Anne-Marie Mischke skryf in “Elders gesien: Ruk die toe-eieningsdebat nie hande uit nie?”:
“Maar interessant die toe-eieningsondertoon. Die Johannesburg Contemporary Art Foundation se gids, ’n aangename jong man van so in die dertigs, kon sy sterk gevoelens oor Stern se gebruik van ‘swart liggame’ nie wegsteek nie, veral soos in haar vroeëre werk, toe dit soort van objektivering was, minder so in die skildery wat tans uitgestal word.”
Breyten Breytenbach reageer:
Na aanleiding van Me Mischke se verwysing na Frida Kahlo. Ek stem met haar saam: Ganôg es ganôg van hierdie infantilisme van vervreemde inheems-egte fasciste!
Ek onthou dat een van my werke (nie so watwonders nie) wat deur ’n versamelaar aan die Universiteit van Kaapstad geleen is en daar iewers uitgehang het “aanstoot” gegee het en op aandrang van die versugters-na-Westerse-verbruikersweelde-barbare verwyder is.


Foto’s: Breyten Breytenbach
Lees ook op LitNet:


Kommentaar
Samelewings het deur die eeue van mekaar geleen of gesteel. Imitation is the sincerest form of flattery. Kuns en kos is waarskynlik van die beste voorbeelde.
’n Jaar of twee, drie gelede het ’n student met Chinese agtergrond by een of ander Amerikaanse kampus haar opgeruk omdat die spysenier aldaar ’n dis genaamd Generaal Tsao se hoender kwansuis nie korrek voorberei het nie. Kulturele toe-eiening, het sy uitbasuin.
In werklikheid het hierdie dis sy oorsprong in die VS van A gehad en was dit geheel en al nie Chinees van oorsprong nie.
Interessant dat die sogenaamde “onderdruktes en gemarginaliseerdes” na hartelus kan toe-eien. Voorbeelde is legio.
In ek dink Portland is twee Amerikaanse vroue deur ’n social justice-gepeupel verhoed om Meksikaanse straatkos te verkoop.