Die Christelike godsdiens en die “ander”

  • 84

LitNet het bydraers genader om op Denver Breda se artikel “Kaap van baie kerke” te reageer. Hier is Sakkie Spangenberg se mening.

  • Lees ook die LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikel, “Mag, die staat en die kerk in Suid-Afrika” (2017). Johann Rossouw fokus onder andere op “’n taksering van die eietydse Suid-Afrikaanse Christendom met verwysing na die geskiedkundige agtergrond van die Westerse sendingwerk in Suid-Afrika, en die durende koloniale aard van die Suid-Afrikaanse staat en ekonomie”.

Denver Breda roer ’n hele aantal sake aan in sy artikel “Die Kaap van baie kerke” (11 Jan 2018), maar één tema loop soos ’n goue draad deur sy stuk: die rol van Christensendelinge en -predikers in die ondermyning van die KhoeSan se “tale, identiteit, kulture en menslikheid” en die rol wat die baie Christelike kerke tans behoort te speel.

Die artikel herinner aan die film Krotoa, wat dieselfde saak op tafel sit – weliswaar op ’n ander manier. Denver weet dat hy ’n gevoelige kwessie aanroer en probeer so versigtig as moontlik deur die mynveld loop. Daarom skryf hy: “Jy question nie die kerk of die pastore nie, of nog te minder die Bybel.” Die kritiese bevraagtekening van ’n godsdienstige tradisie bly maar altyd ’n tameletjie.

Dis goed dat Denver en ander kritiese vrae oor die Christelike godsdiens en die Bybel tans op tafel sit. Dis goed dat mense uit die geledere van die inheemse bevolkings van Suid-Afrika dié soort vrae vra. Ek as verplante Westerling worstel geruime tyd met vrae oor die Bybel, die Christelike godsdiens en rassisme. Die rede vir die worsteling hou verband met leeswerk oor etlike jare en ’n bewuswording dat die Bybelboeke menslike geskrifte is en dat die Christelike godsdiens se oorsprong by mense lê en nie in die hemel gesoek moet word nie. Voorts dat rassisme in die Westerse wêreld onteenseglik ’n religieuse wortel het en dat die Bybel hierdie wortel vir eeue gevoed het. Die Christelike godsdiens word immers voorgehou as die enigste “ware godsdiens” en die Bybel as die “Woord van God”.

Die oortuiging dat die Christelike godsdiens bo ander godsdienste uittroon, het Westerlinge met ’n meerderwaardigheid belas en hulle laat glo dat hul beskawing bo ander uittroon en dat hulle beter as ander mense is. Hulle is immers verloste siele, uitverkies deur die Drie-enige God, bestem vir die nuwe hemel en die nuwe aarde, terwyl die “ander” verlore sondaars is, onder die toorn van die Drie-eenheid leef en bestem is vir die hel en die ewige verdoemenis.

Christensendelinge ontmoet nooit die “ander” op gelyke vlak nie. Die “ander” staan altyd op ’n trappie laer af. Hulle is altyd heidene, barbare, onbeskaafd, verlore sondaars, ongeletterd en onopgevoed. Hulle moet “gekloon” word om soos die sendelinge te word. Hulle moet ’n ander naam kry, gedoop word, Westerse klere dra, leer lees en skryf, inval by die Westerse kalender, en moet die Christelike feeste vier. Hulle moet hulle bekeer tot die “ware God”, want doen hulle dit nie, bly hulle verlore sondaars en is hulle bestem vir die hel.

Die Morawiese kerk op Genadendal (Jochenernst by die Duitstalige Wikipedia; via Wikipedia CommonsCC BY-SA 3.0)

Waar kom die Christelike godsdiens dan vandaan as dit nie uit die hemel kom nie? Dit het hier op aarde onder mense ontstaan. Die Christelike godsdiens het ontspring aan die Judaïsme van die Tweede Tempeltydperk (515 vC – 70 nC). Dit het nie van ewigheid af bestaan nie. Ook die idee van ’n Drie-eenheid het nie van ewigheid af bestaan nie. Abraham, Isak en Jakob het dit nie geken nie en so ook nie Dawid of Salomo nie, en nóg minder Jesus van Nasaret. Dis ’n filosofies-teologiese konstruk uit die 4de eeu nC toe sommige Christenbiskoppe in die Romeinse Ryk onder druk van keiser Konstantyn (275–337) met ’n formule na vore gekom het om aan Jesus van Nasaret goddelike status toe te ken gelyk aan dié van God die Vader. Enkele dekades daarna het keiser Theodosius die Grote (346–395) die Christelike godsdiens tot staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk verklaar. Die vervlegtheid met mag het toe deel van die DNS van die Christelike godsdiens geword. Politieke mag gemeng met godsdienstige meerderwaardigheid is ’n gevaarlike brousel.

Westerlinge sal rassisme oorwin en die “ander” se menswaardigheid erken slegs en eers wanneer hulle bereid is om te erken dat die Christelike godsdiens ’n godsdiens te midde van ander godsdienste is en dat die Bybel godsdienstige literatuur is wat mense geskryf het. Tot dan sal Westerlinge altyd die “ander” as mense beskou wat ’n trappie laer as hulle staan – mense wie se kulture, godsdienstige tradisies en selfs tale geminag kan word.

  • 84

Kommentaar

  • Johann Marais

    Priesters verdeel stamme en skep onenigheid binne in die stam. Hulle het ’n rein hard, maar o wee, dit is ’n persepsie dat elke liewe swart stam en elke Moslem hom nou dadelik moet bekeer tot christenskap.

  • Attie Linstrom

    Christenskap is soos om 'n motor te bestuur. Dit maak nie saak watter motor (volk, kultuur of taal) jy bestuur nie. Die petroljoggie is jou prediker/pastoor. Jou petrol die woord van God. As jy diesel in jou tenk gooi gaan jy moeilikheid kry. As jy nie weet wat petrolstasies by hul petrol inmeng nie, kan jy dalk suiker in jou tenk kry. So toets jou petrol aan die voorskrif van Gods woord. Die pastoor kan die werking van 'n petrolmasjien verduidelik, jy kan verkies om iets anders in die tenk te gooi. Dit is uit en uit jou eie keuse. Ek kan sien jy het iets gaan oplees. Dit is duidelik dat jy nog nie leer bestuur het nie. Die petroljoggie kan nie heeltyd jou voertuig vir jou bestuur nie, hy kan slegs petrol ingooi. So gaan LEER self jou Bybel dat jy kan weet hoe 'n petrolenjin werk, watter petrol jy kan vertrou en waar jy wil ingooi. Gaan diens jou voertuig gereeld by die pastoor/ kerk om toe te sien dat daar nuwe filters ingesit sit word om weer stofpaaie aan te durf. Moenie die evangelis of prediker blameer as jou tenk nie vol petrol is nie. Niemand gaan die Bybel in jou keel afdruk en jou wurg tot jy glo nie. So kry die regte petrol, diens jou kar gereeld en bestuur dikwels self. Dan sal jy leer om jou bestemming veilig te bereik.

  • Groot meerderwaardigheid inderdaad. En dit is net teenoor ander ménse. Die “heerskappy oor die aarde en alles daarin” het terselfdertyd onmeetbare skade aan ons planeetjie berokken.

  • Johann Basson

    Eerstens: Rassisme figureer ook waar Christelike godsdiens nie teenwoordig is nie. Waarom? Omrede die natuurbeginsel van soort-soek-soort ter verhoging van die kans op oorlewing.

    Tweedens: As 'n kreool Suid-Afrikaner vra ek die vraag: Was die Khoikhoi en San nie eeue gelede ook verspreid woonagtig in die noord-oostelike dele van Suid-Afrika nie? Het rassisme hulle verdryf na die suid-weste van die land? En was godsdiens die drywer?

  • Baie belangrik dat dié gesprek tot binne innie kerk gedra moet word. Dit is net verstommend hoe in bondage sogenaamde “opgevoede” mense en dan nou veral kerkmense is. Dit is asof jy nie moet peuter met die status quo; veral nie kritiese vrae vra nie. Die minagting van ons ancestral religions asook ander religions, om nie eers te praat van subtle en soms blatante growwe racism doen soveel skade aan baie mense. Omdat ek krities is oor die kerk beteken dit geensins dat ek my geloof en vertroue in ons Hemelse Vader en Skepper eenkant sit nie, inteendeel, dit versterk my. Ek vertrou regtig dat ons baie meer sal engage rondom die gesprek.

  • Andries N E Louw

    Sakkie se kommentaar is nie sonder waarheidsmomente nie. Die feit dat die sendingbeweging van die negentiende eeu dikwels saamgeloop het met die kolonisering van Derdewêreldlande is nie te ontken nie. Ek het egter twee besware teen Sakkie se siening, nl eerstens sy eensydige identifisering van die sending met kolonisering en die (afdwing van die) Westerse kultuuridentiteit; en tweedens sy radikale gelykstelling van die Christelike geloof aan ander godsdienste en die ontkenning/verloëning van die unieke karakter van die evangelie. Wat die eerste betref: die verhouding tussen sending en koloniale owerhede was nie altyd gemaklik nie. En die sending is nie altyd gekenmerk deur meerderwaardigheid en heerssug nie. Sy oorvereenvoudiging doen 'n onreg aan die erfenis van talle sendelinge wie se lewe en werk deur opofferende liefde en diens gekenmerk is. Die positiewe waarde van die Westerse kultuur teenoor die inheemse kulture kan ook nie ontken word nie, behalwe deur diegene wat die inheemse kulture romantiseer en deur skuldgevoelens gedryf word. Tweedens is dit duidelik dat Sakkie uit 'n ongelowige en histories onverantwoordbare hoek redeneer wanneer hy na die ontstaan en groei van die Christendom kyk. Hy ignoreer gewoon die duidelike historiese getuienis sowel as die kerugma/boodskap oor Jesus van Nasaret, tegelyk ook genoem die Christus en die Seun van God, soos weergegee in die evangelies, die briewe van die apostels en die vroeë kerkvaders. Sy geloof of gebrek daaraan is sy saak, maar sy skeefgetrekte en ongeloofwaardige siening van die geskiedenis van die vroeë Christendom is na my mening onverskoonbaar, veral komende van iemand wat teologie gedoseer het en veronderstel is om die waarheid van God bo alles lief te hê, te beskerm en te verdedig. Dit was egter deur al die eeue kenmerkend van heterodokse teoloë wat die evangelie van Jesus Christus verloën het.

  • Pieter Cloete

    Sakkie verwerp die Bybel as die Woord van God. Dit is dus nie van waarde om vir hom aan Bybelse verwysings in beide die Ou Testament en Nuwe testament te herinner nie (sien skakel hieronder). Net die Heilige Gees kan hom oortuig, net die Seun kan hom red en die Vader hom as kind terug ontvang. Dis alles EEN God wat Hom in drie persone openbaar. Wat in Sakkie se teologie kortkom is geloof, soos in Hebr 11:1 beskryf. Dan misplaas hy die aard van sending deur dit selfs as rassisme voor te hou omdat dit ander tradisionele gelowe verplaas. Hy vergeet ook dat Paulus se sendingreise juis gegaan het om die redding deur die geloof in Christus en dat dit of kerstening van bestaande gelowe waar versoenbaar met die Bybel en waar absolute teenstrydigheid bestaan, afsien van vorige gelowe en gebruike impliseer. Dis ook nie, soos by Islam, op mense afgedwing nie. Daarom word mense in die Christendom geroep tot bekering. Sakkie skep 'n wanvoorstelling van sendelinge wat hul lewens opgeoffer het, mense na Christus gelei het en en dit nog doen en die Koninkryk op vele lewensterreine help vestig. Wat Sakkie wel doen is om mense te mislei en hul op 'n pad van ongeloof saam met hom te neem.
    https://www.gotquestions.org/Afrikaans/Drie-eenheid-Bybelse.html

  • Isak is reg. Vergeet van die bybel. Ons probleem tans is oorbevolktheid. Gebruik al jul breinkrag om dit te takel.

    • Johann Basson

      Hoeveel mense sal hul lewens opoffer om "sendelinge ter bestryding van Homo sapiens sapiens-oorbevolking" te wees?

  • Sakkie.
    Hoe gaan jy die redenasie laat water hou as jy voor Jesus staan by die wederkoms. Hy is die Waarheid. Jy het nie die geskenk van geloof in Jesus gekry nie, of het jy ...

  • Die vraag bly altyd, wat is jou bron van inligting? Hoe betroubaar is dit? Menslike rede?

  • Toe slaan Sakkie die spyker so ampertjies volmaak op sy kop. Al waar die hamer so bietjie gegly het, was waar hy van Abraham, Isak, Jakob, Salomo, Dawid en Jesus skryf asof hulle werklik bestaan het. Die Bybel is tog duidelik mitologie, nie geskiedskrywing nie, en die karakters daarin, almal fiktiewe karakters. Die Bybel is, vanaf die sesdae-skeppingsverhaal tot waar Jesus fisies opgeraap word hemel toe, die skepping van die menslike verbeelding. Wat die meeste lesers van die Bybel mislei, is dat dit teen 'n bekende geografiese historiese agtergrond geskryf is met hier en daar 'n historiese figuur; maar dis maar net om die skyn van waarheid te skep. Jesus is duidelik 'n mitologiese figuur, 'n god, met maagdelike geboorte, soos enige ander Griekse, of Romeinse of Egiptiese god. Selfs God is ook 'n fiktiewe karakter wat nogal 'n wreedaardige rol vertolk in die Bybel.

    • Arme Angus
      Jy bly maar vasgevang in 'n mitologiese denke. Verduidelik bietjie vir my en ander lesers hoe ver jy jou voorouers se geskiedenis kan naspoor.
      Hier is inligting oor die herkoms van die van Boot: http://www.verenigdebooten.nl/cms/4-geografische-namen.html
      Dit is dus duidelik dat die spoor doodloop so om en by 1053. Was daar dan nie voorouers van die voorouers nie? Ja daar was maar daar is geen bewyse oor hul doen en late nie. Volgens jou sou hul dus bloot mitologiese figure gewees het.
      Die volk Israel sit met 'n soortgelyke probleem. Raadpleeg 'n mens 'n webblad soos http://www.jewishvirtuallibrary.org/timeline-for-the-history-of-judaism
      sal jy sien dat hul geskiedenis begin Oktober 7, 3761 (The beginning date of the Hebrew calendar, according to scholar Rabbi Yossi ben Halafta, a 2nd century Rabbi. Adam & Eve created (Year 1 of Jewish calendar).
      Dit eindig in 2017. Daar is bitter min indien enige bewyse van die vroegste geskiedenis. Onlangse argeologiese opgrawings het egter bewyse gevind van 'n groot administratiewe sentrum wat beheer oor Ur Abraham se geboorteplek uitgeoefen het. ’n Kleitablet met figuur in lang wit klere is gevind.
      Maak die afwesigheid van bewyse alles onwaar? Wel ek is hier en dra die van Boot en die volk Israel is daar, al is daar in beide gevalle min of geen bewyse van dit wat gebeur het en die wat geleef het, voordat die spoor doodloop.

  • Beste FC Boot,
    Hoe ver ek my voorouers se geskiedenis kan naspoor, het niks met mitologie of die mite te make nie. Alle oorgelewerde mites maak saam die mitologie van 'n volk uit, en die verhale in die Bybel is baie duidelik mites. 'n Mite is 'n letterkundige genre, 'n verhaal met 'n godsdienstige strekking, waarin diere en bome soos mense optree, en kan praat en waarin allerhande wonderwerke plaasvind.

    Die afwesigheid van bewyse maak niks onwaar nie, maar kan ook nie as bewys dien vir die waarheid nie. Geen bewyse vir Jesus se bestaan, is nie 'n bewys dat hy bestaan het nie.
    Groete,
    Angus

    • Hans Richardt

      Jesus was glo 'n sagte persoon soos 'n lam, maar by die antieke vlooimark/straatmark gooi hy tafels om, slaan mense met sweep (aanranding met opset om ernstig te beseer), beledig hul. Volgende daaglikse misdade - openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging, gewone roof, crimen injuria en Crimen Laesae Majestatis. In Getsémané kap een van sy volgelinge 'n Romeinse polisieman se oor met swaard af.
      Hierdie klink na geweldenaar se volgelinge.
      Jesus se geslagsregister is die van Josef, Maria se man, maar die Heilige Gees was sy pa? Alles in Mattheus.
      Daar is soveel wanvoorstelling oor die bybeltekste en bedoelings, veral met soveel wedergeborene predikers deesdae in SA.
      Arme Sakkie word vir historiese feite aangeval, maar selfs Josephus het geen Jesus van evangelies genoem nie.
      Vele christene kan nie glo dat hul bybels twee Jesusse het nie. Kolossense 4 vers 11 in King David vertaling praat van Jesus Justus as sendeling van Paulus se kerk.
      Daar is vele misleiding en wanvoorstelling in naam van Jesus en godsdiens deesdae, want profyt moet gemaak word ...

  • Johann Basson

    Deur die mens se geskiedenis was daar altyd die driehoekspanning tussen regering, godsdiens en mag. En dit het niks met die Christelike godsdiens as sodanig te make nie. "It is all about 'power' ". Daarom die voortdurende strydvraag oor waar begin en eindig die staat se funksies en waar begin en eindig die godsdiens se funksies. "It is all about 'power' " Driehoek: Heersers > Priesters > Mag.

  • Beste Angus
    Jou stelling, "Geen bewyse vir Jesus se bestaan, is nie 'n bewys dat hy bestaan het nie." is dus geldig vir ons naamlose voorouers, oor wie talle, in my geval verhale, sonder bewyse bestaan?
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Daar is nêrens enige bewyse daarvan dat Jesus bestaan het nie. Hy is slegs 'n mitlogiese figuur. Daar is ook geen bewyse dat Apollo bestaan het nie. Hy is ook net 'n mitologiese figuur wat ook maagdelik gebore is met die god Zeus as sy pa.
    Jou voorouers het bestaan, en jy is die bewys daarvan. As jy moeilike navorsing doen, sal jy bewyse vir hulle bestaan kan vind. Probeer die raad in http://www.ancestors.co.za/
    Groete
    Angus

  • Beste Angus
    En net daar verf jy jouself in 'n hoek, want selfs die skakel kan net teruggaan tot op 'n punt en dan loop inligting dood. Die feit dat daar geen verdere inligting (bewyse) van die voorouer se bestaan is nie, kan mos nooit 'n bewys wees dat hul nie bestaan het nie!
    Dit is om die rede dat daar geskryf is: “Myth, a symbolic narrative, usually of unknown origin and at least partly traditional, that ostensibly relates actual events and that is especially associated with religious belief."
    Jy sien die geskiedenis wat jy verwerp is geskryf nie eeue na die gebeure nie, maar binne die leeftyd van mense, wat dissipels van Jesus was.
    Daarom is daar verder geskryf: "The word ‘Myth’ originates from the Greek word mythos, meaning ‘word’ or ‘tale’ or ‘true narrative’, referring not only to the means by which it was transmitted but also to its being rooted in truth. Mythos was also closely related to the word myo, meaning ‘to teach’, or ‘to initiate into the mysteries’. This is how the word was interpreted by Homer—who is generally identified to have lived in the 7th or 8th century BCE—when composing his great works, including The Iliad, in which he meant to convey a truth."
    Dit is eers veel later toe filosowe soos Plato begin vraagtekens plaas het oor die begrip “Waarheid” dat die woord 'n ander betekenis gekry het. Dit is om die rede dat nie jy of ek of enigiemand anders meer as 2000 jaar later kan kom en 'n ander betekenis kan heg nie, aan dit wat die volgelinge van Christus binne hul leeftyd oor Hom geskryf het.
    Dit is in baie gevalle ooggetuie-verslae. Die feit dat jy dit verwerp spruit uit jou ateïstiese siening wat om bewyse vra, soos 'n ongelowige Tomas.
    Laat my toe om hierdie gesprek af te sluit met 'n ware verhaal. Jare gelede voltooi 'n jeugvriend van my vrou sy studies in Suid-Afrika. Hy was 'n briljante jong man en atleet. Hy besluit om verder te studeer in Amerika.
    in Amerika aangekom vind hy tot sy verbasing uit dat hy sover gevorderd is in sy veld dat hy 'n pos as junior lektor aangebied word. Hy voltooi sy studies en word 'n baie bekende kliniese sielkundige ,wat so suksesvol is dat hy na sy aftrede een wêreldreis na die ander kan onderneem.
    OP sy Facebook-blad is daar talle bedankinge van mense wat hy gedurende sy loopbaan gehelp het. Hy sit egter nou met 'n ongeneeslike kanker en laat weet my vrou dat hy die dag vrees wanneer sy kersie se vlam doodgaan, want hy weet nie wat wag anderkant nie.
    Hoe is dit moontlik dat hy wat soveel mense in sy lewe gehelp het en nou raad soek by 'n ou skoolvriendin? My vrou stuur toe vir hom 'n uittreksel uit Psalm 23, 'n Psalm van Dawid (wat volgens jou ook nie bestaan het nie) met die bede dat dit ook vir hom 'n uitweg sal bied.
    Moenie dieselfde pad as die man loop nie, soek Christus, terwyl jy nog kan en jou oë sal oopgaan soos Paulus s'n oopgegaan het. Dan sal alle soeke na bewyse verdwyn.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Ek begin jou nou jammer kry: jy wil tog so bitter graag sien dat ek die kat aan die stert beet het, en dat ek in ʼn hoek geverf is. Waarvoor? Dit lyk asof jy minderwaardig voel in ons gesprekke, en nou wil jy my verkleineer. Verder spartel jy maar om te verstaan waaroor die gesprek gaan; selfs jou eie verwysings na webwerwe verstaan jy nie.
    Probeer nou die volgende verstaan, selfs al moet jy jou vrou vra om jou te help. Al kan jy nie jou voorouers opspoor nie, is die bewys dat hulle werklik bestaan het, jy. Dis mos nie so moeilik om te verstaan nie? Daar is geen bewyse dat Jesus bestaan het nie, en hy het ook nie ʼn nageslag wat as bewys kon dien, soos in jou geval nie. Dit mag wees dat hy wel bestaan het, maar daar is geen bewyse daarvoor nie. Dis mos nie so moeilik om te verstaan nie?
    Nêrens in die geskiedskrywing is daar klinkklare bewyse dat Jesus ʼn historiese figuur is nie. Die evangelies is mites. Nou haal jy aan oor wat jy ontdek het van die mite, en dis presies wat ek al vir ʼn lang tyd vir jou probeer verduidelik. Die mite is nie ʼn leuen nie, dit het ʼn waarheid: ʼn letterkundige waarheid. Die waarheid van die mite lê nie in die gebeure nie, maar in die doel wat die vertel van die mite wil bereik, nl die lewensles. Die mite is didaktiese kuns. Jou aanhaling verwys na Homeros (Homer). Hy is die skrywer van die Iliade en die Odussee, wat soortgelyk is aan die evangelies. Dit handel oor die Griekse godedom: Zeus, sy vrou, Hera, en al die ander gode, insluitende Apollo, wat Zeus verwek het by ʼn aardse vrou. Verstaan jy nou die woorde wat jyself aanhaal oor Homeros: “when composing his great works, including The Iliad, in which he meant to convey a truth."? Ek onderstreep woorde wat jy deeglik moet begryp: die mite is nie ʼn leuen nie, dis ʼn waarheid. In die Iliad is die waarheid die wêreld van die Griekse godedom. Hierdie letterkundige waarheid geld ook in die moderne tyd en vir die moderne mite. (As jy wil gesels oor wat die waarheid inhou vir die filosowe, dan moet jy vir my sê hoe Plato dan die begrip “waarheid” verander het.)
    Kom, ek stel dit vir jou anders: binne die Griekse mite is dit ʼn absolute waarheid dat daar gode was. Die mite, soos enige letterkundige genre, het sy eie wette. Binne die mite van die vier evangelies is dit ʼn absolute waarheid dat Jesus bestaan het. Die wette binne die mite is anders as die wette in die werklike wêreld; daarom het die wonderwerke binne die mite werklik plaasgevind. Dis dieselfde waarheid wat jy vind in enige fiktiewe verhaal. (Ek dink jy sal hier jou vrou se hulp moet inroep.)
    Die evangelies kan onmoontlik ooggetuieverslae wees. Wie was bv ooggetuie toe Jesus en die duiwel in die woestyn was? En het hy saam gevlieg na die hoogste gebou in Jerusalem? En toe weer op die hoogste berg buite Jerusalem? Was hierdie ooggetuie wat so saam gevlieg het, ook by die geboorte van Jesus? Dis vrae wat jy nog steeds so onder die mat vee, en maak of jy dit nie gelees het nie.
    Die storie oor jou vrou se jeugvriend bewys niks. Dis menslik dat hy na enige strooihalm sal gryp.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Uiteindelik begin jy by te kom. Daar hoef dus nie bewyse te wees dat my voorouers oor wie daar geen bewyse is werklik bestaan het nie, omdat my bestaan ’n bewys is dat hul bestaan het.
    Nous sê jy Jesus het geen nageslag nagelaat nie, wat as bewys kan dien nie dat Hy wel bestaan het nie. Weereens is dit ‘n valse aanname van jou kant af. In die natuur is daar baie bome waarvan takke doodgaan. Geen nuwe blare of takke spruit daaruit voort nie.
    Wel in my familiestamboom en ook in joune neem ek aan was daar ook dooie takke ,mense wat geen nageslag nagelaat het nie.
    Dat daar geen bewys vir hul bestaan is nie, kan nie beteken dat hul nie bestaan het nie. Hulle het net eenvoudig in die geskiedenis verdwyn.
    Omdat jy bekend is met wat in die Bybel staan, gaan ek jou verwys na die gedeelte wat handel oor die uitstorting van die Heilige Gees. Bybel vir almal vers 5 en 6.
    5.Daar was Jode in Jerusalem, hulle het in ander dele van die wêreld grootgeword en het toe in Jerusalem kom woon. Daar was Jode van elke land in die wêreld. Hierdie Jode was lief vir die Here en hulle het Hom gedien soos Hy wil hê.
    .
    6 Toe hulle hoor dat hierdie sterk wind kom, het baie van hierdie Jode saamgekom by die huis. Hulle het nie geweet wat gebeur nie, want hulle het gehoor hoe praat die gelowiges in die tale van elkeen van hulle wat uit die ander lande van die wêreld kom.
    Hoekom was die Jode daar?
    Pinksterfees: Die Oesfees of Fees van die Weke. Die Israeliete moes die fees vier op die vyftigste dag nadat die boere die eerste gerwe gars afgesny het.
    Dit was ook die vyftigste dag ná Paasfees. Op die Pinksterfees het hulle offers gebring en bymekaargekom en God geprys omdat Hy reën gee en daar baie kos is. Op hierdie fees het God die Heilige Gees vir die kerk gegee. Daarom het dit later ook ’n Christelike fees geword.
    Die Jode het na die feesvieringe teruggekeer huis toe en so het die evangelie ook verder versprei.
    On weet dat hierdie nuwe godsdiens nie byval onder die godsdienstige leiers gevind het nie en was daar pogings om die dissipels en later Paulus die swye met allerhande dreigemente op te lê.
    Die taal wat gebruik is, is soortgelyk aan dit wat later deur Romeinse heersers gebruik word.
    Dit het ook nie onopgemerk by die heersers in Rome verby gegaan nie en is dikwels voorgehou as oproerigheid onder die Jode.
    In ‘n brief wat Claudius skryf aan die inwoners van Alexandria in antwoord op sekere versoeke wat die inwoners aan hom gerig het antwoord hy ondermeer dat:
    “. They must not bring in or invite Jews who sail in from Syria or Egypt; this is the sort of thing which will compel me to have my suspicions redoubled.
    Otherwise I will proceed against them with the utmost severity for fomenting a general plague which infests the whole world. If on
    both sides you are willing to desist from this behaviour and live in mutual consideration and neighbourliness, I for my part will show that long-standing friendly interest in your city with which my family has had close relations since my ancestors’ days. “
    Hierdie : “a general plague which infests the whole world” is niks meer as die vestiging van die Christelike leer, die opstanding van Jesus ens.
    Toe Paulus aangekla word, word soortgelyke beskuldigings teen hom ingebring. Die Christelike leer is ‘n plaag wat die wêreld besmet. Geen opstanding uit die dode. As jy dood is is jy dood. Finish en Klaar.
    Caesar reik veel later ‘n bevel teen grafskending uit. Hierdie bevel strek oor die hele keiserryk. Hoekom sal dit nodig wees? Wel die verhaal het die rondte gedoen en ook die Keiser se ore bereik, dat ‘n man met die naam van Jesus se lyk deur sy dissipels gesteel is en dat hul nou verkondig dat Hy uit die dood opgestaan het en ‘n nuwe Koning is. ’n Nuwe Koning is geheel en al onaanvaarbaar vir Romeinse heersers.
    ‘n Herhaling van dit moes ten alle koste verhoed word. Niemand sou weer iets soortgelyk kon onderneem en so ’n nuwe ikoniese martelaar onder die Jode kon skep nie.
    Geskiedskrywers vind dit dan ook nodig om die volgende op skrif te stel: https://biblicalstudies.org.uk/pdf/bjrl/claudius_bruce.pdf (sesde bladsy vanaf “Although Christianity was indistinguishable from Judaism ...” tot “...Christ was crucified under Tiberius.”
    Verder fouteer jy deur aan te neem dat ‘n nuwe betekenis aan ou woorde dieselfde betekenis gedra het vir mense 2000 jaar gelede, toe hul manier van leer en oordrag op heel ander wyse as vandag plaasgevind het.
    Wat hul geskryf en gepredik het was nie aan ons gerig nie maar wel aan die mense van die tyd. In ons taal is daar woorde soos ‘verskoon ‘en ‘neuk’ wat ‘n heel ander betekenis in Nederlands het en waar beide tot groot verleentheid en dalk ‘n kopklap kan lei.
    Dit moet selfs uit die modern geskiedenis waarin daar talle maniere is waarop gebeure vasgelê kan word duidelik wees dat gebeure ontken en in die geskiedenis kan verdwyn. Die Holocaust (volkslagting) word tans deur talle mense ontken en voorgehou as ‘n foefie om die Duitse volk in ‘n slegte lig te stel. Daar word geredeneer dat daar nooit so baie Jode was nie. Oor ‘n duisend jaar verder gaan selfs die bestaan en ineenstorting van die Twin Towers in twyfel getrek word. Jong Amerikaners moet maar aanvaar uit foto’s, videos, vertellings dat die Twin Towers werklik bestaan het. Vandag kan hul nog gaan kyk na die staanplek.
    Maar 2000 jaar verder is daar ‘n groot moontlikheid dat selfs dit kan verdwyn.
    Jy is die een wat aan grashalms vasgryp en nie ‘n persoon wat werklik uitreik nie. Jy het ‘n ateïs geword omdat jy nie verstaan nie en is jy een van diegene waarvan die saad op rotsagtige grond geval het.
    Iewers moes jy gelees het in die Bybel dat Satan soos ‘n briesende leeu rondgaan. Hierdie is beeldspraak. Satan is veel slimmer as dit.
    Hy oortuig mense dat God nie bestaan nie en plaas soos in die Paradysverhaal ‘n vraagteken agter sy bestaan. Sy grootste oorwinning is nie dat hy mense oortuig het dat God nie bestaan nie, maar dat hy (Satan)nie bestaan nie.
    So kan hy sy vernietigingswerk ongehinderd voortsit en word ateïste onwetend werktuie in sy verwoestingsveldtog en skep ‘n rebelse mens, wat nie buig vir menslike wette, wat staan nog vir die wet van God.
    As hierdie vir jou soos ‘n preek klink, laat dit so wees .As dit jou tot nadenke dwing, is ek bly.
    Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Hoe laat jou logika jou dan altyd so in die steek. Jou dooietakstorie is sommer twak. Ek soek nie na die kastige Jesus se voorouers en dooie takke nie, ek wil weet wie sy nageslag is. Wie is sy kinders, en hulle sal bewys dat hy bestaan het, soos jy bewys dat jou voorouers bestaan het. Is jou kop so ʼn bietjie deurmekaar?
    Hoeveel keer moet ek dit nog sê? Jy kan nie dit wat in die Bybel staan bewys met aanhalings uit die Bybel nie. Al wat jy daardeur kan bewys, is letterkundige waarheid.
    Wat jou skakel betref: die geskiedskrywer vergelyk die Christendom met Judaïsme. Dit bewys nie dat Jesus bestaan het nie. Die Christendom en die Judaïsme het bestaan en bestaan vandag nog. Ek het dit nooit betwyfel nie.
    Waar fouteer ek, soos jy beweer, met nuwe betekenis en ou woorde? En hoe bewys dit die bestaan van Jesus? Hoe bewys jy die bestaan van Jesus met hoe “bestaan” en “neuk” in Nederlands geïnterpreteer word?
    Watter rede daar ook al is waarom ek ateïs geword het, bewys nie dat Jesus bestaan het nie. Watter bewyse het jy dat 'n gebeurtenis soos die ineenstorting van die Twin Towers vergeet gaan word? Alle koerante het dit berig, daar is foto's en video's van geneem. Honderde geskiedskrywers het daaroor geskryf. Dit is deel van die geskiedenis. Anders as die kruising van Jesus: net mooi nêrens is daar beriggewing oor die helse groot gebeurtenis toe geraamtes uit hul grafte op Jerusalem afgestorm het nie.
    Maak nie saak hoe briesend of slim Satan is of was nie, en watter beeldspraak ook al gebruik word nie. Dit bewys ook nie die bestaan van Jesus nie.
    Natuurlik klink jou skrywe na ʼn gepreek en dit dwing my beslis tot nadenke; ek besef al hoe meer hoe jy tas na iets wat nie bestaan nie. Veral as jy so daarna smag dat ek moet gryp na grashalms, kry ek jou jammer in jou nood.
    Groete,
    Angus

    • Hans Richardt

      Angus, Matt 1 het 'n versie wat beskryf dat Jesus die wonderbaarlike bevrugting van Josef se vrou, Maria, deur die Heilige Gees was. Maw egbreek en begeerte was duidelik.
      As Josef se sperm geen rol in bevrugting gespeel het nie, hoe kan Jesus se familieregister die van Josef wees?
      LOGIKA.
      Daar is nou niks wonderbaarlik aan bedrog, egbreek of begeerte nie!

      • Hans Richardt

        Angus, nog 'n krisis vir my is dat selfs Jesus NIE aan 'n drie-enige God geglo het nie. Dit was 'n uitvindsel deur Paulus en Petrus se Roomse kerk, vervul by Nicea.

  • Angus
    Nou raak jy verspot. Jesus is nooit getroud nie en het dus geen nageslag nagelaat nie. Jy stry omdat jy eintlik 'n verleentheid in die gesprek geword het, net soos jy 'n verleentheid vir jouself geskep het oor die betekenis van die woord bloei.
    Die geskiedenis bewys dat daar 'n veldtog teen Christene was van die begin af, nie net deur die Jode self nie, maar ook deur die Romeinse heersers, soos duidelik deur verskeie deskundiges uitgelig is na aanleiding van antieke geskrifte wat behoue gebly het.
    Nee dit is geen vergelyking van die een geloof met die ander nie. Dit wys op die ontstaan van die Christendom en dan kom alle ingeligte skrywers tot die gevolgtrekking, behalwe jy, dat Jesus 'n werklike historiese persoon was.
    Goeie genugtig Angus vandag is daar nog 'n stryery oor aan wie Jerusalem werklik behoort en of die Jode werklik die stad verower het soos dit in die Bybel opgeteken is.
    Selfs oor Dawid se bestaan word vandag bespiegel. Gelukkig het 'n inskripsie deur 'n Egiptiese heerser behoue gebly, wat sy bestaan bevestig. Gaan lees iets oor die verwoesting van Jerusalem en wat Joodse geskiedskrywers daaroor gesê het.
    Dit is nog net in die Bybel dat ons ooggetuieverslae vind oor Jesus se doen en late. Die Romeine het derduisende mense gekruisig. Waarom sou 'n enkele kruisiging nou 'n opspraak verwek?
    Het jy dan nie gelees dat: “Josephus reports on the Jewish custom of taking down the bodies of those crucified by the Romans during the Great Revolt and burying them, if permitted, before sundown. This was in response to the Torah Mitzvah found in Deuteronomy 21:22-23: ‘When someone is convicted of a crime punishable by death and is executed, and you hang him on a tree, his corpse must not remain all night upon the tree; you shall bury him that same day, for anyone hung on a tree is under God’s curse.’”
    Dit is ook met Jesus gedoen. Jy wil hê Jesus se kruisiging moet uitstaan uit al die kruisigings wat die Romeine onderneem het. Josephus berig soos volg:
    “Josephus reports that the Romans crucified many before the walls of Jerusalem during the siege of 70 CE. The idea was to terrorize the population and force a surrender. The number reached 500 a day at one point until there was no wood left in the area for this purpose!
    5. Now it happened at this fight that a certain Jew was taken alive, who, by Titus’s order, was crucified before the wall, to see whether the rest of them would be affrighted, and abate of their obstinacy. But after the Jews were retired, John, who was commander of the Idumeans, and was talking to a certain soldier of his acquaintance before the wall, was wounded by a dart shot at him by an Arabian, and died immediately, leaving the greatest lamentation to the Jews, and sorrow to the seditious. For he was a man of great eminence, both for his actions and his conduct also."
    Nou wie is hierdie man? Jy hou jouself voor as 'n kenner van antieke geskiedenis. Is hierdie John 'n werklike persoon of iemand wat die gunssoeker , by die Romeine Josephus uitgedink het net om die storie beter te laat klink?
    Dit is geen wonder dat van jou mede-ateïste tot die gevolgtrekking gekom het: “The proponents of the Jesus Myth hypothesis are almost exclusively amateurs with an ideological axe to grind and their position is and will almost certainly remain on the outer fringe of theories about the origins of Christianity.'
    Jy is dus die een wat rondtas en rondval. Begin jou gewete jou nou pla, omdat jy aansien begin verloor?
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Vergeet maar daarvan dat ek kastig in 'n verleentheid is, en dat ek aansien verloor, ook sommer dat ek kastig rondtas en my gewete my sou pla. Ek dink jy projekteer jou probleme op my.
    Niks wat jy hier skryf, is 'n BEWYS dat Jesus 'n historiese persoon is nie. Josephus skryf oor Christene, omdat hulle bestaan het; trouens daar is nog miljoene Christene vandag ook. Dis nie 'n bewys van die historisiteit van Jesus nie.

    Daar is al hope geld gemaak met stukkies hout wat as artifakte verkoop is, wat veronderstel is om van sy kruis af te kom; daar is ook verdroogde naelstringe en voorhuide verkoop wat syne sou gewees het. Miskien moet jy dit dalk noem as bewys dat hy bestaan het.
    Die Romeine het mense gekruisig en aan bome opgehang, en daar was veldtogte teen die Christene omdat hulle 'n gevaar vir die samelewing was, maar dit bewys nie dat Jesus bestaan het nie.

    Dit help nie om rond te skarrel soos hierbo nie. As jy sê Jesus is 'n historiese figuur, moet jy met klinkklare bewyse kom.
    Groete,
    Angus

    • Hans Richardt

      Volgens Josephus was daar 'n persoon bekend as Jesus die koning van die Rowers van Galilea.

    • Hans Richardt

      Ek het tydens my tyd in IDF as vrywilliger in Jerusalem gebly en my voete deurgeloop op soek na Alea Capitolina, Romeinse stad langs gesloopte Jerusalem gebou. Die Turkse Ottoman-stad was herbou bo-op Romeinse strate so een verdieping onder Turkse Ottoman "antieke Jerusalem"! Herodes se tempelmure staan nog en deel daarvan is die "heilige" Westelike Muur waar Jode gebede opsê en briefies vir genade of guns indruk tussen klippe.
      Die een deel van die tempel was net slaghuis vir kosher-vleis, daarom verwysing na Dunggate en van die "poele" was die bloed en mis van slagdiere. Verder, daar is twee Via Dolorosas in hierdie ou Turkse Ottoman-stad.
      Die Moslem sluit daagliks die Grieks Ortodokse kerk oop in Jerusalem.
      So, ek het my in kommersialisme van geloof en regeringsgelowe vasgeloop in Israel en Palestina ... met helse antagonisme teen goy / infidel, christene.

  • Beste FC Boot,
    Wat bloei betref: niemand sal dink aan bloed wat vloei as ek sê "Afrikaans bloei" nie. Dit het die betekenis van "blossom". So ook met "Die letterkunde bloei", "Die handel bloei', "Die kunste bloei". Jy is die een wat nie Afrikaans verstaan nie, en nou jou verleentheid op my wil projekteer.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Nou raak jy nog verspotter, want jy glo dat al die mense oor wie geskryf is en waaroor deeglike navorsing gedoen is deur gekwalifiseerde mense en nie amateurs soos jy nie, werklik bestaan het, en nie mitiese figure soos jy jouself verbeel nie, dat daaruit daar genoeg omstandigheidsgetuienis dat Jesus werklik bestaan het.
    Jy kom daarom al by dat Josephus geskryf het oor Christene. Josephus het egter nie gedink soos jy 2000 jaar later, dat Christene sommer uit die lug geval en dit is duidelik uit al die geskrifte wat behoue gebly het, dat die Christene volgelinge was van 'n man wat werklik bestaan het.
    Is jy werklik so oningelig dat jy glo dat mense 2000 jaar gelede tot bekering gekom het omdat hul volgelinge van 'n mitiese figuur geword het?
    Jy soek bewyse, maar beantwoord geen vraag nie. Dit moet vir enige ingeligte leser duidelik wees dat soos Isis vandag in hul godsdienstige oorlog talle geskiedkundige plekke totaal verwoes het, het die barbare later Rome verwoes, voordat die Romeine Jerusalem met die grond gelyk gemaak het.
    Daar het dus feitlik niks oorgebly nie en daarom is dit wat vandag nog beskikbaar is, van onskatbare waarde omdat dit die bestaan van historiese persone bevestig.
    Ek het vir jou drie betroubare bronne gegee, wat jy in jou wanhopige pogings om die teendeel te bewys, verwerp het. Erken nou maar jy is 'n amateur wat nou probeer aansien herwin deur onsinnige praktyke as voorbeelde voor te hou.
    My hart bloei vir jou want jy trippel rond ook oor hierdie onderwerp, net soos jy op 9 Februarie 2018, die volgende stukkie wysheid kwytgeraak het.
    "Beste FC Boot,
    Jy ken nie jou eie taal nie. As iemand sê die Afrikaanse letterkunde bloei, Afrikaans bloei, die kunste bloei, die ekonomie bloei, het dit allermins iets met die vloei van bloed te make."
    Onthou jy my antwoord:
    Rêrig? Uit HAT. Bloei (werkwoord). Bloed laat uitvloei. 'n Wond wat sterk bloei. 'n Bloeiende vinger.
    Ai en so kom alle goeie dinge tot 'n einde, net toe ek begin glo.
    So Angus, ek kan jou nie maak glo nie, maar wees darem eerlik en erken dat jy oor die woord “bloei” fouteer het en ook hier die spoor byster geraak het.
    Lekker dag.

  • Om te weet wie en wat die kerk is beveel ek die boek "Colonization and Christianity" deur William Howitt aan. Wat die Christendom sê en wat dit doen is twee baie verskillende dinge.

  • Beste Hans
    Die naam Jesus was algemeen in omloop in die tyd van Jesus. Daar is '1 Yeshuas-
    grafte ontdek uit die tyd van Jesus.
    Die opskrif bo Jesus se kruisiging het in alle waarskynlikheid gelees: "Jesus Nazarenus Rex Iudaeorum," or "Jesus of Nazareth, King of the Jews."
    Die Romeine het dus Jesus gekruisig nie as 'n verkondiger van die evangelie nie, maar omdat hul hom gesien het as 'n mededinger teen die huidige heersers. Rome duld geen mededingers nie.
    Dit is dan ook om die rede dat daar 'n bevel uitgegaan het teen grafskending oor die hele Romeinse ryk. Niemand sou weer 'n lyk steel en 'n geloof daarop bou as 'n opgestane koning en so nog 'n plaag word.
    Die verhaal word ook so in die nuwe testament opgeteken. Dit is weereens 'n bewys dat wat in die nuwe testament staan nie net duimsuigstories is nie.

  • Beste FC Boot,
    Wat die betekenis van die woord “bloei” betref, klop jy jou verniet op die skouer. Jy het net so 'n vae idee wat hier aangaan; dus sal ek jou maar vir die derde keer moet inlig. Miskien moet jy jou vrou vra om jou te help verstaan, want die sakie lyk my te ingewikkeld vir jou.
    “Bloei” is wat Afrikaans betref, 'n polisemiese woord. Dit beteken dat die woordvorm dieselfde is, maar dat dit verskillende betekenisse het. Dit beteken ook dat as die woord “bloei” gebruik word, 'n mens met die konteks van die sin eers kan agterkom wat die betekenis daarvan is. As ek sê "die landbou bloei", of "die kunste bloei", of "Afrikaans bloei”, dan aktiveer ek die betekenis wat ooreenkom met die die Engels "blossom". As ek sê "'n wond bloei", of "sy neus bloei", dan aktiveer ek die betekenis wat ooreenkom met die Engels "bleed, blood". Gaan kyk in die HAT, en jy sal sien dat daar twee woorde “bloei” is. Jy het gerieflikheidshalwe net die een raakgesien wat jou skewe argument steun. Vra ook sommer vir jou vrou om jou te help om 'n woordeboek te gebruik.
    Groete,
    Angus

  • Beste FC Boot,
    Wat die res van jou skrywe hier bo betref: Ek verstaan nie wat jy in paragraaf een skryf nie. Ek het nooit gesê Jesus het bestaan agv omstandigheidsgetuienis nie. Ek het ook nooit gesê mitiese figure is die skepping van my verbeelding nie. Nog nooit het ek gesê die feit dat gekwalifiseerde mense oor iemand skryf, is 'n bewys van enigiemand se bestaan nie. Jy gorrel net.
    Dis nie nodig vir my om by te kom nie. As Josephus skryf oor Christene wat bestaan het, is dit nie 'n bewys dat Christus bestaan het nie. As iemand skryf oor Boeddhiste, is dit nie 'n bewys dat Boeddha bestaan het nie.
    Skrywers van die evangelies het die karakter Jesus geskep, mense het dit gelees, en volgelinge van Jesus geword. In Homeros se Iliad en Odyssee is die mitologiese figuur Apollo, en die Grieke het Apollo as god aanbid, en so ook vir Zeus. Of is jy werklik so oningelig dat jy nie weet dat Zeus en Apollo mitologiese figure is, wat deur die Grieke aanbid is nie?
    Verder gorrel jy oor vrae wat ek nie beantwoord nie, oor geskiedkundige plekke wat verwoes is en drie glo betroubare bronne wat jy gegee het. Om wat te bewys?
    Vra jou vrae en gee jou bronne dat ons hulle kan ondersoek. As jy sê jou hart bloei vir my, aktiveer die betekenis van Engels "bleed”, maar in 'n figuurlike sin.
    Ek voel nou eintlik jammer vir jou, want jy het jouself nou letterlik bloedneus geslaan met “bloei”.
    Groete,
    Angus

  • Tyd dat die kerkgeboue kunsgalerye, teaters en balletvenues word – die al so is in sommige mega-vermaakkerke ... of tussenhuise om haweloses te help – die staan tog net leeg, maar mense wil iets aanbid... voor hulle op ’n ander vlak van bestaan kom waar hulle wel met 'n verbeeldingspersoon volledig lekker in gesprek te kan tree sonder die aanbid deel.
    Die oue bybel kan gerus volledig hersien word en tot 'n agtste ingekrimp word – net positiewe boodskappe om mense bietjie op te beur en te laat hoop. Schluss und schloss . . . ek lat los.

  • Beste Angus
    Eina, kyk hoe spartel jy nou in jou openingsparagraaf. Jy is verspot, eintlik betreurenswaardig wanneer jy die stelling maak: "As Josephus skryf oor Christene wat bestaan het, is dit nie 'n bewys dat Christus bestaan het nie."
    Josephus skryf nie net oor die bestaan van Christene nie, maar wel oor die “plaag” en hoe dit ontstaan het, veral omdat hy witvoetjie by die Romeine gesoek het.
    Is jy werklik so oningelig dat jy reken 'n Romeinse keiser sou 'n bevel teen grafskending uitreik, om 'n herhaling van lykdiefstal te voorkom, as daar nie 'n soortgelyke voorval was nie? Dit verskyn ook in die Bybel.
    Jy is dus verspot as jy reken 'n Romeinse keiser, sal so 'n bevel uitreik om 'n mite te onderdruk. Hulle het beter dinge gehad om te doen soos om te laat toesien dat die Jode gereeld en betyds hul belasting betaal.
    Reken jy regtig Christene het hulself laat kruisig, deur wilde laat verskeur omdat hul hul verlossing en hoop op 'n denkbeeldige persoon gevestig het? Nou raak jy werklik totaal van jou wysie af, as jy reken denkbeeldige persone het die evangelie verkondig en gemeentes gestig, soos daar in die Bybel opgeteken is.
    Aitsa en dan kom hou jy jouself slim oor “bloei”. Lees my jongste kommentaar in die verband. Hoop jy het hope tissues om jou verleentheid agter weg te steek en die neusbloeding te stop.
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Dis maar weer 'n saak vir die logika. Die feit dat daar sulke mense soos Christene is, en dat geskiedskrywers oor hulle skryf, is nie 'n bewys dat Jesus 'n historiese persoon is nie. Daar is miljoene volgelinge van Indiese gode; dis nie 'n bewys dat die gode historiese persone is nie.
    Nêrens het ek melding gemaak van grafskending en lykdiefstal nie. As dit plaasgevind het, is ek nie verbaas dat die Romeinse keiser daarteen sou optree nie. Eintlik sou hy dwaas wees om dit nie te doen nie.
    Ek is ook nie verbaas dat Christene hulle sou laat verskeur deur wildediere nie. Iemand wat aan die bonatuurlike glo, het in elk geval al heelwat breinskade opgedoen.
    Nêrens het ek nog ooit beweer dat Christene denkbeeldige persone is nie. Hulle bestaan werklik, en deur die eeue heen was hulle nog altyd die wêreld se grootste kopseer. Nie alleenlik is Christene martelare nie, die Christendom is ook verantwoordelik vir miljoene mense se dood. By feitlik alle oorloë is daar maar 'n Christelike vinger in die pastei.
    Lees wat ek elders geskryf het oor “bloei”, homonimie en polisemie. Ek probeer nie slim wees soos jy beweer nie. Ek het homonimie en polisemie eens op 'n tyd ekstensief bestudeer.
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Jy mag dit bestudeer het, maar ongelukkig vir jou is ek getroud met 'n vrou met 40 jaar onderwys agter die rug, wat in haar lewe derduisende matriek-eindeksamenvraestelle nagesien het en talle kinders, baie tans oorsee, onderskeidings laat behaal het, wat my adviseer.
      Daarom het ek juis my jongste kommentaar aan haar voorgelees. Sy was een van 'n baie klein persentasie onderwyseresse wat onder die 3% top onderwysers onder die ou bedeling geplaas is. So wat is jou “claim to fame” nou eintlik, behalwe jou ekstensiewe studies?
      Nou stem jy saam en is nie verbaas dat die Romeine so opgetree het nie? Maar grafskending op soek na skatte was nogal 'n probleem ook in Egipte. Wat egter verbasend is dat die verbod ingestel is, om te keer dat 'n lyk, nie skatte gesteel word nie en tot volgelinge tot die status van 'n ikoon of martelaar verhef word. Dit alleen is voldoende bewys, dat almal in die tyd van die verbod, behalwe jy tans, aanvaar het dat Jesus 'n werklike persoon en nie 'n mitiese figuur was nie.
      Verder is jou opmerking van :"Ek is ook nie verbaas dat Christene hulle sou laat verskeur deur wildediere nie. Iemand wat aan die bonatuurlike glo, het in elk geval al heelwat breinskade opgedoen," onsmaaklik en beledigend, maar dit bewys maar weer dat jy ook in die opsig ook die onderspit gedelf het.
      Hier is 'n skakel wat die grootste massamoordenaars in die geskiedenis lys. Daaruit sal jy sien dat ateïste onder die grootste massamoordenaars tel en nie Christene nie. http://www.dailymail.co.uk/home/moslive/article-2091670/Hitler-Stalin-The-murderous-regimes-world.html
      Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Kyk, ek haal my hoed af vir jou vrou. As sy al veertig jaar in die onderwys staan, dan is haar metodiek werklik uit de oude doos. Ten spyte van haar ondervinding, dink ek jy moet nog ʼn taaladviseur bykry. So iemand sou dalk vir jou gesê het dat jou vrou derduisende matriek-eindeksamen antwoordstelle nagesien het, nie vraestelle nie. ʼn Vraestel word deur ʼn eksaminator opgestel, en die dag van die eksamen word ʼn kopie daarvan aan elke kandidaat gegee om te beantwoord. Dit wat hy skryf is ʼn antwoordstel, en dis wat jou vrou al swoegenderwys moes nasien. Ek het eenkeer in my lewe Biologie gaan nasien, en gesweer nooit weer nie! Dis nou rêrig bloedgeld verdien. (Bloedgeld se tweede betekenismoment in die HAT.) Eintlik behoort jy jou te skaam dat jy jou vrou so hard laat werk vir ʼn bietjie geld.
    My “claim to fame” is dat ek maar ʼn baie nederige ou is. Ek spog nie met my Meestersgraad in Soölogie nie, want my pa het daarvoor betaal. Hy spog daarmee. Ek spog ook nie met my Meestersgraad in plantkunde nie, want dis my brood en botter. Maar, hoor hier! Ek spog met my Honneursgraad in Afrikaans wat ek behaal het drie jaar nadat ek vier jaar deeltyds geswoeg het aan ʼn BA-graad, want dis my passie. Nou verstaan jy as jy sê Afrikaans bloei dat die bloed so spat, en Jan kla dat dit gaan Queen’s English word met al die klomp Engelse woorde, dan kook my bloed behoorlik. (Hierdie “bloed” se afleiding “bloei” en die “bloei” van “Afrikaans bloei”, is homonieme.)
    Ek probeer nog hard om jou soort logika te verstaan. Sê tog vir my hoe kan grafskendery, of dit nou in Griekeland of Egipte of êrens in die Romeinse Ryk plaasgevind het, bewys lewer van die bestaan van Jesus? As vandale vandag hier by ons ʼn kerkhof binnevaar, en grafte skend, is dit mos nou nie ʼn bewys dat Simon van der Stel werklik bestaan het nie? Hoe werk jou kop?
    Jy beweer ek het die onderspit gedelf. Was ek dan in ʼn geveg betrokke? Dink jy nie ook dat mense wat aan die bonatuurlike glo, gesigte sien drome droom, skrik vir spoke, drake en duiwels, nie maar so ʼn taamlike klap van die windmeul weg het nie?
    Die lys van ateïste in jou skakel het wel mense laat vermoor, maar behalwe vir Stalin, het hulle dit nie gedoen omdat die mense gelowiges is nie. Gelowiges vermoor mense omdat hulle nie gelowiges is nie. Buitendien het jy nie deeglik navorsing gedoen oor die mense in die lys nie. Hitler was nie ʼn ateïs nie. Hy het noue skakeling met die pous gehad en was ʼn Rooms-Katoliek. Gaan lees sy boek, “Mein Kampf”, en jy sal sien dat hy die Jode uitgeroei het, want hulle was glo die moordenaars van Jesus Christus. Hy het gedink hy doen Jesus ʼn groot guns deur hulle uit te roei.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Nou gaan haal jy dit ver en plaas die Christelike geloof op dieselfde vlak as alle ander gelowe. Hitler was 'n skyn-Christen want Christus het nooit geweld as 'n wapen teen regerings of ander gelowiges gepredik nie.
    Dit moes duidelik gewees het uit een van jou 23 Bybels, as jy een van hulle gelees het. Jy ken blykbaar nie die verskil tussen mense wat iets doen omdat hul geroepe daartoe voel en diegene wat dit doen vir 'n ekstra inkomste.
    In Mat 6 vers 19 en 20 is daar tog geskryf: “Hou op om van die oggend tot die aand agter geld aan te hardloop. Niks hou hier vir altyd nie (ook nie 'n mens se geleerdheid nie). Diewe breek oral in en steel, motte en goggas vreet alles op en ouderdom laat dinge vergaan.
    Maak eerder vir jul 'n bankrekening daar by God in die hemel oop. Geen dief kan ooit daarin breek om iets te probeer steel nie." Die Boodskap.
    'n Goeie begrip (begryper) het 'n halwe woord nodig, iemand wat gou verstaan, het nie 'n breedvoerige uiteensetting nodig nie. Jy verstaan nie hoekom die verbod ingestel is deur 'n Romeinse Keiser nie. Dit was om 'n herhaling te voorkom van die steel van 'n lyk van 'n mens en deur sy volgelinge verhef is tot 'n opgestane Koning. Die storie dat soldate hul pos verlaat het of geslaap het gedurende die episode het verder bygedra tot die instelling van die verbod.
    Geen Romeinse keiser sou so 'n verbod ingestel het as daar nie werklike bewyse bestaan het dat so 'n persoon werklik geleef het nie. Jy kan nie 'n mitologiese lyk steel nie, al probeer jy hoe hard. Hierdie is dus omstandigheidsgetuienis wat tot sulke optrede gelei het.
    Jy vergeet ook dat die Bybelverhale veral die van Christus en sy volgelinge nie in rustige omgewings geskryf is nie. Dit is duidelik dat van Jesus se dissipels gewapen was. Die gelykenis van die Die Barmhartige Samaritaan is 'n duidelike bewys dat die Israel waarin Jesus geleef en gepredik het nie oral 'n veilige plek was nie.
    Jou voorbeeld van: “Dink jy nie ook dat mense wat aan die bonatuurlike glo, gesigte sien drome droom, skrik vir spoke, drake en duiwels, nie maar so ʼn taamlike klap van die windmeul weg het nie?'” is net nog 'n voorbeeld dat jy oor, nieteenstaande jou kort kerklike lewe, wat die Christelike geloof betref, die klok hoor lui het, maar weet nie waar die bel hang nie.
    Die dwalinge van die Rooms Katolieke kerk en Hitler se optrede is 'n verkragting
    van die Evangelie en kan nooit voorgehou word as synde gelyk te wees aan die prediking van Jesus nie.
    Dit is ook duidelik dat die “hemel” waarna Jesus verwys nie in ons heelal geleë is, maar geleë is in 'n oneindigheid waarin ons heelal tot stand gekom het. Ons heelal vergaan omdat dit 'n begin en dus ook 'n einde het.
    Vra jou dus self die vraag af, watter nut het alles ,as alles net tydelik is. Wat is die verskil nou eintlik as die aarde vergaan as ons ster se brandstof opraak of die mens mens homself in 'n kernoorlog uitwis, as daar nie 'n bestaan hierna is nie?
    Die antwoord op Prediker 1:1 se versugtinge van:
    1.”Woorde van die Prediker, seun van Dawid en koning in Jerusalem.
    2 Alles kom tot niks, sê die Prediker, tot niks.
    3 Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?”...
    ... het nuwe betekenis gekry in die koms van Jesus en sy boodskap, hierbo aangehaal
    is duidelik. Dit is die kern van die Christelike geloof en nie dit wat jy en ander ateïste daarvan probeer maak nie.
    Lekker dag

    • FC Boot
      Sakkie en Angus is 100% reg. Die NG en NP is 'n sprekende voorbeeld van die onheilige godsdiens/politieke konkoksie. Angus se feite oor mites is ook 100% korrek.
      Neem nou bv jou Bybel in Lev 27 vers 28 en 29. Die god van Moses wat mense as banoffers verlang? Bid jou aan!

      • Beste Spook
        Spoke bestaan nie, net in mense se verbeelding. Julle ateïste moet tog leer om wyer te lees en jouself nie blindstaar teen 'n enkel teks nie. Dit gaan nie hier oor wat jy dink dit beteken nie, maar oor 'n persoon wat soos die Leviete toegewys is aan die Here, kan nooit weer vir 'n ander doel aangewend word nie, jy kan dus nie 'n Leviet wees en daarna oorgegee word om 'n priester van 'n afgod te word nie.
        Sou dit gebeur is vernietiging aan die beurt en nie “offer” nie. Dit is blykbaar 'n moeilike teks om te vertaal. 'n Weergawe in Engels lees: “No one who may have been set apart among men shall be ransomed; he shall surely be put to death.”a
        Jy en Angus is dus weer verkeerd.

        • FC Boot, He-he die ou twee stelle reëls soos altyd.
          a) Spoke bestaan net in jou verbeelding - behalwe jou drie spoke (wat eintlik een is).
          b) Versies in die bybel het 'n dieper/wyer betekenis - behalwe die wat jy so vlytig aanhaal en mense na verwys. Daardie moet net so gelees en verstaan word.
          Een ding - die herders wat jou so mooi die twak geleer het en ek dink dieselfde!

          • Spook
            Is jy die dapper muis wat naamloos deur die lewe gaan en agter 'n skuilnaam wegkruip? Nee man kom by en lewer konstruktiewe kommentaar of is jy iemand wat lees maar nie verstaan nie. Probeer 'n blad soos Fact and Faith en verbreed jou insig, dan hoef jy nie langer 'n naamlose spook te wees nie.

        • FC Boot
          Dankie, ek is tevrede met my BRek(Hons). Neem die akademiese aanmoediging vir jouself. Jy is die een wat nie die verskil tussen 'n antwoordstel en vraestel ken nie en met jou vrou as onderwyseres spog.

  • Beste FC Boot,
    O, jy sê die Christelike geloof is op so ʼn bietjie ʼn hoër trap as ander gelowe. Alhoewel ek nie ʼn Christen is nie, verstaan ek nou waarom my buurman so vies-vies neus-in-die lug Sondae by my verby stap. Hy dink hy is op ʼn hoër vlak as ek. Loop jy ook so en neerkyk op die andergelowiges? Ek het so gedink! Christus van die Bybel se dade bewys ook dat hy gewelddadig was ; het hy dan nie met ʼn sambok ingevaar onder die handeldrywers in die kerk nie? En het hy nie hulle eiendom beskadig nie?
    Ek het my Bybels geraadpleeg en nêrens sê dit vir my wat die verskil is tussen iemand wat geroepe voel om iets te doen en iemand wat geld verdien deur ʼn ekstra inkomste nie. Die Bybelaanhalings van jou sê dit ook nie.
    Jou storie van die keiser en die lykstelery bewys nie dat Jesus ʼn historiese figuur is nie. Jy kan nie met die Bybel bewys dat dit wat in die Bybel staan, waar is nie. Jy kan ook nie ʼn gelykenis voorhou as bewys nie. ʼn Gelykenis is ʼn spesiale letterkundige genre en duidelik fiksie.
    Die hemel waarna die karakter Jesus verwys is deel van die mitologie omdat die hele verhaal waarin dit vertel word, mitologie is. Die hele Bybel is mitologie, fiksie, en jy het al self gesê, alhoewel jy nie eens daarvan weet nie. Jy het al self beweer dat die Bybel nie letterlik verstaan moet word nie, want dis geskryf deur mense, 2000 jaar gelede vir mense van daardie tyd. Dis mos ʼn erkenning dat dit fiksie is.
    So terloops: ek kan agterkom jy dink die Rooms-Katolieke geloof is ʼn “ander geloof.” Die RK-geloof is eintlik die ware Christelike geloof; al die ander is maar wegbreekgelofies: die Lutherane, die Protestante, die Moslems, ens.
    Ek hoop jy het darem nou al jou vrou bietjie Afrikaans kon leer; dat sy eksamenskrifte nagesien het en nie eksamenvraestelle nie.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Verskoon my maar as ek dink jou sienswyse en die van die EFF sekere ooreenkomste toon. Die EFF is voorstanders van grondonteiening sonder vergoeding, maar hul eintlike agenda is nasionalisering van grond, dws alle grond moet staatseiendom word. Die staat sal dan besluit wat en waar vervaardig of geproduseer sal word volgens 'n vyfjaarplan.
    Jou eintlike plan is om gelowiges, ook die wat dalk die gesprek volg, te laat struikel met ongegronde sienswyses wat die Christelike geloof aanbetref.
    Nou kom jy en vertel jy was 'n ouderling. Nou wat se ouderling verstaan nie Jesus se prediking nie? Het jy dan nie gelees dat dit in Johannes 2 vers 16 geskryf is:
    'Vir die duiweverkopers het Hy gesê, “Vat hierdie goed weg! Hoe durf julle my Vader se huis in 'n mark verander!”
    Jy behoort te weet wie die Vader is na wie Jesus verwys. Jesus tree dus op soos enige seun sou opgetree het, of sou jy so iets in jou pa se huis toelaat? Sou jy so 'n seun as gewelddadige beskryf, of is jy 'n seun wat so iets gelate, hande in die broeksak, hande wringend sou toelaat?
    Vergeet nou maar van die dieper en meer geestelike betekenis van die versie.
    Mense wat hul geroepe voel om iets te doen het: “a strong urge towards a particular way of life or career; a vocation.” Dit gaan dus meer as om net die vergoeding daaraan verbonde.
    Jy verstaan ook niks van enigiets wat in een van jou 23 Bybels geskryf is nie, want jou
    mitologiese gedweep is te vinde in dieselfde houding van:
    Johannes 3:(Vervang Nikodemus met Angus – vir jou antwoord.)
    1 Daar was ’n Fariseër, Nikodemus. Hy was ’n leier van die Jode.
    (Fariseërs: Jode wat baie streng probeer doen het wat die Wette van Moses sê en wat hulle voorvaders vir hulle geleer het.)
    2 Hy het in die nag na Jesus toe gekom en vir Hom gesê: “Rabbi, ons weet God het U gestuur om vir die mense te leer hoe om Hom te dien. Die wondertekens wat U doen, kan ’n mens net doen as God hom help.”
    (Rabbi: ’n Aramese woord wat beteken “Meneer” of “Onderwyser”. Wonderteken: ’n Wonderwerk wat wys Jesus is God.)
    3 Jesus het hom geantwoord: “Ek sê vir jou, en dit is seker: ’n Mens moet eers weer gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning.”
    4 Nikodemus sê toe vir Hom: “Maar hoe kan ’n mens gebore word as hy klaar groot is? ’n Mens kan nie ’n tweede maal in sy ma ingaan en weer gebore word nie.”
    5 Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Iemand moet eers uit water en uit Gees gebore word, dan sal hy weet God is sy Koning.
    6 Wanneer iemand gebore word uit ’n mens, dan is hy ’n mens.('n mens met menslike gedagtes en kennis. My invoeging.) Maar wanneer iemand gebore word uit die Heilige Gees, dan is hy ’n mens wat ’n gees het wat waarlik lewe.
    7 Moenie verbaas wees dat Ek vir jou sê julle moet weer gebore word nie.
    8 Die wind waai waar hy wil. Jy kan die wind hoor, maar jy weet nie van waar dit kom en waarnatoe dit gaan nie. So is dit ook wanneer iemand uit die Gees gebore word.”
    9 Nikodemus het vir Jesus gevra: “Hoe gebeur dit?”
    10 Jesus het gesê: “Jy is iemand wat vir die mense van Israel leer om God te dien. Hoekom verstaan jy dit nie? (En dit was jy Angus gedurende jou kerklike lewe.)
    11 Ek sê vir jou, en dit is seker: Ek en die mense wat aan My behoort, praat van dinge waarvan ons weet. Ons vertel van dinge wat ons self gesien het, maar julle glo niks wat ons vertel nie.
    12 Ek het met jou gepraat oor iets wat op die aarde gebeur, en jy het dit nie geglo nie. Sal julle dan glo wanneer Ek vir julle vertel van die dinge wat in die hemel gebeur? Nee, julle sal dit ook nie glo nie." Uit die Bybel vir almal.
    Nou dwaal jy nog verder oor die RK-geloof. As dit die “ware geloof” was sou daar nooit 'n hervorming plaasgevind het nie of is aflaatbriewe vanweë jou gesonde finansiële toestand nog steeds 'n opsie vir jou? En verander wyn werklik in bloed en brood in vlees – of is dit simbole.
    Jy is verspot as jy dink dat Romeine wat nie geaarsel het om 500 mense op 'n dag te kruisig nie totdat die hout opraak dink dat Jesus 'n mitologiese figuur is. Ek sê mos nêrens dat die steel van 'n lyk 'n bewys is nie, maar wel dat die maatreëls wat 'n Romeinse keiser daarteen ingestel het oor die hele gebied onder sy beheer, om so iets te voorkom, 'n indirekte bewys is dat so 'n voorval wel plaasgevind het, en dat die volgelinge se verkondiging van 'n “opgestane Jesus” 'n plaag oor die wêreld geword het, wat uitgeroei moes word.
    Nou grond jy jou stelling op 'n enkel aanvaarde vertolking van die Genesisverhale
    as teenvoeter van Babiloniese skeppingsverhale deur Joodse banneling, van toepassing op die hele Bybel.
    My raad aan jou is kry 'n eenvoudige werk soos die Bybel A-Z en leer hoe om die Bybel te lees, want wat die Christelike geloof betref, (het jy) die klok hoor lui het, maar weet nie waar die bel hang nie.
    Jesus gebruik gelykenisse om die evangelie te verkondig.
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Jy wil nou maar enemale nie verstaan nie. Ek wil nie Christene laat struikel as hulle lees wat ek skryf nie; hulle het hoeka lankal klaar gestruikel met hulle ou gelofie in die bonatuurlike.
    Jou en my gesprek gaan oor die historisiteit van die Bybelse karakter, Jesus Christus. Eenvoudig gestel, jy beweer dat daar so iemand was op grond van wat in die Evangelies geskryf staan. Daarvoor haal jy bladsye en bladsye aan uit die Bybel, want, volgens jou, is die Bybel ʼn historiese boek, en wat daarin staan, is letterlik waar.
    Ek beweer dat Christus nie ʼn historiese figuur is nie. Die evangelies kan nie gebruik word as bewys van sy bestaan nie, omdat dit mitologie is. (Gaan lees my vorige skrywes waarin ek bewys lewer van die mitologiese aard van hierdie evangelies.) Nêrens is daar enige teken of bewysstuk van sy bestaan nie. Trouens, die hele Bybel is mitologie, nie geskiedskrywing nie. Jy kan dus NIKS wat in die Bybel staan, gebruik as bewys van Christus se bestaan nie.
    En hou tog op om te gorrel.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Ek sien jy volg nie my raad nie en weier om jou oogklappe af te haal. Deur die historisiteit van Jesus te ondermyn ,probeer jy die fondament van die Christelike geloof te ondermyn.
    Net soos daar nie denkbeeldige Afrikane kan wees as die kontinent Afrika nie bestaan het nie, is die bestaan van Christene sonder Christus nie denkbaar en haalbaar nie.
    Die bestaan van Jesus word deur Joodse Rabbis en talle ateïste erken asook die bestaan van die dissipels. Dit is net jy en ander wat halsstarrig in ontkenning lewe. Ek kan nie glo dat jy nog steeds vasklou aan jou sienswyse nie.
    Doen 'n bietjie navorsing en klim van jou troontjie van onkunde af. Argeologiese ontdekkings ondersteun die Bybelverhale al hoe meer. Net om te wys hoeveel nonsens jy kwytraak oor die figure in die Bybel is die onlangse ontdekking van.
    'King Hezekiah in the Bible: Royal Seal of Hezekiah Comes to Light. Hezekiah in the Bible and on the ground'. Hy was die 13de Koning van Juda.2 Konings 20.
    Die vroegste geskiedskrywer vermeld die dood van Petrus asook sy kruisiging.
    Die onlangse ontdekking van talle massagrafte in Egipte van talle jong mens, nie ouer as 25 onderskryf die bestaan van massas slawe in Egipte - hulle is eenvoudig dood gewerk. Die vermoede is - nog nie bewys nie - dat die wel Israeliete kan wees.
    Verdere navorsing het ook aan die lig gebring dat 'n Egiptiese Faro 'n groot droogte laat oorleef het die voedselproduksie te verhoog veral in die vrugbare gedeeltes van verowerde lande en so die Midde Ooste van verhongering gered het.http://www.newsweek.com/ancient-climate-change-archaeologists-uncovered.
    Meer navorsing is nodig, maar die verhaal verskyn ook in die Bybel. Die Bybelverhale word so al hoe meer as histories korrek bewys, want dit speel af in dieselfde tydperk.
    Ek kom al hoe meer agter hoekom 'n ateïs-historikus genoodsaak was om tot die volgende gevolgtrekking te kom. Jy en soortgelykes het hom daartoe gedryf: “The proponents of the Jesus Myth hypothesis are almost exclusively amateurs with an ideological axe to grind and their position is and will almost certainly remain on the outer fringe of theories about the origins of Christianity."
    Jou “ ideological axe” het so stomp geraak in hierdie gesprek dat die tyd aangebreek het om dit weg te gooi, want jy wil tog nie as “amateur” doodgaan nie, of hoe?
    Net soos Julius Malema met sy Hitler-agtige toesprake die Suid-Afrikaanse geskiedenis probeer herskryf, probeer jy dieselfde met die Bybelgeskiedenis doen. Teen die trant sal Van Riebeeck en sy skepies oor 2000 jaar verder nadat alle geskiedkundige nalatenskap van grafte ,monumente ,kasteel ens, deur 'n Angus van die toekoms tot mitologiese figure verklaar word en vir bewyse vra.
    Omdat ek jou nie tot ander insigte kan bring nie moet ek sê , totsiens Angus en lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Ek kom agter jy debatteer ʼn saak, maar jy het net so vaagweg ʼn benul waaroor jy redeneer. Ek probeer beslis nie om die “historisiteit van Jesus te ondermyn” soos jy dit stel nie. Ek probeer juis om sy historisiteit te bewys, maar helaas, my soektog bly tevergeefs. Ek het al tientalle Christene gevra om my te help, maar die beste waarmee hulle vorendag kom, is aanhalings uit die Bybel. Dit deug nie, want die hele Bybel is mitologie, nie geskiedskrywing nie. Daar is diere en bome wat praat, towenaars wat van kieries slange maak, ʼn Rooisee wat oopgekloof word met ʼn staf, ʼn sterk man wat ʼn duisend mense doodslaan met ʼn eselkakebeen, ʼn maagdelike geboorte, ʼn man wat op water loop, en duisende mense kan voed met twee vissies en vyf brode, en so kan ek aangaan met mitologiese wonders. Daar kan bewys word dat Julius Caesar, Jan van Riebeeck, dr Chris Barnard, en oom Paul Kruger, historiese figure is, maar Jesus Christus? Absoluut niks!
    Jy het maar ʼn swak siening oor die Christelike geloof as jy dink dat ek dit kan ondermyn met my skrywe.
    Klim jy maar van jou troontjie af en bestudeer wat argeologiese opgrawings is, en hoe dit gedoen word. Vroeëre argeoloë was nog gelowiges, en hulle het opgrawingswerk gedoen met die doel om dit wat in die Bybel staan, waar te bewys. Dan was dit heel maklik: jy gaan soek na Sodom en Gomorra, kom af op die ruïnes van twee stede naby mekaar, en verklaar dan dat Sodom en Gomorra ontdek is. Of jy glo aan die Noag-storie, en siedaar! Jy ontdek stukke hout van die Ark. Daar mag nog dalk sulke argeoloë wees, en jy kan maar glo wat hulle ontdek as jy wil. Moderne argeoloë doen net opgrawings en na fyn speurwerk, maak hulle bekend wat hulle ontdek het.
    Ek sal graag wil sien watter opgrawings bv die sesdaeskepping, die Paradys-storie met pratende slang en al, ens ondersteun. ʼn Ou oom wat ʼn plaas hier in die Drakensberge het, het ʼn besliste bewys vir Noag se ark. Die horisontale sandsteenlae van die voetheuwels is die skraapmerke gemaak deur die ark soos Noag hier verbygeseil het.
    Wat iemand skryf, of hy ook al ʼn ateïs-historikus is, of ʼn Christen, of ʼn Mohammedaan, of Boeddhis, of wat ook al, verander niks aan die ware toedrag van sake nie.
    Jy beantwoord selde iets wat ek jou vra, maar hierdie keer gaan ek ʼn antwoord van jou eis. Jy beskuldig my daarvan dat ek die Bybelgeskiedenis probeer herskryf. Jy moet nou vir my bewys lewer waar ek dit gedoen het. Let Wel: jy gebruik die woord “herskryf”.
    Hoe ek ook al sukkel met jou skakel, dis morsdood.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Kom ek probeer dit vir jou op 'n heel eenvoudige manier verduidelik. Vra vir mense in die straat of hul weet wie Jan van Riebeeck is. Party sal net hul skouers optrek en wegstap. Dan sal jy diegene kry wat beter ingelig is en bv geskiedenis as 'n vak in die ou bedeling geneem het en die wat dalk dit in die nuwe bedeling neem. Vir hulle wat nooit in Kaapstad by die kasteel was nie, is dit nie nodig om bewyse vir sy bestaan te kry nie.
    Hy is vir hulle en seker ook vir jou 'n werklikheid, 'n volkstigter, al is dit meer as 350 jaar gelede en nie 'n massamoordenaar soos sommige hom uitbeeld nie. Hoe gaan dit nou oor 2000 jaar verder lyk? Kyk om jou en weet dan dat baie min van wat nou bestaan nog dan sal bestaan. Begraafplase van ons ouers en ons self bestaan nie meer nie. Daar sal 'n nuwe volk wees met 'n nuwe geskiedenis en vandag sal antieke geskiedenis vir hulle wees. Ons nageslag as die nog bestaan sal vergeefs soek na ons begraafplase, woonplekke ens. Alles sal onherkenbaar wees, 'n enkele sin of paragraaf in die geskiedenis.
    Net soos die geskiedenis van Van Riebeeck vir ons 'n werklikheid is, al is dit meer as drie eeue later, was die geskiedenis van Christus, sy lewe, dood en opstanding 'n werklikheid, want hulle het dit nie beleef, drie eeue later soos ons van Riebeeck beleef nie, maar in die werklikheid van die tyd waarin dit gebeur het.
    Vandag vertel ons vir ons kinders die geskiedenis wat vir ons belangrik is en dit vir ons kinders en nie ander bedoel nie. So het die dissipels dan ook eers die Evangelie terwyl Jesus gelewe het aan hul eie mense vertel en later toe die nie wou luister nie, aan ander. Vergelyk die uitnodiging na die bruilof.
    Het enigiets al tot jou mitologiese denke deurgedring? Nou hamer jy op 'n sesdae-skepping. Het ek dan nie al tot vervelens toe geskryf nie, dat die verhale geskryf is deur Joodse bannelinge as teenvoeters vir die baie Babiloniese skeppingsverhale?
    Nee ek het nie 'n swak siening van die Christelike geloof nie, dit is jou veld, want jy soek bewyse en steur jou nie aan enigiets in die verband nie. Jou probleem is jy weet nie hoe om die Bybel te lees nie en steur jou min aan wat ek al in die verband geskryf het.
    Het jy dan nog nie agter gekom dat die verhaal van Noag se ark te vinde is in baie van die volke wat dieselfde streek woonagtig was en dat die Noag-verhaal maar een van baie weergawes is. Het niemand jou ooit ingelig dat die “hele aarde” die aarde was wat aan die mens van die tyd bekend was nie?
    Het niemand jou ooit vertel dat as die “hele aarde” was water nooit sou kon wegdreineer deur swaartekrag nie? Dat die aarde totaal versout sou wees omdat daar 97% sout teen 3% soetwater is?
    Nou kom en maak ’n bohaai daarvan en vertolk dit op so 'n wyse om dit en dus die Bybelverhaal in belaglike lig te stel. Dit spruit uit jou onvermoë om die Bybel in konteks te lees. Ek beantwoord elke vraag wat jy vra en plaas dit in konteks.
    Die ware toedrag van sake is nie wat jy op skrif plaas nie, maar jou skynbare onvermoë om die Bybel in konteks te lees. Volg my raad wat ek voorheen en jou gegee het.
    Omdat jy niks verstaan of wil verstaan nie, is dit regtig my laaste antwoord en gaan ek beslis nie my tyd verder mors nie.

  • Geagte Angus en almal op LitNet
    Ek lewer nie maklik kommentaar op menings gelug soos hierbo nie, maar in hierdie geval wil ek net iets noem. Moenie menings ophaal van sogenaamde geleerdes wanneer oor WARE geloof gepraat word nie. Alle gelowe van die wêreld is vals. Kerke, skole, universiteite is voorbeelde van die boosste organisasies denkbaar.
    Niemand weet werklik wat waarheid is nie. Om die ware Skepper te ken moet 'n mens Hom persoonlik ontmoet. Jesus is vals en is slegs 'n beeld. Jesus is ook die ware Antichris. Hierdie beeld word gedryf deur die Rooms Katolieke Kerk by wyse van tans Pous Francis, die vals profeet. Die kruis is die merk van Satan.
    Die ware Skepper is Gees (Ek is / I Am / Yahweh) en kan slegs geken word deur Sy Stem (Yahshua) Wie vlees geword het en vir ons sondes aan 'n boom gesterf het. Daar is nie 'n drie-eenheid nie, daar is net EEN YAHWEH. Hy openbaar Homself slegs aan diegene wie Hom soek met hulle hele wese en verstand. Dit is diegene wie die self en die wêreld kan agter laat en kom tot eenvoud. Eers dan is jy gereed om te verstaan.
    Die kern waarom alles draai en dus ook die kern van die totale skeppingswerk is GEHOORSAAMHEID (10 Gebooie) aan Yahweh.
    Indien die mensdom besluit om weg te draai van gehoorsaamheid aan Yahweh dan eindig samelewings waar ons nou is. Dit sluit in totale liefde vir die self, geen respek, haat, geweld, moord, wetteloosheid, kinders wie nou luister na ouers, huwelike wat opbreek, najaag van roem en geld wat lei tot niks.
    Kyk na Suid-Afrika - indien enige iemand nog nie gekyk het na die amptelike moordsyfers, elke dag se geweld, hoeveelheid egskeidings en selfdood nie, dan leef so iemand in 'n hoenderhemel met 'n vals hoop dat die mens oor die vermoë beskik om herstel te bewerkstellig.
    Daar is net 1 waarheid:
    Your righteousness is righteousness forever, And Your Torah (Law) is truth.
    Tehillim (Psalms) 119:142 TS2009
    https://bible.com/bible/316/psa.119.142.TS2009
    Hierdie mening is nie bedoel om af te kraak of enige iemand te na te kom nie. Dis egter tyd dat ons almal krities kyk na die wêreld wat ons as mense gebou het, en eerlik besin of dit sinvol is VERAL SONDER YAHWEH en Sy 10 gebooie.

    • Beste L Mostert,
      'n Mens moet maar versigtig wees om stellings te maak.
      Die volgende gebooie was 2000 jaar vir die 10 gebooie, in Egipte van toepassing.
      Transgressions Against Mankind
      1. I have not committed murder, neither have I bid any one to slay on my behalf;
      2. I have not committed rape, neither have I forced any one to commit fornication;
      3. I have not avenged myself, nor have I burned with rage;
      4. I have not caused terror, nor have I worked affliction;
      5. I have caused none to feel pain, nor have I worked grief;
      6. I have done neither harm nor ill, nor I have caused misery;
      7. I have done no hurt to man, nor have I wrought harm to beasts;
      8. I have made none to weep;
      9. I have had no knowledge of evil, neither have I acted wickedly, nor have I wronged the people;
      10. I have not stolen, neither have I taken that which does not belong to me, nor that which belongs to another, nor have I taken from the orchards, nor snatched the milk from the mouth of the babe;
      11. I have not defrauded, neither I have added to the weight of the balance, nor have I made light the weight in the scales;
      12. I have not laid waste the plowed land, nor trampled down the fields;
      13. I have not driven the cattle from their pastures, nor have I deprived any of that which was rightfully theirs;
      14. I have accused no man falsely, nor have I supported any false accusation;
      15. I have spoken no lies, neither have I spoken falsely to the hurt of another;
      16. I have never uttered fiery words, nor have I stirred up strife;
      17. I have not acted guilefully, neither have I dealt deceitfully, nor spoken to deceive to the hurt another;
      18. I have not spoken scornfully, nor have I set my lips in motion against any man;
      19. I have not been an eavesdropper;
      20. I have not stopped my ears against the words of Right and Truth;
      21. I have not judged hastily, nor have I judged harshly;
      22. I have committed no crime in the place of Right and Truth;
      23. I have caused no wrong to be done to the servant by his master;
      24. I have not been angry without cause;
      25. I have not turned back water at its springtide, nor stemmed the flow of running water;
      26. I have not broken the channel of a running water;
      27. I have never fouled the water, nor have I polluted the land.
      Sins
      28. I have not cursed nor despised God, nor have I done that which God does abominate;
      29. I have not vexed or angered God;
      30. I have not robbed God, nor have I filched that which has been offered in the temples;
      31. I have not added unto nor have I diminished the offerings which are due;
      32. I have not purloined the cakes of the gods;
      33. I have not carried away the offerings made unto the blessed dead;
      34. I have not disregarded the season for the offerings which are appointed;
      35. I have not turned away the cattle set apart for sacrifice;
      36. I have not thwarted the processions of the god;
      37. I have not slaughtered with evil intent the cattle of the god;
      Personal Transgressions
      38. I have not acted guilefully nor have I acted in insolence;
      39. I have not been overly proud, nor have I behaved myself with arrogance;
      40. I have never magnified my condition beyond what was fitting;
      41. Each day have I labored more than was required of me;
      42. My name has not come forth to the boat of the Prince
      Die verskil tussen die Christelike geloof en ander gelowe is dat God deur Jesus Christus uitreik na die mens terwyl dit omgekeerd is in ander gelowe.
      Die Bybel is baie duidelik dat die mens se natuur ,want ons is biologiese wesens met biologiese drifte en dryfvere regstreeks in stryd met die plan (wil) van God lewe.
      Dit is waarom Jesus praat van die wedergeboorte. Dit is nie waar nie dat die wêreld in chaos sal verval nie, daarvan is die 42 Egiptiese gebooie 'n duidelike voorbeeld.
      Dit gaan nie om ons lewe hier op aarde nie, dit is tydelik, dit gaan om die lewe hierna.
      Daar is tans meer misdaad in Suid Afrika as in baie nie-Christelike lande. Die rede hiervoor is die regering se versuim om sy regeermag na behore uit te oefen. Hierdie is 'n gedelegeerde mag, omdat die uiteindelike gesag berus in die hande van ons Skepper.
      Ons Skepper se woonplek is ook nie te vinde in ons verganklike heelal nie. Ons heelal funksioneer in 'n oneindigheid wat dit in taat stel om uit te dy, groter te word, maar kan nooit oneindig wees nie. Dit het 'n begin en 'n einde.
      Ons Skepper deur Wie alles ontstaan het is 'n oneindige entiteit wat in 'n oneindigheid bestaan. Ons Skepper in sy wysheid besluit om een volk sy uitverkore volk te maak en dit is die voertuig waardeur Hy tussen ons tydelik kom woon het om die Blye Boodskap – God reik uit na die mens – te kom woon, omdat die menslike uitreiking en pogings misluk het.
      Dit is ook duidelik uit die Bybel dat ons doodgewoon nie in staat is om volgens die wet van God te lewe nie, want oortredings vind nie net in daad plaas maar het sy oorsprong in ons gedagtes. Ons is dus almal skuldig al oortree ons nie in daad nie.
      Daarom is die kern van die Christelike godsdiens ,Christus. Die Bybel maak dit ook duidelik dat diegene in wie se hart sy wet geskryf is en daarvolgens gelewe het, al het hul nie die wet op skrif gehad nie, anders behandel sal word, as die wat dit geken het en nie daarvolgens gelewe het nie. Wie volgens die wet lewe sal volgens die wet geoordeel word.
      Die Christelike leer is dus duidelik: As jy die gebod van God oortree in gedagte, woord of daad is jy skuldig. Jy kan nie self jou skuld wat voortspruit uit die oortreding betaal nie. Iemand moet dit namens jou doen. Daar is egter niemand wat op 'n normale wyse verwek is wat waartoe in staat is.
      Moenie verbaas wees daaroor nie. Ons Skepper wat die Oorsaak is van die ontstaan van ons heelal en die prosesse in werking gestel het, waardeur alles tot stand gekom het,ook 'n wondergeboorte kon bewerkstellig nie.
      Daarom is jou stelling dat Jesus Antichris is, van alle waarheid ontbloot. Daar was net EEN CHRISTUS, wat gebore, gelewe, gekruisig en gesterf het en opgestaan het, wat die Middelaar en Redder van alle nasies, ongeag hul kleur is.
      Lekker dag.

  • Beste FC Boot,
    Jy gorrel al weer lekker, maar dit lyk asof jy aan my wil verduidelik dat alle spore van bewys dat Jan van Riebeeck ooit bestaan het, sal oor 2000 jaar uitgewis wees. Hoe jy dit weet, sal net jy weet; miskien is jy ʼn tweede Siener van Rensburg. As dit so is, sal hy dan ook nie meer ʼn historiese figuur wees nie.
    Ek verstaan nie jou logika nie (of moet ʼn mens dit onlogika noem?) Eers verduidelik jy dat bewyse vir iemand se bestaan oor 2000 jaar vernietig word, maar dan beweer jy weer dat daar 2000 jaar gelede apostels was wat die evangelie van Jesus “vertel” het. Hoe weet jy dit? Jy sê dan alle bewyse word oor 2000 jaar vernietig.
    As ek net praat van die sesdae-skepping, is jy op jou perdjie en het dan al tot vervelens toe aan my verduidelik, dat dit geskryf is deur Joodse bannelinge as teenvoeter vir ander skeppingsverhale. Dit is glo nie letterlik waar nie. Met die res van die Bybel sing jy weer ʼn ander storie: dit alles is glo letterlik waar. Noag se vloed-storie is waar, en jy bewys dit met persentasies sout- en vars water en allerhande sulke twak, maar wanneer dit kom by die wilde diere wat ewe mak die ark binnegestap het, is jy tjoepstil. Vir jou is die NT geskiedenis, en letterlik waar; daar was werklik so iemand soos Jesus. Wat van sy geboorte wat presies soos enige ander Grieks-Romeinse god was? ʼn God bevrug ʼn aardse vrou? Nee, dan is FC Boot tjoepstil daaroor. Wat van die geraamtes wat uit hulle grafte op Jerusalem toegesak het tydens die kruisiging? FC Boot is tjoepstil daaroor. Nee, beweer FC Boot, die evangelies is ooggetuieverslae. As ek wil weet waar die kastige ooggetuie was gedurende Jesus en die Duiwel tydens hulle besoek aan die woestyn, en daarna op die hoogste dakke van Jerusalem en daarna op die hoogste berg, dan is FC Boot tjoepstil daaroor. Dan gorrel hy liewer oor Jan van Riebeeck wat baie mense nie van weet nie, en nog ander nie omgee of hy bestaan het nie. Hy haal ellelange stukke uit die Bybel aan en vertel hoe oningelig hierdie Angus is met sy mitologiese denke, wat nie weet hoe om die Bybel te lees nie.
    Kry ʼn bietjie daardie wonderlike denke van jou in rat. Jy moet nou besluit of die Bybel ʼn historiese teksboek is of nie. Is die sesdae-skepping ʼn ware verhaal of nie? Is die Noag-verhaal waar of nie? Het Simson werklik duisend Filistyne doodgeslaan met ʼn eselskakebeen of nie? Kon Moses die Rooisee met sy kierie oopkloof of nie? Was die God van die Bybel werklik Jesus se pa of nie? Kon hy werklik op water loop of nie? Het hy werklik fisies opgevaar na die hemel of nie? Of is dit maar alles stories van Joodse bannelinge en ander geskryf vir mense van daardie tyd sodat hulle sekere begrippe beter verstaan, of nie?
    Groete,
    Angus

    • Beste Angus
      Dit is wat in die geskiedenis gebeur. Hier waar ek jare gelede ingetrek het was ek omring deur kleinhoewes, met pragtige woonhuise. Een dubbelverdieping waar die Magistraat gewoon het, in egte Kaapse styl.
      Toe kom die ontwikkelaars. Koop kleinhoewes links en regs op. Stoot alles plat en bou regte dubbelverdieping-duiwehokkies op die meeste kleinhoewes. Verbeel jou sestig woonstelle, in dubbelverdieping en sinkplaatafdakke vir motorvoertuie.
      Sien jy nou Angus – jy hoef nie 'n siener te wees nie. Dit is die voorland van jou woning en myne, swembad, dubbelmotorhawe, die lot. Alles verdwyn om voorsiening vir nuwe strukture te maak. Dit is glo vooruitgang!
      Trouens as ek jy is, sal ek eerder nie kommentaar lewer nie. Daar is reeds 'n groot moontlikheid dat 'n groot deel van die Ooskus van Afrika kan wegbreek. Dus afhangende waar jy bly, sal jy oor 2000 jaar verder nie wil bly waar ek vermoed jy nou bly nie.
      Wanneer ek praat van bewyse wat verdwyn is dit alles wat deur mensehande tot stand gebring is. Party is deur die natuur en ander deur mense vernietig. Dit is daarom dat dit wat behoue gebly het, so belangrik is. En dit sluit die Bybel waarvan jy 23 het in.
      Nee ek is nie op my perdjie nie, want as jy weet in watter vorm dit geskryf is, en jy is mos 'n kenner op die gebied, sou jy onmiddellik geweet het dat jy hier nie met 'n letterlike weergawe van die skepping te doen het nie.
      Dit is duidelik dat die Noagverhaal een van talle weergawes is, wat in die tyd in omloop was. Dit gaan dus nie daaroor of diere twee-twee die ark binnegeloop het nie, maar wel of daar vir mens en dier 'n wonderlike redding was in tyd van nood en of mense se gebede wel verhoor is. En of die grond daarna weer geskik vir woning en verbouing was.
      Daar is vir jou 'n tjoepstil antwoord.
      Nee niemand was saam met Jesus in die woestyn om sy versoekinge waar te neem nie. Dit kon slegs deur Jesus aan sy dissipels oorgedra gewees het in die baie alleentye waarin hy hul onderrig het.
      Die Rooi See, wat eintlik die Rietsee was, was 'n veel vlakker deel. Die deel is deur 'n Oostewind wat dwarsdeur die nag gewaai het, droog gewaai. Ai Angus, was jy werklik 'n ouderling en lidmaat?
      Ai Angus is jy werklik so oningelig? Weet jy dan nie dat Jesus 'n deel van 'n menslike huishouding was waarin ons (gelowiges) in menslike terme verwys as sy hemelse Vader, geplaas is.
      Onthou nou Jesus was na sy opstanding nie meer 'n gewone mens nie. As gewone mens sou hy weer vleeslik en sterflik gewees het en nooit kon opgestaan het nie. Ja, Hy het werklik opgevaar, nie na 'n “pie in the sky” nie, maar na 'n domein in die oneindigheid.
      Jy sien ek antwoord jou vrae. Maar jy antwoord nie myne nie, want dit is nou al maande wat ek wag op jou definisie van tyd. Is jou stilswye daaroor omdat tyd nie bestaan nie?

      Lekker dag

  • Beste FC Boot
    Waarom sal ek nou juis dink dat jy nogal op jou perdjie is as jy so gorrel? Al wat ek weet, is dat jy die perd se stert af praat. Die probleem lê by jou onkunde wat letterkundige begrippe en die letterkunde betref, en daarom praat ons by mekaar verby. Jou vrou help jou nie reg nie of anders kan sy nie, want haar kennis lyk my kom ook maar uit Noag se ark. Daar moet tog iemand in jou omgewing wees wat kennis dra van wat fiksie, nie-fiksie, derdepersoonsvertelling, mite en mitologie is? ʼn Taalonderwyser behoort jou te kan help.
    Die hele Bybel is nie ʼn getuieverslag nie, maar derdepersoonsvertelling. Daarom is die verteller alwetend en kan ons bv weet van wat gebeur het in die woestyn tussen Jesus en die Duiwel. Dis ook die alwetende verteller wat vir ons vertel wat God gesê het, en al die gebeure kan beskryf in die skeppingsverhaal. Dis ook die alwetende verteller wat kan vertel van bv die gesprek tussen die slang en Eva, en hoe die vrou geskep is van ʼn ribbebeen.
    Met so ʼn bietjie letterkundige leiding, sal jy ook die Bybel beter verstaan.
    Jy spog daarmee dat ek nooit jou vrae beantwoord oor tyd nie, maar jy het nie my vrae beantwoord nie. Ek wou by jou weet watter tipe gesprek wil jy voer oor tyd: linguisties, filosofies, wetenskaplik, alledaags, teologies? Jy het my nooit geantwoord nie. Kom ek vertel jou dan maar wat jy met tyd kan maak. Volgende keer as jy laat is vir ʼn afspraak, maak gebruik van hierdie perfekte verskoning. Fisici dink daar is nie so iets soos tyd nie. Die toekoms bestaan alreeds, en kom nie na jou toe aan en gaan verby nie. Dit beteken dat jy altyd betyds is vir enige afspraak. Probeer dit, en ek is seker dit sal nogal goed werk.
    As ek nou kla dat jy my tyd mors, kan jy jou oorbekende slegsê-vinger beskuldigend na my wys en sê dat ek eers moet gaan uitwerk wat tyd is voordat ek kla. Intussen wonder jy self wat de hel is tyd nou eintlik? Is tyd dalk iets soos bv ouerskap? Daar is nie iets soos ouerskap as daar nie kinders is nie. Eers nadat daar kinders gebore is, kan jy van ouerskap praat. Of bestaan tyd dalk soos ʼn kunstenaar se doek? Dit is daar of die skilder daarop skilder of nie? Bestaan tyd of jy op jou horlosie kyk of nie? Of bestaan tyd slegs op daardie oomblik as jy op jou horlosie kyk?
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Nou praat jy nog groter twak met jou veralgemening dat alles in die Bybel derdepersoonvertellings is. Want daarmee gee jy te kenne dat bv Petrus en ander dissipels se kennis tweedehands is en dus nie dissipels van Jesus kon gewees het nie.
    Hulle het dus nooit saam met hom 'n pad geloop nie, lieg omdat hul stories opmaak gegrond op wat ander aan hul vertel het. Jy weet nie waarvan jy praat nie en moet self eers die skoen van “met so ʼn bietjie letterkundige leiding, sal jy ook die Bybel beter verstaan” aantrek voordat jy verder 'n aap van jouself in hierdie gesprek maak.
    Die gesprek gaan nie oor “Ek wou by jou weet watter tipe gesprek wil jy voer oor tyd: linguisties, filosofies, wetenskaplik, alledaags, teologies? “ nie, dit gaan oor kan daar bewyse wees direk of indirek dat bv Jesus werklik bestaan het.
    Die antwoord is duidelik ,JA selfs 'n ateïs-historikus het dit bevestig en noem diegene wat dit ontken amateurs, wat soos jy die “ideologiese byltjie” uit onkunde aanwend.
    Kan 'n wind werklik so sterk waai dat dit vlak water kan wegwaai en droë grond bewerkstellig? Proefnemings het bewys dat dit moontlik is. Kan die natuur sulke verskynsels oplewer soos bv die 10 plae? Ja dit is moontlik, maar dalk oor 'n langer tydperk as enkele dae.
    Kan eersgeborenes sterf? Ja veral as in ag geneem word dat hul altyd eerste kos kry en dus van die boonste koring kry. Rotte en muise kan die koring besmet, asook indien dit klam toestande geberg word.
    Luister nou mooi, dit gaan nie hieroor 'n presiese wetenskaplike verklaring nie. Dit gaan oor die moontlikheid of iets werklik haalbaar is. Voedselvergiftiging kan dodelike gevolge hê soos die onlangse gebeure in Suid-Afrika bewys het.
    Nou loop jy met 'n omhaal van woorde weg, want jy gebruik 'n breë smeerkwas om die hele Bybel mee by te kom, Daar is mos verskillende genres in die Bybel.
    Nou kom jy verder en praat nog 'n bietjie twak oor die skeppingsverhale, sonder om enige kommentaar daaroor te lewer deur ander in ag te neem. Jou arme man, het jy dan nog nie die Joodse Rabbis se verduideliking daaroor gelees nie?
    So sal een bv sê: “Abarbanel states that Chava was not created from Adam’s foot so that he would not consider her a lowly maidservant, nor from his head so that she would lord over him. Rather, she was created from his side so that she would be equal to him."
    Met wat het ons nou hier te doen Angus met 'n letterlike of figuurlike vertolking? Enigiemand wat 'n bietjie moeite gedoen sal gou agterkom dat meeste Bybelkommentators dit een is dat in digkuns geskryf is, waarin die Skepper sentraal is en nie dit wat geskep is nie.
    Angus moenie weghardloop met jou begrip oor tyd nie! Gaan verder en vertel wat word van tyd in 'n heelal waarin alles stilstaan, niks beweeg nie. Tyd is dus 'n illusie wat voortspruit uit ons waarneming van beweging van eerstens ons planeet se omwenteling en kanteling wat vir ons die natuurverskynsels van lig en donker (dag en nag) skep en seisoene agv die beweging om ons ster die son.
    Bring dit tot stilstand en die waarneming verdwyn ,”ewig” lig aan die een kant van ons planeet, solank die son se brandstof hou en ewig “nag” aan die ander kant.
    Ons Skepper het ons dus geplaas op 'n bewegende draaiende planeet ,sonder dit sou ons nie hier gewees het nie. Moet dus nie so 'n suurgat wees nie en hou op om my vrou by dit in te sleep. As jy in haar klas was ,was jou begrip van die genres in die Bybel 100% beter as wat dit nou is.
    Verbreed jou horisonne, maak jou verstand oop vir die Evangelie en besoek webblaaie soos Fact and Faith. 'n Ander wêreld sal vir jou oopgaan en hou op om alleswetende te wees.
    Lekker dag

  • Beste FC Boot,
    Jy wou nie na my raad luister en die hulp van ʼn kundige gebruik nie, en nou bewys jy net jou onkundigheid. Derdepersoonsvertelling is beslis nie tweedehandse kennis nie, en hoe dit die verhaal kan verander sodat dissipels nie meer dissipels is nie, sal net jy kan weet. Praat van twak praat! Natuurlik is die Bybel derdepersoonsvertelling. Selfs waar dit op die oog af lyk na eerstepersoonsvertelling, bv Ps 23, dan is dit nie, want daar staan uitdruklik dis ʼn psalm van Dawid. Dit bly dan nog derdepersoonsvertelling.
    As jy sê daar is verskillende genres in die Bybel, is ek seker daarvan jy besef nie wat jy sê nie. Natuurlik bestaan die Bybel uit verskeie genres: die mite, die parabel, die roman, die kortverhaal, die leerdig, die sage, die sprokie, trouens al die vorme van die didaktiese kuns. Deur te sê dat die Bybel uit verskeie genres bestaan, is om te sê die Bybel is fiksie, want dis net fiksie wat in letterkundige genres verdeel word. Ek sien selfs jy beweer dat jy die moeite gedoen het om agter te kom dat “meeste Bybelkommentators dit een is dat in digkuns geskryf is, waarin die Skepper sentraal is en nie dit wat geskep is nie.” (Moet my asseblief nie laat lag nie ...) Hoe skryf ʼn mens iets in digkuns? En hoe de hel kan dit die Skepper sentraal plaas, nie dit wat geskep is nie? (Vra tog maar jou vrou om jou uit hierdie gemors te red.)
    Ek hoop dus dat jy verstaan wat jy sê as jy beweer dat die Bybel uit verskillende genres bestaan. Jy stem dus saam dat die Bybel fiksie is, en daarom is die karakters soos God, Jesus, die dissipels, Petrus, ens almal fiktiewe karakters. As jy nie verstaan wat jy gesê het nie, vra dan jou vrou om jou ʼn bietjie in te lig oor die didaktiese kuns of die strekkingskuns. Dan sal jy ook beter kan verstaan hoe God die heelal in ses dae kon skep, hoe dit moontlik is dat ʼn slang en bome kan praat, hoe God ʼn vrou uit ʼn ribbebeen kan maak, en hoe ʼn man op water kan loop en wyn kan maak van water.
    Wat laat jou nogal dink dat ek weghardloop van die begrip tyd? Dis jy wat so kopsku is om nie vir my te wil sê watter soort begrip jy so naarstiglik na soek nie: is dit filosofies, biologies, fisies, religieus? Ek het jou al so ʼn voorsmakie van die stringteorie gegee, maar jy beskou dit as weghardloop. Ek weet nie hoe ver jy gevorder het met die fisika nie, anders kon ons die atomiese aspek daarvan bespreek: bv die lengte van sekere lig, of die vibrasie van sekere atoom.
    Die feit dat ons nou hier op ʼn planeet is wat om sy eie as en om die son draai, het niks met ʼn god te make nie. Dis maar ʼn storie wat die mens self uitgedink het, omdat hy dit nie anders kan verstaan nie. Dis maar die ou storie: as die mens nie weet wat wind is nie, dan is dit God se asem, en donderweer is God se stem.
    Groete,
    Angus

  • Beste Angus
    Ek het lank nagedink of dit enigsins die moeite werd is om nog verder met jou in gesprek te bly. Jou onkunde oor die Bybel en die boodskap daarin vervat is so groot, dat dit moeilik is om te glo dat jy ooit aan enige kerk behoort het en dan ‘n Christen was.
    Dit begin by jou sinnelose redenasie van dat alles ‘myths’ is. Jy doen gerieflik weg dat mense in die antieke tyd waarin slegs enkeles die skryfkuns bemeester het, van mondelinge oordrag gebruik gemaak het om hul kinders en dat dit eintlik ‘n onderwysmetode was.
    Selfs vandag gebruik ons nog voorbeelde uit die natuur veral as ons vergelykings tref soos, bitter soos aalwyn ens.
    Nou kom jy verder met nog ‘n meer ongegronde stelling naamlik van: “‘n eksterne verteller of derdepersoonsverteller: 'n persoon wat van buite vertel wat die karakters in die verhaal.”
    Dit sou miskien nog waar kon gewees het as daar mense, verhaalvertellers, bymekaar gekom het en besluit het om ‘n storie te skryf en karakters te skep. Dit is nie moontlik vir die totstandkoming van die Bybel nie. Die eerste skrywers het niks geweet van die laaste skrywers nie en daar is buitendien ‘n amper 400 jaar gaping tussen die ou en nuwe testament, die tyd van Alexander die Grote.
    Waar aanvanklik vermoed is dat Joodse geskrifte slegs terugdateer tot die 6de eeue vC het ‘n enkele potskerf ontdek in 2010 dit verder teruggeplaas tot die 10de eeu vC.
    Dit gaan dus terug tot volgens jou die tyd van die nie bestaande Koning Dawid, oor wie jy nog ‘n storie te vertel het. Iewers in jou 23 Bybels moes jy gelees het van bv ‘n wetboek wat weggeraak het, ontdek is en oorgeskryf is. So is talle verhale in die Bybel oorgeskryf en het daar oorskrywingsfoute ingesluip asook vertalingsvoute, veral toe Grieks die taal van die tyd geword het, soos Engels wat jy so lekker promoveer tans Afrikaans verdring.
    Die storielyn dwarsdeur die Bybel bly dieselfde. Daar is redding vir die mensdom en dit lê nie in die wetenskap nie maar in die aanvaarding van die Evangelie. Pleks dat die wetenskap die skille van jou oë verwyder, het dit vir jou ‘n struikelblok geword, net soos Farao se trots en eiewaan tot sy ondergang gelei het.
    Jy vergeet gerieflik dat die mens niks bygedra het tot sy eie ontstaan nie, maar die uitvloeisel is van iets wat so kompleks is dat daar vandag nog geen ooreenstemming daaroor is nie en dat
    Teorieë, soos bv die oerknal en evolusie van verskillende spesies, die mens ingeslui,t tans die bes aanvaarde verduidelikings is.
    Jy praat twak as jy redeneer dat beide in stryd met die Bybel is.
    Die Bybel is nie ‘n wetenskaplike handboek met teorieë wat ‘n mens met ‘n ander kan vergelyk en dat uit meer gevorderde kennis vol gate kan skiet en sodoende as onwaar afmaak nie.
    Die Bybel is duidelik dat daar voor die ontstaan van ons verganklike heelal, daar ‘n “oorsaak” was waardeur alles ontstaan het. Net soos ‘n rekenaar ‘n produk van menslike denke en vernuf nie kan verduidelik hoekom dit juis ‘n rekenaar in sy huidige vorm is nie, kan die mens nie verduidelik hoekom hy ‘n mens is en nie bv ‘n “chimp” gebly het nie.
    Alhoewel ons DNS tot soveel as 97% ooreenstem het daar ‘n ingryping plaasgevind en maak die 3% ons “mens” en plaas ons hoër as alle ander lewende wesens. En dit is presies wat die skeppingsverhale vertel wat die Jode in ballingskap vertel het.
    Selfs die Rooms-Katolieke kerk het in 2004 ‘n verklaring daaroor uitgereik.
    Biljoene mense dwarsoor die aardbol aanvaar die Evangelie, is vol geloof dat die beloftes vervat in die Bybel ook vir hulle bewaarheid sal word. Ons geloof is ons transportakte wat ons die eienaars maak, nie van ‘n stukkie aardse grond nie, maar deel van God se koninkryk en dit is wat tel en nie jou soms onkundige siening van die Boodskap van die Bybel nie.
    Totsiens Angus, mag dit met jou goed gaan.

  • Beste FC Boot,
    Erken tog maar, dis pynlik vir jou om met my in gesprek te tree, omdat jou onkunde soos ʼn seer vinger uitsteek. Jy probeer dit telkens verdoesel deur jou gebrek aan kennis op my te projekteer, maar ʼn blinde kan jou verleentheid met ʼn stok aanvoel. Dis ek wat telkens jou die Bybelse boodskap deur middel van die mite aan die verstand wou bring, maar dis blykbaar bo jou vuurmaakplek om dit te verstaan.
    Dis nie al wat bo jou vuurmaakplek is nie. Begrippe soos derdepersoonsvertelling, kan jy net nie kleinkry nie, en dan is jy nog oneerlik ook deur my sekere stellings toe te dig. Waar het ek die volgende gesê: “ʼn eksterne verteller of derdepersoonsverteller: 'n persoon wat van buite vertel wat die karakters in die verhaal ...”?
    Eintlik is ek spyt om nie meer met jou te gesels nie, want jy verskaf my oneindige genot met jou gegorrel en gespartel. Ek sou nog by jou wou weet wat “vertalingsvoute” is en wat dit te make het met die historisiteit van Jesus. Ek sou ook by jou nog wou weet watter soort gesprek jy oor tyd in gedagte gehad het.

    As jy dan moet tot siens sê, raadpleeg tog asseblief die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

    Tot nieweersiens.
    Angus

  • Beste Angus

    "Die verteller is ‘n eksterne verteller of derdepersoonsverteller: ’n persoon wat van buite vertel wat die karakters in die verhaal ervaar en dink." kan jy nie net op die Bybel van toepassing maak nie.

    Het jy dan nooit Jesaja gelees nie? Omdat jy ook nie weet waarvoor gelykenisse
    gebruik is nie,die volgende:

    Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en

    4 die voëls het gekom en dit opgepik.

    5 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval, waar daar nie baie grond was nie, en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie.

    6 Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog.

    7 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik.

    8 Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.

    9 “Wie ore het, moet luister!”

    10 Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”

    11 Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

    'Vertalingsvoute' is doodeenvoudig vertalings foute. As dit jou genot verskaf het, wel :'small things amuse small minds'.

    Besluit nou in watter kategorie van die gelykenis jy val want dit sal bepalend in enige gesprek van die aard wees en asook vir die verstaan van :'gorrel en gespartel'.

  • Hoekom stry mense so oor godsdiens? Daar is oor die 4200 gelowe op aarde en blykbaar by die 40 000 sektes of denominasies (kerke) van die christengeloof. Almal kan nie reg wees nie of almal is verkeerd! Hoekom is ’n almagtige wese soos yahweh ’n jaloerse god en soek hy offerandes soos enige ander heidense gode gesoek het wat hy later ontken dat hy nie meer menslike en diere-offers soek nie. Kan mense nie sien nie dis ’n mensgemaakte god wat verander het met tyd? Sy skeppingsverhaal is totaal onsin en die wêreld is nie 6000 jaar oud nie! Daar kan nie ’n wese soos yahweh bestaan nie, want hy het te veel menslike eienskappe wat ’n opperwese nie sal kan regverdig nie. Soos iemand al êrens genoem het, ons is almal in sonde ontvang en gebore omdat ’n ribbebeenvrou ‘n vrug geëet het wat ’n pratende slang haar mislei het om te doen en dat god ons nie kan vergewe en al wat hy kan doen is om homself mens te maak, te laat martel en te laat kruisig sodat ons verlos kan wees en vir ewig te lewe en as jy dit nie glo nie gaan jy hel toe! Maak sin vir my! Ongelukkig moet ek my skaar by Angus se siening, want ek glo nie meer die nonsens en mites in die bybel as waar nie! Groetnis leef en laat leef.

  • Mr K
    Ek glo nie jy is 'n 'mister' nie want nêrens staan dit in die Bybel dat die aarde 6000
    jaar oud is en dat alles in 7 24 uur dae 'geskep' is nie.
    Dit is die 'slim' mens wat 'n natuurverskynsel soos 'nag' in twee sal deel en een deel aan een dag en 'n ander aan 'n ander dag sal toeken. Die antieke mense was slimmer as dit.
    Nee ons is nie in 'sonde ontvang en gebore' omdat ' ribbebeenvrou ‘n vrug geëet het' nie. Waar kom jy aan die twak? Ons is van nature geneig om wette te verbreek. Kyk gerus na verkeer op die pad. As ons dan nie eers spoedgrense kan gehoorsaam nie, hoe op aarde sal ons die gebooie van God gehoorsaam?
    Wat beteken 'n wet sonder 'n straf? Angus is net so deurmekaar soos jy. Probeer 'n webblad soos Fact and Faith en onthou die bannelinge het die eerste Skeppingsverhaal geskryf tussen 586-538 vC as teenvoeter vir die baie Babiloniese skeppingsverhale met baie skeppers.
    Die bedoeling was dus nooit om te verklaar hoe daar geskep is maar wel deur WIE. As jy wil weet hoe, besoek die webblad hierbo na verwys.

  • Beste F C Boot
    Ek moet saamstem, nêrens in die bybel staan daar die wêreld is 6000 jaar oud nie, maar ek vat
    maar die ou kerkvaders soos James Ussher ens se woord toe daar besluit is die aarde is tussen ses en tienduisend jaar oud vlgs die geslagregisters in die bybel. Tot vandag toe glo die flat earhters en young earth creationism dit al staan dit nie direk so geskryf nie. Net so staan dit ook nie in die OT dat daar ’n hel is waar mense vir ewig gaan lei nie. Die konsep het eers in die NT ontstaan wat mense vandag nog glo. Abraham, Isak, Jakob en Moses het ook van geen hel geweet nie, nes hier bo genoem van die drie- enigheid-konsep wat eers later ontwikkel is! Oor die ribbebeenvrou is ek nou regtig nie lus om te stry nie!
    Groetnis.

  • Beste F C Boot
    Hoekom is jy so aggresiewe mens? Ek lees al lankal jou en Angus se goed en dog dat ek ook iets sê: jy val hom altyd aan sonder feite maar net geloof. Ek ken Agnus van geen kan af nie, maar hy is nie dom nie en gebruik sy logika. Waarom nie jy ook nie? Want jy is al klaar aanvallend teenoor my! Ek dink, gaan drink ’n brandewyn en gaan sit rustig en dink oor jou houding. Groetnis.

  • Fc boot
    Jy het verseker eienskappe van die woestyn god yahweh "god of war"as iemand ooit deurmekaar was dan is dit jy😉

  • Mr K
    Aanvallend nee net onthullend wanneer dit by nonsens kom wat mense kwytraak.
    As jy wysheid in 'n bottel soek beland jy spoedig op die verkeerde plek,soos jou kommentaar bewys.

    Lekker dag

  • Mr K, Ek dink jy moet 'n slag rondkyk wat buite aangaan. Nee ek is nie sarkasties nie, eerder baie ernstig. Yahweh is ons Skepper en ook ons Verlosser. Vergeet van die mense wat jou so verkeerd leer. Kyk eerder hoe Yahweh die wêreld straf. Lees Deuteronomium 28 en sien die ooreenkomste met vandag. Dit maak my siek dat ons Afrikaanssprekende ou volkie nooit leer nie. Hardloop agter mense soos Angus aan. Ek het dit al voorheen gesê, maar doen dit weer. Jesus is die Antichris, Pous Francis (Satan op aarde - manifestasie) die vals Profeet en die kruis is die merk van Satan. (Kyk hier: https://youtu.be/hs-mRgWtcG8) Boere ry met swart kruise op hul bakkies rond, asook Christene op hul motors oral. Dis juis die rede hoekom die nasietjie so swaar kry, leer NOOIT! Vergeet van geleerdes, kerke, geloofsisteme, vriende, familie en die SELF, en gaan soek die Skepper met jou hele hart en siel. Indien dit Sy wil is en hy jou genadig is, en laat deel in Sy wysheid, dan sal jy besef alles wat jy weet en geleer het tot nou toe, was net wind.

  • Beste Leon, dink nou mooi wat ek vir jou gaan sê gorillas is eers in 1899 en 1900 ontdek so ook baie later die platipus-dier van Australië. Hy lê eiers maar die kleintjies drink aan die ma; niemand wou dit glo nie. Wetenskaplikes het gedink dis ’n "hoax" – daar kan nie so dier bestaan nie. Sou dit nie vir Noag snaaks gewees het om so dier te sien nie? Maak jou eie gevolgtrekking; Noag se ark is ’n mite van Babiloniese epic of Gilgamesh en so ook jou god yahweh!

  • Mr K
    Nee man waar kom jy aan die wolhaarstorie? Dit baie duidelik dat 'n mens hier met
    'n vloed te doen het soos 'n mens vandag nog kry wat die aarde sover dit bekend aan die skrywers was,
    bedek het.
    Dit het mos niks te doen met mense en diere op ander kontinente maar wel met die mense wat soos vandag God en sy begod geminag en verwerp het. Daar is nie genoeg water in die heelal om die aarde te bedek nie. Die woorde wat gebruik word, dui volgens die beste skrifkenners op 'n vloed en aarde wat bekend was aan die skrywers.
    Dit sou eeue geneem het vir die water op te verdamp en die aarde sou totaal versout en onvrugbaar gewees het, met slegs drie persent soet water en 97 % soutwater. Die water kon nie gedreineer het deur swaartekrag en sou Noag nooit 'n wingerd kon geplant het en dronk van wyn geword het nie.
    Jou gevolgtrekking is dus verkeerd wat die verhaal aanbetref. Volg my raad en lees wyer .Hier is ietsie oor gorillas wat jy maklik op die web kon nageslaan het:
    "Nearly 2,500 years ago an expedition from the Phoenician merchant city of Carthage ... https://easternlowlandgorilla321.weebly.com/natural-selection-and-evolution.html

  • #Kort&KragtigeKommentare Krimpvarkietjie

    Geagte F C Boot en Angus,

    Oorweeg asseblief om elk volledige artikels in LitNet te publiseer om u standpunte deeglik en gemotiveerd te stel eerder as om met mekaar ellelange debat in LitNet onder die vaandel van "Kommentaar" te voer. Of beter, nooi mekaar vir lekker koffie met beskuit en praat dinge opbouend uit om sodoende die wêreldorde ten goede te verander.

    Hou asseblief u beperkte aantal kommentare kort en kragtig. Die lesers en #Kort&KragtigeKommentare Krimpvarkietjie se leestyd is kosbaar en beperk.

  • Kort en Kragtig.
    Christus het bestaan en is die Skepper van ons heelal soos dit in die Bybel aan elke leser geopenbaar word.
    AS Christus nie bestaan het nie en nie gesterf en opgestaan het nie, lewe elke gelowige mens in 'n gekkeparadys en is die belofte van 'n ewige lewe 'n mite en die beloftes daaroor in die Bybel vals.
    My standpunt is dus kort en kragtig. Jesus Christus is die OORSAAK waardeur alle dinge, sigbare en onsigbare tot stand gekom het. Hy is 'n entiteit wat nie gemaak of geskep is nie, maar altyd in 'n oneindigheid bestaan het, waarin Hy met die Heilige Gees en Vader 'n eenheid vorm, sonder om weersprekend maar aanvullend tot mekaar te wees.
    Die feit dat Hy (Christus) vir 'n kort tydperk sy verskyning in 'n menslike vorm tussen ons gemaak het, doen geen afbreuk aan die voorafgaande nie.
    Evolusie is 'n bewese wetenskap en die Bybel onderskryf of weerlê dit nie, want dit gaan nie daarin oor hoe dit gedoen is nie, maar deur WIE alles tot stand gekom het.
    Wanneer wetenskaplikes dus die volgende stelling maak: “In biologie is evolusie die proses waardeur nuwe trekke in bevolkings ontwikkel en dié dan voortgedra word van geslag tot geslag. Met die verloop van duisende jare het die proses nuwe spesies ontwikkel, tot vandag se 1 562 663 spesies” en dat “Die meganismes wat hierdie veranderinge veroorsaak is die grondmeganismes van bevolkingsgenetika: natuurlike seleksie, en genetiese skuiwing.” (aanhaling vanaf die web) dan sal dit vir my verkeerd wees om die Bybel te gebruik in 'n poging om dit te weerlê.
    Trouens die ooreenkoms van 97 % in DNS tussen ons en die ons 'neefs' die 'Chimps' is so groot dat dit dwaas sou wees om te ontken dat daar werklik 'n node (skeidingspunt) was waaruit beide ontstaan het. Een vertakking tot oermense en ander tot oerape. Ek gaan ook nie twis met mense wat die ontstaan van die mens nie sien nie as 'n gebeurtenis op 'n enkel plek ,maar meer as een plek.
    Die oorlede Pous was na bewering van mening dat die woorde wat in die skeppingsverhale gebruik is, meervoudvorme was en dus eerder sou gedui het op in engels: And God created humanity,b male and female He created them. Adam and Eve.' Ek kon egter nie onweerlegbare bewyse daarvoor vind nie.
    In 2004 het die Rooms katolieke die volgende oor die onderwerp gesê in 'n verklaring wat volledig beskikbaar is op die web: https://www.catholic.com/tract/adam-eve-and-evolution (vanaf "Concerning human evolution, the Church has a more definite teaching ...")
    Dat sulke stellings sommige mede-gelowiges mag ontstel is verstaanbaar. Ek is nie 'n wetenskaplike wat met werklike gesag oor die onderwerp kan praat nie, want bedryfsekonomie en bedryfsielkunde leen sigself nie daartoe nie.
    Daarom verwys ek elke medegelowige na 'n webblad soos Fact and Faith waarin die wonder van ons heelal en skepping vir elke leek duidelik gemaak word.
    Baie dankie vir jou belangstelling.

  • Beste F C Boot
    Dis alles jou siening en hoe jy groot gemaak is. Waar is jou bewyse dan Jesus Christus die skepper van die heelal is? Omdat die bybel so sê? Dis geen bewys nie! Hoekom dink jy jou geloof is bo Islam ,Buddha of Hindus? Waar het jou God gefaal om sy boodskap reg uit te dra na mense? Hoekom is daar oor die 30 000 denominasies en verskillende kerke van die christengeloof en hoekom was jou God Yahweh nie die eerste God nie? Is dit nie omdat HY offerandes soek soos alle mens gemaakte gode nie? Ek kan jou verseker Jesus was nie die skepper van die heelal nie, hy het nie eers geweet daar is ’n Amerika of Australië nie. Hy het net so min geweet van ons heelal as die skrywers van die bybel en die mense van daai tyd! Omdat ’n boek 2000 jaar terug aanmekaar gesit is deur klomp antieke geskrifte maak dit geensins waar nie!

  • Mr K
    Is dit nie verbasend dat die mens as 'n spesie in beide die skeppingsverhale en in evolusie die laaste op die toneel verskyn en sy mond die grootste uitspoel oor iets waartoe dit hoegenaamd geen bydrae gemaak het nie.
    In beide tree dit egter na vore as die grootste verwoester van die planeet en sy eie spesie. Nou vra jy bewyse? Die bewys is Christus wat volgens alle getuienis werklik bestaan het en opgestaan het uit die dood en opgevaar het.
    Natuurlik sal jy dit ontken, maar uit die geskiedenis is dit duidelik
    dat selfs https://strangenotions.com/an-atheist-historian-examines-the-evidence-for-jesus-part-1-of-2 tot 'n ander slotsom as baie ander ateïste kom.
    Jy val dus ook onder sy gevolgtrekking:'. 'The proponents of the Jesus Myth hypothesis are almost exclusively amateurs with an ideological axe to grind and their position is and will almost certainly remain on the outer fringe of theories about the origins of Christianity.'
    Nou fouteer jy verder deur te beweer dat die mense van die ou tyd nie veel geweet het van die wêreld nie. Jy kan bv lees dat:
    "Posidonius (or Poseidonius) of Apameia (c. 135–51 BCE), was a Greek Stoic philosopher[6] who traveled throughout the Roman world and beyond and was a celebrated polymath throughout the Greco-Roman world, like Aristotle and Eratosthenes. His work "about the ocean and the adjacent areas" was a general geographical discussion, showing how all the forces had an effect on each other and applied also to human life. He measured the Earth's circumference by reference to the position of the star Canopus. His measure of 240,000 stadia translates to 24,000 miles (39,000 km), close to the actual circumference of 24,901 miles (40,074 km)"
    Die Jode in ballingskap het die skeppingsverhale geskryf en agter hulle lê 'n lang geskiedenis van beskawings lank voor die sg Westerse beskawing tot stand gekom het.
    Uit my eerste opmerking sal jy dan kan aflei dat dit nie die Skepper is wat gefaal het nie, maar die mens en dat die mens in sy ontwikkelingsgeskiedenis na vore tree as die grootste verwoester van alle spesies wat nog ooit die planeet bewandel het.
    As jy dan nog wonder hoekom dit nie eers in staat is om gehoor te gee aan wat skrywers opgeteken het in die skeppings verhaal:
    "Die mens”
    26Toe het God gesê: “Kom Ons maak ’n mens, ’n mens wat iets van My in hom het en selfs ’n bietjie soos Ek lyk. Hy sal oor die visse in die see regeer asook oor die voëls in die hemel. Hy sal die klein- en grootvee asook al die wilde diere tem. Hy sal oor al die kruipende diere op die aarde heers.”
    27God het toe die mens gemaak. En dié mens het iets van God in hom gehad. Dié mens het soos God gelyk. God het ’n man en ’n vrou gemaak.
    28God het hulle toe geseën en vir hulle gesê: “Wees vrugbaar en kry baie kinders, so baie dat julle oral oor die aarde sal bly. Tem die aarde en heers daaroor. Heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en al die diere op die aarde.”
    29God het verder gesê: “Kyk, Ek gee jou elke plant wat saad dra asook elke vrugteboom op aarde as jou kos. 30En vir al die diere op die land, al die voëls in die lug en al die diere wat op die aarde kruip, gee Ek die groen plante. Dit sal hulle kos wees.” En dit was so.
    31God het alles wat Hy gemaak het, goed bekyk en Hy was baie tevrede daarmee. Dit het toe nag geword en weer dag. Dit was die sesde dag van die skepping"
    Gaan gerus na 'n webblad soos Fact and Faith en leer dat die skrywers van die skeppingsverhale nie so agterlik was as wat jy en ander ateïste graag te kenne gee nie en leer dan hoe verstommend naby dit is aan dit wat in die wetenskap openbaar word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top