
elegie vir Pájaro
2024-05-16"En ek kan om my lewe te red
geen sin maak van die patroon
geweef in die lyn
tussen jou dood
en myne"

Luisterverhale: "fascistiese pampoen" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden
2024-04-18Marcel van Heerden lees Breyten Breytenbach se verhaal "fascistiese pampoen" voor. Die verhaal het oorspronklik in Katastrofes, in 1964 deur Human & Rousseau uitgegee, verskyn.

Luisterverhale: "selfmoord 2" deur Breyten Breytenbach, voorgelees deur Marcel van Heerden
2024-03-05Marcel van Heerden lees Breyten Breytenbach se verhaal "selfmoord 2" voor. Die verhaal het oorspronklik in Katastrofes, uitgegee deur Human & Rousseau in 1964, verskyn.

"birdsmoke": ’n gedig
2024-01-17Met hierdie gedig lewer Breyten Breytenbach kommentaar op ’n onlangse gedig deur Benno Barnard op LitNet, soos ook vertaal deur Daniel Hugo.

In die fragmentarium 6
2023-06-15"oor seë het ek gedroom
van onstuimighede of ’n blou spieël
wat die dae in hulle nagte uitspoel ..."

In die fragmentarium 5
2023-05-16"Aan die kus in die voorportaal van die statige ou hotel wat seker gewoond was aan rustiger ritmes en die gemurmel van beskaafde gesprekke was daar nou die roesemoes van ’n horde skadufigure wat elkeen skuiling moet vind teen die onbeheerbare duisternis daar buite."

In die fragmentarium 4
2023-03-16"Moenie te groot woorde gebruik nie want die oggend is nog ongeskonde en heilig. Jy sit op die balkon asof dit ’n stoep is, met ’n eerste beker koffie en ’n moot beskuit hard soos ’n klinker."

In die fragmentarium 3
2023-02-17"Leser:
As jy maar weet
Jou stillees was ’n murmelende stroom
Waar ek moeg gereis kon buk
Op soek na die afwesige gesig
En my dors te les ..."

bemagtigde Frida
2023-02-08"Ek onthou dat een van my werke (nie so watwonders nie) wat deur ’n versamelaar aan die Universiteit van Kaapstad geleen is en daar iewers uitgehang het 'aanstoot' gegee het en op aandrang van die versugters-na-Westerse-verbruikersweelde-barbare verwyder is."

In die fragmentarium 2
2023-01-16"’n elegie moet die klaagsang in lang klankreëls vleg
om op die wind te sweef
en ek kan om my lewe te red
geen sin maak van die patroon
geweef in die lyn
tussen jou dood
en myne"

In die fragmentarium 1
2022-12-13"Wat jy hier in die hand neem, Leser, is ’n soort joernaal stukgewys bygehou oor die drie jaar, of meer – tot dusver – van inperking en afsondering, bevraagtekening en disoriëntering."

Gorée-verbeeltenisse
2022-11-03"Hiér dans ons met die droom
Wanneer dit rooi tot woorde op die oggend se lip
Hier onthou ons ’n wind
Wat die voorouers besing"

FilosofieKafee-gesprek: "Waar is ons (nou)?" deur Breyten Breytenbach
2022-10-18"Die staat is nie 'ons' s’n nie. Ons kan onsself nie daarin herken of dink dat ons dit teenoor wie ook al sal regverdig of verdedig nie. Miskien is dit ’n natuurlike evolusie. Miskien is die konsep 'staat' verouderd, dien dit weinig nut. Baie van ons – dié wat dit kan bekostig of dié wat nooit gekwalifiseer het vir toelating tot die staat nie – lewe in ieder geval daaromheen."

skemertyd
2022-08-25"Tog, iets in die gesig van die ou digter – Dolf van Nie-kerk –
laat my skrik en weet dis goed om te kon wonder oor wat
nie sins- en sinne-uiting is nie."

landelike bestaansvergaan
2022-08-11"om op te hou skrywe
na die einder-kom-nader
met sterre se sterwe
nog net buite bereik
is nie ’n opsie nie"