Gaan daar ooit vrede kom tussen Israel en Palestina? Ten beste, so lyk dit al meer, kan daar skietstilstande wees met die hoop dat dit meer as ’n paar dae duur.
Maar ongeag van wie die aggressor en wie die slagoffer is, in enige oorlog geld daar reëls, en as daai reëls verbreek word, kan mense en nasies hulleself skuldig maak aan oorlogsmisdade. Rusland word met reg wyd veroordeel vir hulle praktyk om Oekraïnse kinders weg te voer en by Russiese families te plaas. Minder word gesê oor die grootskaalse verkragting van Oekraïnse vroue deur Russiese soldate. Verkragting as oorlogswapen is óók ’n oorlogsmisdaad, maar een waarvan al minder gepraat word. Dis ook nie net vroue wat verkrag word nie. Baie mans wat in die vyand se hande beland, word verkrag. Hier verwys ek nie net na Oekraïne nie; dit gebeur in konflikte dwarsoor die wêreld.

Foto: mikecook1 (Pixabay.com)
Toe die VSA migrante se kinders van hulle ouers geskei het en hulle by Amerikaanse families geplaas het, ook onwettiglik, het die wêreld meesal stilgebly of anderpad gekyk. Maak dit ’n verskil dat daar nie formeel oorlog is tussen die VSA en die lande waarvandaan die vlugtelinge kom (meestal Suid-Amerika en Meksiko) nie? Dit behoort nie, want die ooreenkomste en verdragte het ten doel om weerlose mense te beskerm. Niemand is meer weerloos as mense wat van hul tuiste wegvlug die onbekende in nie.
Sommige kategorieë vlugtelinge is egter blykbaar meer beskermingswaardig as ander, en sommige kategorieë oortreders word meer geredelik veroordeel as ander.
Op Maandag 3 Julie 2023 het Israeliese magte intense aanvalle op die Jenin-vlugtelingkamp in die Wesbank geloods in ’n operasie wat hulle “House and garden” noem. Lug- en grondaanvalle is gekoördineer, met ongeveer tweeduisend troepe betrokke. Dertien Palestyne is gedood, meer as eenhonderd beseer, en ongeveer vierduisend mense moes uit die kamp vlug. Om bewoonde gebiede aan te val, is in stryd met internasionale humanitêre reg.
Waarheen vlug ’n mens as jou vlugtelingekamp aangeval word?
Drie hospitale is tydens die aanvalle, wat vir twee dae geduur het, geteiken. Dit is ’n oorlogsmisdaad.
Médecins Sans Frontières, ’n organisasie wat mediese dienste in konflikgebiede lewer, het op Instagram berig dat Israeliese soldate ambulanse verhoed om toegang tot beseerdes te kry. Dit is ’n oorlogsmisdaad. As ’n digbevolkte gebied soos die Jenin-kamp, met ongeveer twaalfduisend bewoners, aangeval word, kan daar aanvaar word dat meeste van die beseerdes onskuldige burgers is en nie vegters nie. Deur hul optrede is Israel dus besig om te verseker dat onskuldige mense, baie van hulle vroue, kinders en bejaardes, nie die mediese hulp kry wat hulle nodig het nie.
Hoeveel van daai mense gaan nou ledemate verloor, pyn ly of selfs sterf omdat dokters nie by hulle kon uitkom nie? Hoeveel van die siekes wat uit hospitale moes vlug omdat die hospitale aangeval is, is blywende skade aangedoen?
Ek twyfel of daar veel veroordeling van die internasionale gemeenskap gaan kom. Israel is almal se liefling, ten spyte van die vergrype wat plaasvind.
Wat is die gevolg? Vorige grootskaalse militêre operasies het tot intifadas gelei. Intifada is ’n Arabiese woord wat “afskud” beteken, en wat veral gebruik word in die konteks van die Israeli-Palestynse konflik. Hierdie week se aanvalle is die mees intense in ongeveer twintig jaar.
Moet ons gereed maak vir nog ’n intifada?
Dit lyk al meer waarskynlik. Ons kan dit nie bekostig nie, want die konflik sal nie beperk bly tot die grense van die gekontesteerde gebied nie. Al groter dele van die wêreld ervaar konflik. Om state se soewereiniteit te gebruik as verskoning vir menseregtevergrype word al moeiliker om te verteer.
Ons kan nie meer oë toemaak en wegkyk nie. Oorlog, ’n oorlog wat die hele wêreld betrek, word al meer moontlik.
Ons kan dit eenvoudig nie bekostig nie.
Kyk ook op LitNet:
Lees ook in LitNet Akademies:
Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina
Kommentaar
Dankie Bettina. Dis diep ontstellend dat dubbele standaarde in menswaardigheid en in die toepassing van internasionale reg heers - én dikwels geregverdig word op godsdienstige gronde. Dalk weet die meeste mense net nie regtig wat regtig aangaan in Israel en Palestina nie? Waardeer jou bydraes.
Dis waar dat oorlogsmisdade oraloor volgens dieselfde standaarde beoordeel behoort te word. Daarvoor is daar internasionale organisasies wat dit opteken en beskryf, wanneer dit gebeur. Mens hoop dat hulle ook in hierdie geval in Israel sal betrokke raak. Daar is al meer as 80 000 oorlogsmisdade in Oekraïne opgeteken. Jy probeer heeltyd Rusland se brutale inval in Oekraïne, en die gruwelike misdade wat hulle daar pleeg relativeer met voorbeelde uit ander oorde. Duidelik begryp jy nie die verskil in skaal nie. Verder begryp jy ook nie dat die futiliteit van relativering in beide rigtings werk nie. Dis ook duidelik dat jy jouself delikaatweg probeer herposisioneer in lyn met die regering se sogenaamde neutrale houding ten opsigte van rusland, vir die behoud van jou status as SA radical. Maar dis flou en heeltemal deursigtig. One wrong doesn't make a thousand wrongs right.
Eben Viktor alweer besig met emosionele politieke plakkery. Hy oorweeg nie gebruik van Brittanje se skenking gebruikte-uraan kanonkoeëls of VSA-trosbomme aan Oekraïene, as misdaad teen die mensdom nie. Hy ly aan blatante tonnelvisie.
Zelenski is net so relatief, soos koue skouer by NAVO-beraad, waar geen spreekbeurt gegee was tydens die beraad van lidlande nie. Verder het hul hom seepkissie in sy-straat gegee buite beraad. Waarom moet SA Oekraïene ondersteun, Eben Viktor? Gee asb motivering vir my vraag, nie hoop emosionele plakkery nie. SA is nog steeds 'n BRICS-lid eerstens en ook nie bereid om militêre steun te gee aan Oekraïene nie.
Op RT word daar natuurlik nie vertel dat rusland al vir die duur van die oorlog (ekskuus, "spesiale operasie" - dis nou om Oekraïne te "de-Nazifiseer" deur missiele op woonstelblokke af te vuur) fosfor- en trosbomme gebruik nie. So gepraat van misdade teen die mensdom. Mens moet tog maar sorg dat jy meer ingelig raak as jy aan 'n gesprek hieroor wil deelneem.
Ja die artikel skrywer eet lyk my als op vir soetkoek wat sy op die internet en op TV gevoer word. Hans Richardt, ek sien nie dat Eben Viktor gesinspeel het daarop dat die SA-regering Oekraïne moet ondersteun nie. Die SA-regering was nog nooit juis bekend vir rasionele beleid en besluite nie. Baie bekend vir korrupsie en self-verryking, ja. Die SA regering is 'n Brics-lidland, onder meer omdat hulle anti-Westers is, behalwe waar hule voordeel kan trek uit iets. Oekraïne moet doen wat hulle moet om hulself te beskerm. Van wat ek in die media gesien het, het Rusland die agressie begin en is Oekraïne heeltyd op die agtervoet. Ongelukkig is NAVO se leierskorps 'n klomp slappes wat te bang is om direk betrokke te raak met Rusland en Oekraïne vir eers aan 'n lyntjie hou in die hoop dat die oorlog tot 'n einde sal kom sonder om Zelensky toe te laat.
Johan Steyn, dan is ek ook geregtig op my opinie.
Wikimedia en Wikipedia se inligting oor bv ANC se geskiedenis verwys nie na die ANC-hoofkantoor in Londen of vele ANC-gedrewe betogings op bv Trafalgar-plein teen "apartheid" en vir boikotte en sanksies nie. Die wonderlike "weste" was die wit Afrikaner se adder aan sy boesem. Dulcie September, ANC hoof in Parys Frankryk, is in sluipmoord gedood. Die "wonderlike" Hollanders het in Den Haag ANC en Yanks in Faschington het die ANC-sanksies ondersteun.
Buitendien is Rusland een republiek van die federale Russiese Federasie. Kry jou terme en denke reg.
Holland is eintlik net die twee provinsies Noord- en Suid-Holland tesame. Die Koninkryk van die Nederlande bestaan uit 12 provinsies. Dit moet eintlik die "wonderlike" Nederlanders wees.
As BRICS-lidland, hoef ons nie vanaf Oekraïne enige graan in te voer of enige handel te dryf met die Zelensky-regime nie.
Sou die Afrika-Unie gesamentlike magte wel wapens en ammunisie vir oorlog in Cabo Delgado of DRK invoer, hoef ons niks aan VSA te antwoord daaroor nie. Sitrusboere kan ander markte vind vir hul produkte, met baie minder kostevereistes as bv die VSA of EU.
AGOA is geen swaard oor ons koppe nie.
Hoera vir die Zelenskyi regime! Hoera vir vryheid en demokrasie! Intelligente mense maak die regte keuse as dit kom by tirannie, terrorisme en onderdrukking. Slava Oekraïni!
Die “rashiste” (russiese fashiste), soos hulle deur Oekraïners en ander vrede- en vryheidliewende mense genoem word, se terreurveldtog teen Oekraïense burgers duur voort. Laasnag is Mykolajef, 'n stad met ongeveer 'n halfmiljoen mense in die Suid-ooste van Oekraïne, weer aangeval, en 'n drieverdieping woonstelblok is deur 'n missiel getref. Die liggaam van een persoon is sover onder die puin uitgehaal. Negentien mense is beseer. Odessa, aan die Swartsee, is vir die tweede nag met missiele en Shahed-hommeltuie aangeval. Woonstelblokke word geteiken, waar geen militêre basisse naby is nie. Mense kan meer hier lees.
Dis om hierdie redes dat die russiese federasie eenparig deur die Europese Unie as 'n ondersteuner van staatsbeheerde terrorisme benoem is.
Die Oekraïense regering geniet wye steun onder die bevolking; Wolodymir Zelenskyi se steun staan op meer as 90%. Ek het spottenderwys in my vorige kommentaar die woord “regime” gebruik in antwoord op ‘n ander kommenteerder; dit word ‘n “regime” genoem deur die russe en ander tirannie- en terreurliefhebbende mense wat die indruk wil skep dat dit ‘n wederregtelike regering is wat die bevolking “onderdruk”.
Net terloops aan Bettina; dis nie net vrouens wat verkrag word deur russiese soldate in Oekraïne nie, dis ook mans en kinders. Volgens die Onafhanklike Internasionale Komissie van Ondersoek in Oekraïne, wissel die ouderdomme van slagoffers van 4 jaar tot 80 jaar.