Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Sakkie Spangenberg

  • 2

Sal die konflik tussen Israel en die Palestyne ooit opgelos word? 

Freek Robinson gesels met Sakkie Spangenberg, professor emeritus en navorsingsgenoot verbonde aan die Departement Bybelse en Antieke Studie aan Unisa.

Lees ook op LitNet Akademies en LitNet:

Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina

LitNet Akademies Weerdink: Trump, Palestina en Israel

Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

Israel en Palestina: draadsit raak nou ’n luukse

Israel: ondubbelsinnig ondemokraties

  • 2

Kommentaar

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    Insiggewende onderhoud wat perspektief gee op die geskiedenis met klem om feitlike gegewens eerder as die oorvereenvoudigde bybelse 'verwysings' wat na eie persoonlike wil ten gunste van die Zioniste geïntrepeteer word.

    Ondersteuners van Israel sal uiteraard niks hiervan glo nie, omdat dit nie hulle siening en vooropgesette idees ondersteun nie. Ongeag wie wat glo, die status quo kan nie langer gehandhaaf word nie. Die Palestyne sal óf 'n volwaardige onafhanklike staat moet kry, óf hulle sal volwaardige burgers van die Staat Israel moet word. Dis egter te betwyfel of Israel aan enige van die twee oplossings sal toegee.

  • Avatar
    Awie v staden.

    Sakkie, jou onbybelse rede is absoluut uit die tradisionele kerksiening van Abraham: om die Nuwe Testamentiese kerk te ontken en die Christene as geestelike Israel te sien. En so wil julle die tradisie-kerk se ontstaan probeer versterk. Julle wat ’n verkeerde fondasie begin het buite die Bybelse progressiewe openbaring, sal graag die wêreldse nominale godsdiensstelsel wil bevorder. Die Bybel sê julle kan niks téén die waarheid doen nie, maar net vír die waarheid.
    Jesus gaan Koning word vir die geredde Israel-volk en gaan vir ’n 1 000 jaar oor die nasies regeer. Sakkie, jou mensegedagtes oor die Bybel laat veel te wense oor tot misleiding vir die Suid-Afrikaners.
    Gelukkig is daar mense wat die waarheid ken. Tereg sê die Here dat elkeen wat hom met die Israel-land se oplossing gaan inmeng, homself gaan seermaak.
    Die VSA is absoluut reg en staan vir die waarheid. Sakkie, ek sal nie verder so ’n rede gee soos jy nie. Dis oop en bloot nie regverdig teenoor God nie.
    Die kerk, heiden en Jood is 3 verskillende entiteite. BEGIN JOU BEKERINGSLEER MET WEDERGEBOORTE en jy sal die Bybel beter verstaan en ook in konteks sien.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top