Sakkie Spangenberg

Sakkie Spangenberg het in Germiston grootgeword en daar aan die Hoërskool Goudrif gematrikuleer. Ná ’n jaar se verpligte militêre diensplig (1970) het hy teologie aan die Universiteit Stellenbosch studeer (1971–1977). Hier het hy ook sy honneurs- en meestergraad in Semitiese tale voltooi (1977–1979). Hy doseer vir agt jaar Bybelkunde aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (1979–1986). Gedurende hierdie jare werk hy aan sy doktorsgraad oor die boek Prediker wat hy onder leiding van professor J.A. Loader aan Unisa voltooi. Hy skuif hierna oor na Unisa, waar hy vir 29 jaar die vakke Bybelkunde en Ou Testament doseer. Hy het in 2016 afgetree, maar is steeds betrokke by die Departement Bybelse en Antieke Studies as emeritusprofessor en navorsingsgenoot.

Hy fokus in sy navorsing hoofsaaklik op die verstaan en uitleg van die Bybel, die Israelitiese wysheids- en apokaliptiese literatuur, die Tweede Tempeltydperk in die geskiedenis van Israel, en op die navorsingsgeskiedenis van die vak Ou Testament. Verder interesseer die ondersoek na die historiese Jesus hom en wanneer hy ’n ledige uurtjie het, lees hy graag daaroor. Hy is ’n ywerige voëlkyker en deesdae ook ’n amateurgeoloog.

Kollig op akademikus Sakkie Spangenberg

Sakkie Spangenberg LitNetKanaal op YouTube 2025-12-17

In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor sy agtergrond en akademiese loopbaan, asook sy mees onlangse LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel “Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach”. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

SteedsDink met LitNet Akademies: Sakkie Spangenberg oor sy akademiese navorsing

Sakkie Spangenberg LitNetKanaal op YouTube 2025-12-17

In hierdie video vertel Sakkie Spangenberg meer oor die Christelike geloof in verhouding met ander godsdienste, verdraagsaamheid, kritiese denke, en verskillende ervarings en perspektiewe. In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel Afrikaanse akademici van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. 

Death and enjoyment of life in the book of Ecclesiastes and in the poems of Breyten Breytenbach

Sakkie Spangenberg Academic research 2025-12-01

"Although Breytenbach and the author of Ecclesiastes lived centuries apart, their thinking concerning death and the enjoyment of life mirrors each other. Both were convinced that death is the final end to life."

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-01

"Die skrywer van hierdie artikel vergelyk en bespreek enkele gedigte van die Prediker met gedigte van Breytenbach waarin sterwensbewustheid en lewensgenot motiewe is, en wys op interessante ooreenkomste en verskille."

’n Lesersindruk van Deur die tonnel van twyfel, Koos Kombuis se jongste boek

Sakkie Spangenberg Lesersindrukke 2023-11-06

"Die boek se titel verraai ’n tweërlei opset: Dit is eerstens ’n vertelling oor Koos se eie lewe en oor hoe hy sy twyfel oorkom het (Deur die tonnel), maar deur sy vertelling probeer hy ook ’n gesprek oor waardes aanwakker (op soek na waardes)."

Om nadenkend te leef: kantaantekeninge by ’n paar gedigte van Antjie Krog

Sakkie Spangenberg Menings 2023-02-16

"Sy het my geflous omdat die gedigte daarin nie uitsluitlik godsdienstige temas aanroer nie, maar haar belewenis as jong meisie en getroude vrou verwoord."

Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke

Sakkie Spangenberg Lesersindrukke 2022-06-07

"Die reis wat hy afgelê het, is ’n reis van ’n al groter wordende ontnugtering en hy vra verskoning dat hy deel gehad het aan die indoktrinasie en misleiding van mense."

Elders gesien: Sekere goed kan ek eenvoudig nie weggegooi kry nie

Sakkie Spangenberg Elders gesien 2021-12-03

"Maar ek glo ook nie meer in ’n lewe na die dood of in ’n wederkoms en eindoordeel nie. Vir my het die Aarde oor die afgelope twee dekades in belangrikheid toegeneem. Ons is van die Aarde en keer eventueel na die Aarde terug. Aarde is ons enigste woonplek en ons moet die woonplek koester en bewaar."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Sakkie Spangenberg

Freek Robinson, Sakkie Spangenberg Onderhoude 2021-05-19

Sal die konflik tussen Israel en die Palestyne ooit opgelos word? Freek Robinson gesels met Sakkie Spangenberg, professor emeritus en navorsingsgenoot verbonde aan die Departement Bybelse en Antieke Studie aan Unisa.

Resensie van Ben du Toit se God Is daar ’n ander antwoord?

Sakkie Spangenberg Resensies 2020-12-03

"Hy het gehoop dat hy en sy tydgenote daarin sou slaag om die liefde van God sigbaarder te maak in die NG Kerk. Om die NG Kerk mensvriendeliker te maak. Dit moes ’n instelling word waar alle mense, van welke geslag, kleur, geur en/of seksuele oriëntasie ook al, tuis moes voel."

LitNet Akademies Weerdink: Trump, Palestina en Israel

Menán van Heerden, Sakkie Spangenberg Onderhoude 2020-02-04

Trump het verlede Dinsdag sy sogenaamde vredesplan vir Palestina en Israel uiteengesit. Aan die een kant het hy belowe dat ’n Palestynse hoofstad in Oos-Jerusalem gevestig gaan word, maar aan die ander kant gaan Amerika nedersettings deur Israel op die Wesoewer erken. Menán van Heerden gesels met Sakkie Spangenberg oor hierdie nuwe verwikkeling.

Critical reflections on Israel’s claim to land in Palestine

Sakkie Spangenberg Academic research 2018-09-06

"The biblical narrative obscures the violence and privation that Israeli methods of conquest, oppression and eradication have unleashed against Palestinians. The insistence on a biblical justification is again aimed at presenting Israeli violence as God-given and natural."

Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina

Sakkie Spangenberg, Christi van der Westhuizen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-09-05

"Die Bybelse narratief verdoesel die werklike historiese feite en die werklike huidige ontberings wat die Israelse metodes van verowering, onderdrukking en uitdelging teen Palestyne ontketen het."

Die Christelike godsdiens en die “ander”

Sakkie Spangenberg Menings 2018-01-25

"Denver Breda roer ’n hele aantal sake aan in sy artikel “Die Kaap van baie kerke” (11 Jan 2018), maar één tema loop soos ’n goue draad deur sy stuk: die rol van Christensendelinge en -predikers in die ondermyning van die KhoeSan se “tale, identiteit, kulture en menslikheid” en die rol wat die baie Christelike kerke tans behoort te speel."

Die Belharbelydenis, die Bybel en Jesus van Nasaret

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-12-23

"Hoekom het die bevrydingsteoloë eers in die 20ste eeu ontdek dat die Drie-eenheid aan die kant van armes en onderdruktes staan? [...] Kry ons nie hier met twee weersprekende godsbeskouings te doen nie: (i) die God van die staat en die magtiges, en (ii) die God van die onderdruktes en armes?"

Top