US-konvokasie 2016: Foto's en video's

  • 9

Die grootste konvokasievergadering in twee dekades is Dinsdagaand in die Coetzenburg-stadion op Stellenbosch gehou.

Amper 2 000 mense het vanjaar se konvokasievergadering bygewoon.

Wim de Villiers en Nico Koopman

_MG_2392

_MG_2362

Breyten Breytenbach sou gisteraand by 'n poësiefees in Keulen wees, maar hy het na Suid-Afrika gekom om sy besinning oor taal met die konvokasie te deel.

'n Groep gaste het die konvokasie bygewoon ter ondersteuning van Breyten Breytenbach.

_MG_2350

Kerneels Breytenbach en Francis Galloway

_MG_2348

Christo en Iris Bester

_MG_2347

Wium en Dorothea van Zyl

_MG_2346

Abraham de Vries gesels met Sonja Loots.

_MG_2344

John Miles en Ampie Coetzee

_MG_2380

Breyten Breytenbach

_MG_2372

Sonja Loots gesels met Danie Marais.

_MG_2369

Marietha Channel

_MG_2366

Lina Spies

_MG_2376

Dominique Botha

_MG_2364

Dawie van Velden

_MG_2356

Lovelyn Nwadeyi gesels met Wim de Villiers.

_MG_2359

Piet le Roux lewer 'n nominasie vir die uitvoerende komitee.

Ubanesia Adams-Jack lewer 'n nominasie vir die uitvoerende komitee.

Hermann Giliomee

_MG_2402

Christo Viljoen het by die geleentheid uitgetree as president van die konvokasie.

_MG_2414

Lovelyn Nwadeyi. Klik hier om haar volledige toespraak te lees.

Excerpt: "My thoughts on complexity and the intersectionality of change at Stellenbosch University"

Nadia Marais is herverkies as sekretaris van die konvokasie.

Jan Heunis is verkies tot president van die konvokasie.

bb

Breyten Breytenbach. Lees sy volledige toespraak hier.

Sonja Loots het Breytenbach bedank vir sy toespraak. Sonja is tydens die vergadering as addisionele lid van die konvokasie se uitvoerende komitee verkies.

Rektor en visekanselier Wim de Villiers. Lees hier sy volledige toespraak.

Video: Uittreksel uit Wim de Villiers se toespraak.

 Jan Heunis

US-konvokasie 2016

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos
Breyten Breytenbach

"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa
Lovelyn Chidinma Nwadeyi

"Ladies and gentlemen, something is brewing in South Africa. I do not know the name of that something, but I know that it is irreversible and will continue to brew and boil over, whether we give it permission to do so or not."

US-konvokasie 2016: Afskeidstoespraak deur Christo Viljoen, uittredende president
Christo Viljoen

"Stellenbosch dien Suid-Afrika al vir 150 jaar. Hy wil voortgaan om dit deur sy gehalte en deur ’n inklusiewe kultuur en taalgebruik te doen. Daarvoor het hy selfstandigheid en ruimte en ons almal se samewerking nodig. Dan kan Stellenbosch wéér sê hy staan vir ’n idee."

US-konvokasie 2016: Universiteit Stellenbosch: Vorentoe!
Wim de Villiers

"Deur Engels as onderrigtaal te gebruik, sorg ons dat ons toeganklik is vir meer mense. Maar daar is steeds ’n groot behoefte aan en vraag na Afrikaans, daarom duur ons aanbod daarin voort." Rektor en visekanselier Wim de Villiers se mededelings aan die US-konvokasie.

Haal af die Bosch se maskers, vra Maties
Jean Oosthuizen

Byna 2 000 stemgeregtigde oud-Maties het Dinsdagaand hulle opwagting gemaak by die US-konvokasievergadering. Jean Oosthuizen lewer verslag.

US-konvokasie 2016: Foto's en videos
Naomi Bruwer

Die grootste konvokasievergadering in twee dekades is Dinsdagaand in die Coetzenburg-stadion op Stellenbosch gehou. Kyk na foto's en videos.

  • 9

Kommentaar

  • Was bevoorreg om gisteraand daar te kon wees. Voel positief oor die toekoms van my alma mater waar die vierde geslag van ons familie nou studeer. Dink die ondersteuners van "afrikaansmustfall" besef nou dat Afrikaans nie hul grootste vyand is nie en dat almal welkom is. Die feit dat die eerste twee sprekers albei staande ovasies gekry het sê alles.

  • C Victor R Honey

    Van die foto’s van indiwidue / pare lyk dit asof die meeste mense teenwoordig wit was. Maar dit was nie so nie. Was die 'belangrike' mense teenwoordig slegs wit?

  • 'n Ander André Coetzee

    Dit was die eerste konvokasievergadering wat ek bygewoon het (het in 1973 buitemuurs afstudeer en dus nooit 'n noue verbintenis met die US-kampus gehandhaaf nie). Die goeie gees waarin verrigtinge afgehandel is terwyl vuurwerke verwag is, toon dat verskillende uitgangspunte nie noodwendig met konflik gepaard hoef te gaan nie. Die toesprake was insiggewend maar dalk te veel en te lank.

  • Wat maak dit saak of dit wit of ou mense was, of 'n swart vrou 'n toespraak gehou het - dis die inhoud van wat hulle sê wat belangrik is, die leierskap wat hulle gee, of mense hulself en ander "recognise" en hulself en ander "empower"- erken en bemagtig. Afrikaans is geregtig op sy plek in universiteitsverband, en mense wat Afrikaans praat, moet ook in Engels kan leef. Dis die realiteit.

  • Die mooiste was die honderde jong mense wat daar was, ongelukkig mis die fotograaf dit ten gunste van die klompie grysaards.

  • Dis goed om die verskillende standpunte te hoor, ja. Mens wil half vir Lovelyn sê begin wegkyk van die "ek". "Ek dit" en "ek dat". Moenie alles op jouself van toepassing maak nie, want 'n ander persoon kan dalk opstaan en sê ek voel ongemaklik in 'n instelling wat, sê nou maar, Nelson Mandela se naam dra, omdat Mandela vir die moord op 'n ander groep mense geblameer kan word. Gebruik jou pragtige positiwiteit, jou duidelike liefde vir jou alma mater en jou trotse Suid-Afrikaner-wees om ander ten goede te inspireer en te verander, en 'n beduidende verskil te maak. Mens kan sien dit werk reeds vir jou! Leer die studente om met mekaar te praat, in mekaar se skoene te stap, saam trotse Maties te word. Eendag sal jou kans kom, dis net 'n kwessie van tyd. You go, girl!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top