter kan sien.

  • Hugo van Niekerk

    Wat 'n voordrag! Ek staan verstom oor die wysheid wat kwytgeraak word (nie afbrekend bedoel nie).
    Ek staan ook beskaamd dat ek nie oor al dié insigte beskik het nie.
    Lank lewe my taal AFRIKAANS waarin ek my self kan uitdruk, hoe krom en skeef ook al.
    Dankie Breyten vir hierdie insiggewende voordrag!

  • Hier kom die boodskap toevallig uit op Holocaust-herdenkingsdag. Kom ons bewaar en beskerm wat waardevol is, sodat almal ryker mag wees. En jubel oor 'n taal waarin 'n boodskap so aangrypend oorgedra kan word.

  • Pieter Hurter

    Kragtoer, tour de force, onoortreflike historiese prestasie. Alles waar. En agter alles is 'n beleë individualis, towenaar van die woord en skerp beiteltjie. So kan mens aangaan om die heuningkwas mildelik te gebruik. Breyten moes sy lang pad loop om "denker van die volk" te word. Ons as voetvolk kan maar net sê "Dankie". Dit is genoeg.

  • Uit 'n historiese perspektief waarskynlik net so epogmakend (in eie konteks) soos Harold McMillan se destydse "Winde van verandering" toespraak. Breyten se taalkwas verleen kleur en "geur" aan 'n onderwerp wat mif en verlepte tekens begin toon het wat betref oorspronklike en outentieke standpuntstelling. Mens sou die inhoudelike wou plaas teenoor dit wat Prof Wim de Villiers in sy toespraak gesê het. Dog, daar is nie veel van 'n vergelyking te tref nie. Prof De Villiers (met respek) se gebruik van "diversiteit " is 'n staatkundige veralgemening en gaan mank in kulturele betekenis. VIVA Breyten!

  • Wat 'n held tussen die beweriges. Ek hoop sy woorde slaan deur tot alle oud-Maties. Ons moet die ding stop.

  • Jeremy Vearey
    Jeremy Vearey

    DIE NAG VAN DIE BOENKS BY UNIVERSITEIT STELLENBOSCH SE KONVOKASIE
    Ek lees in Die Burger van 27 Januarie 2016 dat daar ’n groot sametrek van boenks by US was. Ek was nie daar nie want my tipe Afrikaans word mos as diglossie afgeskryf en al was ek daar sou hulle my nie gehoor het nie. Want jy sien die boenks se ore is "bedek met hare wat dien as skokbrekers of klankkussings" wat hulle teen die "geluide van die wêreld" beskerm.
    Maar hierdie keer was dit nie soos altyd nie. Hulle het verenig "af oor die rande van wolke" geloer en gegrom. Hulle het woorde van vrot "fascisties pampoene" eenparig geslinger teen al wie US se taalbeleid wil verander. Maar moet jou nie te veel aan hulle steur nie. Want die van ons wat regtig diep en ver kan sien weet dat - "Hulle sou graag groter geluide wou maak maar omdat hulle bril dra vir hulle swak knippende oë is hulle beperk tot die klank wat die mins moontlike wasem op die brilglase sal blaas". Moet ook nie jammer voel vir die van hulle wie steeds hulle kop vas hou en kreun "my pampoen my pampoen wat sal ek nou hê om aan te smul". Hulle is nog nie van die beeld verlos nie.
    Ek hoor die "busbestuurder" was ook daar en hy het gepreek oor "Die Koei in die Bosch". Hy het die boenks vermaan dat "US móét Afrikaans beskerm" en hulle het almal eenstemmig gegrom. Maar moenie jou hieroor bekommer nie want iets goed gaan van al hierdie "geluide" kom. As die "ysterkoei" eendag uiteindelik uitgesweet is, dan sal hulle "geluide" ons "vele aardlinge" nie meer "ontstel" nie. Vir nou sal ons hulle "geluide" maar moet verdra omdat dat hulle die "glas" oopgemaak het en hulle tyd hardloop deurmekaar.
    By voorbaat verskoning aan die "busbestuurder" dat ek so liberaal van sy " die boenk", "selfmoord 2", "fascistiese pampoen", "Die verlossing van die beeld", en "Die Ysterkoei moet sweet" aanhaal. As ek jou toespraak by die konvokasie verkeerd verstaan het, kan jy altyd jouself berus met die wanpersepsie dat my Afrikaans, volgens die boenks, 'n diglossie is.

      • Jeremy Vearey
        Jeremy Vearey

        Ek praat hier van sommige Afrikaners se eieregtelike toe-eiening van die pleidooi vir Afrikaans wat soms nougeset deur eie kulturele en politieke belang gedryf word. Die Afrikaans van my lewenswêreld en voorgeslagte word sodoende ook soms onbewustelik misken.

  • My Afrikaans is nie te sleg nie maar fok my breinselle is geskroei van die hoge taal! Wat sê die man nou eintlik?

    • Ek dink niks wat die algemene Afrikaanssprekende kan en hoef te verstaan nie. Ons praat
      sommer net lekker Afrikaans, geensins bekommerd oor die sogenaamde verkettering van Afrikaans nie. Die US kan gerus maar al sy klasse in Engels aanbied. Afrikaans sal groei sonder verhewendheid. Spandeer akademiese intelligensie en energie vir die ekonomie in hierdie land!

  • Erney Breytenbach

    Dankie Breyten. Nadat ek jou gelees het, het ek my Afrikaans-wees uit die dorre stof opgetel, kon ek weer na die uitspansel kyk en sien hoe wolkies begin saam dans in die hoop op reen.

  • Ek woon in Mauritius en die eerste taal is Engels. Dit is die taal in alle onderrig- en Government-instansies. Op die straat word Creole, Frans en Engels gepraat. Jou taal waarmee jy grootword word in die huis en tussen jou vriende gepraat. Liedjies en toneelstukke word aangebied in verskillende tale en floreer. Engels en Frans word nie gedemoniseer as iets wat weggemaak moet word nie. Die eiland was ’n Franse en ’n Engels kolonie. Daar is nie die haat teenoor jou medemens soos wat jy in Suid-Afrika vind nie alhoewel die inheemse mense se voorvaders slawe was.

  • Mens veg vir omgee deur om te gee, vir rekonsiliasie deur te rekonsilieer, en vir samesyn deur saam te syn. Breyten veg vir Afrikaans deur te Afrikaans soos ek lanklaas gehoor het. Ek voel trots op so 'n taal en dankbaar vir so 'n vegter.

  • Taal is vir die lewendes en nie die dooies nie. Gaan die wat lewend-dood is verstaan wat die man sê ?

  • Briljant, briljant Breyten. Afrikaans het jou nodig soos nog nooit tevore nie, die donker besluite wat gekamoefleer onder verskeie name aangebied word en dan voorgestel word as dit wat reg is en die meerderheid wil dit so hê is banaal - so asof die meerderheid wat geen belang in my taal en kultuur het vir my wil besluit ...

  • Baie dankie, Breyten, dis al wat ek kan sê. T.s.v. alle hartseer wat hierdie land en volk jou aangedoen het, veg jy steeds vir die voortbestaan van jou moedertaal. Om te lees hoe jy omgaan met woorde, is soortgelyk aan 'n foutlose, betowerende balletuitvoering. Mag elkeen wat dit gelees of gehoor het, nie probeer om begrippe toe te voeg nie, maar die kern hiervan te begryp en te waardeer.

    • Stel dit andersom Zyrilde; 'n goeie balletuitvoering is amper soortgelyk aan Breyten se bedrewe taalgebruik.
      Terloops, dis eienaardig dat jy sê 'ten spyte van' wat hierdie land en volk aan jou gedoen het - as 'n ou voel sy land het hom benadeel gaan hy mos nie sy ma of pa of broer of suster of taal verguis nie. Die goed is disjunk; dis soos om kwaad te wees vir jou kar se nokas as die linkeragterband pap is.

  • Waldemar Gouws

    Ons is baie gelukkig om darem een ware aktivis vir Afrikaans, en vir emansiperende menswees vandag, in ons versukkelde midde te kan hê.

  • Lanie Jordaan

    Ek dink Breyten se taalgebruik is skitterend (jammer vir jou wat lewend-dood is ... begin weer by Rooikappie en die Wolf en prober kyk of jy nog kan opvang!) En ek stem saam, wil ons ons taal weggooi soos 'n nageboorte, en agterna saamleef met die verlies!

  • As ons hierdie toespraak sou stroop van die meesterlike poëtiese retoriek, bly ek wonder wat presies die kern van sy boodskap sou wees. Dit herinner sterk aan Eugene Marais wat mense kon "mesmeraais".

    • Mellet, die boodskap is 'hou op om jou so te laat rondfok' (natuurlk nou wat betref Afrikaans).

    • Dat Afrikaans 'n onmisbare rol in die nuwe Suid-Afrika te speel het en dat die universiteit die beste plek is waar dit kan groei en sy bydrae kan lewer.

  • Vir my bly dit ironies, dat toe ek 'n junior lektor in Afrikaans-Nederlands aan US was, een van my topstudente die ouer suster van die huidige rektor, Lorna, toe De Villiers, later Troskie, was.

    • Eienaardig nè, die uiteenlopende sienings in een familie..
      Kyk ook die Breytenbachbroers (Breyten-hulle), die Viljoenbroers (Constand-hulle), die Johnsonbroers (een was destyds redakteur van die Citizen) en Krisjan en Piet de Wet.

  • Helena Lategan

    'n Mens wen nie 'n argument deur die ander kant te beledig en sleg te sê nie. In hierdie toespraak en die daaropvolgende kommentaar verkleineer mense mekaar in so 'n mate dat gesprekvoering nie aangemoedig word nie. Lovelyn Chidinma Nwadeyi se toespraak is grootmoedig en braaf. So ook die ander mense wat hulle kant stel ten spyte daarvan dat hulle weet hulle gaan op 'n emosionele en eensydige manier aangeval word.

    • "Grootmoedig en braaf" om vir my te sê ek (as wit man) mag nie 'n opinie hê nie? Om net alles uit die (wit) verlede as sleg af te maak? Was die oprigting van hierdie einste universiteit waar sy as 'n "Nigerian South African" kon studeer nie ten minste ook iets positiefs nie?

      Haar taalgebruik was indrukwekkend, maar haar toespraak ongelukkig eenogig, deurspek met veralgemenings en uiteindelik net nog 'n oorvereenvoudigde pleidooi vir entitlement.

      • Jaco jy slaan die spyker op die kop. Haar taalgebruik was wel indrukwekkend en haar openbare redevoeringsvermoë is puik maar sy is totaal oningelig. Ek hoop sy word ingelig in die verband anders, gegee die applous en lof wat sy gekry het, sal sy voortgaan as halfingeligte en onder die waan bly verkeer dat wat sy vertel die evangelie is.

        • Inderdaad Jan. Was dit nie ongelooflik hoe sy die "Kapitalisme" beskuldig het vir die armoede en inkomste gaping in SA nie? Dit, terwyl ons reeds meer as twee dekades met 'n regering deurspek met "card carrying" kommuniste sit! Die groot ironie is dat inkomste gapings afneem soos ekonomiese vryheid toeneem, maar in haar droomwêreld is ons ekonomiese probleme kwansuis die gevolg van kommuniste wat in effek "te kapitalisties" was.

          En dan kry sy staande toejuiging by 'n konvokasie van een van ons top universiteite? Ek kan net my kop skud...

          • Ja-nee, die applous moes weens PK'heid wees. Die alternatief is te gruwelik om te bepeins.

    • Terloops, 'braaf' en 'dapper' is nie dieselfde nie.
      Alhoewel, mens weet ook deesdae nie meer nie; as genoeg mense verkeerd praat word dit blykbaar reg.

  • Dit was 'n hemelse voorreg om na Breyten te gaan luister. Die wysheid, die kyk van naby en die kyk van ver af. Sal dit altyd onthou.
    Beter doen? Miskien ook net vir ons kyk en nie dit kop-onderstebo soos 'n kabinetsminister lees en lees ...
    Dit neem my ook ver terug toe ons ons grade net daar gekry het. Hy was nie 'n engel nie, maar hy het die gehoor in sy hande gehad want hy het vir ons gekyk en ons so deel van sy toespraak gemaak.
    Breyten het 'n pak papier afgelees, ou John het net sy gebruikte pakkie dertig Rembrandt as paar notas gehad ...
    Wat jy aan mens oordra is meestal minder belangrik as hoe jy dit doen. Oom John met al sy foute was 'n meester hiermee.

  • Johannes Comestor

    Jeremy Vearey se kommentaar (hier bo, 30 laaslede) dui blykbaar daarop dat hy Kaaps bo Standaardafrikaans verkies. In vandag se koerant (Die Burger, 1 deser, p 8) het hy dit blykbaar teen Breyten Breytenbach, wat 'n lansie vir Afrikaans aan die US gebreek het. As hy ten gunste van Engels as die primêre of enigste US-onderrigtaal is, kan hy dit gerus onomwonde stel.

  • Waldemar Gouws

    Dit lyk my niemand wil die onsamehangende, suggestiewe gedagtes van Mellet Moll hierbo kritiseer nie. Ek wil nie aan 'n molshoop statuur gee nie, maar by implikasie beskuldig hy Breytenbach daarvan dat hy mense in die gehoor gehipnotiseer het sodat hulle van sekere kognitiewe funksies ontneem is onder sy betowering, of soos Moll sê: "Dit herinner sterk aan Eugène Marais wat mense kon 'mesmeraais.'" Neem niemand wat daar in die gehoor was hierteen eksepsie nie?

    • Hallo Jaco, ek hét vir Mellett geantwoord - implikasie van my antwoord was dat daar g'n sprake van 'n gemesmeraaisery is nie; Breyten het maar die boodskap net effens ge-eufemismeriseer.

    • Waldemar, ek vind dit amusant dat jy my kommentaar as onsamehangend beskou. Ek bevraagteken juis die samehang van Breyten se woorde en sy duidelike onkunde rondom die bestuur van hoër onderwys in die tweede deel van sy toespraak. Dit verbaas my dat min mense dit raaksien, en die deursnee kommentaar dui op massa-hipnose en emotiewe uitinge. Trouens, kognitiewe reaksie is afwesig in die meeste kommentaar.

      Dit skep die vermoede dat baie mense nie die konteks verstaan het nie en bloot meegevoer is deur poëtiese retoriek. Sy toespraak het plaasgevind binne die konteks van 'n groter gesprek oor hoër onderwys in Suid-Afrika en die uitdagings wat tans daarin bestaan. Daardie gesprek is ekself daagliks deel van en ek vind geen tasbare antwoorde in sy toespraak nie - net wollerige metafore (bv wat op aarde is "...die vreesloosheid van 'n morele verbeelding..."?). Ons beoordeel nie nou poësie of prosa nie, ons probeer die pad vorentoe ontdek in die werklike wêreld.

      In die geval van Stellenbosch is die uitdaging nog groter as by ander instansies omdat 'n wesentlike deel van die gemeenskap beswaar maak teen die feit dat die gebruik van Afrikaans aanstoot gee en herinner aan die diskoers van mag, taal en onderdrukking van die vorige bedeling (soos Foucault dit bedoel het).

      Dit is myns insiens onverantwoordelik om nie hierdie realiteite te oorweeg nie.

  • Hugo van Niekerk

    Miskien moet hierdie reënboognasie nou ook van die mengelmoes van tale 'n nuwe reënboogtaal kry wat deur almal gepraat en gelees kan word! So iets soos 'n Fanagalô wat deur alle myners gepraat word sou myns insiens alle taaldruk op almal verlig. Om die taal van die Engelse onderdrukkers sedert die laat 1800 tot vroeë 1900 aan te gryp as werklik die enigste taal bly vir my onvanpas. Self FW de Klerk het sy mond hieroor uit te spoel gehad!
    Die Afrikaanssprekende mense in Argentinië moes die knie buig en hulle taal eenkant toe skuif tgv Spaans en solank die mense nog leer sal daar nog altyd Afrikaans in die huise gepraat word. Selfs die Khoi-Santaal is na al die jare van ander oorheersende tale nog nie vernietig nie en sal bly voortleef solank hulle taal deur hulle mense gepraat word.
    Lank lewe my moedertaal al praat my kleinkinders nie my moedertaal nie!

  • Geagte mnr Moll, kan u asseblief vir ons klompie "blindes" uithelp met die volgende duisterhede in u kommentaar:
    1)In watter opsig is Breyten "duidelik onkundig rondom die bestuur van hoër onderwys"?
    2)Ly u nie dalk aan tonnelvisie wat die konteks van Breyten se toespraak betref nie? Om te beweer dat hy nie spesifiek oor Stellenbosch en sy plek in hoër onderwys in ons land gepraat het nie, laat my in die duister. Of het ons net n klomp generiese universiteite in SA?
    3)As Breyten spesifiek gesê het dat hy nie tasbare antwoorde vir die taalprobleem het nie, maar hy gee bloot riglyne (soos die vreesloosheid van ’n morele verbeelding of anders gestel die konsekwente toepassing van die beginsels van regverdigheid en billikheid ongeag wat dit vir jou persoonlik inhou) wat gevolg moet word in die soeke na ’n oplossing - hoekom soek u tasbare antwoorde in sy toespraak? Pas maar net sy aanbevole beginsels konsekwent toe en vind in gesprek met alle rolspelers die tasbare antwoorde. U moet dan net vreesloos genoeg wees om antwoorde te vind waarvan u dalk nie mag hou nie.
    4)Kan u vir ons "sonder die gebruik van wollerige metafore" ’n paar "tasbare antwoorde" gee nog voordat daar behoorlik na alle rolspelers geluister is? Klink my sekere mense het reeds al die antwoorde, terwyl ander net moet “luister”?
    5)Watter uitdaging is groter by Stellenbosch? Noem dit op sy naam asseblief.
    6)Maak dit enigsins saak dat " ’n wesentlike deel van die bevolking " aandring op die oorlewing van Afrikaans naas Engels as akademiese taal by Stellenbosch of kan Afrikaanssprekendes se belange en grondwetlike regte maar soos Breyten dit stel soos "krummels en muisdrolletjies van die tafel gevee word"?
    7)Is dit nie juis "onverantwoordelik" in ’n reënboognasie , om soos Breyten dit weereens so mooi stel, dat die een taal (Engels) "vir hom dit opeis wat hy nie ook vir ander gun nie"?
    8)Beskou u nie die oordondering en uitfasering van die ander 10 landstale deur Engels juis as ’n misbruik van "mag, taal en onderdrukking nie"?
    By voorbaat dank vir u onwollerige antwoorde op ons "kortsigtige" vrae. Dalk kan u ons oë laat oopgaan vir die "realiteite".

    • Marius, ek is onseker hoe om jou aan te spreek omdat jy slegs 'n voornaam het. In teenstelling daarmee spreek jy my baie formeel aan - jy kan my gerus op my voornaam noem. Jy verwys soms na jouself as "ek" en soms as "ons", dus weet ek nie of jy 'n groep mense verteenwoordig of slegs 'n individu nie. Ek neem deel aan hierdie gesprek onder my eie identiteit en sou eintlik verkies het dat jy dieselfde sou doen.

      Ek merk dat jy heelwat gedagtes in aanhalingstekens stel en daarmee impliseer dat dit my woorde was. Ek wys jou graag daarop dat jy daardeur woorde in my mond lê en my slegs in sekere gevalle korrek aanhaal.

      Ek verkies om op jou vrae te antwoord in die formaat van my keuse want dit gee my die geleentheid om 'n logiese lynargument te voer eerder as om lukrake gedagtes in reaksie op 'n puntsgewyse vraestel te verskaf. Ek doen dit omdat hoër onderwys na aan my hart lê en ek hier deelneem binne universele morele en etiese standaarde en in die beperkte vrye tyd wat ek het.

      As ons mekaar hieroor verstaan, sal ek graag verder met jou gesels en my standpunte motiveer. Dui asseblief aan of dit in orde is.

  • Waldemar Gouws

    Jammer Mellet, maar jy kan nie self my vraag beantwoord nie. Ek sien ook iets is nie pluis met die logika van jou voorlaaste paragraaf nie.

    • Waldemar, ek het nie probeer om jou vraag te antwoord nie, ek het gereageer op die onderliigende innuendos wat daarin vervat is.

  • Gert van der Westhuizen

    Die spreekbeurt van Breytenbach op Stellenbosch verhef die gesprek oor die Stellenboschprobleem na kwessies van menswees op hierdie Afrika-aarde - sy praat help die gesprek op betekenisvolle maniere aan. Terselfdertyd is wat hy seg, deel van gesprekke wat nog moet begin.
    Ek hoop ons kan verby die metode van debatvoering gaan - waar mense nie mooi luister nie, maar in elk geval herlaai en terugskiet. Of iemand kry wat dit vir jou doen, Soos Lis vir Jonathan.
    Goeie gesprek neem almal na hoge hoogtes, beter lewens. Ons neem beurte en deel die doel om kollektief antwoorde te vind.

  • Mellet , baie dankie vir jou reaksie - jammer net dit is sonder antwoorde.
    Ek praat namens myself en ander mense wat die vergadering bygewoon het en wie jy beweer deur Breyten "gemesmeraais" is. Maar maak dit regtig saak wie of wat ek is of namens wie ek praat? Of mag sommige van ons van nou af "net luister"? Hoekom is dit vir jou belangrik dat ek "onder my eie identiteit" aan hierdie debat deelneem? Marius mag dalk my doopnaam wees vir al wat jy weet. Dit is nie vir my belangrik of jy regtig Mellet Moll is of nie. As ek jou op jou voornaam mag noem, behoort dit heel voldoende te wees as jy my op my voornaam noem - dus genoegsame persoonlike identiteit om aan die debat deel te neem, neem ek aan. Ek het juis ’n probleem met mense wat eerstens jou argument aanval deur dit teen jou argument te hou dat jy dit onder 'n skuilnaam geplaas het. Wat my betref is geleerdheid, kwalifikasies en identiteit nie ’n voorvereiste om aan ’n intellektuele gesprek deel te neem nie. Die vraag is tog immers nie hoe sterk jy is nie maar eerder hoe sterk is jou argument.
    Mellet jy is duidelik ’n bogemiddelde intelligente man. Jy weet baie goed watter dele van jou skrywe ek aangehaal het en watter dele ek dalk om ander redes aangehaal het. Enige leser kan dit self maklik toets. Ek haal jou spesifiek aan omdat ek nie daarvan beskuldig wil word dat ek ongegronde afleidings maak nie - ek gebruik met goeie rede doelbewus jou eie woorde sodat jy my nie verkeerd kan verstaan nie.
    Dit is jammer dat jy slegs wil antwoord in die formaat van jou keuse maar tog bereid was om met baie sterk opinies tot hierdie openbare debat toe te tree in hierdie formaat. Jy is meer as welkom om my vrae in enige volgorde by wyse van ’n "logiese lynargument " te beantwoord. Ek sal beslis nie daardie tegniese punt teen jou argumente opper nie.
    Ek dink die meeste van ons neem deel aan hierdie debat omdat hoër onderwys maar ook Afrikaans ons na aan die hart lê. Ons probeer dit na die beste van ons vermoë doen "binne universele morele en etiese standaarde" of anders gestel "... met die vreesloosheid van 'n morele verbeelding".
    Mellet, dankie vir die aanbod om persoonlik met my in gesprek hieroor te tree, maar nee dankie. Ek glo dat hierdie saak die openbare debat verdien waarop dit geregtig is, sodat ons almal en nie net ek nie, iets daaruit kan leer. Ons moet almal die regverdige geleentheid gegun word om in die openbaar hul standpunte te stel deur aktief deel te neem aan die debat en almal moet met die nodige respek na mekaar se standpunte luister.
    Ek, en ek is seker baie ander, stel werklik in jou standpunte belang solank ons dit met almal wat deelneem aan die ope gesprek op hierdie forum kan deel.
    Nou het ek en jy hopeloos te veel tyd aan tegniese argumente bestee sonder om die debat sinvol verder te voer. 'n Ware intellektueel sal dit nou as 'n sinnelose geskarrel beskou. Kom ons hou die gesprek oop en ons hou ons oog op die bal - solank ons almal besef dat ons saam moet soek na die tasbare antwoorde wat ons almal nog ontwyk. Nie een van ons het al die kennis in pag nie.

  • Durf iemand weer vra of die US Konvokasie nog "relevant" is na hierdie kragtoer? Dit, en die ander toesprake, het dae lank weergalm in die media - iets wat nog nooit gebeur het met die konvokasievergaderings van UCT, UWC, Wits, UP, NWU, UV of enige ander SA universiteit nie.

  • Iemand hier bo bevraagteken die "samehang van Breyten se woorde en sy duidelike onkunde rondom die bestuur van hoër onderwys in die tweede deel van sy toespraak". Dit verbaas die persoon dat "min mense dit raaksien, en skryf voorts hoe die "deursnee kommentaar dui op massa-hipnose en emotiewe uitinge. Trouens, kognitiewe reaksie is afwesig in die meeste kommentaar".
    Dit klink my nie die persoon verstaan mooi dat hý dan - as dit sou waar wees, wat dit natuurlik nie is nie - in dieselfde koeimis sou trap as wat BB volgens hom doen. Sy kwasi intellektuele woordgebruik is 'n blote veeg van die koei se stert want so 'n aanmerking tref en trap dan noodwendig almal wat kommentaar lewer. Selfs diegene wat reëlreg van BB verskil.
    Hy sê: "Dit skep die vermoede dat baie mense nie die konteks verstaan het nie en bloot meegevoer is deur poëtiese retoriek."
    Dit verskaf my vreugde dat die persoon wel Breyten Breytenbach se poëtiese taal raak gehoor het, al verstaan hy dan nie alles nie. Maar mens sou tog graag aan die persoon wou vra om nie sý/haar vermoedens af te druk op die groot groep kommentators, wat wel die toespraak begryp en waardeer het nie, my self inkluis.
    Hy bespreek die konteks van BB se toespraak as sou dit bedoel moes wees om aan te heg by sy eie persoonlike vermoede oor waaroor dit sou gaan: "Sy toespraak het plaasgevind binne die konteks van 'n groter gesprek oor hoër onderwys in Suid-Afrika en die uitdagings wat tans daarin bestaan."
    Nou ja. Natuurlik is onderwys altyd deel van 'n land en sy taal, maar goeie hemel, raak tog bewus van die wyse waarop BB juis sy gesprek lei van die begin af deur te sê: is ons dan nie maar almal gelyk nie? en stelselmatig dui op die enorme tragedie wat op ons ALMAL wag indien mense soos Wim de Villers dit nie kan kleinkry om wyer te dink nie. Daar is ook 'n duidelike stelling dat hierdie 'n taaldebat was. En wat meer is, sou BB werklik die naam van Antonio Gramsci noem, as hy nie juis bewus is van die invloed wat die ontneming van Afrikaans sal hê op vele onderrig instansies nie? Gaan lees tog Gramsci se aanbeveling oor die wyse waarop skole bedryf moet word. En voer dit dan in na SA!
    Dit klink vir my of die kommentator nie net swak insig in poëtiese taalgebruik het nie, maar ook in doodgewone geskrewe Afrikaans - soos dan inderdaad waar hy sê: "Daardie gesprek is ekself daagliks deel van en ek vind geen tasbare antwoorde in sy toespraak nie." Nouja, haha, die beter aanwending van Afrikaans sou tog seker wees om te sê: Ek is self daagliks deel van daardie gesprek. (Watter een sou dit wees? wonder ek. Tog seker nie 'n Afrikaanse taalgesprek nie? Hoewel dit dan kon verduidelik waarom die persoon geen 'tasbare antwoorde' nogal - ek sien hulle al antwoorde met klein vingertjies wat tas tas tas kon vind in sy toespraak nie, maar soos die persoon verder skryf: " - net wollerige metafore (bv wat op aarde is "... die vreesloosheid van 'n morele verbeelding ..."?)
    Ek sou sê die 'die vreesloosheid van 'n morele verbeelding' is voor die hand liggend. Dit staan aan die hoogtepunt van etiese dinamiek. Dit sou waarskynlik moontlik wees dat die kommentator nie bewus is van wysgerige vraagstukke en ideologieë waarmee ware denkers hulle besig hou nie, en dis te verstane, want nie almal betree die hoër sfere soos bv Breyten Breytenbach nie, maar toemaar, alle soorte mense is nodig om 'n aarde (en 'n universiteit klink dit my nou) te vul. Nietemin 'morele verbeelding' staan in die lig van die ware Mens wat teen enorme trauma steeds in die waarheid van 'n eie intuïtiewe moraliteit kan uitstyg bo die res.
    Dis moontlik, om byvoorbeeld na jare uit aanhouding te kom sonder bitterheid en met die verfyning van eie persoonlike karaktereienskappe 'n enorme diens aan die gemeenskap te lewer. Viktor Frankl? Mandela? Breyten?
    Maar die kommentator was nog nie klaar nie: "Ons beoordeel nie nou poësie of prosa nie, ons probeer die pad vorentoe ontdek in die werklike wêreld." Ek kry lag, want vir baie mense is poësie en prosa 'die werklike wêreld'. Dink maar aan Neruda, of dink sommer aan Shakespeare; dis al wêreld wat hy ooit geken het. En dink aan Breyten Breytenbach. Miskien het die persoon nie erg aan BB se kuns, sy poësie, essays, prosa, sy globale deelname (op uitnodiging) aan literêre geleenthede en sy toesprake by vele sulke geleenthede. Nee wat, ek dink die persoon wat al die wilde aantygings maak sit die pot mis en omdat daar soveel oningeligte lesers is, mag hy dalk net sommige van hulle verwar met sy insiglose bysleep van belangrike figure se name soos bv Foucault. Die persoon skryf:
    "In die geval van Stellenbosch is die uitdaging nog groter as by ander instansies omdat 'n wesentlike deel van die gemeenskap beswaar maak teen die feit dat die gebruik van Afrikaans aanstoot gee en herinner aan die diskoers van mag, taal en onderdrukking van die vorige bedeling (soos Foucault dit bedoel het)."
    En waarom sou Stellenbosch belangriker wees as enige van die ander Afrikaanssprekende Universiteit? As daar 'n rede sóú wees sou ek dag dit is omdat die bruin mense in die Kaap so veeltalig is en meeste van hulle Afrikaans praat en wil praat. Maar nee, dis nie die rede vir die kommentator nie. Quote: “dis die feit dat die gebruik van Afrikaans aanstoot gee en herinner aan die diskoers van mag, taal en onderdrukking van die vorige bedeling” (soos Foucault dit bedoel het). Unquote.
    Dit is nou vir my baie ironies dat die kommentator - waarskynlik sonder dat hy daarvan bewus is, omdat Faucault vir hom net 'n buzzwoord is - juis in sy leeftyd sy eie siening van mag so wyd aangepas het dat hy aan die einde van sy bestaan sy siening moes oorleun tot die mag van regerings. Dit wou nie inpas by enige ander module nie. Nou ja toe. Miskien is die kommentator aan die bykom, siende dat dit juis agv druk vanuit regeringsoord is dat daar zoveel jag gemaak word op Afrikaans. Dié boyz weet, as hulle die Afrikaner sy taal ontneem, sal dit makliker wees om hom te breek. (Maar hulle ken die mense wat die taaltje praat maar sleg.) Hoe ook al, die kommentator wil slegs hê Breyten moet volgens syns insiens nie so onverantwoordelik wees om nié hierdie realiteite te oorweeg nie.
    Nou ja toe - hier het ek nou die persoon se wollerige redenasie uitmekaar gepluis, en so sal almal wat dit weer lees verstaan, dis maar hy wat nie die krag van die ware kuns van taal; sy dit poësie, prosa, of teater is, verstaan nie. Wat ook nie weet dat die mag verskuil in die woord, veral ook in die gedinkte woord - daar waar die morele verbeelding die denker laat groei en uitstyg bo sy omstandighede waarskynlik die heel belangrikste element van menswees is.
    Solank ons almal aan die werklike waarhede vashou, het ek geen angs vir die oorlewing, oorskrywing, oordenking, en oortreffing van Afrikaans nie. Viva.

  • Jeremy Vearey
    Jeremy Vearey

    AFRIKAANS, MY REWOLUSIONÊRE TAAL
    Daar was 'n tyd in die vroeë 1980's in my studentejare by UWK toe Afrikaans meer radikaal as rewolusionêre omgangstaal, as Engels was.
    Jy kon in 'n massavergadering gemaklik van die inkrimpende dwangbuis bestel van Apartheid dwingelandy praat en dit sou nie net aanvaarbare slagspreuktaal wees nie, maar ook toejuigend ge-viva word. Dit was 'n tyd van growwe anglisismes deur 'n minderheid van Engelsdenkende studente-aktiviste wie maar genoop was om te praat van 'n "staat van emergensie" en "violente resistansie" om gehoor te word.
    Die 'Kommuniste-Manifes' was in Afrikaans in sekere geheime leserskringe beskikbaar, en daar was kontekstueel gepas daaruit aangehaal soos die geval met dié se tweede openingsparagraaf:
    "Watter opposisieparty is nie deur sy regerende teenstanders vir Kommunisties uitgeskel nie, en watter opposisieparty het die skandelike verwyt van Kommunisme teen die nog verder gaande opposisieparty sowel as sy reaksionêre teenstanders nie teruggeslinger nie?"
    [DIE KOMMUNISTE-MANIFES; 1937 vertaling deur Dr Jean van der Poel, Helene en Jacques Malan, redakteur van die radikale TREK joernaal in die 1930's.]
    Afrikaans, ons taal, was toe 'n taal van radikale slagspreuke en rewolusionêre diskoers. Dit was die taal waarin ons oor ons toekoms kon teoretiseer en dielekties besin. Dit was die taal van UWK se rewolusionêre voorhoede en die militante massas. Dit was alomvattend ons taalrigsnoer in vooruitstrewendswese. Afrikaans my taal, ons taal van 'n bevryde toekoms.
    Ons het by die UWK van my studentejare Afrikaans in gemeenskaplike belang van die groter ons toegeëien. En dit is waar die Universiteit Stellenbosch (US) konvokasie debat miskien in huidige openbare redetwis ontbreek. Anders, bly die volgende kwelvraag uit die Kommuniste-Manifes onheilspellend, in die UK newe-liberale konteks, ironies steeds vanpas:
    "En is u opvoeding dan nie ook deur die maatskappy bepaal nie, deur die maatskaplike toestande waarin u opvoed, deur die direkte of indirekte ingryping van die maatskappy, deur middel van die skole, ens nie?"

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top