
Oorspronklike illustrasie: Sharon Pittaway op Unsplash
Ons vier later vandeesweek Menseregtedag. Vir sommiges is dit net nog ’n vakansiedag, vir ander die kans om met slim verlofbeplanning ’n lekker langnaweek te bewerkstellig.
Vir politici in ’n verkiesingsjaar is dit geleentheid om te spog oor wat hulle gedoen het (ANC), of wat hulle gaan doen (al die ander partye). Daar word gespog oor hoeveel mense op Sassa is, hoeveel HOP-huise gebou is, hoe goed die ANC se proarmes beleid is. Aartsbiskop Tutu het by geleentheid gesê: “It’s time we stopped fishing people out of the river. Let’s go upstream and find out why they’re falling in.” Moenie die simptome behandel nie, gaan maak die oorsaak reg, met ander woorde. Hoekom is daar na 30 jaar van demokrasie nog steeds so ’n groot groep wat afhanklik is van ’n proarmes beleid?
Wanneer hofsake voor die Konstitusionele Hof dien, is almal geneig om net die beslissing te lees. Maar wat is die punchline; hoe gaan dinge nou verander? Ek geniet dit soms om ook die pleitstukke te lees, om te sien hoe die regsargumente aanmekaar gesit is. Soms is die pleitstukke kunswerke, so vaardig, behendig en soms selfs mooi is hulle opgestel. Wat my opval, is dat elke aansoek, sonder uitsondering, behalwe die ander regte waarop hulle steun, ook steun op die reg op die waardigheid van die applikant.
........
Al die politieke partye werk op een of ander manier die woord “waardigheid” in hul toesprake in, maar selde word die reg op waardigheid aangehaal. Daai drie woorde is soos ’n handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek is.
........
Al die politieke partye werk op een of ander manier die woord “waardigheid” in hul toesprake in, maar selde word die reg op waardigheid aangehaal. Daai drie woorde is soos ’n handgranaat waarvan die pennetjie uitgetrek is.
Sien, die reg op waardigheid kan baie wyd interpreteer word, en dan sien ons hoeveel daar nog gedoen moet word om dit te verwesenlik. Die reg op waardigheid beteken die reg om skoon en netjies te wees, en om vars drinkwater te hê. Wat beteken dit vir die voortslepende waterprobleme in Gauteng? As die reg op waardigheid ten volle uitgebrei word, sou ek dink dit beteken munisipaliteite se nalate om waterpype en rioolwerke in stand te hou is ’n verbreking van hul inwoners se reg op waardigheid.
Die reg op waardigheid sluit ook in die reg om veilig in jou huis te bly en nie met elke nagtelike beurtkragepisode te vrees dat dit die nag is wanneer booswigte jou rot en kaal steel onder dekking van donkerte nie. Daar is geen waardigheid daarin nie. Dan kan die argument mos uitgemaak word dat Eskom se onvermoë om elektrisiteit op te wek en op volhoubare basis te verskaf ’n verbreking van ons reg op waardigheid is.
Sluit reg op waardigheid nie ook in die reg om ordentlik behandel te word wanneer jy ’n staatsinstansie besoek nie? Dink maar aan die argelose ongeskiktheid waarmee amptenare van byvoorbeeld Binnelandse Sake hul kliënte behandel. Die versoeking is selfs daar om “kliënt” met “gyselaar” te vervang, want bitter min mense besoek Binnelandse Sake vrywilliglik. Hulle gaan omdat daar nie ’n ander keuse is nie.
........
Waar is die reg op waardigheid wanneer vroue en kinders uit hul huise moet vlug om aan gesinsgeweld te ontkom, en die polisie skouers optrek en anderkant toe kyk?
........
Waar is die waardigheid in putlatrines? Of skool onder ’n boom in plaas van ’n goedtoegeruste klaskamer? Of skool sonder handboeke, want die departement kan nie eens daarin slaag om handboeke doeltreffend te versprei nie?
Waar is die reg op waardigheid wanneer vroue en kinders uit hul huise moet vlug om aan gesinsgeweld te ontkom, en die polisie skouers optrek en anderkant toe kyk?
Kom ons praat nie oor slaggate, swak dienslewering, daghospitale wat mense wegstuur sonder om hulle te help, geboue wat uitmekaarval omdat dit nie in stand gehou word nie, minimumlone waarop mense nie kan oorleef nie, blouligbrigades wat ander padgebruikers van die pad af ry en intimideer, korrupsie en gebrek aan verantwoording ... die lys is eindeloos.
Beteken die reg op waardigheid nie eintlik maar net ’n regering en staatsmasjinerie wat funksioneer nie? Dis wat ons almal verdien as die basiese, nie as ’n luukse nie.
Lees ook:


Kommentaar
Soos Maimane tereg opmerk: by Sharpeville het 69 op een dag gesterf, vandag sterf daar 84 mense elke dag wat vermoor word. Toe het die wêreld geskree, nou is hulle doodstil.
Hoor nou die dag en gaan lees toe op oor die volgende:-
"South Africa has climbed the rankings in the World’s Happiness Report despite its myriad of challenges, including load shedding, widespread unemployment and crime.
The report, done by the United Nations and US analytics company Gallup, uses responses from people in more than 140 nations to rank the world’s happiest countries".
Die 20ste Maart was gevier as "International day of Happiness". Blykbaar was die groei in ons blydskapbarometer so fenomenaal geag dat dit groot applous uit sekere politieke geledere ontlok het en as bewys voorgehou word van die enorme utopia hier ter plaatse.
Wie is gepeil?
Seker nie die ouens wat voortdurend "protest" oor soos wat hierbo genoem nie - water, elektrisiteit, "potholes", petrolprys, inflasie, taxifooi, voortdurend dalende werksgeleenthede, enorme korrupsie, afwesige geregdienaars en dies meer.
o ja die -
"Happiness ladder": 85 - 83.