Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

“Ek moet erken, ek het bekommerd geraak, want ’n paar maande voor die uitspraak het ek my aansoekvorm aan die US ingevul. Ek het Afrikaans as my moedertaal aangedui, en by die vraag oor in watter taal jy jou studie wil voltooi, het ek ‘Afrikaans’ ingevul. Hoe nou gemaak? Watter valse bemarking is dit dan nou?”