...
My nerves was finshed en ek het die cover met my een hand so hoog bo gehou as mens kan dat niemand kan sien wat ek skryf en tekent nie. Dis privaatgoed, het ek gerekent. Ek was sommer bewerig van skaamgeid. Ouma sal die stuipe kry as sy weet van alles wat mens nou op skool geleer word. Ek wonner en dink.
...
Na hiérdie les was mens se gedagtes partymaals magteloos attracted to onsedelike dinge ... Rêrig. Die lewe is mos maar so. Even hier op Graaffernet se strate het sake so ge-operate.
Toe mens hier in high school gekom het, het mens mos nou beginte van hygiene en biology hoor as subjects, in stede van geography. Mens het mos klaar geweet vannie equator ennie wêreld wat skuins lê – so wat is daar dan nou nog te lere? Toe vat ek toe nou mos maar die biology. Mens gaan nou leer wie’s Adam en wie’s Eva en wat’s hulle difference – só is gesê deur die kinners.
Maar ek’t my doodgeskrik toe Mrs Olivier ons een skoot uit die bloute begin teach het van paddas, geitjies en kuikentjies se goeters en waar hulle se kleintjies nou eintlik vandaan kom. Mensdom! I tell you – bloedrooi geskrik!
Ons moes almal close by the desk gestaan het laat almal kan sien. Ek was altyd inquisitive en skoon uit my nate uit en mens was meesal óf wit geskrik óf rooigesig, want dis mos onder-die-kombers-goed wat Mrs Olivier nou vir ons gaan staat en teach! Haar meisiekind, Marietta, was dan so vroom? Wat gaat Mr Arnott nie sê nie? Hy sal mos innie school report as mens nie attention gee nie?
Maar hoe sal hy nou weet wat on the go is hierso? dag ek, ingedagte.
En toe nou die skaamteloosheid van Mrs Olivier. Ons moes nou almal styfstaan ommie desk laat algar kan siet. And good listen …
Sy’t ’n brulpadda op sy rug laat lê, uitgestrek, en met ’n doktersmes sy maag oopgesny. Sjoe! Jirre! It felt jy gaat ’n floute loop staat en kry! Hoe ashamed sou ekkie nie wees nie.
En soos sy cut mettie mes wat glo tonsils ok kan uithaal, vertel sy van lewer en niertjies en hart en longe en anner goed wat mens niks van wetie. En hierso is waar die babies gemaak wôre, sê sy. En explain! Tjoepstil luister almal verstom soos sy die brulpadda uitmekaar sny!
So dis dan nou waar ek en jy va’daan kom, we think. Alles sulke vreemde groot woorde.
Gelukkig is die padda darem dood, die arme ding. Shame man.
Toe Mrs Olivier, g’n eers slightly skaam, net kwaaigesig voort geverduidelik het en die les end se kant toe staan, het die seunsgoed beginne om die meisies so out the corner vannie oog beloer, met ’n gryns on the dial. En dié girls kyk dan kamtsag weg met bloedrooi gesigte en deins backwards …
Dis mos kasgoed hierdie! Hoe anders dan nou?
Maar mens kon kwalik kloutjie by die oor kry met hierdie nuwe knowledge van jou – nevermaaind die storie agter innie kop vashou. Mens gaat mos tests en exams moet skrywe.
Wanner jy Sondag die sedige en lywige aunties siet sit in die voorste gestoeltes in die kerk, dan kan jy nie help en dink wat jy nou in die skool van geleer het nie. Waar diere va’daan gaan loop staat en kom het. Can you think? En met mense is dit glo symste. Mos ok diere!
Daai dae vat jy niks van ds Du Toit se gepreek huis toe nie. En hy try dan so hard om die sedeloosheid van die town te address. Allie Archer se dinge. Ai, die kwellinge van ’n kind wat nog moet grootword! En a little knowledge is dangerous!
Waar kom daai anties se half dozen of meer babies dan va’daan? Mrs Olivier gaat maar moet explain, dan nou nie? G’n mens kon jou dié konsternasie uitdink nie. In Graaffernet! Of all places!
Dis dan wat mens maar dink. En hier dra dié anties dan nou hul raamlose brilletjies, hoed oppie kop, betrag mens suspiciously – en sing vroom hallelujaliedere voor in die choir. Die onskuld vanselwers.
It’s them wat die koeksisters maak en blancmange vir poeding oppie bazaartafel sit. Ag vaderland! Hoe’t Ouma gemaak? Alla kragtie! My ouma! Dié twee het hoeka in aparte kamers geslaap ok, nog cause why Oupa het mos so hard gesnork. Hoe’t dit dan gewerk?
Maar jy’t mos nou gehoor hoe sê hulle van die jongmense van vandag se tyd wat so out of step is en out of hand. Skoon voor oppie wa. Hand om die lyf en in die agterste ry van die donker bioscope geflirt en gevry. Die plestieklemoene oppie kar se aerials, ducktails en sheilas, Brylcreem en geteased hairstyles! Die twist. Elvis. Tattoos en tailcomb kamme wat by hul kouse uitsteek. Meisiegoed wat so slordig lyk. Wit kouse en swart skoene vir die ouens. En die meisies wat heeltyd loop en Chappies bubblegum kou met hul lippe so rooi gesmeer vannie lipstick. Dis toé wat Lollipop in die “anner tyd” was. Haar jaar het glo net nege maande gehad, nie twaalf maande nie.
Die onkundige onskuldigheid van kinners laat hulle widely fantasise, they say ... Hier het mens nou extra knowledge gekry wat jy boggherol van geweet het. In the first place.
Maar hoe nou gemaak daarmee? Jy’t soveel hanslammers melk gevoer oppie plaas en gesien hoe ’n kalf gebore word met André en oom Andrew se assistance. But nooit dieper gedink of gestry met jouselwers nie – die baby het mos maar uit ’n mens of ’n dier se maag gekom?
Dis seker iets wat mens moes geëet of herkou het, dan nou nie? Wat anners? But dit het ok nie saak gemaak nie.
Maar vir homework moes mens nou dié nuwe geleerdheid loop staat en tekent en skrywe in die homework book. My nerves was finshed en ek het die cover met my een hand so hoog bo gehou as mens kan dat niemand kan sien wat ek skryf en tekent nie. Dis privaatgoed, het ek gerekent. Ek was sommer bewerig van skaamgeid. Ouma sal die stuipe kry as sy weet van alles wat mens nou op skool geleer word. Ek wonner en dink.
Maar bietjie geleerdheid is ok maar ’n problem. Kyk hiersô, jy gaat ok niks vrae vra as jy nie verstaan nie! Oe tog! They’ll say one is stupid. What a to-do!
Maar hoekom dan so baie kinders? En dis meesal dan oumense?
Oupa het dan tien broers en susters gehad innie bos by Knysna. En grootjie Aletta, ma se kant, agt saam met Ouma. Maar Mammie net een suster en ek ok?
En wat van die Voortrekkers en die 1820 Settlers? Mens het dit nie verder geleer in Graaffernet se skool nie.
Anyway, Oupa wou net heeltyd hê ek moet biology los om heeltyd net van Bunsen burners, pipettes, Pythagoras, equations, trigonometry en algebra te leer in science en mathematics, wat ek niks van wou wetie nie. Maar hy was science master by Union High en sy woord was wet by die huis. Mens konnie eers try om teë te stribbel nie. Toe’s die opsny van paddas innie klas en sulke goed by my verby! Forever!
Ja jong, Graaffernet was a funny place!
Kommentaar
Kostelik, en so van pas, mens bloos eintlik nou van verleentheid dat ons so onkundig was oor "daai" goeters! En so goedgelowig ...
Kostelik, jou stories hou mens gevange.
Agge nee, hoe lekker lag ek nou ... van paddas en bybies en sulke goed ... iewers moes jy die fyner workings van alles leer, Elise ... beter kon ek dit nie vertel nie!!! 🤣🤣🤣
Heerlik!
Sulke skryfwerk verdien ’n beter prentjie as ’n ou, generiese voorraad-kiekie.
Die storie hou mens geboei tot die einde. Elise ... jy is ’n wonderlike storieverteller.
Dit was soos al jou vorige skrywes net 'n plesier om te lees. Kan goed hiermee identifiseer.
Remember Mrs Olivier very well, a brisk no-nonsense lady. She made myself and a friend bind our arms together to demonstrate the reproduction of earthworms. Class was killing themselves and we were dying of embarrassment.