Omtrent "die aanpraat van die skilderye"

  • 8

Agtergrond deur Francis Galloway

Ampie Coetzee fokus in ’n bespreking van Breyten Breytenbach se onlangse kunsuitstalling, Skerwe uit die ontstaan van 'n oorledige self, op die gedigdoek getiteld “die aanpraat van die skilderye aan die vooraand van hulle blootstelling (ter afskeid)”.

Breytenbach verskaf in ’n e-pos die volgende agtergrond vir die gedig: “Dit is geskryf in die ateljee in Katalonië toe die doeke as 't ware hulle kisklere moes kry om reisvaardig te wees en dalk onder valse voorwendsels in 'n ander omgewing hulle ding moes gaan doen. ('n Doek is by wyse van spreke altyd 'n vermomming.) 'n Omgewing wat nogal sterk bepaal is deur persepsies en verwagtinge van die mense wat sou kom kyk. Ek het simpatie met hulle (die doeke) gehad, dat hulle blootgestel sou word (ver van hulle ontstaansplek) aan betragtings en oorwegings wat eintlik op valse grond (of aannames) moes berus. Maar dat ek eintlik niks meer vir hulle kan doen nie.”

breytenlaurensDie skilder-digter het die ongepubliseerde gedig beskikbaar gestel vir plasing op LitNet. Die gedig is in Nederlands vertaal deur Laurens van Krevelen, kenner van Breytenbach se digkuns en skilderkuns. Hy het toestemming verleen dat die vertaling onder sy skrywersnaam, Laurens Vancrevel, hier gepubliseer mag word.

Die “aanpraat” van die skilderye deur hulle skepper word voortgesit deur die gesprek tussen doek en kyker; gedig en vertaling; digter, vertaler en leser.

aanpraat_prent600

Fotograaf: Marjory van der Merwe

 

Hier volg Breyten Breytenbach se gedig:

die aanpraat van die skilderye aan die vooraand van hulle blootstelling (ter afskeid)

- “le parti pris de choses qui se contrefoutent du regard comme de la conscience” - Heidegger
- “maul halten und weiter dienen!”

hang nou mooi saam
moenie mekaar bejaloers en gaan guls
na lig en aandag nie
al is dit so dat alle ontnagting lig is
ook al duur die wonder net ʼn eendagsglimps

gun elkander die plesiertjie van ʼn kyk
elke hond kry immers sy notisie en snyerspak
elke afskuwelikheid haar begrinnikende laggie

gedra julself met die waardigheid van koes-koes inkommers
wat onder ander aanskynsel gebore is
toe voëls nog gemakwerekwere
en die aande oorkant die ateljee geheuwel het
al is dit so dat die heuwel nou met somber voue
hier tussen julle weg kom kruip

moenie aanstoot neem wanneer betragters
voor julle kom staan en giggel
en die gek met julle skeer nie –
wat sou hulle ook kon weet
van tot beelding kom se sleepsiektes
en hoe sal hulle julle gebreke kan lees?

julle wat ouer en meer gekonfyt mag wees
in die na-aap van Europese tierlantyntjies
moet tog mooi omsien na die nuwelinge
op Afrikaanse bodem
wat nog nie gebloed is
in openbare onsedelikhede nie

mits dese gee ek julle oor aan die oë van vreemdes:
eintlik vergestalt julle dit wat dood en verby is
maar miskien is daar ʼn tweede lewe
vir dié wat dalk aangeneem
in ʼn onbekende omgewing tereg gaan kom
onder ander name
met ander woorde
terwyl besitters en bekykers allerhande uitleggings
en relase aflees
maar wat maak dit saak waar julle vandaan kom?

steur julle nie daaraan nie
die Here weet dat dit in ieder geval
beter is as om terug te moet keer na die ateljee
en daar gesig teen die muur te gaan staan en vrek

wees verseker dat julle nie herken of uitgedop sal word
onder die lae verf nie
want wat sou beloerders ook kon verstaan
van voortlewe en van stolling?

steek julle kreupelhede weg
dat mense dit nie aansien vir betekenis
agter gebare sonder kop of stert nie:
die groustaar van ʼn oog hier
ʼn krom hand daar …
julle vuiste is hoeka kluiterig geskilder

maar dit hoef nie te beteken
dat julle nie moet hande vashou
om saam ʼn moontlike besoeker
die hoof te bied nie

wat baat dit om simpatie te soek?
onthou julle kom sonder boodskap van nêrens

wat my betref:
nie een van ons kom ongeskonde uit die omgang
en nou die oogskille nie:
as ons mekaar weer raakloop
sal ek voorgee ek ken julle nie
al sou ons wel verder as die voue onthou
julle en ek
dat die hand wat ek op julle gelê het
                       dalk onhandig was
(wat sou ek tog kon weet van aai)
                      maar kwasgedoop in liefde

ek sal vir seker in ʼn ander gedaante
elders hoereer en bloedskande pleeg
met julle nakomelinge –
en soos hier woorde verdig en slimstories smous
want dis niks minder as reg
vir ʼn ou gek nie

weet egter ook dat ek in die nanagspieël
die nagmerrie van berou sal hoor runnik
en snork op die heuwel
waar ʼn droom die maan probeer skink
en van die hand tot die mond
net ʼn padda slukverdrink

 

Hier volg die vertaling van Breyten Breytenbach se gedig:

Praatje voor schilderijen op de avond van hun blootstelling (bij het afscheid) 

- “het vooroordeel der dingen die lak hebben aan het kijken en het geweten” – Heidegger
- “Maul halten und weiter dienen!”

hang nu maar mooi samen
wees niet jaloers op elkaar en zeur niet
om licht en aandacht
ook al is alle ontnachting licht
en duurt het wonder een ééndagsglimp lang

gun elkaar de lol van een kijkje
elke hond krijgt immers zijn kritiekje en zijn maatkostuum
en alle rotzooi zijn begrinnikende lachje

gedraag je met de waardigheid van stille insluipers
die onder een ander aanschijnsel geboren zijn
toen de vogels nog allochtonend kwetterden
en het atelier aan de overkant beheuvelden
al begint de heuvel nu met sombere plooien
weg te kruipen tussen jullie in

erger je niet wanneer kijkers
voor jullie stilstaan en dan giechelen
en de draak met jullie steken –
wat weten die lui tenslotte
van hun slepende ziekten die tot uitbeelding komen –
en hoe zouden zij jullie gebreken kunnen lezen?

jullie zijn misschien wel wat ouder en meer doorkneed
in het na-apen van Europese frutsels
maar jullie moeten toch eens kijken naar de nieuwelingen
van Afrikaanse bodem
die nog niet zijn ingelijfd
bij de openbare onzedelijkheden

bij deze geef ik jullie over aan de ogen van vreemden
eigenlijk belichamen jullie wat dood is en voorbij
maar misschien is er een tweede leven
voor degenen die geadopteerd
in een onbekende omgeving terecht komen
onder andere namen
met andere woorden
terwijl bezitters en bekijkers allerlei uitleg
en verslagen daaruit aflezen
maar wat maakt het uit waar jullie vandaan komen?

stoor je daar niet aan
de Here weet dat het in ieder geval
beter is dan om terug te moeten keren naar het atelier
en daar met je gezicht tegen de muur te staan om te verrekken

wees ervan verzekerd dat jullie niet worden herkend of uitgepeld
van onder de verflagen
want wat begrijpen loerders nu helemaal
van voortleven en van stolling?

stop je gebreken weg
zodat de mensen die niet aanzien voor betekenis
achter gebaren zonder kop of staart:
de grauwe oogstaar hier
een klomphand daar...
jullie vuisten zijn zo klonterig geschilderd

maar dat hoeft nog niet te betekenen
dat jullie je handen niet ineen moeten slaan
om samen een mogelijke bezoeker
het hoofd te bieden

wat baat het om sympathie op te wekken?
onthoud dat je van nergens komt zonder een boodschap

wat mijzelf betreft:
geen van ons komt ongeschonden uit de omgang
ook onze oogschellen niet:
als we elkaar weer tegen het lijf lopen
zal ik doen of ik jullie niet ken
al onthouden we vast wel achter de plooien
jullie en ik
dat de hand die ik op jullie heb gelegd soms onhandig was
(wat weet ik nou van aaien af)
maar het penseel was in liefde gedoopt

ik zal vast en zeker in een andere gedaante
elders weer hoereren en incest plegen
met jullie nakomelingen –
en net als nu woorden gaan verdichten en praatjes verkopen
want dat is niet minder dan het recht
van een oude gek

weet ook dat ik in de nanachtspiegel
de nachtmerrie van berouw zal horen hinniken
en snurken op de heuvel
waar een droom de maan probeert uit te schenken
en dan van hand tot mond
als een pad verdrinkt in een slok

  • 8

Kommentaar

  • Baie dankie vir die plaas van hierdie besonderse doekgedigjuweel! 'Kwasgedoop in liefde' sal my altyd bybly. Om van die slotverse nie eers te praat nie ('slukverdrink'). En die verhouding loerder/doek!
    Op die tweede laatste dag van die wonderlike uitstalling was ek bevoorreg om 'n
    loertjie in te kry. Waar kan ons in die toekoms die twee doekgedigte beloer? Hopelik
    ook in 'n nuwe digbundel.

  • Avatar
    Francis Galloway

    Engela, "All One Horse" is aanvanklik in 'n Nederlandse vertaling gepubliseer (Amsterdam: Meulenhoff, 1989). Daarna verskyn die Engelse weergawe in Suid-Afrika (Bramley: Taurus, 1990) en later in die VSA (New York: Archipelago Books, 2008). Daar is nie 'n Afrikaanse uitgawe nie.

    • Dankie Francis vir jou noukeurige antwoord. Dat daar nie 'n Afrikaanse uitgawe is nie
      het ek gevrees. Wat 'n leemte!

  • Avatar
    Breyten Breytenbach

    Beste Engela (as jy nie omgee dat ek intjip op julle gesprek nie),

    All One Horse se verskyning is destyds gekoördineer juis deur Laurens van Krevelen toe hy nog by Meulenhoff Uitgeverij werksaam was. Die boek het in Engels, Duits, Frans, Nederlands, Sweeds ... verskyn. In Suid-Afrika was die uitgewers Taurus. Engels is as brontaal gebruik deur al die uitgewers. Al die uitgawes was van dieselfde formaat en die visuele materiaal is deur die Nederlanders versorg. Archipelago Books het veel later die Amerikaanse weergawe oorgeneem en in 2008 dit herpubliseer in kleiner formaat - en dit skitterend gedoen. Daardie weergawe is ook in e-boek formaat (Amazon) beskikbaar.

    Mens weet nooit of die eier voor die hoender kom of andersom nie. Met AOH, onthou ek, het van die waterverfwerke voor die tekste ontstaan. Die bedoeling was om 'n hegte produk te maak. Van die motiewe en 'karakters' in die bundel smous ook van verhaal tot verhaal. Die naelstring vir my met Anderkant (seker ook die onderbewuste, soms) bly Afferkaans. Sommige flardes van hierdie stories - wat dan in die oorspronklike taal is - het seker ook in Woordwerk vasgewaai.

    AOH het nooit in Afferkaans verskyn nie. Of dit sou kon - nou die nog lewende lyk van die taal na die armmansgrafkuip gekruiwa word met al woord wat hy nog kan uitkry waarskynlik "koebaai" is, is nie duidelik nie. Mens wil nie die pragmatiste laat verstik aan angsaanvalle nie. Die skadu is egter daar.

    Afrikaans is skaduweetaal.

    Hartlike groete

    Buiteblaf Blackface

  • Beste Buiteblaf Blackface
    Waardeer jou intjip geweldig. En die hoogs interessante publikasie- en ontstaansbesonderhede. Op my rak staan die pragtige ALLES EIN PFERD tussen die ysterkoei moet sweet en The Memory of Birds in Times of Revolution. Het die
    Duitse uitgawe van All One Horse dikwels (en suksesvol - alle ontvangers 'begeistert') as verjaardag- of weersiensgeskenk aan vriende gegee.
    Mi is die peer (oor)ryp vir 'n uitgawe in die taal wat na die kontinent vernoem is!
    Sien die perd al heerlik galoppeer deur Boschdorp se trotse strate - miskien met 'n skoppie of twee in die regte rigting.
    Groete uit Berlyn
    Engela Geyer

  • Avatar
    Paula Hartzenberg

    En wie is meer geskik om die vertaling aan te pak as hierdie vertaler en groot Breyten-aanhanger, Engela self? Sy het Alles ein Pferd ook vir my present gegee 'n klompie jare gelede, toe ek moes sweet met die Duitse woordeboek in my saalsak om die perd te verstaan en hy al wou uithol onder my uit ... weet nou nog nie mooi of ek daar/hier is nie ... self 'n aanhanger ... al is ek soms aan die leisel gesleep.

  • Dankie vir die vertroue, Paula. Daar is egter net een ruiter vir hierdie perd - die meester self.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top