Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Laat die vervolgingsgesag ons almal in die steek?

Freek Robinson, Glynnis Breytenbach Rubrieke 2024-08-31

Sou Deveney Nel (16) nog geleef het as die Nasionale Vervolgingsgesag beter gefunksioneer het? Hierdie vraag is tans op baie mense se lippe. Minister Simelane het Nel se dood as ’n hartseer geval beskryf nadat Glynnis Breytenbach aan Simelane gesê het die moord sou vermy kon gewees het. Freek Robinson gesels met Breytenbach om te hoor wat sy daarmee bedoel het. Daarna kom die einste minister se opspraakwekkende "lening" ter sprake, waarna Robinson en Breytenbach oor ons land se oorvol tronke en moontlike oplossings vir die probleem idees uitruil.

Hervorming van die tronkstelsel: Is dit moontlik?

Freek Robinson, Pieter Groenewald Rubrieke 2024-08-29

Pieter Groenewald, die minister van korrektiewe dienste, skets vir Freek Robinson ’n breër perspektief.

Agterstories: Wat ons op skool leer

Johan Fourie Rubrieke 2024-08-27

"Tog, dit wat ons opdoen in daardie klaskamers – die blootstelling aan nuwe idees en die ontwikkeling van kritiese denke – kan ons lewens beïnvloed op maniere wat ons dalk nooit besef nie."

Boeksemdais 1: Die groter prentjie, die legkaartstukke, lekkerleesboeke en swart swane

Jonathan Amid Boeke en skrywers 2024-08-22

"Boeksemdais. Nooit die finale woord of afsluiting oor die saak nie; eerder die totstandkoming, oor tyd, van nuwe voetpaadjies, proesels van ’n nuwe umamigeur."

Malema vs Shivambu

Freek Robinson, Piet Croucamp Rubrieke 2024-08-21

Gaan die MK-party ’n politieke tuiste vir Floyd Shivambu wees? Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Piet Croucamp.

Ope brief aan Mellet Moll

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-21

"Ek hoop verder dat jy jou sal afvra hoe letterkunde in al sy vorme deur die huidige vetes en moddergevegte gedien word."

Emily Hobhouse se storie nou ’n nuwe, moderne toeriste-attraksie in Engeland

Elsabé Brits Rubrieke 2024-08-16

"Die Story of Emily is ’n nuwe historiese terrein, wel eintlik ’n ganse ervaring, wat uit 40 akker bestaan. Dit is geleë in die dorpie St Ive (uitgespreek Saint Eve) in Cornwall, naby Liskeard. Met jou hoëtegnologie-oorfone sal jy installasies, animasies, video’s en virtuele realiteit (VR) beleef, verryk met ou dekor, historiese foto’s en artefakte."

Nasionale dialoog: net ’n kletskongres?

Freek Robinson, Flip Buys Rubrieke 2024-08-14

Kan ’n nasionale dialoog tot praktiese oplossings lei? Freek Robinson gesels met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging.

Madam President!

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-08-14

"Amerikaanse politiek funksioneer soos politieke teater, ’n rollespel wat versterk word deur Hollywood-glans en die hibriede voorstelling van hiperrealiteit. Voornemende kiesers, kykers en belangstellendes is tans besig om, inderwaarheid, die nuwe rolverdeling met die Harris/Trump-presidensiële veldtogte te kies en Suid-Afrikaners doen mee aan hierdie proses, waarskynlik omdat ons eie politiek ter plaatse te vervelig of korrup is."

Die dag toe breakdance gebreek is

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-13

"Ek staan gereeld in verwondering oor hoe soepel taal kan wees. Hierdie naweek, byvoorbeeld, is die woord raygun gebore. Om te raygun is om klaaglik te misluk in iets wat jy met groot selfvertroue aanpak. Net iemand wat in afsondering en sonder enige digitale toegang tot die wye wêreld lewe, ken nie teen hierdie tyd die naam van die persoon wat heel laaste gekom het in die Olimpiese Spele se breaking-kompetisie nie."

Word ’n sportster gebore of gemaak?

Freek Robinson, Pierre Viviers, Konrad von Hagen Rubrieke 2024-08-08

Freek Robinson vra sportwetenskaplikes Pierre Viviers en Konrad von Hagen of sportsterre gebore word, gemaak word of bestuur word. Hy wil ook weet: Hoe belangrik is dieet? Hoe bly ’n atleet gesond? En wat van sielkundige ondersteuning?

Woke: kompliment of skeldwoord?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-08-05

"Die waarskuwing om waaksaam te wees is glad nie volksvreemd vir ons in Afrikaans nie. Die terme hou jou oë oop, wakker slaap of wakker loop is bekend aan ons."

Wat doen die Menseregtekommissie?

Freek Robinson, Chris Nissen Rubrieke 2024-07-31

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) was onlangs weer in die nuus toe ’n EFF-lid snedige opmerkings teenoor lede van die DA en die VF+ gemaak het. In hierdie gesprek verduidelik Chris Nissen, die voorsitter van die MRK, waarom hulle nie anders kan as om sulke gevalle te veroordeel nie.

Kuns, godsdiens en daai Olimpiese openingstoneel

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-29

"Godsdiens en kuns was altyd deel van die Olimpiese Spele, en dalk het die Franse hierdie jaar daarin geslaag om ons daaraan te herinner. Hulle grootste fout was nie dat hulle Christendom oneer aangedoen het nie, dis dat hulle die diepte van skynheiligheid en die absolute gebrek aan basiese ingeligtheid van mense onderskat het."

Politics and economics: "We know what needs to be done."

Freek Robinson, Busisiwe Mavuso Rubrieke 2024-07-24

Busisiwe Mavuso, CEO at Business Leadership South Africa (BLSA), sketches a very dark picture of the ANC’s monumental failures at providing the basics for a conducive economic environment. However, the GNU represents "the last chance".

Agterstories: Die ekonomie van styl

Johan Fourie Rubrieke 2024-07-23

"Maar hier is my hipotese: Ons (haar)style raak al hoe minder uitsonderlik. Society has cramped our style. Dit het begin as ’n waarneming."

Harris vs Trump: November kan nie gou genoeg kom nie

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-22

"Die afgelope week moes vir Amerikaners gevoel het asof hulle op die Kobra by die eertydse Ratanga Junction ry. Dis in elk geval hoe dit vir my as buitestander gevoel het."

’n Dag in die lewe van ’n Facebook-narsing

Nini Bennett-Moll Rubrieke 2024-07-17

"Laatmiddag neem Yolandré-Marie wéér ’n selfie, die suffelste een vir die dag. Die regterarm groei grotesk uit, maar word genadiglik geamputeer deur die lens. Selfie, selfie, in my hand, wie’s die mooiste in die land?"

Hlophe en die Afrikanisering van ons howe

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-15

"Ons Grondwet is een van die jongste en mees modernes in die wêreld. Maar ons Grondwet het ’n Achilles-hiel."

Oor hoop

Bettina Wyngaard Rubrieke 2024-07-08

"Ons demokrasie werk. Dit werk dalk nie soos ons wil hê dit moet werk nie, maar dit werk. Ons het godsdiensvryheid. Ons kan kerk of moskee of tempel toe gaan sonder om te vrees dat ons in hegtenis geneem gaan word of doodgemaak sal word. Ons het vryheid van spraak. Ek kan die regerende party, of die huidige regering van nasionale eenheid, of die president en sy ministers kritiseer sonder vrees dat ek gaan verdwyn of in hegtenis geneem gaan word en aangehou sal word sonder verhoor. So onlangs as dertig jaar gelede was dié vryheid nie die realiteit in ons land nie."

Top