...
Al word sy vandag as ’n Mexikaanse kunstenaar gehuldig.
...
Anne-Marie Mischke skryf op Facebook:
Uiteindelik het ek gister my beurt gekry om die Frida Kahlo-skildery te sien, nadat ek meer as twee maande gelede ’n afspraak gemaak het. So lank was die waglys.
Die wag was die moeite werd, ook vir die bonus, die kennismaking met Amrita Sher-Gil se werk, wat saam met een van Irma Stern uitgestal is.
Maar interessant die toe-eieningsondertoon. Die Johannesburg Contemporary Art Foundation se gids, ’n aangename jong man van so in die dertigs, kon sy sterk gevoelens oor Stern se gebruik van “swart liggame” nie wegsteek nie, veral soos in haar vroeëre werk, toe dit soort van objektivering was, minder so in die skildery wat tans uitgestal word.
Maar toe kom dit weer met Kahlo ter sprake, weens haar oorvloedige gebruik van die Mexikaanse kultuur. Al het sy aan moederskant Mexikaanse bloed gehad. Al het sy die Mexikaanse kultuur geabsorbeer. Al word sy vandag as ’n Mexikaanse kunstenaar gehuldig. Al word haar werk in ’n spesiale museum in Mexiko gehou ...
Ruk die toe-eieningsdebat (appropriation) nie hande uit nie?