
Jan Heunis (foto: Naomi Bruwer)
Toespraak deur dr JC Heunis SC, president van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch, by geleentheid van die Algemene Jaarvergadering van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch op Donderdag, 10 November 2022
Lees die volledige Khampepe-verslag hier.
’n Beter voorbeeld van institusionele harakiri as die aanstelling van oudregter Khampepe “to conduct the enquiry into incidents of racism and harrassment related to racism” en haar verslag, kan ’n mens jou kwalik voorstel.
As sy nie redeloos en op sterkte van ongetoetste getuienis die Alumni en die Konvokasie ongekwalifiseerd by die hare ingesleep het nie, kon hierdie kommentaar dalk agterweë gebly het.
In Du Preez and Another v Truth & Reconciliation Commission Chief Justice Corbett inter alia said and I quote: “The audi principle is but one facet, albeit an important one, of the general requirement of natural justice that in the circumstances postulated that the public official or body concerned must act fairly.”
Having postulated the question: “What does the duty to act fairly demand of the public official or body concerned?” he proceeds to quote with approval from the speech of Lord Mustill in Doody v Secretary of State for the Home Department and other appeals the following: “Fairness will very often require that a person who may be adversely affected by the decision will have an opportunity to make representations on his own behalf either before the decision is taken or with a view to producing a favourable result, or after it is taken, with a view to procuring its modification, or both. Since the person affected usually cannot make worthwhile representations without knowing what factors may weigh against his interests fairness will very often require that he is informed of the gist of the case which he has to answer.”
Hierdie regte van die Konvokasie en die Alumni is deur die Kommissie in die wind geslaan.
Laat ek begin deur ’n paar algemene opmerkings te maak. Die eerste is dat dit jammer is dat, soos gebruiklik, die Bestuur hierdie inisiatief op sy eie geneem het sonder om met die Raad of die Konvokasie oorleg te pleeg.
Die uitkoms illustreer vir die soveelste keer dat dit nie altyd in die belang van die Universiteit is om altyd net te gee en toe te gee nie, want daar is mense wat jy nooit tevrede sal stel nie. Daarbenewens laat jy jou optrede dikteer deur redelose aansprake en op die ou end, wanneer daar niks meer is om te gee nie, het jy niemand tevrede gestel nie.
............
Die uitkoms illustreer vir die soveelste keer dat dit nie altyd in die belang van die Universiteit is om altyd net te gee en toe te gee nie, want daar is mense wat jy nooit tevrede sal stel nie. Daarbenewens laat jy jou optrede dikteer deur redelose aansprake en op die ou end, wanneer daar niks meer is om te gee nie, het jy niemand tevrede gestel nie.
.............
Die tweede is dat daar ’n geneigdheid is om rassisme onder elke bos uit te krap.
Wanneer, byvoorbeeld, ’n swart man en ’n wit man ’n argument het, dan is dit ’n argument tussen twee mans, nie ’n rassistiese voorval nie.
As hulle in ’n motorbotsing betrokke is, dan kan een of albei nalatig gewees het, maar dit is nie ’n rassistiese insident nie.
’n Jaar gelede het 4 gewapende swart mans my huis binnegedring, my vrou aangerand en haar juweliersware geroof. Dis ’n gewapende roof, nie ’n rassistiese voorval nie.
Gebeure soos hierdie een kan rassisties gemotiveer wees, maar dit is nie per se rassisties nie, en daar moet daarteen gewaak word om dit nie summier as rassisties te tipeer nie.
So ook is daar in die debat wat die Konvokasie met die Bestuur voer oor gelykberegtiging van Afrikaans aan die Universiteit nie sprake van rassisme nie; nie sprake van ontsegging nie. Dit gaan oor ’n aanspraak op ’n grondwetlike reg wat, terloops, probeer verhoed dat die Universiteit uiteindelik ’n Engelse eiland omring deur ’n see van Afrikaanse inwoners in hierdie dorp en in die provinsie word.
..............
So ook is daar in die debat wat die Konvokasie met die Bestuur voer oor gelykberegtiging van Afrikaans aan die Universiteit nie sprake van rassisme nie; nie sprake van ontsegging nie. Dit gaan oor ’n aanspraak op ’n grondwetlike reg wat, terloops, probeer verhoed dat die Universiteit uiteindelik ’n Engelse eiland omring deur ’n see van Afrikaanse inwoners in hierdie dorp en in die provinsie word.
...............
In sy 8 November-verklaring ná ontvangs van die Khampepe-Kommissie se verslag sê die rektor: “Ons bestudeer tans die verslag en wy al ons aandag aan die bevindings en aanbevelings.”
Die rektor sê ook: “Oudregter Khampepe het verskeie aanbevelings gedoen wat ons nou bestudeer. Ons sal die bevindings evalueer en aksieplanne saamstel om die sake te hanteer wat verbeter moet word en aandag moet kry.”
As hy dit maar gedoen het, maar desnieteenstaande sê hy in dieselfde verklaring:
- “Met die oog op die toekoms beskou ons egter hierdie Kommissie as ’n belangrike belegging in die welstand van ons Universiteit.” Dit is niks van die aard nie;
- “Dit is ’n ontnugterende oomblik vir die Universiteit. Ondanks ons doelbewuste transformasie pogings tot nou toe, is dit duidelik dat swart personeel en studente nie hier welkom voel nie”;
- “Ons moet nou die werklikheid in die oë staar dat daar ’n gaping is tussen ons bedoelings met transformasie-inisiatiewe en hoe dit in werking gestel word”;
- “Ons sal baie hard moet werk om ons institusionele beloftes te belyn met alles wat in die praktyk en op voetsool vlak gebeur”;
- “Hoewel baie bevindinge in die verslag bemoedigend is vir die Universiteit, is spesifieke denkfoute ook geïdentifiseer. Daar lê in die belang van ál ons studente en personeel baie werk voor vir die hele US, met opregte bedoeling om verwelkomend en inklusief te wees.”
Dit is gister gevolg deur ’n mediakonferensie waar die rektor verder gegaan het en gesê het dat die verslag die getuienis duidelik uiteensit en dat ons die oudregter se evaluasie daarvan moet aanvaar.
Hierdie uitsprake is op sigself aanvaarding van ’n verslag wat, om dit sag te stel, nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.
Die rektor sê vervolgens: “Die Kommissie het die ondersoek deur middel van geslote verrigtinge onderneem ten einde vertroue in die ondersoek te skep en om openhartige deelname op ’n breë grondslag aan te moedig.”
Waar is die deursigtigheid? En hoe beoordeel ’n mens die Kommissie se verslag in die lig van getuienis waarvan die enigste bron die Kommissie se opsomming en vertolking daarvan is?
Voeg hierby dat die Kommissie se prokureur, wat deur die oudregter aangestel is, verantwoordelik was om die getuienis van getuies voor die Kommissie aan te bied, onderhewig aan die oudregter se direktiewe. Daarbenewens maak die reëls waarvolgens die Kommissie sy werksaamhede vervul het, uitdruklik voorsiening daarvoor dat dié prokureur leidende vrae kon vra.
...........
Waar is die deursigtigheid? En hoe beoordeel ’n mens die Kommissie se verslag in die lig van getuienis waarvan die enigste bron die Kommissie se opsomming en vertolking daarvan is?
Voeg hierby dat die Kommissie se prokureur, wat deur die oudregter aangestel is, verantwoordelik was om die getuienis van getuies voor die Kommissie aan te bied, onderhewig aan die oudregter se direktiewe. Daarbenewens maak die reëls waarvolgens die Kommissie sy werksaamhede vervul het, uitdruklik voorsiening daarvoor dat dié prokureur leidende vrae kon vra.
..............
Paragrawe 3.1 tot 3.3 van die reëls bepaal dat die Kommissie sy ondersoek agter geslote deure moes hou, dat die identiteit, persoonlike inligting en getuienis van getuies vertroulik beskou moes word.
Die reëls bepaal ook dat die Kommissie getuienis kon ontvang wat in ’n geregshof ontoelaatbaar sou wees, soos hoorsê-getuienis.
Reël 6.1 bepaal dat getuies geroep sou word om getuienis te gee ooreenkomstig die diskresie van die oudregter en dat haar besluit in dié verband ingelig sou word deur die oënskynlike betekenisvolheid van die getuienis ter bevordering van die Kommissie se werk.
Ek sê weer, dit staan vierkantig in die pad van deursigtigheid en verantwoordbaarheid.
Saamgenome is hierdie bepalings ’n resep vir wat die uitkoms toe in werklikheid was – ’n versameling ongetoetste bevindinge, sonder dat weerleggende of moontlik weerleggende getuienis aangebied is, wat ooreenstem met vooropgestelde standpunte. Die Kommissie het gekom waar dit wou wees.
Met verwysing na die insameling van getuienis sê die verslag: “The University provided a list of suggested witnesses, including students and members of staff and management, who in its view would provide relevant evidence.” Ek is bereid om ietsie te verwed dat Jonathan Jansen en Leslie van Rooi, werknemers van die Universiteit wat hulle eie politieke agendas met oorgawe en breedsprakigheid dryf, onder daardie getuies tel.
Laat ek vir u voorbeelde uitlig waartoe hierdie werkswyse aanleiding gegee het. Veronderstel dat ’n getuie in die geheim die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie of Alumni in die breë beskuldig het van een of ander denkbeeldige vergryp, hoe sou weerleggende getuienis aangebied kon word, as niemand daarvan weet nie, indien die oudregter nie die beskuldigdes geroep of versoek het om te kom getuig nie? Reël 8 bepaal immers: “The decision to call the witness is at the discretion of the Chairperson.” Nodeloos om te sê die oudregter het self die reëls gemaak.
Volgens paragraaf 7 van die verslag: “The Commission’s Terms of Reference required that the identities of all witnesses who provided evidence during those processes to be treated as confidential.” Paragraaf 9 van die verslag lees soos volg: “Thereafter [dit is nou nadat relevante dokumentêre getuienis ingesamel is], the Commission issued an open call for submissions that allowed all members of the University community an opportunity to make full and confidential written submissions on matters relating to the Terms of Reference.” (My beklemtoning.)
Nou wie sou nou kon dink dat die Kommissie se opdrag tot ’n bevinding sou kon lei daartoe dat “the history of the University and the symbolic meaning that it has acquired for certain members of the White, Afrikaans community poses challenges to transformation at the University. This is because there are people, both within and outside of the University, who believe that the University is culturally significant to Afrikaners and that the status quo should accordingly be preserved.”
So asof die status quo Afrikaanssprekendes bevoordeel!
Dit word gevolg met: “These sentiments manifest in external pressures being exerted on the University by Alumni and various political and interest groups, and in resistence from White, Afrikaans students who attend the University hoping to have the same experience of University life that was on offer at the University many years ago.”
Dit is insiggewend dat volgens die verslag “the call for submissions summarised the Terms of Reference, and invited submissions from ‘all students and staff members who possess any knowledge or experience that relates to the Commission’s work’”. Ten spyte van die voor die hand liggende tekortkominge van hierdie uitnodiging het die Kommissie soos volg bevind: “I am satisfied that the Commission was diligent and thorough in its efforts to invite submissions and hear the voices of all members of the University community, and that its call for submissions was effective and met the requirements of the Terms of Reference.”
Wie sou kon dink dat hierdie opdrag van die Kommissie, in die lig van die feit dat die Universiteit so te sê ’n volledig-Engelse instelling geword het, en dat die taalbeleid saakmakende voorkeur aan Engels as ’n taal van onderrig gee, tot die volgende bevinding aanleiding kon gee: “Although the University’s commitment to multilingualism cannot be faulted in theory, the reality is that the historical preference for Afrikaans endured at the University despite the language policy’s inclusion of English and isiXhosa. Moreover, complaints of racialised exclusion through the Afrikaans language came up repeatedly.”
Die oudregter het duidelik nie die moeite gedoen om die taalbeleid te lees nie. Sy weet waarskynlik ook nie dat alle vergaderings van US-strukture wat ek bywoon, volledig in Engels plaasvind nie.
Verder aan bevind sy soos volg: “In short, the language policy is causing the University to incur a great deal of its resources in time and money, simply to appease one group at the University. I am very familiar with the constitutional imperative to not deprive Afrikaans-speaking students of their existing enjoyment of the right to be educated in their language of choice without appropriate justification. However, I am dubious as to whether the current language policy is benefiting the University as a whole. It seems to me that what is framed as a commitment to multi-lingualism has mostly just resulted in the University having to expend a disproportionate amount of resources on the Afrikaans language.”
En wie sou kon dink dat voldoening aan die Kommissie se opdrag tot die volgende bevinding sou lei: “It is perspicuous (clearly expressed and easily understood) that the University’s transformation project has been affected by external influences, including the Alumni and various political interest groups.”
En verder: “While a fair amount of evidence indicated that the Alumni make positive and generous contributions to the University in terms of their time and financial resources, there was also a lot of evidence about the inappropriate and intrusive role that the Alumni play at the University.
My observations are that there have been plenty of instances of the Alumni becoming involved in policy decisions at the University.”
Alhoewel die oudregter in hierdie verband na Huis Marais verwys, sê sy ook, sonder om dit te insidenteer: “However, many other examples are provided too. The trend appears to be that the Alumni tend to involve attorneys which can be a successful and intimidating tactic, as was the case when the Huis Marais Agreement was signed.”
In my ondervinding beteken die feit dat ’n mens ’n prokureur raadpleeg dat jy op jou regte aandring en dit probeer beskerm.
Daar is meer: “On the whole, my impression is not that the Alumni play the most direct role in derailing transformation and change at the University. However, it certainly seems to be the case that the University must constantly watch its step as it attempts to implement changes, as there is a constant threat of litigation from the Alumni, should the University expose itself to any form of legal challenge in the process. It is also the case that the Alumni and external political groups influence the public image of the University. While this does not directly affect the University’s daily business, it fuels tension by feeding the narrative that the University is attempting to cleanse itself of Afrikaans people. It also publicises the idea that the University must remain a herald of Afrikaans culture and pride, which could deter applications from prospective students and staff members who feel they would be unwelcome in this environment.”
Afgesien van die feit dat dit volslae onsin is, kon hierdie bevindinge tog sekerlik nie regverdiglik gemaak gewees het sonder dat die Kommissie ten minste die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie, die Alumni se spreekbuis, ’n geleentheid gegee het om getuienis af te lê en hulle vir daardie doel uit te nooi nie. Per slot van rekening, hoe moes ons weet dat, gegewe die Kommissie se opdrag, sulke lawwe aantygings en verregaande beskuldigings gemaak sou word? Die saaklike punt is dat die Alumni nie ’n geleentheid gegee is om hulle saak by monde van hul gekose verteenwoordigers te stel nie.
En hier is die tersaaklike aanbeveling:
“I must emphasise that there is no inherent prejudice in wanting to speak one’s mother-tongue, but as is true with all things, context matters. The overwhelming impression created by the evidence is that, in the context of the University, the use of English is the preferred language to facilitate inclusivity. With this in mind, and on a conspectus of all the evidence about the tensions and problems created by the University’s multilingual policy, I recommend that the University consider reviewing and revising its language policy to remove the possibility of language exclusion to the preference of Afrikaans.”
Hoe oppervlakkig hierdie verslag is, word byvoorbeeld geïllustreer deur die feit dat die aanbeveling dat die Universiteit sy taalbeleid weer moet hersien “to remove the possibility of language exclusion through the preference of Afrikaans”, gepaard gaan met ’n vermaning dat die Universiteit die Konstitusionele Hof se uitspraak in onder meer die Gelyke Kanse-saak in ag moet neem, in welke saak die Universiteit volgens die Kommissie ’n “conscientious and comprehensive cost analysis” voorgehou het “demonstrating the financial burden of its previous language policy [which] ultimately led the Constitutional Court to conclude that the University had acted reasonably in its decision to change its language policy”.
Die Universiteit het hoegenaamd nie so iets gedoen nie. Die Universiteit het probeer aantoon dat die aandrang op gelykberegtiging vir Afrikaans en Engels as onderrigtale onbekostigbaar was.
.............
Die Universiteit het hoegenaamd nie so iets gedoen nie. Die Universiteit het probeer aantoon dat die aandrang op gelykberegtiging vir Afrikaans en Engels as onderrigtale onbekostigbaar was.
..............
Die feit dat daar geen “comprehensive cost analysis” was, soos in die verslag beweer nie, word geïllustreer deur die aangewese kanselier se uitspraak in daardie saak tot die effek dat hy hom nie kon voorstel dat so ’n groot instelling nie ’n behoorlike kosteberaming sou gedoen het nie. Oudregter Khampepe het klaarblyklik nie die uitspraak, waarmee sy saamgestem het, gelees of verstaan nie.
Hoe selektief die Kommissie met die getuienis te werk gegaan het blyk uit die volgende paragraaf: “Finally, before I proceed to the next group of witnesses, it is worth mentioning that a few points were raised echoing the evidence of other groups of witnesses. The first was the influence of the Alumni. Although some of the Residence Heads said that their experiences with Alumni tend to be positive and constructive, one witness in particular expressed very strong views on the destructive influence of certain interest groups within the Convocation. This witness stated that these groups obsessively push a political agenda at the University and used their power and wealth to make it difficult for the University to transform and change. According to the witness, they do this through litigation and other threatening legal processes, including PAIA requests relating to any decision, no matter how small, involving the use of Afrikaans at the University. The witness emphasised that this forces the University to expend time and resources on dealing with these interest groups, rather than directing them towards the improvement of the University. Lastly, there was also a witness who emphasised that people who challenge and question the status quo at the University always tend to suffer consequences. This relates to what other witnesses said about the culture of silence at the University and the absence of protection for agents of change.”
Die feit dat ongetoetste veralgemenings soos hierdie een, wat in my ondervinding in elk geval van alle waarheid gestroop is en klaarblyklik nie gestaaf is deur ander getuienis nie, tot bevindinge en aanbevelings kon lei soos dié oor Afrikaans waarna ek verwys het, is skokkend-onvanpas.
Lees ook:
Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch
Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor
Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC
DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education
Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is
US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief
A response to Marlene van Niekerk’s contribution to the Stellenbosch University language debate
Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid
Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak
Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"
Universiteitseminaar: Guerrillas en die universiteit wat moet kom
Kommentaar
Ek sal nie eers die moeite doen om Khampepe se volledige verslag te lees nie. Die doel daarvan is slegs om wat die rektor en sy volgelinge wil doen, 'n wettige kleurtjie te probeer gee.
Baie dankie vir 'n sobere en verantwoordelike perspektief. Natuurlik nie wat die deugpronkers sal wil lees nie.
Die rektor en sy top-kohorte kan gerus Heindrich Wyngaard se advies volg... en hulle poste ontruim.
Die regter se verslag, beoordeel op wat adv. Heunis daarvan sê, laat my dink aan 'n eenoog gogga.
Stem, Jan. Goed gestel. Dankie.