Breyten Breytenbach se woord van die jaar 2015
2015-11-30Wat is Breyten Breytenbach se #litnetwoord2015?
Omtrent "die aanpraat van die skilderye"
2015-11-17"julle wat ouer en meer gekonfyt mag wees
in die na-aap van Europese tierlantyntjies
moet tog mooi omsien na die nuwelinge
op Afrikaanse bodem
wat nog nie gebloed is
in openbare onsedelikhede nie"
Enkele stellings rondom Afrikaans (Uit: Parool/Parole)
2015-11-13"In Suid-Afrika – en tot ʼn mate ook internasionaal – is dit gemaklik en opsetlik om Afrikaans uit te sonder en beswadder met die kwas van rassisme."
"'n Skande wat onthou sal word": Die diktaat van Open Stellenbosch
2015-11-13Breyten Breytenbach lug sy mening oor die rektor se bestuurspan se aanbeveling/besluit betreffende die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid op hierdie Vrydag die dertiende.
Breyten Breytenbach bring hulde aan Tienie du Plessis
2015-10-13"Wat ek wel weet en baie sterk oor voel, is dat hy een van die heel weinige uitgewers was wat met integriteit en lojaliteit bly werk het as alternatief tot die hegemonie van die polities korrektes – of dit nou politieke ortodoksies of die dwingelandy van groot, monopolistiese maatskappye was."

